02.05.2013 Views

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

IN DIE WANDELGANG

Gereformeerde Kerk

Die Kandelaar

Nuusbrief: Sondag, 14 Okt ‘12

Eredienste: 09:30 en 18:30

OGGENDDIENS (Ds Rassie Smit) AANDDIENS (Ds Attie Bogaards)

Lees: 1 Sam 4 Lees: Gen 26: 34 - 28:10; Heb 11:20

Teks: 1 Sam 4: 21, 22 Teks: Heb 11: 20

Sing: Ps 75: 1, 4 Sing: Ps 103: 1, 2

99: 1, 4, 5 103: 3, 4

96: 5 103: 5, 6

96: 6, 8 118: 11

138: 1 103: 8, 9, 10, 11

Tema: God se kerk word gebore, maar

dit is alleen Sy werk en ondanks

kerkmense se teëwerking en on-

geloof.

1. Ongeloof van Isak en Rebecca en

God se wil.

2. Isak tot geloof in God se wil gelei

3. Esau verwerp God se wil

KOLLEKTES 14 OKTOBER 21 OKTOBER

1 ste kollekte: Diakonie Diakonie

2 de kollekte: Sending Deputate Jeugsorg

LIEF EN LEED

Verjaarsdae

So 14 Geertje Anholts, Erika Drijfhout, Maurits van de Wetering

Ma 15 Yannick Yssel

Wo 17 Geert Drijfhout, Janna Kooi, Dave Wilcocks, Johan Reesink

Do 18 Bianca Anholts, Arina Wibbelink

Vr 19 Wilna van der Walt, Mia van Lochem, Carolien en Tineke van de Wetering

Sa 20 Anri Lamberts

Meelewing

• Ps 116: 7 “Wat kan ’k die HEER vir al sy guns vergeld?

Wat kan’k Hom bring uit dank vir sy genade?

Ek sal Hom prys vir sy verlossingsdade.

en by die kelk van heil sy Naam vermeld.”

Aan elke gemeentelid wat ons, Eduard en Sarina van Renssen en kinders die afgelope

maande so getrou bygestaan het, vir elke blom en plant, vir elke telefoonoproep, vir kos,

hulp met kinders, gebede en al die ondersteuning wat ons as gesin gekry het, wil ons diep

uit ons harte bedank. Ons het die volle omvang van meelewing ervaar. Woorde is te min om

te beskryf hoe ons voel en met hoeveel onbaatsugtelike liefde jul ons gedra het. ‘n Spesiale

woord van dank aan die lede van die Onderlinge Sorg Vereniging wat meer as hulle kant

gebring het op mediese en emosionele gebied. ‘n Moeilike jaar is byna agter die rug. Na 6

maande van chemo, 2 operasies en tans onder behandeling d.m.v bestraling vir 6 weke, is

Sarina nou kanker-vry en kan ons steeds jubel:

Ps 40: 3 Grootmagtig was u daad. Hoe meld my mond

U wonders so oneindig ryk?

Wie is op aarde⏜aan U gelyk?

Wie kan, o HEER, u grootheid ooit deurgrond?

Geen gawe of⏜offerhande, gebring deur mensehande,

Was ooit u wil of eis.

U het my oor deurboor, dat ek u word kan hoor

as hoogste dankbewys.

• Die Here het die lewens van Alieke en Carolien van de Wetering gespaar toe hulle in

’n kettingbotsing betrokke was . Die motor is erg beskadig. Ons dank die Here vir sy

bewaring!

• Ons dink aan br en sr Henk en Cobie van de Wetering. Br Henk is vir toetsing en

observasie vir vier weke in die psigiatriese afdeling van die Steve Biko Hospitaal opgeneem.

Ons leef met hulle mee in hierdie moeilike tyd en wens hulle en hul kinders die krag en

wysheid toe wat alleen ons Vader in die hemel kan gee.

• Br en sr Andries en Phia van den Berg het veilig in Suid-Afrika aangeland na ‘n

vermoeiende, maar fyn verblyf in Nederland. Om kinders, klein- en agterkleinkinders weer te

sien en met hulle te praat is ’n vreugde.Welkom terug!

• Br en sr Henk en Jopie Salomons in die versorgingseenheid van Huis Herfsblaar kan al

baie lank nie meer die kerkdienste besoek nie. Maar hulle leef intens met die gemeente

mee. Ons moet hulle nie vergeet in ons gebede nie en belangstelling sal gewaardeer word

(tel. 012-3334578).

• Daar was weer ’n geslaagde kerkkamp en volgens berigte het die deelnemers en die leiers

dit geniet! Almal is gelukkig veilig terug.

• Die skole het weer begin en ons wens die onderwysers, die kinders en die ouers sterkte

toe vir die komende kwartaal! Spesiale gedagtes gaan uit na die matrikulante.

Mag die ure studie wat julle ingesit het, vrugte afwerp en mag die Here julle bystaan in

hierdie spannende tyd.

Kolossense 3: 17 – En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die

Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

BYBELSTUDIE

Bybelstudiegroep ‘DV Mané’

Vergader DV Donderdag, 18 Oktober, om 10:30 by sr Rina van der Kooy; Heb 6 : 6 - 8.

Sustersbybelstudiegroep ‘Ons Roeping Getrou’

Vergader DV Donderdag, 18 Oktober, in die biblioteek; 2 Kor 9.

OPPASDIENS

14 OKTOBER 21 OKTOBER

Ma's Anneke Boerrigter Mariska van de Wetering

Bob Niehof Adri van de Wetering

Dogters Marjan ‘t Hart Carina van ‘t Foort

Cornelia van de Erve Monique van de Wetering

Anika van Renssen Cornelia Bakker

Namens die oppasdiens, wil ek asseblief die gemeentelede vra vir enige ou speelgoed (ons

kan stukkendes regmaak) waarmee u kinders of kleinkinders nie meer speel nie en een of

twee ou komberse of slaapsakke. U kan dit gewoon voor of na die erediens by die

oppasdiens afgee. Dit sal opreg waardeer word.

Simone van der Waal (083 287 4099 of simonevanderwaal@gmail.com)

VAN DIE KERKKANTOOR

Inligtingsboekie

Die bymekaarmaak van inligting vorder maar stadig. Ses wyke het reeds hul vorms ontvang

en van die 118 besoekpunte is nog net 64 terug ontvang. Almal se samewerking word hoog

op prys gestel, sodat ons betyds die inligtingsboekie van 2013 kan uitgee. Wyk F en G

ontvang vandag hul vorms en u moet dit asseblief voor of op Sondag 21 Oktober

terugbesorg. Wyk A – E, H moet asseblief hul vorms so gou moontlik terugbesorg. Aan die

linkerkant is u besonderhede, soos dit tans op die databasis is en u moet aan die regterkant

SLEGS die nodige veranderings aanbring. Stuur asseblief alle vorms terug, al bring u geen

veranderings aan nie.

VAN DIE KERKRAAD

Weens die voltooiing van hulle ampsperiodes as ouderlinge, tree brs Bernhard Boersema,

Ronald Boersema, Wessel du Plessis, Krijn Hamelink, Robert Wilcocks, Albert Willering uit,

en aan br Eduard van Renssen is, op sy versoek, ontheffing uit die amp verleen. Die diakens

wat uittree, is brs Jan Lamberts, Marnix-Paul van Straten en Johan-Gert van ‘t Foort.

Om in dié vakatures te voorsien, het die kerkraad op sy vergadering van 17 Augustus die

volgende broeders as kandidaat gestel:

Vir ouderling: Brs Rian de Wind, Geert Drijfhout, Henk Jonkers, Jan Boersema, Jaco

Boersema, Rob van der Kooy, Maurits Hagg (snr), Ard van de Wetering, Eduard Winter, Jan

‘t Hart, Jan Drijfhout, Hans Meijer, Maurits van Renssen, Maurits van de Wetering.

Vir diaken: Brs Pieter Boersema, Wim van ‘t Foort, Bert Griffioen, Martin Sliep, Robbert van

der Kooy, Jan-Willem Wibbelink

Die verkiesing vind vanoggend, voor die erediens plaas.

VAN DIE SSK

Nagmaalsete: DV Sondag 4 November 2012

Die SSK nooi alle gemeentelede hartlik uit na hierdie jaar se gemeente-ete. Die ete word

hierdie jaar aangebied in die vorm van ‘n hamburgerbraai.

Indien u die dag saam met ons wil geniet, skryf asb u naam op die lys op die

kennisgewingbord voor of op Sondag 21 Oktober 2012

Belydenisaflegging (Koffiedrink) – DV Sondag 28 Oktober 2012

Op Sondag 28 Oktober gaan van die jong lidmate in ons gemeente belydenis van geloof

aflê. Na afloop van die erediens is daar geleentheid vir die gemeente om saam koffie te

drink en die nuwe belydende lidmate te verwelkom. As deel hiervan word elke gesin gevra

om asseblief ‘n bordjie eetgoed saam te bring ter verwelkoming van die nuwe belydende

lidmate in ons midde. Plaas asseblief u gemerkte bordjie met eetgoed (vingerhappies asb –

nie meer as ‘n dosyn) voor die diens in die kombuis.

SSK – 2013

Aan die einde van die jaar tree ses van die huidige SSK-lede uit. Indien daar enige

belydende susters is wat bereid is om in die SSK te dien, kontak asseblief u wyksuster of sr

Christelle Anholts voor of op Sondag 28 Oktober 2012.

KONINGSKINDERSKAMP

Donasies vir die koningskinderskamp, kan in die houer, in die voorportaal geplaas word.

VERGADERING RAKENDE TEOLOGIESE OPLEIDING IN AFRIKA

U is bewus van die vergadering wat op 31 Mei – 1 Junie 2011 plaasgevind het. Intussen was

daar redelik ingrypende verwikkelinge gewees. Die kommissie wat aangewys is om aan

sekere sake aandag te gee het verskeie kere bymekaar gekom, maar het gevind dat die

saak anders aangepak moet word.

Die eerste en belangrikste saak wat aandag moet geniet is die fokus op die praktykmaking

van kerke se visie wat mekaar behulpsaam wil wees in sodanige opleiding. Ons beklemtoon

weereens dat hierdie inisiatief op geen wyse die TSP vervang of onrus in die kerke wil

veroorsaak nie, maar dat dit ‘n praktykmaking is van sinodebesluite wat reeds geneem is

asook die hantering van ‘n behoefte wat al baie jare by die kerke bestaan. Die breë voorstel

wat ons graag wil laat dien op die vergadering is die daarstelling van ‘n netwerk vir die

toerusting van ampsdraers, waarin ons by die ouderlinge begin. Indien u graag wil

saamwerk om sodanige netwerk van die grond af te kry, wil ons u hartlik uitnooi na ons

vergadering op die 20ste Oktober 2012, by die GK Rietvallei. Die agenda vir die vergadering

is soos volg:

08:30 – 08:45 Opening

08:45 – 09:15 Verloop van sake sedert vergadering van 31 Mei – 1 Junie 2011

09:15 – 09:45 Huidige stand van sake en relevante sinodebesluite

09:45 – 10:00 Visiedokument en belang van opleiding in Afrika

10:00 – 10:45 Die pad vorentoe

10:45 – 11:15 Tee

11:15 – 11:45 ‘n Moontlike eerste stap – toerusting van ouderlinge

11:45 – 12:15 Praktiese gestaltegewing

12:15 – 12:30 Benoeming van verantwoordelike kerkrade en persone

12:30 – 12:40 Bedankings en afsluiting

RSVP kan gestuur word aan Dr Naas Ferreira by naas@gkrietvallei.co.za.

UITNODIGING VAN DIE GEREFORMEERDE KERK ROOIWAL

Die GK Pretoria-Rooiwal bied op 20 Oktober om 15:00 ‘n heerlike saamkuier- en

saamsingfunksie aan. Die koor van die GK Pretoria-Magalieskruin gaan optree. Ons wil

graag alle omliggende gemeentes uitnooi om dié dag saam met ons te geniet. Ligte

verversings sal na die tyd aangebied word. Indien u wil, sal ‘n donasies waardeer word, om

die kostes te dek. Ons wil vra dat u asseblief vóór 17 Oktober vir ons laat weet hoeveel

mense kom.

Met hartlike broedergroete

Ds Attie Bogaards

GEREFORMEERDE KERK ELOFFSDAL - DAMESTEE

Ons nooi alle susters uit na die damestee van die Gereformeerde Kerk Eloffsdal, as gas of

om as gasvrou op te tree.

Datum: DV Saterdag, 27 Oktober, om 09:00

Tema: "Gaan groen", dit wil sê herwinning. Die spreker is Dr Maryn Botha van

Solidariteit - Helpende Hand. Meer besonderhede is op die kennisgewingbord beskikbaar of

kontak Francine Bekker by 082-411-5873 of francineb@tshwane.gov.za.

DEPUTATE OPBOU EN UITBOU VAN DIE KERK

Streeksinode Pretoria het in November 2011 deputate vir opbou en uitbou van die kerk

benoem. Dit was na aanleiding van ‘n beskrywingspunt soortgelyk as die een wat op die

Algemene Sinode gelei het tot die omkeerstrategie. Die deputate het onder andere die

opdrag gehad om ‘n konferensie van kerke in die ressort van die streeksinode te reël met as

tema Die opbou en uitbou van die kerk in die tyd waarin ons lewe.

‘n Baie geslaagde konferensie is op 21 Julie by Rietvallei gehou.

Die volgende voordragte is tydens die konferensie gelewer:

Hoekom is ons hier? -Dr. Bingle Kruger

Hoe lyk dit hier? -Dr. Jan du Plessis

‘n Veranderende wêreld, veranderende bedieningspatrone -dr. Naas

Ferreira

Teologiese opleiding en toerusting -Prof. Gert Breed

Missionale kerkwees -Dr. Flip Buys

Belewing van kerkverband -Prof. Johannes Smit.

‘n Deel van die opdrag van die deputate was ook om die neerslag en uitkoms van die

konferensie saam te vat en in die lig van Art.48 KO ook aan ander streeksinodes en kerke te

kommunikeer. Ter uitvoering van hierdie opdrag het ons ‘n CD saamgestel met al die

voordragte wat die dag gelewer is, die neerslag van die besinning, ‘n kort opsomming van

elke voordrag, asook ‘n gids hoe om die CD te gebruik.

Die CD word nou versend aan die Korresponderende Kerkraad/Deputate Korrespondensie

van elke Streeksinode.

Verder rig ons ook ‘n uitnodiging aan plaaslike gemeentes om hierdie CD te bestel. U

kan‘n kopie van die CD bekom deur ‘n e-pos te stuur aan Dr. Naas Ferreira by

naas@gkrietvallei.co.za . Die CD sal dan aan u versend word.

Ons deel graag die uitkoms van hierdie baie geslaagde konferensie met u.

Ds Cassie Aucamp

(Die kerkkantoor het reeds ‘n CD vir die gemeente bestel, maar indien daar nog

gemeentelede is wat belangstel, kontak asseblief vir sr Mia van Lochem by die kerkkantoor).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!