02.05.2013 Views

Desember

Desember

Desember

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Tydskrif van die Senwes Groep • Desember 2006

Pekanneute

Pekanneute

as alternatiewe gewas

Kersgroete

Die nuwe

Toyota Avensis

Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes.

Jaco Vermeulen

Landboudienste

‘n Pragtige tros pekanneute met geen tekorte.

Pekanneute – suksesvolle

alternatief op Vaalharts

Die probleme van winsgewendheid en wisselvalligheid wat met kontantgewasse

ondervind word, maak die oorskakeling na permanente gewasse, veral pekanneute,

meer rooskleurig en selfs noodsaaklik. Jaco Vermeulen (Agronoom van Senwes Landboudienste)

gee meer inligting oor dié gewas, wat tans op Vaalharts sterk veld wen.

Oorsig oor die bedryf

Waterskaarste, oorproduksie, invoere en die wisselkoers

maak die tradisionele produksie van kontantgewasse minder

winsgewend en produsente soek na stabiele alternatiewe

om die risiko te versprei. Pekanneute is een van

die gewasse wat, vanweë die uitvoerpotensiaal, groot

belofte toon. Deeglike beplanning is egter baie belangrik,

veral finansiële beplanning. Die probleem met die oorskakeling

na pekanneute is dat daar ‘n lang tydperk van uitgawes

sonder enige inkomste is. Die produsent moet dus

ander bronne van inkomste hê om die uitgawes te dek.

Hoe gouer die bome begin dra, hoe gouer is die terugbetaling.

Die groot voordeel as die bome eers dra, is dat die

vertakking die oorlewingsvermoë van die boerdery kan

vergroot indien die kontantgewasse as gevolg van

10 Senwester, Desember 2006

hoofstorie

eksterne faktore onder druk kom. Die volgende is belangrike

aspekte wat in ag geneem moet word voor jy

pekanneutbome plant.

Klimaatsvereistes

Die pekanneutboom pas goed aan in groot dele van Suid-

Afrika met die kort, koue winters en lang, baie warm

somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie tot

Augustus is ‘n vereiste vir suksesvolle bot- en blomvorming.

Gedurende die somermaande (Oktober tot April)

vereis die boom hoë temperature vir vruggroei.

Temperatuurnorme kan dus soos volg opgesom

word:

• ‘n Gemiddelde maandelikse maksimum temperatuur

12

12

Pekanneute – suksesvolle alternatief op Vaalharts

10 ⊳

moet hoër as 28 0 C gedurende die somer styg en laer as

23 0 C gedurende die winter daal.

• ‘n Gemiddelde maandelikse minimum temperatuur moet

gedurende die somer bo 16 0 C styg, maar laer as

8 0 C gedurende die winter daal.

Ryp mag voorkom gedurende die winter, maar van

15 September tot 15 Mei moet dit rypvry wees. Vaalharts is

baie geskik volgens die temperatuurvereistes.

Grondvereistes

Die pekanneutboom groei die beste in vrugbare, goed

gedreineerde diep grond met los tot medium tekstuur.

Pekanneute hou nie van ‘n vlak watertafel nie, aangesien dit

worteldiepte beperk. Die voorkoms van ondeurlaatbare lae

vir water sal dreinering beperk, terwyl deurlugting baie

belangrik is vir wortelontwikkeling. Die aanwesigheid van

lopende water is voordelig, maar die voorkoms van ‘n stagnante

watervlak is uiters nadelig.

Besproeiing

In Suid-Afrika is reënval nie voldoende om te voorsien in

die waterbehoeftes van pekanneutbome vir optimale produksie

nie. Gewoonlik word bykomende besproeiing benodig

tydens die kritieke groeistadia om goeie opbrengs

en kwaliteit te verseker. Kennis oor die fisiese eienskappe,

sowel as die waterhouvermoë van die grond, is nodig om

‘n besproeiingstelsel te beplan.

Te veel water is baie nadelig, maar watertekorte tydens

die kritieke tye (soos neutvorming en neutvul) kan tot swak

gradering, lae oesopbrengste en swak oopmaak van neute

lei. September is hier die belangrikste tydperk van oor- en

onderbesproeiing.

Sink

Sink is een van die elemente wat seker die belangrikste is

by pekanneute. By jong, nie-draende bome is sink belangrik

vir maksimum blaarontwikkeling, wat weer groeitempo

bepaal. By draende bome moet sink gespuit word wanneer

die blaarbloeisels 50 mm lank is. Herhaal die bespuiting

Produsente by ‘n boeredag op Vaalharts in ‘n netjiese egalige boord.

minstens drie keer, met tussenposes van twee tot drie

weke. Selfs vyf bespuitings kan nodig wees indien bome

swaar dra.

Kultivars

Die neutprodusent, verwerker en verbruiker stel almal verskillende

vereistes aan die eindproduk. Daar is verskeie

faktore wat ons beperk as dit kom by kultivarseleksie.

Kruisbestuiwing, skurfsiekte, kouebestandheid, sinktekorte,

windskade en alternatiewe drag is alles faktore wat

in ag geneem moet word by die selektering van kultivars.

Hier is die eienskappe van drie kultivars wat baie

goed presteer op Vaalharts:

Witchita

Voordele

• ongeveer 2 ton kultivar, baie hoë opbrengs

• kom vroeg in produksie (4 - 5 jaar)

• baie hoë uitdoppersentasie (61%)

• hoë koue-verdraagsaamheid

• het homself reeds in Suid-Afrika bewys

Nadele

• baie swak mikke

• sinktekort

• moeilik om te dop (gebuigde neutvorm)

• neutkern geneig om te verdonker na uitdop

• beskikbaarheid van plantmateriaal

• baie swak weerstand teen skurfsiekte (beperk kultivar

tot weste van die land)

Pawnee

Voordele

• 2 ton kultivar, hoë opbrengs

• hoë uitdoppersentasie (58%)

• goeie dopeienskappe met dun dop

• uitstekende neutkernkwaliteit

• groot neute

• baie sterk mikke

• plantmateriaal geredelik beskikbaar

• hoë weerstand teen insekte

• baie hoë koue-verdraagsaamheid

• matige weerstand teen skurfsiekte

Nadeel

• kom later in produksie (vat langer om te dra)

Western Schley

Voordele

• 1,8 ton kultivar, hoë opbrengs

• baie lae geneigdheid tot sinktekorte

• sterk mikke en raamtakke

• baie hoë koue-verdraagsaamheid

• uitstekende dop en neutkerneienskappe

• hoë uitdoppersentasie (58%)

Nadele

• baie swak weerstand teen skurfsiekte, wat aanplantings

beperk tot die weste en droër binneland

• plantmateriaal is moeilik bekombaar

Groeipotensiaal

Pekanneute op Vaalharts toon die afgelope paar jaar sterk

groei en daar is voldoende groeipotensiaal.

Pekanneute maak tans 6% van alle neutproduksie oor

die wêreld uit. Soos gesondheidsbewustheid internasionaal

toeneem, neem die verbruik van neute ook toe en

dit skep groot moontlikhede vir uitbreiding. Goeie

bestuur van boerderypraktyke, om kwaliteit neute te

lewer, is egter baie belangrik.

Wat ook baie belangrik is, is dat die pekanbedryf reg

bestuur moet word op ‘n gekoördineerde wyse.

Statistieke is belangrik om groei in die bedryf te bepaal,

markontwikkeling te doen en vir finansiering en navorsing

voorsiening te maak. Produsente en voornemende produsente

word aangeraai om aan te sluit by SAPPV (Suid-

Afrikaanse Pekanneut Produsente Vereniging), ten einde

die bedryf reg te bestuur en aandag te gee aan generiese

bemarking om die vraag na die produk uit te bou.

Sensus

In September 2005 is daar ‘n sensus-opname van

pekanneut-aanplantings op Vaalharts en die omgewing

gedoen:

Vaalharts 2 884 hektaar

Sentrale areas 1 600 hektaar

KwaZulu-Natal 1 125 hektaar

80% 1 tot 5 jaar

oue bome

87% 1 tot 5 jaar

oue bome

31% 1 tot 5 jaar

oue bome

Uit bogenoemde kan ons aflei dat daar groot vestiging

plaasgevind het en dat daar oor ‘n paar jaar redelik

groot hoeveelhede pekanneute geoes gaan word.

Gesondheidsvoorkeure

Neute is propvol energie en volgens ‘n studie gedoen in

die VSA is daar ‘n duidelike verband tussen neuteverbruik

en die liggaamsgewigsindeks. Neute is vullend en

kan in ‘n dieet ingeskakel word om gewigsverlies te

hoofstorie

bewerkstellig. Neute is ook ryk aan Vitamien E, kalsium,

magnesium, kalium en vesel. Neute bevat ook verskeie elemente

of plantkomponente wat die mens beskerm teen

hartsiektes, kanker en ander chroniese siektes.

Samevatting

Pekanneute is voorwaar ‘n alternatiewe gewas wat groot

potensiaal toon onder besproeiing op Vaalharts. Dit is

egter baie belangrik dat die voornemende produsent sy

beplanning deeglik sal doen. Dit is beslis nie net van bome

plant met groot sukses nie. Die produsent sal ‘n voorliefde

vir bome moet hê. Hy sal voortdurend aandag moet gee

om foute te beperk en maksimum opbrengste van die

hoogste kwaliteit so spoedig moontlik te produseer.

Sleutelwoorde is kwaliteit, volgehoue produksie van goeie

gehalte en samewerking op bemarkingsgebied. Dit kan

slegs geskied as produsente saamstaan en hul vereniging,

die SAPPV, ondersteun.

Navrae

Vir verdere navrae, skakel gerus die SAPPV-kantoor by

(012) 329-9868 in die oggend vir spesifieke verwysings of

gesels met Jaco Vermeulen van Senwes Landboudienste

by (053) 474-9647.

Verwysings

SA Pekan tydskrifte van SAPPV. Die Verbouing van Pekanneute deur die

Instituut vir Tropiese en Subtropiese gewasse. Mnr Bill Smith, SAPPV

Streeksbestuurder streek 8.

HANDEL HANDELSWINKELS ONDERDELE HEELGOEDERE PRESISIEBOERDERY BESPROEIING

SEN1009GH003

www.senwes.co.za

Laat SEB vir jóú werk - doen sake met Senwes.

‘n Nuwe naam...dieselfde voortreflike diens

Senwes Gebruikte Onderdele en Heelwerktuie het dalk

‘n nuwe naam, maar by ons word trekkers, stropers en

implemente steeds daagliks gekoop, verkoop en landswyd

afgelewer. Ons is ook een van die grootste handelaars van

gebruikte trekkeronderdele.

Skakel vir Conna Campher by (056) 212-4241 of ons bemarkers,

Johan Wessels by 083 454 6631 of Ben Kruger by

083 381 7746 (onderdele).

Die uitdrukking wat in die volksmond lê is dat ‘n mens nie

besigheid met familie moet doen nie. In Ben Rabé se geval

steek daar egter nie ‘n greintjie waarheid in nie. Die Rabégesin

boer al vir meer as tien jaar saam en Ben is onlangs

aangewys as die wenner van die Landbouskrywers se

Boer van die Jaar-kompetisie in die Gauteng provinsie.

Ben se seun, Albert, is ook as TLU SA se Jongboer van die

Jaar aangewys.

Waar het dit begin?

Die familieboerdery het begin as ‘n eenmansaak in die laat

sewentigerjare, toe Ben sy eerste stukkie grond van 62

hektaar gekoop het. Dit was sy droom om eendag ‘n produsent

te wees en sy werk as hysmasjinis te laat staan. Tot

in 1989 het Ben as deeltydse produsent sy droom uitgeleef

en deur die jare grond gekoop om weer te verkoop.

Tydens sy jare as hysmasjinis het hy ook kort kursusse

voltooi in die hantering van vleisbeeste, weidingsbestuur,

akkerbou, grondkunde en inligtingstegnologie.

profiel

Deursettingsvermoë

maak familieboerdery ‘n sukses

Van ‘n beskeie 62 hektaar grond het Ben Rabé sy plaas uitgebou tot ‘n spoggerige

5 000 hektaar. Met besigheidsvernuf, akkurate rekordhouding, passie en “’n goeie

skoot geluk” het hy daarin geslaag om sy droom om ‘n produsent te wees, te

bewaarheid. Elmarie Cronje het meer uitgevind oor dié suksesvolle familieboerdery en

die patriarg wat aan die voorpunt staan.

Vandag boer Ben en sy twee seuns, Albert en Bernard, op

meer as 5 000 hektaar. Dié indrukwekkende getal sluit vier

plase in, naamlik Tweefontein (1 495 hektaar), Geluksdal

(1 449 hektaar), Doornfontein (727 hektaar) en Kingsley

(1 478 hektaar). Die eerste drie plase is in die Vereenigingomgewing

en die plaas Kingsley is in die Vryburgomgewing.

Volgens Ben is hy en sy vrou, Ina, baie familievas en dit

is vir hulle ‘n seën dat albei seuns en hul eggenote by die

boerdery betrokke is. Albert is getroud met Elmarie en

hulle het twee kinders, Annelise (5) en Jan (2 maande).

Bernard het twee seuns, Nardus (5) en Carel (1). Hy is

getroud met Wynanda.

Profiel van die boerdery

Rabé Boerdery (Edms) Bpk is uitgebrei om verskeie

bedryfsvertakkings in te sluit om sodoende by die veranderende

omstandighede in landbou en die ekonomie aan

te pas en steeds volhoubaar te kan boer. Die boerdery is

Senwester, Desember 2006

Elmarie Cronje

16

Die drie Rabés wat in beheer is van sake by Rabé Boerdery

(Edms) Bpk, is van links: Bernard, Ben en Albert.

15

16

Deursettingsvermoë maak familieboerdery ‘n sukses

15 ⊳

gediversifiseer om saaigewasse, teelkoeie, ‘n voerkraal en

die produksie van eiers in te sluit.

Gewasse

Die gronde wat aangewend word vir kontantgewasse word

jaarliks chemies ontleed en tekorte word deur middel van

‘n bemestingsprogram reggestel. Hierdie grond word vir

witmielies (30%), geelmielies (30%) en sonneblom (30%)

benut. Sonneblom word as ‘n wisselbougewas aangewend.

Bernard, ‘n gekwalifiseerde passer en draaier, is

verantwoordelik vir hierdie been van die boerdery.

Bewerking van grond

Die landerye word gesny en geploeg, die saadbed word

voorberei en dan word daar geplant. Kunsmis word tydens

aanplantings toegedien en rybespuiting met onkruiddoders

en plaagbeheermiddels vind plaas. Daar word slegs

een keer geskoffel, waartydens stikstof ook toegedien

word. Hierna word heeltemal bespuit en geen bewerking

vind verder plaas nie. Na stroping word die mieliereste as

voer deur die teelkoeie benut.

Stroop- en perseelproewe word gedoen om kultivars te

evalueer en die kultivar wat die beste by die omgewing

aanpas, te identifiseer. “Ons het onlangs besluit om die rywydtes

aan te pas van 2,35 meter na 1,5 meter. Die verandering

behoort te lei tot groter oessekerheid en verhoogde

opbrengs,” het Ben gesê.

Meganisasiebestuur

Bernard gebruik 15 New Holland-trekkers en vyf John

Deere-trekkers. Die trekkers word gemiddeld elke ses jaar

vervang. Dieselrekordhouding word streng toegepas met

behulp van die rekenaarprogram Africlock, wat dit moontlik

maak om dieselverbruik te kontroleer.

Bemarking

Die bemarking van witmielies word in derdes verdeel: ‘n

derde word voor-seisoen bemark, ‘n derde in-seisoen en

‘n derde na-seisoen. Geelmielies word gewoonlik in Maart

bemark in geval van ‘n oorskot. Andersins word dit vir eie

gebruik in die voerkraal en eierproduksie gehou.

Sonneblom-bemarking geskied voor- en in-seisoen. Die

Rabés maak gebruik van Senwes se bemarkingskennis

om hulle in hierdie deel van die boerdery by te staan.

Kommersiële beeste

Die kudde bestaan uit 500 Bonsmara-koeie, waarvan 150

op die plaas Kingsley aangehou word en 350 op die plase

in die Vereeniging-omgewing. Albert, wat na skool ‘n driejaar

landbou-diploma aan die Potchefstroom Landboukollege

verwerf het, is in beheer van die boerdery se

veefaktor.

Dekseisoene

Die kudde word in twee dekseisoene bestuur, wat strek

van Desember tot Februarie en Julie tot Augustus. ‘n

Besetting- en speenpersentasie van meer as 90% word

deurlopend gehandhaaf. Tydens die dekseisoen word die

beeste só verdeel dat daar slegs een bul per trop is, wat

bakleiery onder die beeste uitskakel en die oordrag van

geslagsiektes beperk.

Keuring, inenting en rekordhouding

Vervangingsverse word streng gekeur op die ouderdom

Bernard se ambagskwalifikasie kom goed te pas aan die meganisasie kant van in die saaiboerdery.

van 18 maande. Beeste word nougeset ingeënt teen die

belangrikste siektes. Daar word ook rekord gehou van elke

teelkoei om prestasie te kan meet.

Voerkraal

Die voerkraal word ook deur Albert bestuur en het sy

ontstaan te danke aan die weidingsomskakeling-skema

wat die staat in die vroeë negentigerjare geïmplementeer

het, waartydens Smutsvinger op marginale lande geplant

is. Om elke hektaar tot die maksimum potensiaal te benut

en omdat te min kalwers self geproduseer word, is besluit

om kalwers in te koop.

Klassifisering van kalwers

Ligte kalwers (tussen 180 kg en 240 kg) word op aangeplante

weiding aangehou om struktuur te bou en groei te

bevorder. Dié kalwers kry hoë-proteïene byvoeding wat

laag is in energie. Die byvoeding wat op die veld gegee

word, help ook om die kalwers aan te pas vir die voerkraal

rantsoen. Sodra die kalwers ‘n gewig van 240 kg bereik,

word hulle na die voerkraal verskuif. Afgeronde kalwers

word op 430 kg bemark.

Die gewig van die kalwers word voortdurend gemonitor

en die diere word duidelik gemerk. Inenting en dosering

word ook nougeset gedoen.

Eierproduksie

Die produksie van eiers is ‘n redelike nuwe bedryfsvertakking,

wat deur Ina, Elmarie en Wynanda behartig word.

profiel

Sodra kalwers ‘n gewig van 240 kg bereik, word hulle na die

voerkraal geskuif.

18

profiel

Rabé Boerdery het 20 trekkers wat gemiddeld elke ses jaar vervang word.

Deursettingsvermoë maak familieboerdery ‘n sukses

17 ⊳

“Die verwagting is dat hierdie vertakking nog heelwat gaan

uitbrei,” sê Ben. Dié deel van die boerdery het in 2002 met

50 lê-henne begin. Tans is daar 7 500 lê-henne.

Arbeidsbestuur

Rabé Boerdery het 37 permanente werkers in diens, waarvan

ses vrouens is. Daar word ook werk aan ‘n groot aantal

seisoenale arbeiders verskaf. Elke bedryfsvertakking

het sy eie werkers wat opgelei word soos die vertakkings

uitbrei. Werkers word deur buite-instansies opgelei in

areas soos veehantering, draadspan en trekkerhantering.

Werkers kry ook bevorderingsgeleenthede.

‘n Elektroniese “klokstelsel” word gebruik om werkers

se werksure en oortyd so akkuraat moontlik te bepaal.

Lone word ook daarvolgens uitgewerk. Alle arbeiders begin

met die minimumloon en soos hulle vorder en opleiding

ontvang, word dit aangepas. Rabé Boerdery maak gebruik

van dienskontrakte en elke bedryfsafdeling het ook ‘n segsman

wat namens die arbeiders optree. Arbeiders kry

behuising met water, elektrisiteit en riool. Rabé Boerdery

dra die helfte van arbeiders se voorsorgfonds by.

Wat maak die boerdery suksesvol?

Dit is nie altyd maklik om as pa en seun saam te boer nie,

18 Senwester, Desember 2006

maar volgens Albert lê die geheim daarin om “nie op

mekaar se tone te trap nie”. Verder verg dit harde werk,

deursettingsvermoë en strategiese beplanning. Rekordhouding

en sekure finansiële bestuur is uiters belangrik,

omdat dit beplande uitbreidings en die vroegtydige identifisering

van risiko’s vergemaklik.

Gemeenskapsbetrokkenheid

Ben ag dit belangrik om ook by die gemeenskap betrokke

te wees. Hy is onder andere voorsitter van die

Vanderbijlpark-tak van Graan SA en dien op die bestuur

van die Vereeniging distrikslandbou-unie. Al drie Rabés is

aktiewe lede van die Buurtpatrollie-groep, wat omsien na

die plaasgemeenskap se veiligheid.

Hulle woon gereeld boeredae, kongresse, seminare en

werkswinkels by. “Dit help ons om op hoogte te bly van

nuwe verwikkelinge in die landbou,” sê Ben.

Slot

Om as Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar in die

Gauteng provinsie aangewys te word, is vir Ben net ‘n

pluimpie. “Ek het maar net geboer. Ek boer nie om boer

van die jaar te wees nie, ek boer omdat dit my passie is.”

Dr Neil du Sautoy

Agricultural

Services

Effective irrigation

using soil water balance principles

“The only constant thing in life is change!” This saying certainly applies to the rules

covering water availability to commercial agriculture over the last few years. Since

South Africa is a water deficit country characterised by frequent droughts, water is a

scarce and valuable natural resource that must be carefully used by all agriculturists,

industrialists and the residential sector. Dr Neil du Sautoy (Senior Soil Scientist,

Senwes Agricultural Services) shows producers how to use water effectively.

Irrespective of the new laws, the best argument to promote

the effective use of water is if one realises that a 10% saving

in water actually means that one can irrigate 10%

more hectares. The objective of this article is thus to review

the basic factors influencing the water balance so that

effective water use can be implemented.

The water balance

The components of the soil water balance (SWB) are

depicted in Figure 1.

Figure 1: Diagrammatic representation of the components of the soil water balance.

20 Senwester, Desember 2006

The water balance can be summarised as in equation 1:

ÄSm = Sm + P – T – E – I – R – D Eq 1

Simply put, equation 1 states that the change in the soil

water content (ÄSm) over a period of time depends on the

original water content (Sm) plus precipitation (rain and irrigation,

P) minus transpiration (loss of water by plants, T)

minus evaporation (loss of water from the soil surface, E)

minus interception (water held in the plant canopy, I)

minus runoff (surface water not penetrating

the soil and running away, R)

minus drainage (water draining away

below root zone, D).

The components

The only component in the water balance

where water is used to promote

crop growth and yield, is transpiration.

All the other components (E, I, R

and D) are a direct loss and waste of

water. Basically, water is taken up by

the plant’s roots and transported to

the leaves. The leaves are the plant’s

“factory” where solar energy is

trapped and used to fix carbon dioxide

(CO2) and form plant building

blocks, such as sugar and starch. For

the plant to do this, it must get CO2

from the air. Uptake of CO2 occurs

when the stomata in the leaves are

open, but, by opening the stomata,

the plants lose water. In fact, water

loss through the open stomata (transpiration)

is the plant’s tax for access

to CO2. This is why there is a direct

relationship between transpiration

and plant growth: the higher the transpiration,

the greater the plant’s

growth. So, within reason, one must

strive to keep transpiration high

(reduce water stress) to maximise

yield.

Evaporation from the soil surface

is a direct loss and waste of water. Evaporation is primarily

driven by the solar energy striking the soil surface, the

speed in which moist air is removed (wind) and the moisture

content of the soil. A wet soil facilitates high water loss

if there is energy to evaporate water. Thus, the best way to

keep evaporation to a minimum is to restrict solar energy

reaching the surface (by using stubble mulch) and not irrigate

frequently. It is better to use deeper irrigations at

longer intervals than frequent light irrigations. Frequent

light irrigations keep the topsoil moist, thereby promoting

evaporation.

Interception of water by the crop is directly related to

the size and density of the crop canopy. Normally, this

component is minimal and rarely exceeds about 2 mm to

5 mm. To keep interception minimal, the principle of deeper

irrigations at longer intervals applies.

Runoff occurs when the precipitation rate exceeds the

water infiltration rate into the soil. The infiltration rate is

dependent on soil texture, soil water content and soil structure.

Little can be done about the soil texture except to

realise that sandy soils have higher infiltration and internal

redistribution rates than clay soils. A drier soil absorbs

water quicker than a moist soil, so the principle of deeper

irrigations at longer intervals will assist to reduce runoff.

The practice of stubble mulch does reduce runoff.

Uncontrolled drainage below the root depth is a waste

of water. If there are problems with salt, drainage does

Senwes maak

besproeiing maklik

Besproeiing is een van die areas waar

Senwes Handel graag die lewe vir sy

klante wil makliker maak. Daarom fokus

die handelswinkels op tuinbesproeiing,

met die doel om dié winkel ‘n eenstopwinkel

te maak waar jy as klant al jou

besproeiingsaankope maklik en vinnig

kan doen.

Senwes se handelswinkels het hul besproeiingsreekse

uitgebrei en aangevul met voldoende voorraad.

Verkoopspersoneel is opgelei om volledige kwotasies te

kan doen – en boonop is die eerste kwotasie gratis!

Enige produk wat nie op die winkelrak beskikbaar is nie,

kan ook spesiaal vir die klant bestel word. Sodoende

word onnodige moeite uitgeskakel.

Hou gerus jou posbus dop vir pamflette met spesiale

besproeiingsaanbiedinge.

“Christmas waves a magic wand

over this world, and behold, everything

is softer and more beautiful.”

– Norman Vincent Peale

agriculture in practice

serve a good purpose by flushing salts out of the root

zone. However, if there are no drains to remove the excess

salts, the deep leached salts can re-enter the root zone

through capillary rise when the water table rises.

The soil moisture content is a very important component

in the SWB. The nearer Sm is to the field capacity (FC, i.e.

effective maximum water holding capacity), the easier water

is available to the plants. As Sm approaches the wilting

point (effective lower limit of available water) so water is less

available to the crop. In essence, it is preferable to keep the

Sm near FC. However, if the soil is near FC and a useful rainfall

(30 mm) occurs, there is the possibility that the FC can

be exceeded and then the soil can become saturated,

resulting in runoff and excessive drainage. So, during the

rainy season, it makes sense to irrigate to a point where

there is “room for rain”. In the above case, keep the soil

moisture at FC – 30 mm.

Monitor the components

With modern day technology, it is a simple matter to monitor

these components. Senwes Irrigation, as well as

Senwes Agricultural Services, can assist with advice and

equipment to facilitate proper irrigation scheduling.

Phone Theuns Dreyer at (018) 469-1331 or 082 564

5955 or Neil du Sautoy at (018) 464-7391 or 082 419 0949

for more information on the Aquacheck soil moisture monitors

and Metcheck electronic weather stations.

22

Algemene siektes onder

beeste en skape – deel II

Elmarie Cronje

Die volgende siektes kan ‘n probleem wees gedurende die somerseisoen en produsente

moet op die uitkyk wees vir simptome. Gedurende hierdie warm seisoen is

dit veral siektes wat deur insekte oorgedra word – soos knopvelsiekte, bloutong en

Afrika perdesiekte (onder perde) – wat geneig is om kop uit te steek. Die onus rus

op die produsent om seker te maak dat sy inentingsprogram op datum is om hierdie

siektes te voorkom.

Knopvelsiekte

Knopvelsiekte kom hoofsaaklik voor in die laat-somer, van

Februarie tot April, maar in ‘n goeie seisoen kan die

gevaartydperk langer wees.

Oorsaak

Die siekte word deur ‘n virus veroorsaak, wat deur bytende

insekte, soos steekvlieë, oorgedra word. Die siekte kan

ook deur ‘n besmette naald versprei word en kalwers kan

moontlik reeds in die baarmoeder aansteek, indien die

koei besmet word.

Simptome

Die broeitydperk van die siekte is tussen sewe en tien dae,

waarna die dier se neus begin loop en ‘n geringe mankheid

waargeneem kan word. Speekselvloei kan ook voorkom.

Na nog ‘n week vorm daar knoppe op die lyf, wat wissel in

grootte van een tot vier sentimeter. Sommige diere kry

slegs een tot twee knoppe, terwyl ander se hele lyf oortrek

kan wees. Na ‘n tydperk verdwyn die knoppe en die vel kan

doodgaan en lostrek van die weefsel. Die dooie vel val na

so twee weke af en los sere wat mettertyd genees.

Knoppe kan ook in die lugpyp, dermkanaal of uier

vorm. Knoppe in die lugpyp kan akute probleme veroorsaak,

omdat dit die pyp toedruk en die dier kan versmoor.

Letsels in die uier kan ‘n daling in melkproduksie tot gevolg

hê en in ernstige gevalle tot permanente skade lei.

By bulle kan die siekte swelling in die testes en skrotum

veroorsaak. Die bul kan tydelik steriel wees van

koorsreaksie en in ernstige gevalle selfs permanent steriel

raak. ‘n Bul kan agt tot twaalf weke ná hy herstel het,

getoets word vir vrugbaarheid.

Voorkoming en behandeling

Ent voorkomend in op ‘n jaarlikse basis. Kalwers van koeie

wat voorheen ingeënt is, kan op ses maande ingeënt word.

Daarna kan kalwers jaarliks ingeënt word, verkieslik in die

voorsomer. Volwasse diere kan op enige ouderdom

ingeënt word.

Behandeling is nie-spesifiek. Langwerkende antibiotika

kan help om sekondêre infeksies te voorkom. ‘n Antiinflammatoriese

middel en vitamien B-kompleks kan diere

wat nie wil vreet nie, se eetlus stimuleer. Waak teen

maaierbesetting as die vel begin afsterf. Gewone wondaërosol

behoort voldoende beskerming te bied.

Vliegbeheer is baie belangrik en vliegwerende dipstowwe

kan help om die oordrag van die virus te beperk.

NB: Daar is ‘n ander siekte wat deur die Herpes-virus

veroorsaak word en soos Knopvelsiekte mag lyk. Diere

kom egter nie siek voor nie. Die knoppie is ook kleiner

en platter en verdwyn na ‘n redelike kort periode.

Pasteurellose

Oorsaak

Pasteurellose kom voor in tye van abnormale stres,

byvoorbeeld na speen, wanneer diere oor lang afstande

vervoer word, in stowwerige en winderige toestande en

wanneer groot groepe diere bymekaar geplaas word

(soos in voerkrale).

Simptome

‘n Hoë koors, lusteloosheid en neusafskeiding kan waargeneem

word. Die dier haal ook vinnig en geforseerd

asem en kan soms hoes. Diere wat in ‘n mindere mate

aangetas is, verloor baie gewig in ‘n kort tyd. In ernstige

gevalle kan diere binne etlike ure vrek.

Voorkoming en behandeling

Verskeie virussiektes maak die dier meer vatbaar vir pasteurellose.

Ent kalwers teen hierdie siektes vóór hulle

gespeen word of na voerkrale geneem word. Ent met ‘n

landbou in praktyk

kombinasie van entstowwe ten minste vier weke voor

speen en daarna jaarliks.

Miltsiekte (ook bekend as antraks)

Miltsiekte is ‘n ernstige, dodelike, hoogs aansteeklike siekte

wat algemeen op die oewers van die Oranjerivier

voorkom. Die toestande in hierdie gebied is uiters gunstig

vir dié bakterie wat deur spoorvorming oorleef. Akute vrektes

as gevolg van dodelike bloedvergiftiging is algemeen

met hierdie siekte. Diere word gewoonlik dood aangetref,

dikwels met donker bloeduitloopsels by die neus en anus.

Oorsaak

Die siekte word deur die Bacillus anthracis-bakterie

veroorsaak.

NB: Waar daar enige vermoede van miltsiekte is, moet die

karkas NIE oopgemaak word nie, aangesien miljoene

spore vorm wanneer die organisme met suurstof in aanraking

kom. Hierdie spore kan na bewering eeue lank oorleef.

Simptome

Simptome word nie maklik opgemerk nie, aangesien die

duur van die siekte minder as twee uur is. In die enkele

gevalle waar siek diere wel waargeneem is, is hoë koors,

donker slymvliese en ‘n totale lusteloosheid gemerk.

NB: Miltsiekte moet aangemeld word en die naaste kantoor

van die staatsveearts moet onmiddellik verwittig word

van enige verdagte gevalle. Uitbreking word beheer deur

inenting en deur diere onder kwarantyn te plaas.

25

23

Voorkoming en behandeling

Daar is geen behandeling vir die siekte nie. Ent

voorkomend in deur jaarliks ‘n dosis van miltsiekte-entstof

toe te dien. Die inenting van beeste is verpligtend en kleinvee

in risikogebiede moet ook ingeënt word. Die eerste

inenting is gewoonlik wanneer die dier tussen drie en ses

maande oud is. Diere moet nie met penisillien, tetrasikliene

of ander antibiotika behandel word tien dae vóór en ná

inenting nie. Dit neutraliseer die entstof en keer dat die dier

immuniteit teen die siekte opbou.

Let daarop dat miltsiekte deur mense opgedoen kan

word, gewoonlik deur die hantering van die velle van diere

wat gevrek het. Bloedvergiftiging met swere by wonde en

die limfkliere ontwikkel en mediese behandeling is noodsaaklik.

Die toestand kan beheer word deur die vroeë toediening

van antibiotika. Mense kan ook teen die siekte

ingeënt word.

Verwysings:

www.proteaanimalclinic.co.za

www.nda.agric.za

www.elsenburg.com

www.dairymail.co.za

landbou in praktyk

Algemene siektes onder beeste en skape – deel II

23 ⊳

Lees altyd die voorskrif of etiket van die produk of

raadpleeg jou veearts voordat jy jou diere inent of indien

jy nie seker is van die simptome of diagnose van

‘n siekte nie.

Esmond Coen

Acricultural

Services

Soil and chemical maps are obtained by soil grid mapping

where soil classification is done and soil samples are

taken. The grid size varies, based on economic scale and

production volume of the production area. With irrigation,

the producer increases the natural production volume of

an area. The effects of soil physical and chemical variances

are much higher because of the higher production

volume and will be reflected in the yield.

This practice causes higher uptake of nutrients and the

costs escalates because of higher input costs. It is recommended

that the distances between grid points are

decreased to have a higher density grid. The following

example illustrates the effect of using dry land (3 ton yield

for maize) grid interval for irrigation (10 ton yield for maize).

A 200 x 200 meter interval is recommended for dry land

production of maize below 5 tons. The representative area

of one grid point is 4 hectares, which translates to (3 tons

x 4 hectares) = 12 tons of maize. The same area under irrigation

will yield (10 tons x 4 hectares) = 40 tons of maize.

If there is an anomaly in the 4 hectares, which has a detrimental

effect on yield, the loss in an irrigation practice is

much more costly.

The soil physical survey reflects not only on the growth

medium of the plant, but also the water storage capacity of

it. In an irrigation practice it is important to know the water

storage capacity and the absorption rate of the soil and the

variances thereof in the production area. This has an influence

on the quantity of water and frequency of irrigation.

The water storage capacity is influenced by organic

carbon, clay percentage and clay mineral type. Given

these factors, let‘s start with the application of water. In

sandy topsoil, water is absorbed into the soil quickly,

whereas in a relatively high clay percentage topsoil the

water will be absorbed slower up to a certain point and

exponentially slower over time. A dry Hutton soil form with

a topsoil clay percentage of 30% will absorb 10 mm of

water in approximately 20 minutes. The next 10 mm of

water will take between 50 to 60 minutes to be absorbed.

It is clear that in this instance there will be water runoff if

there is more than 1 mm applied per two minutes for

longer than 20 minutes.

Sector control on pivots allows the producer to vary the

application of water. With a soil physical map the various

areas could be marked and the application of water be

adjusted according to the recommended amounts as

depicted in Figure 1. It will be advisable to irrigate less per

cycle, but more often.

26 Senwester, Desember 2006

agriculture in practice

Using soil and chemical maps in

irrigation cropping

Through irrigation, the producer is able to increase the production volume of a specific

area. Esmond Coen (Head, GIS and mapping, Senwes Agricultural Services)

explains the important role that soil and chemical maps play in irrigation cropping.

Figure 1: Clay percentage map

With irrigation, the leaching of nutrients happens at a much

higher rate and the clay content in the soil plays an important

role in it. The higher the clay percentage of the soil, the

slower the leaching of nutrients. The producer, therefore,

must apply the leachable nutrients throughout the season

as needed. With fertiliser recommendation (chemical

application) maps the producer can determine in which

sectors of the pivot more water-soluble nutrients can be

applied where a higher yield is expected.

Conclusion

It is clear that soil and chemical maps are of great importance

for the irrigation producer to reduce risk and optimise

agronomic practises and maximise profit. These services

are rendered by Senwes Agricultural Services at highly

competitive prices. Call us for a quotation and start optimising

your business. Speak to Esmond Coen at (018)

464-7382 or Neil du Sautoy at (018) 464-7391 for further

information.

Reference

Irrigation in Natal (1993) – Co-ordinated extension in Natal.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!