36-(3+12) xy= - 24.com
36-(3+12) xy= - 24.com
36-(3+12) xy= - 24.com
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Lewenswetenskappe

Module 1: Weefsels, selle en molekulêre studies. Graad 12

DNS, Seldeling en genetika

Lewende organismes word in twee groepe verdeel op grond van die kern se

kenmerke:

• Eukariotiese organismes: het ’n ware selkern met chromatien wat omring

word deur ’n kernmembraan, wat dit skei van die sitoplasma.

• Prokariotiese organismes het chromatien of net nukleïensure, maar dit

word nie deur ’n kernmembraan afgesonder van die res van die selinhoud nie.

Alle organismes met eukariotiese selkerne het dieselfde vlakke van

chromosoomstruktuur.

DNS-heliks

Histone-proteïene

bind aan die DNS-drade om

nukleosome te vorm

Nukleosome rol verder op

Chromatien vorm as

nukleosome meer oprol

Chromosome raak sigbaar

as chromatien baie digter

oprol

Die DNS

(Deoksiribonukleïensuur)

is opgebou uit DNSnukleotiede

om eers

’n enkelstring te vorm.

Daarna kom bind

nukleotiede met hul

komplementêre

stikstofbasisse met die

DNS-stikstofbasistemplaat

deur middel

van swak

waterstofbindings.

Sodoende word die

enkeldraad ’n DNSdubbeldraad.

Die ensiem helikase

laat die DNS-molekuul

opwentel om ’n

dubbelheliksstruktuur

aan te neem.

DNS-enkeldraad

word ’n DNS-dubbeldraad

DNS-dubbelheliks

Stikstofbasis: Adenien en Timien bind; Guanien en

Sitosien bind

fosfaat

Deoksiribose

Van watter belang is die unieke struktuur van DNS vir ons en ons

voortbestaan?

• Die DNS se stikstofbasisvolgorde dien as die genetiese kode vir verskillende

gene waarmee erflike eienskappe bepaal word.

• Gene bepaal hoe proteïene opgebou gaan word, wat op hulle beurt ons

metabolisme reguleer en bepaal hoe ons lyk.

• Voordat ’n sel deel, moet die DNS eers repliseer en ’n presiese kopie van

homself maak, sodat elke nuwe sel weer die presiese genetiese kode sal hê.

Hoe verloop die DNS-replisering?

• Die DNS-dubbelheliks wentel af om ’n leer te vorm en lyk dan soos die

diagram hierbo aangetoon.

• Die ensiem DNS-polimerase laat die swak waterstofbindings tussen

komplementêre stikstofbasisse breek.

• Die DNS-drade rits los van mekaar.

• Vrye DNS-nukleotiede in die kernplasma kom bind met die oop

komplementêre stikstofbasisse om elke DNS-enkeldraad op te vul.

• Sodoende vorm daar twee presiese DNS-dubbeldrade.

• Na seldeling het elke nuwe dogtersel dieselfde aantal chromosome en

genetiese samestelling as die moedersel wat gedeel het.

• Tydens die repliseringsproses kan “foute” insluip wat tot mutasies lei.

• ’n Stikstofbasis kan foutiewelik uitgelaat word, ekstra inbind of plek ruil met

een langsaan.

• As die stikstofbasisvolgorde verander, verander die geen en kodeer dan vir

’n ander proteïen.

• Mutasies kan tot genetiese variasie in die bevolking lei.

• Met genetiese manipulasie (ook genetiese ingenieurswese genoem) word gene

doelbewus verander om beter plantgewasse en diere voort te bring wat meer

siektebestand is, droogtebestand is, ’n hoër voedselopbrengs lewer, ens.

2 nm

11 nm

30 nm

700 nm

1,400 nm

Eukariotiese organismes se selle het ’n kenmerkende getal chromosome in

die selkerne wat vir die spesie geld.

Diploïed of 2n, stel die dubbele stel chromosome voor in ’n selkern.

Haploïed of n. stel die enkele stel chromosome voor in ’n selkern.

Organisme Diploïede getal chromosome Haploïede getal chromosome

in somatiese selle (2n) in geslagselle (gamete) (n)

Mens 46 23

Kat 38 19

Hond 78 39

Perd 64 32

Mielieplant 20 10

Aartappelplant 48 24

Tipes seldeling:

A. Somatiese selle deel deur mitose om meer selle te vorm vir groei en die

herstel van beskadigde weefsel. Chromosoomgetal bly konstant.

DNS repliseer

voor seldeling

plaasvind

Moedersel

Twee dogterselle

identies aan die

moedersel

B. Diploïede selle in die geslagsorgane deel deur meïose om haploïede gamete

te vorm vir geslagtelike voortplanting. Die proses verloop in twee fases.

Meïose 1 Meïose 2

Twee haploïede selle vorm Vier haploïede selle vorm

Chromosome nog gerepliseerd Chromosome nie meer gerepliseerd,

met twee chromatiede met net een chromatied

DNS repliseer voor seldeling plaasvind

Wanneer twee verskillende haploïede gamete versmelt tydens bevrugting, vorm

’n diploïede sigoot, wat verder deur mitose ontwikkel in ’n organisme.

Chromosome vorm homoloë pare:

• Dit is chromosome wat dieselfde lengte en sentromeerposisie het.

• Homoloë chromosome dra soortgelyke gene op dieselfde posisie. So ’n

geenpaar word ’n alleel genoem.

• Een chromosoom is afkomstig van die vader se sperm en een afkomstig van

die moeder se eiersel toe bevrugting plaasgevind het.

• Elke chromosoom kry ’n dubbeldraadstruktuur as dit voor seldeling repliseer.

• Die draadjies word dan dogterchromatiede genoem.

• Die gerepliseerde, homoloë chromosome kom lê teenmekaar om bivalente

te vorm.

• Oorkruising van chromatiede vind plaas om stukkies genetiese materiaal uit

te ruil.

• Die chromosome skei en elkeen van die vier dogterchromosome lyk

verskillend as gevolg van die uitruiling van gene.

• Dit lei tot variasie in ’n spesie, dat ’n vader se sperms nie presies eenders is

nie en die moeder se eierselle nie presies eenders is nie.

• Hulle nakomelinge deel baie erflike kenmerke, maar elkeen is ’n unieke wese

met sy/haar individuele verskille.

Homoloë chromosome Dogterchromatiede Oorkruising vind Dogteris

ewe groot en het vorm bivalente plaas om gene chromosome

soortgelyke gene op

dieselfde posisie

uit te ruil lyk verskillend

Replisering

Die seldelingsproses verloop in twee afdelings, naamlik meïose 1 en meïose 2

en sal in die volgende bylaag van Beeld behandel word, saam met genetiese

meganismes en voortplanting by die mens.

8 Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008

alleles

bivalent

1 2 3 4 1 2 3 4