deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5

deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5 deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

leerders te help met die organisering van hul werk was verskeie aktiwiteite bekendgestel. In die eerste aktiwiteit moes leerders inleidende sinne vir paragrawe kies. Verskillende paragrawe is aan leerders op oorhoofse projektor vertoon waarvan die sinne deurmekaar geskryf is en leerders moes besluit watter van die sinne die beste die onderwerp sou inlei. Ek het aan hulle verduidelik dat die inleidende sin nie net die paragraaf inlei nie, maar ook die idee bevat wat die paragraaf kontroleer of beheer (Arnold, 1991:13-17). Daarna moes hulle die sinne wat die onderwerpsin die beste ondersteun in ‘n logiese volgorde rangskik. Die sin wat die paragraaf die beste afsluit, was as slotsin gebruik. Ons het ook die rede waarom slotsinne gebruik word, bespreek. Mense hou daarvan dat dinge afgeëindig moet word. Ons skakel die televisie af en ons maak ons boeke toe aan die einde van ‘n skooldag. Na aandete was ons die borde op. Hierdie aksies of aktiwiteite laat ons goed voel. Ons weet wanneer ons aan die einde van iets gekom het. Net so moet jou paragrawe of wat jy ookal skryf, afgesluit word. ‘n Goeie slotsin help om jou werk af te sluit en te voltooi. ‘n Slotsin is soos ‘n punt aan die einde van ‘n sin. In ‘n volgende aktiwiteit is verskillende paragrawe aan leerders op die oorhoofse projektor vertoon en leerders moes hierdie keer die inleidende sinne neerskryf. Hierdie paragrawe was gebruik om leerders die verband tussen inleidende sinne en die onderwerp te wys. Hulle kon sien dat elke paragraaf rondom ‘n sentrale idee konsentreer. Hulle moes die sentrale idee uitlig. Hulle kon ook in dié paragrawe die logiese ordening van die sinne en hoe dit inmekaar vloei, sien. In ‘n volgende aktiwiteit was leerders kort paragrafies van ongeveer drie tot vier sinne lank gegee en hulle moes nou self ‘n geskikte inleidende sin aan die paragrafies verskaf. Al die aktiwiteite is gedoen om leerders te help om inleidende sinne, logiese ordening van sinne en die verband tussen inleidende sin en onderwerp te sien. Die volgende aktiwiteite was aan leerders gegee. 74

Tabel 1: Rangskik die sinne Die volgende sinne is deurmekaar. Rangskik nou die sinne in ‘n logiese volgorde. (a) Ongelukkig is dit ver van die skool af. (b) Hulle woon in ‘n huis. (c) Fred en Anna het vier kinders. (d) Maar smiddae moet Alma hulle daar gaan haal. (e) Gelukkig kan die kinders soggens met ‘n bus soontoe ry. Kort paragrafies van ongeveer 3 tot 4 sinne is aan leerders gegee en hulle moes ‘n inleidende sin vir die paragrawe gee. Die onderstaande paragrawe was gebruik word om leerders die verband tussen onderwerpsin en onderwerp te wys. Baie van leerders se probleme was sinne wat nie logies gevolg het nie. Onsamehangende sinne maak dit moeilik vir die leser moeilik om vlot te lees. Rolmodelle Tabel 2: Lees die volgende paragrawe Mark Shuttleworth is ‘n rolmodel omdat hy baie hard gewerk het om sy droom waar te maak. Hy wou baie graag ‘n ruimtevaarder word. Hy het hard gewerk en genoeg geld gemaak om die reis te kon onderneem. Mark het in ‘n Russiese vaartuig om die aarde gewentel. MIV/Vigs Vigs is ‘n siekte wat van een persoon na ‘n ander oorgedra kan word. Die MIV-virus wat vigs veroorsaak, lewe in ‘n mens se bloed. As iemand ‘n sny op sy hand het en aan ‘n persoon se bloed raak wat die virus het, kan die virus die persoon se liggaam binnedring. Daar is nog nie ‘n geneesmiddel vir die virus nie. 75

leerders te help met die organisering van hul werk was verskeie aktiwiteite bekendgestel. In

die eerste aktiwiteit moes leerders inleidende sinne vir paragrawe kies. Verskillende

paragrawe is aan leerders op oorhoofse projektor vertoon waarvan die sinne deurmekaar

geskryf is en leerders moes besluit watter van die sinne die beste die onderwerp sou inlei. Ek

het aan hulle verduidelik dat die inleidende sin nie net die paragraaf inlei nie, maar ook die

idee bevat wat die paragraaf kontroleer of beheer (Arnold, 1991:13-17). Daarna moes hulle

die sinne wat die onderwerpsin die beste ondersteun in ‘n logiese volgorde rangskik. Die sin

wat die paragraaf die beste afsluit, was as slotsin gebruik. Ons het ook die rede waarom

slotsinne gebruik word, bespreek.

Mense hou daarvan dat dinge afgeëindig moet word. Ons skakel die televisie af en ons maak

ons boeke toe aan die einde van ‘n skooldag. Na aandete was ons die borde op. Hierdie

aksies of aktiwiteite laat ons goed voel. Ons weet wanneer ons aan die einde van iets gekom

het. Net so moet jou paragrawe of wat jy ookal skryf, afgesluit word. ‘n Goeie slotsin help

om jou werk af te sluit en te voltooi. ‘n Slotsin is soos ‘n punt aan die einde van ‘n sin.

In ‘n volgende aktiwiteit is verskillende paragrawe aan leerders op die oorhoofse projektor

vertoon en leerders moes hierdie keer die inleidende sinne neerskryf. Hierdie paragrawe was

gebruik om leerders die verband tussen inleidende sinne en die onderwerp te wys. Hulle kon

sien dat elke paragraaf rondom ‘n sentrale idee konsentreer. Hulle moes die sentrale idee

uitlig. Hulle kon ook in dié paragrawe die logiese ordening van die sinne en hoe dit inmekaar

vloei, sien. In ‘n volgende aktiwiteit was leerders kort paragrafies van ongeveer drie tot vier

sinne lank gegee en hulle moes nou self ‘n geskikte inleidende sin aan die paragrafies

verskaf.

Al die aktiwiteite is gedoen om leerders te help om inleidende sinne, logiese ordening van

sinne en die verband tussen inleidende sin en onderwerp te sien. Die volgende aktiwiteite was

aan leerders gegee.

74

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!