02.05.2013 Views

36-(3+12) xy= - 24.com

36-(3+12) xy= - 24.com

36-(3+12) xy= - 24.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LEER EN PRESTEER

16

xy

28

BYLAAG TOT BEELD 11 MAART 2008 GRAAD 10 - 12

36-(3+12)xy=

1+1=2

2+2=4

3+3=6

4+4=8

011 713 9147

Beeldskool:

Universiteit van

Pretoria

25 Maart - 28 Maart

30 Junie – 4 Julie

Leer en presteer

opvolguitgawes

vir graad

10 - 12

22 Julie

Skoolkoerantkursus

Laerskool Pierneef

19 April

Elmar Kollege

26 April

Navrae

Leer en Presteer

Elize 083 380 1800.

Middelblad

Riana

082 852 8814

Wiskunde

Die prys van Brent-ruolie, wisselkoers en die prys van petrol is daagliks in die

nuus en word deur baie faktore beïnvloed.

Ons gaan nou ’n paar berekeninge doen waar ons die wisselkoers en die prys van

petrol gaan bepaal.

Agtergrond:

In die jare 1860 toe olieproduksie begin is, was daar nie ’n standaard houer

waarin olie vervoer was nie, maar in 1866 is die oliehouer die “Blue barrel”

gestandaardiseer na 42 US gallons (151,4 liter). Later is olie nie meer in vate

vervoer nie, maar die “Blue barrel” is nog steeds die standaard maat waarin

olie gemeet word.

Voorbeeld:

Brent-ruolie kos tans $ 91 per vat • Petrolprys is huidiglik R7,40 per liter.

As Brent-ruolie styg na $ 100 per vat • Bereken die petrolprys per liter.

(Neem aan dat die petrolprys met dieselfde persentasie vermeerder as die

olieprys.)

Oplossing:

Brent-ruolie styg: $ 100 - $ 91 = $ 9

% styging

9

x 100 = 9,9%

91

Petrol styg met 9,9%

Styging = 9,9%

x 7,40

100

Nuwe petrolprys

= 7c per liter

R7,40 + 7c

= R7,47

Taak 1

1.1Huidige Brent-ruolie prys $ 89 per vat

Huidige petrolprys R6,75 per liter

Voltooi nou die onderstaande tabel deur die % styging en daling te bereken

en dan die nuwe petrolprys vas te stel. (Toon alle bewerkings)

Brent-ruolie $ 89 $ 92 $ 81 $ 75 $ 100

Petrol R 6,75

1.2 Toe Brent-ruolie $ 25 per vat gekos het en die wisselkoers R9,20 vir een

dollar was, was die petrolprys R4,00 per liter.

Bereken die nuwe petrolprys as die prys van Brent-ruolie tot $ 30 per vat

vermeerder en die rand teen die dollar verswak tot R10,50.

(Neem aan dat die petrolprys met dieselfde persentasie vermeerder as die

olieprys en die wisselkoers.)

Brent-ruolie $ 25 : 1 vat $ 30 : 1 vat

Wisselkoers $ 1 : R9,20 $ 1 : R10,50

Petrolprys

Prysverhoging:

R4,00 : 1 liter ? : 1 liter

Ou prys per vat 25 x R9,20 =

Nuwe prys 30 x R10,50 =

Nuwe prys – ou prys =

Bereken nou die % verhoging

Bereken nou die nuwe petrolprys volgens die berekende %.

Taak 2

Volgens “California Energy Commission, Feuls Office, Piira database. Based on

2004 data”. Bevat een vat Brent-ruolie die volgende:

0,9%

1,5%

51,4%

1,9%

15,4%

2,8%

12,6%

3,3%

5,4%

5%

Brent-ruolie

Produkte % Gebruike

Petrol en Diesel 51,4%

Brandstofolie 15,3% Brandstof vir kragstasies en skepe

Keroseen/Vliegtuig brandstof 12,6%

Stabiele gas 5,4% Huishoudelike gebruik

Kooks 5% Staal-hoogoonde, smelterye

Gas vir byprodukte 3,3% } Toevoerstof vir die

petrochemiese

Verfynde gas, Nafta 2,8% } industrie en ander produkte

Asfalt, Bitumen 1,9% Teer vir paaie

Parafienwas 1,5%

Smeermiddels 0,9%

Brent-ruolie word deur die proses “fraksionele-distilasie” geskei. Dit is ’n proses

van verhitting (25°C tot 400°C). Elkeen van die afskeidings het ’n spesifieke

gebruik. Kyk of jy bostaande tabel kan voltooi.

Gebruik nou die persentasies soos in die tabel aangedui en teken ’n

sirkeldiagram. (Toon jou bewerkings waar die grade bereken word.)

“Vuur en Vlam” brandstofmaatskappy verwerk 1 270 vate Brent-ruolie per dag. As

12,6% van ’n vat Keroseen is, bereken die aantal liters wat daagliks gelewer word.

Die prys van Brent-ruolie het die afgelope tyd baie gewissel. Die prys oor die

afgelope tien dae was soos volg:

$ 82,2; $ 87,5; $ 91,4; $ 97; $ 95,2;

$ 95,2; $ 90,7; $ 94,3; $89,7; $89,3.

Bereken die gemiddelde prys van Brent-ruolie oor die tien dae.

Bepaal die modus en die mediaan.

Bereken die variasiewydte.

Teken ’n balkgrafiek van die gegewe inligting.

2 Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008

Prys in $

Dae

Noem nog 6 ander energiebronne.

Bespreek kortliks hoe een van die energiebronne ’n oplossing kan bied vir die

huidige kragsituasie in ons land.

Wiskunde

Wat is lineêre programmering?

Die gelyktydige grafiese oplossing van die stelsel lineêre ongelykhede word lineêre

programmering genoem. Lineêre programmering het ten doel om sekere probleemsituasies

op te los deur ’n aantal beperkings as lineêre ongelykhede uit te druk. Hierdie

is ’n relatiewe nuwe ontwikkeling in Wiskunde wat tydens die Tweede Wêreldoorlog sy

beslag gekry het. Dit word veral in die ekonomiese wetenskappe gebruik.

Hoe pak ek so ’n probleem aan?

• Lees die probleem een keer heeltemal deur, sodat jy ’n geheelbeeld van die

probleem kan kry.

• Bepaal watter eenhede jy x en y gaan noem. Dit wat geoptimeer (’n

maksimum of ’n minimum van gemaak word), is dit wat aan x en y gelyk

gestel moet word. Moenie eenhede wat beperkings beheer, gelykstel aan x

en y nie.

• Beperkings wat natuurlik ontstaan, word implisiete beperkings genoem,

bv. veranderlikes is gewoonlik nie negatief nie ==> x,y ≥ 0

• Besluit of die veranderlikes enige reële waardes kan aanneem(x,y R)

bv. liters melk of slegs heelgetalwaardes (x,y N) bv. ’n aantal tafels.

• Skryf ’n ongelykheid neer vir elk van die gegewe voorwaardes.

Voorbeelde

Voorwaarde Ongelykheid

Y is nie meer as 10 nie

X is hoogstens 15

Y is minstens 150

X is nie minder as 30 nie

X en Y is saam op die meeste 8

Twee keer X is hoogstens drie keer Y

Verhouding van X tot Y is nie groter as 3: 5 nie

X is minstens dubbel soveel as Y

Y is nie meer as drie keer X nie

• Orden die gegewens in tabelvorm indien nodig.

Voorbeeld

’n Super X-motorfiets benodig 50 uur vir verf en afwerking en 10 uur vir kontrole

en toetsing. ’n Super Y-motorfiets benodig benodig 40 uur vir verf en afwerking en

20 uur vir kontrole en toetsing. Die totale aantal uur wat beskikbaar is per maand

is: 13 000 in die verf- en afwerkingafdeling en 5 000 in die kontrole- en

toetsingafdeling.

Aantal super X- Aantal super Y- Beperkings

motorfietse is x motorfietse is y

Verf en afwerking

50 x

40 y

≤ 13 000

Kontrole en toetsing

10 x

20 y

≤ 5 000

Ongelykhede: 50x + 40y ≤ 13000

10x + 20y ≤ 5000

• Skets ’n assestelsel en merk die asse met ’n kort beskrywing van die

veranderlikes en hul eenhede.

• Skets die ongelykhede en stel die gangbare gebied voor. Die gangbare

gebied is die geasseerde gedeelte, wat die gelyktydige grafiese oplossing

voorstel. Benoem die hoekpunte van die gangbare gebied.

Voorbeeld

1.

2.

3.

4.

Y

8 A

6

4

2

C

E D

0

4

B

1

2 4 6 8 10

2

ABCDE is die gangbare gebied

• Bepaal die doelfunksie P = ax + by. Die doelfunksie is die funksie wat

geoptimiseer moet word, onderworpe aan die beperkings in die probleem.

Bepaal die minimum of maksimum as volg:

Gr 11:

1. Bepaal die koördinate van elke hoekpunt deur die stelselvergelykings wat die

hoekpunt vorm, op te los.

2. Stel die koördinate van elke hoekpunt in die vergelyking van die doelfunksie en

bepaal die wins by daardie hoekpunt.

3. Bepaal nou waar die maksimum of minimum bereik sal word.

3

X

Lineêre programmering

Gr 12:

1. Skryf die doelfunksie in standaardvorm van ’n reguitlyn.

2. Bepaal die helling van die lyn en trek ’n gidslyn (soeklyn) op die grafiek.

3. Beweeg nou ewewydig aan die gidslyn op of af op jou grafiek m.b.v. jou

liniaal. Die hoekpunt van die gangbare gebied wat eerste (die laagste)

gesny word, is die minimum en die hoekpunt wat laaste (die hoogste)

gesny word, is die maksimum.

4. Bepaal die koördinate van hierdie hoekpunt deur die stelsel vergelykings

wat die hoekpunt vorm, op te los.

5. Stel die koördinate van die hoekpunt in die vergelyking van die doelfunksie

en bepaal die waarde van daardie hoekpunt.

Voorbeeld.

Die skets stel ongelykhede voor wat lei tot die gangbare gebied ABCD.

Die wins op produk X is R2 en op produk Y is R3.

1. Die doelfunksie kan geskryf word as:

P = 2x + 3y

2. Die gradiënt van die doelfunksie is:

3. Die minimum wins word gemaak:

as x = 30 en y = 10 by C (30;10)

Die minimum wins is:

W = 2(30) + 3(10)

= R 90

4. Die maksimum wins word gemaak

As x= 10 en y = 70 by A(10; 70)

Die maksimum wins is:

W =2(10) + 3(70)

= R 230

Opdrag 1

Voltooi nou die volgende opdrag deur van die bogenoemde inligting gebruik te

maak.

’n Melkboer het 2 soorte beeste, Jersey en Friesland. Elke Jerseykoei lewer

6 liter melk per dag en elke Frieslandkoei lewer 4 liter melk per dag.

Om die vetgehalte van die melkmengsel te kontroleer, moet die getal

Jerseykoeie nie twee keer die getal Frieskoeie oortref nie.

Elke Jerseykoei benodig daagliks 4 kilogram hooi en 9 kilogram graanmengsel

vir growwigheid.

Die Frieskoeie benodig daagliks 8 kilogram hooi en 4 kilogram van die

graanmengsel.

Die boer het ’n totale hoeveelheid van 320 kilogram hooi en 360 kilogram van

die graanmengsel per dag beskikbaar.

Daar is hoogstens plek vir altesaam 45 koeie op sy eiendom.

Laat die aantal Jerseykoeie x en die aantal Frieskoeie y wees.

1. Skryf ’n ongelykheid in terme van x en y neer wat betrekking het op:

1.1 Die vetinhoud van die melk.

1.2 Die totale aantal koeie.

2.1 Voltooi die volgende tabel

x die aantal y die aantal Beperkings

Jerseykoeie Frieskoeie

Hooi

Graanmengsel

2.2 Skryf nou die twee ongelykhede neer wat deur die data in die tabel

voorgestel word.

2.3 Maak gebruik van die assestelsel om die beperkings voor te stel en die

gangbare gebied aan te dui.

2.4 Bepaal die maksimum hoeveelheid melk wat die boer van sy koeie kan

verkry deur:

2.4.1 Die doelwitfunksie neer te skryf.

2.4.2 Die aantal koeie te bepaal wat die boer moet aanhou om die maksimum

hoeveelheid melk te verkry.

2.4.3 Die maksimum aantal liter melk wat elke dag verkry kan word te bereken.

Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008 3

Wiskundegegeletterdheid

Jy moet enige formule met behulp van jou sakrekenaar kan oplos. Jy hoef nie die

formules uit jou kop te ken nie. Jy moet hulle net kan gebruik.

Daarom moet jy jou eie sakrekenaar baie goed ken.

Voorbeelde van formules:

Graad 10: Enkelvoudige rente:

A = P (1 + i.n) waar A = eindbedrag

P = huidige waarde

i = rentekoers geskryf as ’n desimaal

n = die aantal tydperke (gewoonlik jare)

Graad 11: Saamgestelde rente: OF

A = P (1 + i) n

Om 1.07 4 te bereken:

Druk 1.07 ^ 4 of 1.07 x 4

Antwoord: 1.3108( 4 des)

Jy moet ook P kan bereken as A, i en n gegee is. Jy kan dit op 2 maniere doen.

OF

Graad 12:

Die volgende formule word gebruik om die paaiement (x) wat jy elke maand moet

betaal, te bereken:

As P = 2 000 , i = 0,02 en n = 4 dan is die sleutelvolgorde

2 000 x 0,02 ( 1 + 0,02 ) ^ 4 ÷ [ ( 1 + i ) ^ 4 – 1 ]

Jy moet die [ ] gebruik om die regte antwoord te bereken.

Wenk: Gebruik altyd [ ] om die hele noemer (die gedeelte onder die lyn). Dit sal nooit

verkeerd wees nie, maar as jy dit nie gebruik nie, kan jy die verkeerde antwoord kry.

Oefening – graad 10

Marlene en Sarie wil worsbroodjies verkoop. Vir elke worsbroodjie benodig hul die

volgende: ’n broodrolletjie, ’n stukkie wors, 8 gram botter, 10 ml tamatiesous en ’n

servet. Elke stukkie wors weeg 125 gram.

Hoeveel stukkies wors kan jy uit 1 kg kry?

Antwoord: 1 kg = 1 000 g

1 000 ÷ 125 = 8 stukkies.

Hoeveel broodjies kan jy met 500 g botter smeer?

Antwoord: 500 ÷ 8 = 62,5 broodjies.

Die prys van die benodigdhede is as volg:

1 dos broodrolletjies R 8,40

1 kg wors R32,00

500 g botter R21,00

750 ml tamatiesous R12,75

20 Servette R 6,40

Bereken die prys van 1 worsbroodjie.

Antwoord: Broodrolletjie R 8,40 ÷ 12 = R 0,70

Wors R 32,00 ÷ 8 = R 4,00

Botter R21,00 ÷ 62,5 = R 0,34

Tamatiesous R12,75 ÷ 750 x 10 = R 0,17

Servet R 6,40 ÷ 20 = R 0,32

Totaal = R 5,53

Bereken die prys van 100 worsbroodjies.

Antwoord: 100 x R 5,53 = R553,00

Stel ’n inkopielys saam vir 100 worsbroodjies.

Antwoord: 100 ÷ 12 = 8,3 dosyn broodrolletjies ( 9 dos )

100 ÷ 8 = 12,5 kg wors

100 ÷ 62,5 x 500 g = 800 g botter

100 x 10 = 1 000 ml tamatiesous (2 bottels)

100 ÷ 20 = 5 pakke servette

Hulle verkoop die worsbroodjies teen R 8,00 elk. Bereken hoeveel % wins maak

hulle op die kosprys.

Wins = R 8,00 – R 5,53 = R 2,47

Antwoord: 2,47 x 100 = 44,67% wins

Skryf 10 ml van 750 ml in eenvoudigste breukvorm

Antwoord:

10 = 1

750 75

Graad 11 en 12

Pagel en Klopping wil ’n rekenaarspeletjienetwerk begin. Hulle wil elke Vrydagaand ’n

saal huur en dan kaartjies verkoop aan jongmense wat wil kom speel. Die huur van

die saal is R1 000 per aand. Hulle kan tafels teen R10 en stoele teen R5 elk huur.

Stel ’n vergelyking op vir hulle uitgawes.

Antwoord: K = 1 000 + n (10 + 5)

Verduideliking: K = koste; 1 000 is die huur van die saal; n is die aantal mense wat

kaartjies koop. Vir elkeen moet hulle ’n tafel en ’n stoel huur. n ( 10 + 5)

Voltooi die volgende tabel vir die aantal mense en die koste:

Aantal mense(n) 0 1 5 10 20 30 40 50

Koste (K) 1000 1015 1075 1150 1300 1450 1600 1750

Onthou: Hulle moet die huurgeld betaal al daag niemand op nie.

Hulle besluit om die kaartjies teen R50 elk te verkoop.

Skryf ’n vergelyking vir hul inkomste I. Antwoord: I = 50.n

Formules Gr 10, 11 en 12

Aantal mense(n) 0 1 5 10 20 30 40 50

Inkomste (I) 0 50 250 500 1 000 1500 2000 2500

Teken ’n grafiek om die inligting voor te stel. Kies die mense op die x – as in

eenhede van 10 en die K en I op die y – as in eenhede van R100.

Inkomste en uitgawes

3000

As gevolg van die kragonderbrekings besluit hulle om ’n kragopwekker te koop.

Hulle kan dit net op huurkoop koop. Die kragopwekker kos R12 000. Hulle moet

10% deposito betaal en die rentekoers is 14,5%. Die tydperk van terugbetaling is

3 jaar. Hulle moet elke maand R35,70 vir versekering betaal. Bereken hul

maandelikse paaiement en die totale bedrag wat hulle betaal. (Graad 11)

Antwoord: Deposito: 10% x R12 000

= R1 200

Oorblywende bedrag = R12 000 – R 1 200

= R10 800

i = 14,5 ÷ 100 = 0,145

n = 3 ( jaar)

A = 10 800(1 + 0,145 x 3)

= 15 498

3 jaar = 3 x 12 = 36 maande

Paaiement =

Graad 12

15498 + 35,70

36

= R466,20

Totale bedrag = R1 200 + 36 x 466,20

= R17 983,20

4 Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008

2500

2000

1500

1000

500

0

0 10 20 30 40 50 60

Uitgawes Inkomste

Lees van die grafiek af die gelykbreekpunt. Antwoord: Ongeveer 28 mense.

Bereken die wins as daar 45 mense is.

Antwoord: K = 1 000 + 45 ( 10 + 5)

= 1 675

I = 45 x 50

= 2250

W = R2 250 – R1 675

= R575

Pagel en Klopping besluit om die prys van die kaartjies te verander. Hulle stel

die volgende tabel op:

Aantal uur Prys

0 tot 4 uur R40

4 tot 6 uur R50

6 tot 8 uur R55

8 tot 10 uur R60

Gerber kom 18:15 by die saal aan en vertrek weer om 22:05. Bereken hoe lank

was hy daar en wat sal sy koste wees. (Gebruik die tyd sleutel op jou sakrekenaar:

D°M’S of ° ’ ’’

Druk 22, sleutel, 05, sleutel, - ,18, sleutel, 15, sleutel, =

Antwoord: 22:05 – 18:15 = 3:50

Koste is R40

ONTHOU: Jy moet die sleutel D°M’S of ° ’ ’’ druk, nadat jy die minute ( of

sekondes) ingesleutel het, anders sal daar ’n foutboodskap verskyn!

Altus kom 18:11 Vrydag en vertrek om 2:45 die volgende oggend. Bereken sy koste.

Antwoord: Tel 24 by 2:45, omdat jy nie 18 van 2 kan aftrek nie (Daar is 24 uur

in ’n dag)

26:45 – 18:11 = 8:34 uur.

R60 want dit is meer as 8 uur.

Pagel se pa is bereid om die geld vir hulle te leen. Hulle moet hom dan maandeliks

terug betaal teen 12% rente maandeliks saamgestel. Die terugbetalingstydperk is

ook 3 jaar.

Antwoord: P = R12 000

i = 12 ÷ 100 ÷ 12 (12 maande in ’n jaar en i moet per maand

= 0,01 bereken word)

n = 3 x 12

= 36

x = 12000 x 0,01(1+0,01) 36

(1 + 0,01) 36 –1

= 398,57

Hoeveel spaar hulle nou?

Antwoord: R17 983,20 – R398,57 x 36

= R3 634,62

Lewenswetenskappe

Module 1: Weefsels, selle en molekulêre studies. Graad 12

DNS, Seldeling en genetika

Lewende organismes word in twee groepe verdeel op grond van die kern se

kenmerke:

• Eukariotiese organismes: het ’n ware selkern met chromatien wat omring

word deur ’n kernmembraan, wat dit skei van die sitoplasma.

• Prokariotiese organismes het chromatien of net nukleïensure, maar dit

word nie deur ’n kernmembraan afgesonder van die res van die selinhoud nie.

Alle organismes met eukariotiese selkerne het dieselfde vlakke van

chromosoomstruktuur.

DNS-heliks

Histone-proteïene

bind aan die DNS-drade om

nukleosome te vorm

Nukleosome rol verder op

Chromatien vorm as

nukleosome meer oprol

Chromosome raak sigbaar

as chromatien baie digter

oprol

Die DNS

(Deoksiribonukleïensuur)

is opgebou uit DNSnukleotiede

om eers

’n enkelstring te vorm.

Daarna kom bind

nukleotiede met hul

komplementêre

stikstofbasisse met die

DNS-stikstofbasistemplaat

deur middel

van swak

waterstofbindings.

Sodoende word die

enkeldraad ’n DNSdubbeldraad.

Die ensiem helikase

laat die DNS-molekuul

opwentel om ’n

dubbelheliksstruktuur

aan te neem.

DNS-enkeldraad

word ’n DNS-dubbeldraad

DNS-dubbelheliks

Stikstofbasis: Adenien en Timien bind; Guanien en

Sitosien bind

fosfaat

Deoksiribose

Van watter belang is die unieke struktuur van DNS vir ons en ons

voortbestaan?

• Die DNS se stikstofbasisvolgorde dien as die genetiese kode vir verskillende

gene waarmee erflike eienskappe bepaal word.

• Gene bepaal hoe proteïene opgebou gaan word, wat op hulle beurt ons

metabolisme reguleer en bepaal hoe ons lyk.

• Voordat ’n sel deel, moet die DNS eers repliseer en ’n presiese kopie van

homself maak, sodat elke nuwe sel weer die presiese genetiese kode sal hê.

Hoe verloop die DNS-replisering?

• Die DNS-dubbelheliks wentel af om ’n leer te vorm en lyk dan soos die

diagram hierbo aangetoon.

• Die ensiem DNS-polimerase laat die swak waterstofbindings tussen

komplementêre stikstofbasisse breek.

• Die DNS-drade rits los van mekaar.

• Vrye DNS-nukleotiede in die kernplasma kom bind met die oop

komplementêre stikstofbasisse om elke DNS-enkeldraad op te vul.

• Sodoende vorm daar twee presiese DNS-dubbeldrade.

• Na seldeling het elke nuwe dogtersel dieselfde aantal chromosome en

genetiese samestelling as die moedersel wat gedeel het.

• Tydens die repliseringsproses kan “foute” insluip wat tot mutasies lei.

• ’n Stikstofbasis kan foutiewelik uitgelaat word, ekstra inbind of plek ruil met

een langsaan.

• As die stikstofbasisvolgorde verander, verander die geen en kodeer dan vir

’n ander proteïen.

• Mutasies kan tot genetiese variasie in die bevolking lei.

• Met genetiese manipulasie (ook genetiese ingenieurswese genoem) word gene

doelbewus verander om beter plantgewasse en diere voort te bring wat meer

siektebestand is, droogtebestand is, ’n hoër voedselopbrengs lewer, ens.

2 nm

11 nm

30 nm

700 nm

1,400 nm

Eukariotiese organismes se selle het ’n kenmerkende getal chromosome in

die selkerne wat vir die spesie geld.

Diploïed of 2n, stel die dubbele stel chromosome voor in ’n selkern.

Haploïed of n. stel die enkele stel chromosome voor in ’n selkern.

Organisme Diploïede getal chromosome Haploïede getal chromosome

in somatiese selle (2n) in geslagselle (gamete) (n)

Mens 46 23

Kat 38 19

Hond 78 39

Perd 64 32

Mielieplant 20 10

Aartappelplant 48 24

Tipes seldeling:

A. Somatiese selle deel deur mitose om meer selle te vorm vir groei en die

herstel van beskadigde weefsel. Chromosoomgetal bly konstant.

DNS repliseer

voor seldeling

plaasvind

Moedersel

Twee dogterselle

identies aan die

moedersel

B. Diploïede selle in die geslagsorgane deel deur meïose om haploïede gamete

te vorm vir geslagtelike voortplanting. Die proses verloop in twee fases.

Meïose 1 Meïose 2

Twee haploïede selle vorm Vier haploïede selle vorm

Chromosome nog gerepliseerd Chromosome nie meer gerepliseerd,

met twee chromatiede met net een chromatied

DNS repliseer voor seldeling plaasvind

Wanneer twee verskillende haploïede gamete versmelt tydens bevrugting, vorm

’n diploïede sigoot, wat verder deur mitose ontwikkel in ’n organisme.

Chromosome vorm homoloë pare:

• Dit is chromosome wat dieselfde lengte en sentromeerposisie het.

• Homoloë chromosome dra soortgelyke gene op dieselfde posisie. So ’n

geenpaar word ’n alleel genoem.

• Een chromosoom is afkomstig van die vader se sperm en een afkomstig van

die moeder se eiersel toe bevrugting plaasgevind het.

• Elke chromosoom kry ’n dubbeldraadstruktuur as dit voor seldeling repliseer.

• Die draadjies word dan dogterchromatiede genoem.

• Die gerepliseerde, homoloë chromosome kom lê teenmekaar om bivalente

te vorm.

• Oorkruising van chromatiede vind plaas om stukkies genetiese materiaal uit

te ruil.

• Die chromosome skei en elkeen van die vier dogterchromosome lyk

verskillend as gevolg van die uitruiling van gene.

• Dit lei tot variasie in ’n spesie, dat ’n vader se sperms nie presies eenders is

nie en die moeder se eierselle nie presies eenders is nie.

• Hulle nakomelinge deel baie erflike kenmerke, maar elkeen is ’n unieke wese

met sy/haar individuele verskille.

Homoloë chromosome Dogterchromatiede Oorkruising vind Dogteris

ewe groot en het vorm bivalente plaas om gene chromosome

soortgelyke gene op

dieselfde posisie

uit te ruil lyk verskillend

Replisering

Die seldelingsproses verloop in twee afdelings, naamlik meïose 1 en meïose 2

en sal in die volgende bylaag van Beeld behandel word, saam met genetiese

meganismes en voortplanting by die mens.

8 Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008

alleles

bivalent

1 2 3 4 1 2 3 4

Ingenieursgrafika

Matrikulante, dit is weereens ’n besondere voorreg om langs hierdie weg met julle sekere

beginsels en knelpunte rakende hierdie pragtige vak te bespreek.

Dit is alweer dié tyd van die jaar waar julle sekerlik druk besig is om julleself voor te berei

vir die Novembereksamen. Beide graad 11- en 12-leerders skryf twee vraestelle. Soos julle

seker weet, is julle die eerste leerders wat die nasionale vraestel sal skryf.

Ingenieursgrafika en Ontwerp bestaan uit drie afdelings, naamlik Meganies,

Elektries en Siviel.

Ons gaan eers so ’n bietjie in graad 11 kuier voordat ons met graad 12 werk sal begin.

As gevolg van beperkte spasie is dit vir my onmoontlik om alles uit die sillabus te

bespreek. Daarom sal ek net aandag aan dié afdelings gee waar leerlinge die meeste

probleme ondervind.

Ek begin by boute, moere en tapboute. Bestudeer die sketse soos getoon in Fig. 1.1

– 1.2 en maak seker dat jy weet hoe om genoemde te teken, spesifiek die boutkop en

moer.

Kyk na die tapbout getoon in Fig. 1.2. Onthou altyd dat boute, moere en tapboute nooit

in hul lengte gesny mag word nie, maar hulle mag wel dwars gesny word. Bestudeer

Fig. 1.3. Sjablone mag gebruik word in graad 12, maar óf die boutkop óf die moer moet

deur middel van die konstruksiemetode gedurende die eksamen geteken word. Maak

seker dat jy die regte sjabloon gebruik.

Fig. 2.1 – 2.6 toon die sketse van hoe ’n spy in die spygleuf van ’n as pas. Omdat ’n as

(Sien Fig. 1.4) en spy nooit in ’n lengteposisie gesny mag word nie, maak ons gebruik van

’n golflyn net om te toon hoe die spy in die as pas. Sien Fig. 2.1 - 2.6. Dit is belangrik om

te weet dat ’n spy beskou word as ’n verbindingselement en dien om relatiewe rotasie te

verhoed tussen twee komponente, soos bv. ’n as en katrol of as en rat. Vir hierdie doel

word gleuwe of groewe gemasjineer in die betrokke as en naafholte, sodat die spy wat in

die gleufholtes pas, aangewend kan word om relatiewe rotasie tussen die twee

komponente te voorkom. Fig. 3.1 - 3.3 toon isometriese sketse van hoe die spy in die

verskillende asse pas. Fig. 3.4 toon ook isometriese sketse van die verskillende spye. Fig.

2.3 toon ’n inlegspy. Fig. 2.4 toon ’n tapsespy. Fig. 2.5 toon ’n neusspy. Fig. 2.6 toon ’n

halfmaanspy.

Ribbe word ook dikwels tydens die vormbepaling van ’n masjiendeel geïntegreer. Sien

meegaande sketse – Fig. 4.1. Dit is baie duidelik dat ’n rib optimum sterkte verleen aan ’n

komponent, sonder om dit onnodig swaar te maak. Wanneer ’n snyvlak deur ’n rib strek in

’n rigting ewewydig aan die platvlakke daarvan, word die ribgedeelte nie gearseer nie.

Hoewel die konvensie teenstrydig mag voorkom, is dit gebaseer op ’n grondige rede. Die

rede is dat wanneer die relatief dun vliesmateriaal, gevorm deur die gehalveerde of ribdikte,

saam met die dikker dele gearseer word, dit ’n vals indruk van ’n soliede, omvangryke

materiaalmassa skep.

Let op na Figure 5.1 – 5.2. Hier word ’n deursnee-aansig van ’n soliede katrol en ’n katrol

met speke getoon. Onthou: ’n speek word nooit in sy lengte gesny nie, maar wel dwars.

Ek groet julle tot ons weer gesels.

Fig 1.1

Fig 1.3

Fig 1.4

Fig 1.2

Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008 9

Fig 2.3

Fig 3.1 Fig 3.2

Fig 5.1

Fig 4.1

Fig 3.4

Fig 2.5

Fig 5.2

Fig 2.1

Fig 2.4

Fig 2.6

Fig 2.2

Fig 3.3

Geografie

Een van die afdelings in Geografie wat in graad 10, 11 en 12 oorvleuel, is kaartwerk. Dit word op basiese tegnieke en vaardighede gebaseer wat dieselfde bly regdeur

met net die interpretasie wat by elke graad op die inhoud van die teorie toegepas word.

Die volgende is ’n opsomming van die soort tegniek wat in kaartwerk gevra kan word. Hou dit byderhand vir hersiening voor ’n toets of eksamen.

Rekeningkunde

Kaartwerk

TEGNIEK BESKRYWING WENKE EENHEID /

VOORBEELD

Kaartsimbole Simbool of teken wat ’n kenmerk op die grond verteenwoordig. Puntsimbole • S

Lynsimbole

Oppervlaktesimbole

Ligging Die presiese plek waar ’n punt op ’n kaart of op die grond is. Grade, Minute, Sekondes 23º 15’ 55”

Rigting Die benaderde of geskatte lyn tussen kompasstreke. N, S, O, en W Noordoos

Peiling Rigting van een plek na ’n ander gemeet in grade. Meet kloksgewys in 360º 91 º

Magnetiese peiling Die hoek tussen rigting van magnetiese noord en punt op kaart. Gebruik magnetiese deklinasie en afwyking 238 º wes van ware

in berekening noord

Skaal Verhouding van kaartafstand tot die werklike afstand op land. Topografiese – 1:50 000 1cm stel 0,5 km voor

Ortofoto – 1:10 000 1 cm stel 0,1 km voor

Afstand Lengte tussen twee punte op ’n kaart volgens skaal. Lengte x Kaartskaal m of km

Oppervlakte Meting van die grootte van ’n oppervlak volgens skaal. (Lengte x Skaal) (Breedte x Skaal) m 2 of km 2

Hoogte Vertikale hoogte van grond bo seevlak. Topografiese – 20m

Ortofoto – 5m m of km

Reliëf Vorm van soliede oppervlak van aarde. Gebruik kontoerlyne en hoogtes Uitlope, krans, vallei

Gradiënt Hoe steil ’n berg of hang is. Vertikale styging/Horisontale afstand 1 (vertikaal) : 12,6

(horisintaal)

Dwarsprofiel Skets van die syaansig van landskap deur kontoerhoogtes te gebruik. Onthou jou horisontale en vertikale skaal Verskil met elke skets

Vertikale vergroting Vertikale uitrekking van ’n dwarsprofiel, om hoogtes te beklemtoon. Vertikale skaal/ Topografiese - 25 keer

Horisontale skaal Ortofoto – 20 keer

Intersigbaarheid Sigbaarheid van een punt na ’n ander. Bergreeks belemmer intersigbaarheid

Spoed Spoed waarteen iets beweeg. Afstand

Tyd Km/h

Tyd Tydperk van beweging. Afstand/Spoed h/min/sek

Kaartoriëntasie Draai kaart, sodat kenmerke in dieselfde rigting as werklikheid wys. Makliker om vanaf noord te werk

GIS Verskillende lae of vlakke van inligting van ’n plek wat oormekaar Kan verskillende eienskappe met mekaar

geplaas kan word. vergelyk

Vraggeld op handelsvoorraad aangekoop

• Wanneer die vervoerkoste op handelsware aangekoop nie by die

aankoopprys ingesluit is nie, verhoog die aankoopprys van

goedere met die bedrag wat betaalbaar is vir die vervoer daarvan.

• Hierdie vervoerkoste (vraggeld) en enige ander koste soos

invoerbelastings word as deel van die aankoopprys gesien

wanneer die deurlopende voorraadstelsel in gebruik is.

• Daar word dus nie ’n addisionele rekening vir vraggeld geopen nie.

• Die bedrag waarmee die handelsvoorraadrekening gedebiteer

word, word verhoog.

• Die handelsvoorraadrekening, wat ’n baterekening is, word nou

gedebiteer met die aankoopprys en die vraggeld om die totale

uitgawe wat aangegaan is om voorraad te verkry, te toon.

• Die kontra-rekening sal van die aankoopwyse afhang.

• Indien die aankope en die betaling van die vraggeld kontant

geskied, sal die kontra-rekening bank wees? In effek vermeerder

die bate (handelsvoorraad) en verminder ’n bate (bank).

• Indien die aankope en die betaling van die vraggeld op krediet

geskied, sal die kontra-rekening krediteurekontrole wees. In

effek vermeerder die bate (handelsvoorraad) en vermeerder laste

(krediteurekontrole)

Probeer jy nou om die volgende paar transaksies op jou eie te

voltooi. ’n Antwoordblad word gegee. Die antwoorde is op Beeld se

webblad beskikbaar (www.beeld.com).

Transaksies vir Maart 2007:

07 Mrt 07 Ontvang ’n faktuur vanaf PX-Filters vir handelsware,

R 1 200 en vervoerkoste, R 120. Reik tjek 154 uit.

14 Mrt 07 Ontvang ’n faktuur vanaf PSP-Chairs vir handelsware,

R 3 250. Die faktuur word hernommer na 241.

16 Mrt 07 Ontvang ’n faktuur vir R 260 van PX-Couriers vir die

vervoer van die handelsware wat op 14 Maart

aangekoop is. Reik tjek 155 uit.

21 Mrt 07 Koop handelsware op krediet PPQ Handelaars en

ontvang ’n faktuur vir handelsware R 2 800 en

vervoerkoste R 600. Die faktuur word hernommer

na 242.

a) Die effek op die rekeningkundige vergelyking

c) Die oorboeking van die joernale na die algemene grootboek

Algemene grootboek van Voorbeeldia Winkels

Balansstaatrekeninge Afdeling

Bank

d) Die oorboeking van die joernale na die hulpgrootboek

Grootboeke Ekwiteit Bates Laste

Nr Jnl Brondokument Debiteer Krediteer Dt Kt Dt Kt Dt Kt

b) Die boekstawing van transaksies in die joernale

Kontantbetalingsjoernaal van Voorbeeldia-Winkels

Dok Dag Naam van begunstigde Fol Bank HandelsvoorraadKrediteurekontrole

Krediteurejoernaal van Voorbeeldia-Winkels

Dok Dag Krediteur Fol Krediteurekontrole

Handelsvoorraad

Krediteurekontrole

10 Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008

Handelsvoorraad

Korting

ontvang

Maart 2007 KBJ1

Debiteurekontrole

Diverse rekeninge

Bedrag Fol Besonderhede

Maart 2007 KBJ1 KJ1

Verbruiksvoorraad

Diverse rekeninge

Bedrag Fol Besonderhede

Krediteuregrootboek van Voorbeeldia-Winkels

PSP-Chairs K1

Datum Besonderhede Fol Debiet Krediet Saldo

PPQ-Handelaars K2

Datum Besonderhede Fol Debiet Krediet Saldo

Rekeningkunde

Bateverkope

Hierdie onderwerp begin in graad 10 waar die leerder waardevermindering moet

bereken. In graad 11 moet die leerder in staat wees om die verkope van ’n bate te

boekstaaf. Die ontleding en vertolking asook die ouderdom van die bates en die

tempo van batevervanging en die leeftyd van ’n bate moet deur die graad 12leerder

bemeester word.

Inleiding:

Die verkoop van ’n bate word as volg geboekstaaf:

Indien ’n bate gedurende die boekjaar deur die onderneming verkoop word, moet

die volgende VYF stappe altyd gevolg word:

1. Bring die waardevermindering op datum deur addisionele waardevermindering

op die Bateregister te voeg vanaf die begin van die boekjaar tot die

verkoopdatum. (Voltooi die bateregister.)

2. Dra die kosprys van die bate oor na die Bateverkoperekening.

3. Dra die totale waardevermindering, tot op datum van verkope, oor na die

Bateverkoperekening.

4. Maak die inskrywing vir die verkoop/inruil/donasie of onttrekking van die bate.

5. Bereken die wins/verlies op verkoop van bate en dra dit oor na die betrokke

rekening in die Algemene Grootboek.

Vraag 1

Onderstaande inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords van E-Col

Handelaars.

Instruksie:

Bestudeer die saldo’s asook die twee aansuiwerings van E-Col Handelaars om die

volgende te voltooi:

1.1Berekening vir die totale waardevermindering op Toerusting vir die jaar.

1.2Die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek van E-Col Handelaars.

(Saldeer/sluit die rekeninge behoorlik af op 31 Mei 2007 – die einde van die

finansiële jaar.)

• Toerusting

• Grond en Geboue

• Opgehoopte waardevermindering op Toerusting

• Bateverkope

1.3Toon die Nota tot die Finansiële State vir Vaste/Tasbare Bates soos wat dit in

die Balansstaat op 31 Mei 2007 sal verskyn.

Inligting:

E-COL HANDELAARS

VOOR-AANSUIWERINGSALDO’S OP 31 MEI 2007

Grond en Geboue R161 500

Toerusting 130 000

Opgehoopte waardevermindering op Toerusting 37 000

Wins met verkoop van bate 1 450

Waardevermindering 1 700

Aansuiwerings:

1 ’n Faktuur ontvang van Zambi-Bouers was teen die Grond-en-Gebouerekening

gedebiteer R16 500. Die faktuur het die volgende inligting bevat.

Nuwe stoorkamer aangebou R10 000

Herstelwerk aan bestaande geboue 4 000

Materiaalkoste R1 500

Arbeid 2 500

Herstelwerk aan privaat eiendom van eienaar 2 500

Materiaalkoste R 900

Arbeid 1 600

R16 500

2. Waardevermindering op toerusting moet teen 20 % p.j. op die verminderde

saldo (drawaarde) in berekening gebring word. Neem in aanmerking dat

gebruikte toerusting (kosprys R19 000) op 1 Februarie 2007 vir R12 500 ingeruil

is op nuwe toerusting ten bedrae van R30 000. Hierdie transaksie is

behoorlik geboekstaaf.

Antwoord

BEREKENING VAN OPGEHOOPTE WAARDEVERMINDERING OP TOERUSTING

OU TOERUSTING:

Kosprys (119 000 – 19 000) 100 000

Min: Opgehoopte waardevermindering (43250 + 1700 – 7 950) 37 000

Drawaarde 63 000

Waardevermindering (63 000 X 20%) 12 600

NUWE TOERUSTING:

Waardevermindering (30 000 X 20% X 4/12) 2 000

OP TOERUSTING VERKOOP

Reeds bereken 1 700

R16 300

1.2 ALGEMENE GROOTBOEK VAN E-COL HANDELAARS

GROND EN GEBOUE

2006 1 Saldo a/b 145 000 2007 31 Krediteurekontrole AJ 6 500

Junie Mei

2007 31 Krediteurekontrole AJ 16 500 Saldo o/d 155 000

Mei

161 500 161 500

2007

Junie

1 Saldo a/b 155 000

TOERUSTING

2006 1 Saldo a/b 119 000 2007 31 Bateverkope AJ 19 000

Junie Mei

2007 1 Krediteurekontrole AJ 30 000 Saldo o/d 130 000

Feb

2007 1 Saldo a/b 130 000

Junie

149 000 149 000

OPGEHOOPTE WAARDEVERMINDERING OP TOERUSTING

2007 1 Bateverkope AJ 7 950 2006 1 Saldo a/b 43 250

Feb Junie

2007 31 Saldo o/d 37 000 2007 1 Waardevermindering AJ 1 700

Mei Feb

Mei 31 Waardevermindering AJ 14 600

51 600 51 600

2007

Junie

1 Saldo a/b 37 000

BATEVERKOPE

2007 1 Toerusting AJ 19 000 2007 Opgehoopte waarde-

Feb Feb 1 vermindering op

Toerusting AJ 7 950

Wins op verkoop AJ 1 450 Krediteurekontrole AJ 12 500

van bate

20 450

NOTA TOT DIE FINANSIëLE STATE VIR VASTE BATES

20 450

VASTE BATES Grond en Geboue Toerusting Totaal

Kosprys 145 000 119 000 264 000

Opgehoopte waardevermindering (43 250) (43 250)

Drawaarde einde vorige jaar 145 000 75 750 220 750

BEWEGING

Verkrygings teen kosprys

Bateverkope teen drawaarde

10 000 30 000 40 000

(19 000 – 7 950) (11 050) (11 050)

Waardevermindering vir die jaar (16 300) (16 300)

Drawaarde einde van huidige jaar 155 000 78 400 233 400

Kosprys 155 000 130 000 285 000

Opgehoopte waardevermindering

Vraag 2

(51 600) (51 600)

Die onderstaande inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords van BB-

Couriers. Die finansiële periode eindig op 28 Februarie elke jaar.

Opdrag:

Gebruik die gegewe inligting om die volgende te beantwoord:

2.1Voltooi die kolomme van die bateregister deur die Waardevermindering, asook

die Opgehoopte Waardevermindering op Voertuie ten opsigte van voertuig

MGN111GP vir elke jaar te bereken. Al jou berekeninge moet tussen hakies, in

die kolomme voorsien, getoon word om deelpunte te verdien. (18)

2.2Bereken die wins/verlies op die bate wat verkoop is op 31 Mei 2004.

2.3Bereken die bedrag vir boekwaarde (drawaarde) van die voertuie op 28

(8)

Februarie 2005, soos wat dit in die Balansstaat sal verskyn. (Die nota word nie

verlang nie.)

LET WEL: Al die berekeninge moet getoon word, aangesien deelpunte daarvoor

toegeken sal word.

Inligting:

INLIGTING OP DIE BATEREGISTER VAN VOERTUIE VAN BB-COURIERS

(9)

Voertuig Datum Datum Kosprys Opgehoopte

se registrasie aangekoop verkoop waardevermindering

28 Februarie 2005

HLN298GP 1 Januarie 2002 R 90 000 R45 456

MGN111GP 1 September 2002 31 Mei 2004 R180 000 0

RGB390GP 1 Junie 2004 R240 000 ?

Addisionele inligting:

1. BB Couriers verminder hulle voertuie se waarde teen 20% p.j. volgens die

verminderdesaldo-metode.

2. Voertuig MGN111GP is op krediet aan PD Valla vir R130 000 verkoop.

3. Voertuig RGB390GP is op krediet van Reliable Motors aangekoop.

Antwoord vraag 2

Uittreksel: BATEREGISTER BB-COURIERS

35

VOERTUIE Toyota Hilux: MGN111GP Kosprys: R180 000

Datum aangekoop: 1 September 2002 Datum verkoop: 31 Augustus 2004

WAARDEVERMINDERING: 20% p.j. op die verminderdesaldo-metode

Datum Berekening Waardevermin- Opgehoopte

dering Waardevermindering

tot op datum

2003 Feb 28 (180 000 x 20% x 6/12) 18 000 18 000

2004 Feb 29 (162 000 X 20%) 32 400 50 400

2004 Mei 31 (129 600 x 20% x 3/12) 6 480 56 880

WINS/VERLIES OP VERKOOP VAN BATE

Kosprys 180 000

Min: Opgehoopte waardevermindering (56 880)

DRAWAARDE 123 120

Verkoopprys 130 000

Verlies met verkoop van bate 6 880

DRAWAARDE VOERTUIE – 28 FEBRUARIE 2005

Kosprys (90 000 + 240 000) Min: Opgehoopte waardevermindering 330 000

(45 456 + *36 000) (81 456)

*(240 000 X 20% X 9/12) R248 544

OF:

Voertuig 1: 90 000 – 45 456 = 44 544

Voertuig 2: 240 000 – 36 000 = 204 000

R248 544

Leer en Presteer graad 10 - 12, bylaag tot Beeld, Dinsdag 11 Maart 2008 11

OP SOEK NA ‘N BETER TOEKOMS!

DIE FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE AAN DIE

UNIVERSITEIT VAN JOHANNESBURG BIED TALLE

MOONTLIKHEDE.

DIE KEUSE IS WYD. KIES UIT: Biochemie, Biotegnologie, Chemie, Dierkunde, Finansiële Wiskunde, Fisika, Geografie,

Omgewingsbestuur & Energiestudies, Geologie, Informatika, Inligtingstegnologie, Plantkunde en Plantbiotegnologie,

Rekenaarwetenskap, Statistiek, Sportwetenskap, Toegepaste Wiskunde, Voedseltegnologie, Wiskunde.

VIR MEER INLIGTING KONTAK: TEL 011 559 2459 OF BESOEK WWW.UJ.AC.ZA/SCIENCE.

OPLOSSING VIR ENERGIEKRISIS?

Een van die vinnigste groeiende en mees dinamiese

departemente aan die Universiteit van Johannesburg is

die Departement Geografie, Omgewingsbestuur en

Energiestudies in die Fakulteit Natuurwetenskappe. In

hierdie Departement word daar onderrig en navorsing

gedoen in drie studievelde wat in Suid-Afrika en die

wêreld baie belangrik is. Dit is belangrik vir toekomstige

studente dat daar kortliks na elk van hierdie drie

komponente gekyk word.

ENERGIESTUDIES

Die onlangse beurtkrag wat die land die afgelope aantal

maande ondervind het, is ‘n aanduiding hoe belangrik

genoegsame elektriese kragvoorsienig vir enige land is.

Ongelukkig is elektrisiteit nie die enigste bron van energie

wat onder voorsieningsdruk is nie. Die energieprobleem

in Suid-Afrika is kompleks en vereis ‘n verstandhouding

en samewerking tussen die verskillende rolspelers,

naamlik; die regering, energieverskaffers en die verbruiker.

Daarom word dit al hoe belangriker dat al die verskillende

fasette van die energie-industrie verstaan word en dit

maak die Energiestudies kompenent van hierdie

Departement baie belangrik. Die uitdagings rakende

energie is nie net beperk tot Suid-Afrika nie, die probleem

omvat die fisiese kapasiteit om sowel energie as

geskoolde menslike hulpbronne te lewer wat baie

belangrik is vir doeltreffende energie verskaffing.

Op Donderdag 7 Februarie 2008 het dr Annette Schavan,

die Minister van Onderwys en Navorsing van die Federale

Republiek van Duitsland by ‘n funksie aan die Universiteit

van Johannesburg aangekondig dat die Duitse Regering

die EnerKey navorsingprojek ten bedrae van 4 miljoen

Euro’s oor 5 jaar gaan ondersteun. Die EnerKey (Energy

as Key Element for the Sustainable Development of

Greater Johannesburg) projek se belangrikste doelstellings

is om die volhoubare transformasie van die

stedelike streek van Groter Johannesburg te bevorder

deur die aanvaarding en intergrale energieprojek as die

belangrikste faktor vir volhoubare ontwikkeling, waardeur

sowel tegnologiese, ekonomiese, ekologiese as sosiale

vrae gelyktydig aangespreek gaan word. Die projek is

deur die Fakulteit Natuurwetenskappe,Universiteit van

Johannesburg, onder die bekwame bestuur van prof

Harold Annegarn, in samewerking met die Universiteit

van Stuttgard en ‘n verskeidenheid rolspelers en vennote

van plaaslike en streeksregerings, energiemaatskappye

en die plaaslike bevolking ontwikkel. Hierdie projek sal

die stand van die Universiteit van Johannesburg op

sowel nasionale as internasionale vlak verhoog.

OMGEWINGSBESTUUR

Omgewingsbestuur is ‘n belangrike komponent in die

Department, omdat aspekte aangespreek word wat

verband hou met die probleem van ‘n groeiende wêreldbevolking.

Dit is baie belangrik om te weet hoe die

mens die klimaat verander, hoe varswater hulpbronne

oorbenut word, die bo-grond in ‘n toenemende mate

gedegradeer word, die biodiversiteit verarm word en

hoe gevaarlike afval en giftige chemiese stowwe die

mens en sy omgewing besoedel. In omgewingsbestuur

word die studente bekend gestel aan die instrumente,

vaardighede en tegnieke om die omgewing suksesvol

te bestuur. Dit sluit in terrein-evaluasies, risiko-raming,

omgewings- en sosiale impak assessering en monitering,

lewensiklus-assessering, die samestelling van

omgewingsplanne en hoe om ‘n omgewingsoudit te

doen. Ten opsigte van navorsing word daar

omgewingsbestuursplanne vir die mynbou, landgoedontwikkelings,

nuwe pypleidings, ensomeer gedoen.

Lugbesoedeling- en Energiestudies vorm 'n baie sterk

navorsingsbeen met meer as 30 magister- en doktorale

studente van nasionale en internasionale afkoms.

Ten opsigte van omgewingsake bied prof Tertius Harmse

reeds die afgelope agt jaar elke Saterdagoggend om

06:45 ‘n Omgewingspraatjie aan op RadioSonderGrense

(RSG) vir ‘n luistertal van meer as 1,2 miljoen. Verder

ontvang hy jaarliks meer as 600 skrywes van luisteraars

oor hierdie praatjies.

GEOGRAFIE

Geografie is een van die oudste wetenskaplike dissiplines

en die moderne Geografie dateer reeds uit 19de eeu

met die eerste tien departemente wat reeds in 1874 aan

universiteite in Duitsland gevestig is. Vandag is hierdie

dissipline nog net so relevant as in die verlede, omdat

dit die enigste dissipline is wat die mens in sy natuurlike

omgewing bestudeer. Vandag met die groeinde

bevolkingsgetalle is dit absoluut noodsaaklik dat die

interafhanklikheid tussen die mens en sy omgewing

bestudeer word. As ‘n universiteit in ‘n groot stad, word

die fokus binne Geografie aan die Fakulteit

Natuurwetenskappe, Universiteit van Johannesburg op

sowel navorsing as in kursusse op voor- en nagraadse

vlak op die stad en sy omgewing geplaas.

Die fokus is dus op stedelike geografie, waarin aspekte

soos woongebiedveranderinge, kleinhandelsareas en

nywerheidsontwikkelling, asook aspekte soos woongebiedvernuwing

en kultuurverandering in die samestelling

van woonbuurte, ondersoek word. Tegnieke

wat liggingsanalises van kernaktiwiteite soos byvoorbeeld

die plasing van inkoopsentra en kitsbanke om

die stadsbevolking doeltreffend te bedien, word

bestudeer.

Bestudering van die elemente van die omgewing

benodig resente data en inligting wat dikwels vir meerlei

tydslotte benodig word. Ten einde aan die databehoeftes

te voldoen, word lugfoto’s en satellietinligting benut.

‘n Verdere konsentrasie in die Departement is dus op

die benutting van sodanige bronne, gevolglik is

Afstandswaarneming en Beeldverwerking ‘n volgende

fokusarea. Ten einde die verkreë data vinnig te kan

verwerk om nuwe ruimtelike patrone van fisiese en

menslike aard te identifiseer, word Geografiese

Inligtingstelsels (GIS) benut. Studente word voorgraads

en nagraads opgelei om data-statisties te ontleed en

nuwe kaarte te ontwikkel met behulp van GIS en

verwante rekenaarstelsels. Die kundigheid van die UJ

student om GIS in die werkplek te benut, maak hulle

gesog by werkgewers in die publieke- en privaatsektor.

Ten opsigte van fisiese geografie op voorgraadse vlak

word daar modules in Klimatologie, Geomorfologie (of

dan landvorm-analise), Biogeografie (plant- en diere

verspreiding in Suid-Afrika en ekosisteemteorie) en

Grondkunde aangebied. Alle modules bevat 'n teoretiese

onderbou wat ook praktiese werk insluit, met dan 'n

sterk fokus op die praktiese toepasbaarheid van die

teorie in die bedryf. Op nagraadse vlak in fisiese

geografie word daar tans sterk gefokus op

waterkwaliteitstudies in samewerking met Rand Water,

maar ook op gronderosiebekamping (in samewerking

met verskeie staats- en privaat-instansies).

Die verskillende navorsingskomponente wat binne die

Departement Geografie, Omgewingsbestuur en

Energiestudies saamgevoeg is, bied aan studente

geïntegreerde kennis, in verskillende velde, waarin daar

gespesialiseer kan word vir ‘n beroep in vandag se

wêreld. Die Departement wil voornemende studente

wat belangstel in omgewingsprobleme, op voor- en

nagraadse vlak, uitnooi om die Departement by

(011) 559 2433 te kontak vir meer inligting.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!