02.05.2013 Views

RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT

RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT

RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NOVEMBER EKSAMEN 2003

KURSUS: FUNDAMENTELE VERPLEEGKUNDE 1A

VRAESTEL: MODULE 2: INLEIDING TOT VERPLEEGKUNDE (FVK1A20)

MODULE 3: INLEIDING TOT DIE LEWERING VAN GESONDHEIDSORG

IN S.A. (FVK1A30)

TYD: 2 URE PUNTE : 80

EKSAMINATORE: 1. ME V ODENDAAL

2. MEV W JACOBS

3. DR DW DU PLESSIS

4. MEV S BEUKES

(AFRIKAANSE VRAESTEL BESTAAN UIT VIER (4) BLADSYE)

BEANTWOORD ASSEBLIEF AL DIE VRAE VAN DIE MODULES WAARVOOR U GEREGISTREER IS.

BEANTWOORD ELKE MODULE IN 'N APARTE EKSAMENBOEK ASSEBLIEF.

VRAAG 1

RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT

MODULE 2: INLEIDING TOT VERPLEEGKUNDE (FVK1A20)

TYD: 1 UUR PUNTE: 40

Dui aan watter tipe data-insamelingsmetode in die volgende voorbeelde gebruik is:

1.1 a) Dr Maria nooi mev Perry na haar kantoor. Sy vra mev Perry om die uitleg van haar huis te

beskryf. Sy verduidelik dat mev Perry vir 'n paar maande gips aan haar been sal hê. (1)

b) John Sharp is 'n studentverpleegkundige. Hy is nuut in die babakliniek en lees die kliniese verslag

van elke baba voordat hy hom/haar weeg. (1)

c) Josie hou kinders dop, deur 'n eenrigtingvenster, terwyl hulle in 'n gesimuleerde omgewing speel

Sy leer van hulle ervaring deur hulle interaksie waar te neem. (1)

d) Mnr Warner het pas gehoor dat hy hartchirurgie moet ondergaan. Hy besoek die biblioteek en

neem 'n boek oor die onderwerp uit. (1)

1.2 Onderskei tussen subjektiewe en objektiewe data deur middel van 'n definisie. (2)

2/…

-2-

NOVEMBER EKSAMEN 2003

KURSUS: FUNDAMENTELE VERPLEEGKUNDE 1A

VRAESTEL: MODULE 2: INLEIDING TOT VERPLEEGKUNDE (FVK1A20)

MODULE 3: INLEIDING TOT DIE LEWERING VAN GESONDHEIDSORG

IN S.A. (FVK1A30)

1.3 Die kriteria vir die assessering van bloeding sluit die volgende in:

VRAAG 2

hoeveelheid bloedverlies

kleur van bloeding

plek van bloeding

Hoe sal u, as studentverpleegkundige, vaginale bloeding assesseer? (4)

Mev R het gewoonlik geen probleme met haar asemhaling nie, maar vier nagte gelede het sy drie kussings

nodig gehad om op te slaap (gewoonlik slaap sy op twee kussings), om gemaklik te kan asemhaal. Sy het

vlakker begin asem haal en haar dogter het haar hospitaal toe gebring.

Gewoonlik het sy geen dreinering van haar neus of keel nie. Maar sy het in die afgelope week 'n produktiewe

hoes ontwikkel. Sy ervaar ook op die oomblik borskaspyn. Sy voel die meeste van die tyd moeg, veral as sy

in die huis rondloop.

Mev R rook nie en het nog nooit gerook nie. Haar suster is dood aan pneumonie (longinfeksie) toe sy 'n baba

was. Daar is geen ander respiratoriese probleme in die familie nie. Mev R het in die laaste vier jaar, drie keer

pneumonie gehad en is twee keer gehospitaliseer. Sy het geen bekende allergieë wat respiratoriese

simptome tot gevolg het nie. Sy het geen littekens of geboortemerke nie. Haar hare is baie dun. Daar is

geen teken van dermatologiese (vel) probleme nie. Mev R is vir die afgelope 15 jaar 'n bekende hipertensie

pasiënt en haar hipertensie was redelik onder beheer. Sy vergeet soms om haar medikasie gereeld te neem.

Albei haar ouers is dood aan 'n beroerte. Haar broer is dood aan 'n hartaanval en sy het 'n suster wat aan

hipertensie ly.

Met opname was haar vitale data as volg:

Bd = 190 / 110 mm Hg

Pols 96

Respirasie = 18

Temperatuur = 38º C

2.1 Sorteer en kategoriseer die data in die scenario volgens subjektiewe en objektiewe data. (11)

2.2 Maak 'n opsomming van die data deur 'n verpleegdiagnose te formuleer. (5)

2.3 Skryf twee (2) doelwitte neer in terme van die verwagte uitkomste vir hierdie pasiënt (2)

2.4 Formuleer twee (2) verpleegaksies vir hierdie pasiënt (skryf 'n rasionaal vir elkeen neer). (2)

*(10)

*(20)

3/…

-3-

NOVEMBER EKSAMEN 2003

KURSUS: FUNDAMENTELE VERPLEEGKUNDE 1A

VRAESTEL: MODULE 2: INLEIDING TOT VERPLEEGKUNDE (FVK1A20)

VRAAG 3

MODULE 3: INLEIDING TOT DIE LEWERING VAN GESONDHEIDSORG

IN S.A. (FVK1A30)

3.1 Noem twee (2) kriteria van 'n professie en maak dit op verpleegkunde van toepassing. (4)

3.2 'n Sewentienjarige skoolmeisie word deur haar ouers na die terminasie-van-swangerskap- (aborsie-)

kliniek gebring. Na 'n konsultasie is dit duidelik dat dit haar ouers se idee is om 'n aborsie te

ondergaan, en nie haar keuse nie. Ten spyte daarvan word daar egter 'n afspraak vir die prosedure

gemaak. Die meisie het egter nie vir die afspraak opgedaag nie. Twee dae later het die ouers die

kliniek gebel om uit te vind of sy nog steeds by die kliniek is.

Wat is die etiese implikasies sowel as die menseregte waaraan jy moet aandag gee in hierdie scenario? (6)

VRAAG 4

MODULE 3: INLEIDING TOT LEWERING VAN GESONDHEIDSORG IN S.A. (FVK1A30)

TYD: 1 UUR PUNTE: 40

In die KwaZulu-Natal-omgewing is een van die grootste probleme die voorkoms van seksueel oordraagbare

siektetoestande. U is in beheer van ‘n Epidemiologiese navorsingsprojek waar die voorkoms van seksueel

oordraagbare siektetoestande ondersoek word.

4.1 Verduidelik aan die verpleegkundiges wat saam met u aan die projek werk wat u onder die

volgende verstaan:

Verpleging as ‘n wetenskap (2)

Navorsing in verpleging (2)

Doel van navorsing in verpleging (2)

4.2 Beskryf kortliks die stappe in die navorsingsproses wat u sal gebruik om hierdie epidemiologiese

navorsings projek uit te voer. (10)

4.3 Bespreek kortliks die faktore/determinate wat tot siekte toestande bydra aan die

hand van voorbeelde. (20x1/2=10)

*(10)

*(26)

4/…

-4-

NOVEMBER EKSAMEN 2003

KURSUS: FUNDAMENTELE VERPLEEGKUNDE 1A

VRAESTEL: MODULE 2: INLEIDING TOT VERPLEEGKUNDE (FVK1A20)

VRAAG 5

MODULE 3: INLEIDING TOT DIE LEWERING VAN GESONDHEIDSORG

IN S.A. (FVK1A30)

U is die opleidingsbeampte by 'n Distriksgesondheidsdiens (DGD). Verduidelik

die funksies van die DGD aan B.CUR 1-studente. *(7)

VRAAG 6

Verduidelik die aspekte wat volgens die Ottawa-handves (Charter) aangespreek moet word aan n

medestudent. *(7)

---o0o---

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!