36-(3+12) xy= - 24.com
36-(3+12) xy= - 24.com
36-(3+12) xy= - 24.com
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Ingenieursgrafika

Matrikulante, dit is weereens ’n besondere voorreg om langs hierdie weg met julle sekere

beginsels en knelpunte rakende hierdie pragtige vak te bespreek.

Dit is alweer dié tyd van die jaar waar julle sekerlik druk besig is om julleself voor te berei

vir die Novembereksamen. Beide graad 11- en 12-leerders skryf twee vraestelle. Soos julle

seker weet, is julle die eerste leerders wat die nasionale vraestel sal skryf.

Ingenieursgrafika en Ontwerp bestaan uit drie afdelings, naamlik Meganies,

Elektries en Siviel.

Ons gaan eers so ’n bietjie in graad 11 kuier voordat ons met graad 12 werk sal begin.

As gevolg van beperkte spasie is dit vir my onmoontlik om alles uit die sillabus te

bespreek. Daarom sal ek net aandag aan dié afdelings gee waar leerlinge die meeste

probleme ondervind.

Ek begin by boute, moere en tapboute. Bestudeer die sketse soos getoon in Fig. 1.1

– 1.2 en maak seker dat jy weet hoe om genoemde te teken, spesifiek die boutkop en

moer.

Kyk na die tapbout getoon in Fig. 1.2. Onthou altyd dat boute, moere en tapboute nooit

in hul lengte gesny mag word nie, maar hulle mag wel dwars gesny word. Bestudeer

Fig. 1.3. Sjablone mag gebruik word in graad 12, maar óf die boutkop óf die moer moet

deur middel van die konstruksiemetode gedurende die eksamen geteken word. Maak

seker dat jy die regte sjabloon gebruik.

Fig. 2.1 – 2.6 toon die sketse van hoe ’n spy in die spygleuf van ’n as pas. Omdat ’n as

(Sien Fig. 1.4) en spy nooit in ’n lengteposisie gesny mag word nie, maak ons gebruik van

’n golflyn net om te toon hoe die spy in die as pas. Sien Fig. 2.1 - 2.6. Dit is belangrik om

te weet dat ’n spy beskou word as ’n verbindingselement en dien om relatiewe rotasie te

verhoed tussen twee komponente, soos bv. ’n as en katrol of as en rat. Vir hierdie doel

word gleuwe of groewe gemasjineer in die betrokke as en naafholte, sodat die spy wat in

die gleufholtes pas, aangewend kan word om relatiewe rotasie tussen die twee

komponente te voorkom. Fig. 3.1 - 3.3 toon isometriese sketse van hoe die spy in die

verskillende asse pas. Fig. 3.4 toon ook isometriese sketse van die verskillende spye. Fig.

2.3 toon ’n inlegspy. Fig. 2.4 toon ’n tapsespy. Fig. 2.5 toon ’n neusspy. Fig. 2.6 toon ’n

halfmaanspy.

Ribbe word ook dikwels tydens die vormbepaling van ’n masjiendeel geïntegreer. Sien

meegaande sketse – Fig. 4.1. Dit is baie duidelik dat ’n rib optimum sterkte verleen aan ’n

komponent, sonder om dit onnodig swaar te maak. Wanneer ’n snyvlak deur ’n rib strek in

’n rigting ewewydig aan die platvlakke daarvan, word die ribgedeelte nie gearseer nie.

Hoewel die konvensie teenstrydig mag voorkom, is dit gebaseer op ’n grondige rede. Die

rede is dat wanneer die relatief dun vliesmateriaal, gevorm deur die gehalveerde of ribdikte,

saam met die dikker dele gearseer word, dit ’n vals indruk van ’n soliede, omvangryke

materiaalmassa skep.

Let op na Figure 5.1 – 5.2. Hier word ’n deursnee-aansig van ’n soliede katrol en ’n katrol

met speke getoon. Onthou: ’n speek word nooit in sy lengte gesny nie, maar wel dwars.

Ek groet julle tot ons weer gesels.

Fig 1.1

Fig 1.3

Fig 1.4

Fig 1.2

Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008 9

Fig 2.3

Fig 3.1 Fig 3.2

Fig 5.1

Fig 4.1

Fig 3.4

Fig 2.5

Fig 5.2

Fig 2.1

Fig 2.4

Fig 2.6

Fig 2.2

Fig 3.3