deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5

deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5 deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Validasie deur leerders Leerders se skriftelike werk as bewysstukke was van die sterkste vir die ondersteuning vir my aansprake van nuwe kennis en het die kern data verskaf. Hulle skriftelike werk was geassesseer om te sien of DFASS wel enige positiewe veranderinge in hulle werk teweeg gebring het. Dokument-analise Relevante dokumente soos die Hersiene Nasionale Kurrikulum, Assesseringsbeleid in die Algemene Onderwys-en Opleidingsband en relevante handboeke is geraadpleeg. 1.8.2 Triangulasie Wanneer onderwysers gebruik maak van aksienavorsing, verkry die onderwyser nie slegs informasie uit sy/haar eie data nie, maar ook vanuit die leerlinge en mede-onderwyser wat in die proses betrokke word. Die data wat vanuit verskillende perspektiewe versamel word, word triangulasie genoem. Triangulasie verbreed dus die data versameling. Die leerkrag is in die beste posisie om te kan sê wat sy met haar les beoog en watter uitkomste sy beoog. Die leerders is in die beste posisie om te kan sê hoe hulle die leerkrag se les ervaar het. Die waarnemer kan waardevolle terugvoering gee ten opsigte van die interaksie tussen leerkrag en leerders (Elliot in Flanagan, et al, 1984). Triangulasie is dus ‘n meganisme van dataversameling vanuit drie verskillende standpunte, byvoorbeel leerders, leerkrag en waarnemer. Hierdie insluiting van meer as een persoon of bron verleen ‘n dieper dimensie aan die dataversameling. Robson (2002:172) beveel triangulasie aan om te help met die geldigheid van die navorsing. Triangulasie kan aangewend word om uitkomste te verifieer. Die waarnemer was by elke les teenwoordig en sy bevindinge was uitsluitlik gebaseer op die verskillende weergawes van leerders se werk. Hy moes vasstel indien daar werklik ‘n verbetering in leerders se werk plaasgevind het. Die waarnemer het dus ook op die leerders se skryfwerk gereflekteer. 14

Aksienavorsing met triangulasie gee leerders die geleentheid om met die leerkrag krities te kyk na wat in hul klaskamer plaasvind. Leerders gaan aktief deelneem aan die leerproses en gaan die geleentheid hê om terugvoering te gee hoe hulle die leerproses ervaar. Die waarnemer was een van my kollegas op die personeel. Sy ervaring lê in die onderrig van Wiskunde en hy het nie baie ondervinding in die onderrig van Tale gehad nie. Omdat hy juis nie so ervare in die gebied was nie, was ek die mening toegedaan dat hy meer objektiewe terugvoering sal kan gee van wat hy in die klaskamer waargeneem het. My plan van optrede het uit vier fases bestaan. Die eerste fase bestaan uit die voorbereidende aktiwiteite (“pre-writing phase”). Die tweede fase het bestaan uit besprekings binne groepverband, waar leerders soveel woorde of frases omtrent die onderwerp moes neerskryf. Die derde fase was gebaseer op die hoe die prosesbenadering ervaar is. Die vierde fase bestaan uit die refleksie op die proses. Refleksie het nie net teen die einde van die proses nie, maar deurlopend plaasgevind. Die plan van optrede is stap-vir-stap geïmplimenteer. Leerders is sistematies deur die proses geneem en terugvoering is na elke aktiwiteit bekom. Beraadslaging het gedurig tussen leerkrag en leerder plaasgevind. Soos leerders in groepe gewerk het, was waarnemings deur leerkrag en waarnemer gedoen om te sien hoe leerders die proses ervaar en het die waarnemings aangeteken vir later terugvoering. Enige ander relevante informasie wat betrekking op studie het, is ook deur leerkrag in ‘n dagboek aangeteken. 1.9 ASSESSERING Daar is gedurende navorsing van verskillende metodes van asessering gebruik gemaak. Lesse is aan die klas as ‘n geheel gegee, maar slegs ‘n kern validasiegroep van ses was betrek vir die ondersoek. Die groep van ses leerders was so gekies sodat hulle die verskillende vermoëns in die klaskamer reflekteer. Hulle het deel gevorm van ‘n klas wat uit ses en dertig leerders bestaan het en dit sou nie moontlik gewees het om effektiewe terugvoering aan so ‘n groot groep te kon gee nie. Die WKOD (1998:13) beveel verskeie riglyne en wenke aan om leerkragte te help met die assessering van groot klasse. Een daarvan is dat leerkragte op ses leerders op ‘n slag konsentreer. Die res van die klas word ook geassesseer, maar slegs ses kry spesiale aandag. Ouers kan ook opgelei word om te help met veral groepassessering. 15

Aksienavorsing met triangulasie gee leerders die geleentheid om met die leerkrag krities te

kyk na wat in hul klaskamer plaasvind. Leerders gaan aktief deelneem aan die leerproses en

gaan die geleentheid hê om terugvoering te gee hoe hulle die leerproses ervaar. Die

waarnemer was een van my kollegas op die personeel. Sy ervaring lê in die onderrig van

Wiskunde en hy het nie baie ondervinding in die onderrig van Tale gehad nie. Omdat hy juis

nie so ervare in die gebied was nie, was ek die mening toegedaan dat hy meer objektiewe

terugvoering sal kan gee van wat hy in die klaskamer waargeneem het.

My plan van optrede het uit vier fases bestaan.

Die eerste fase bestaan uit die voorbereidende aktiwiteite (“pre-writing phase”). Die tweede

fase het bestaan uit besprekings binne groepverband, waar leerders soveel woorde of frases

omtrent die onderwerp moes neerskryf. Die derde fase was gebaseer op die hoe die

prosesbenadering ervaar is. Die vierde fase bestaan uit die refleksie op die proses. Refleksie

het nie net teen die einde van die proses nie, maar deurlopend plaasgevind. Die plan van

optrede is stap-vir-stap geïmplimenteer. Leerders is sistematies deur die proses geneem en

terugvoering is na elke aktiwiteit bekom. Beraadslaging het gedurig tussen leerkrag en

leerder plaasgevind. Soos leerders in groepe gewerk het, was waarnemings deur leerkrag en

waarnemer gedoen om te sien hoe leerders die proses ervaar en het die waarnemings

aangeteken vir later terugvoering. Enige ander relevante informasie wat betrekking op studie

het, is ook deur leerkrag in ‘n dagboek aangeteken.

1.9 ASSESSERING

Daar is gedurende navorsing van verskillende metodes van asessering gebruik gemaak. Lesse

is aan die klas as ‘n geheel gegee, maar slegs ‘n kern validasiegroep van ses was betrek vir

die ondersoek. Die groep van ses leerders was so gekies sodat hulle die verskillende

vermoëns in die klaskamer reflekteer. Hulle het deel gevorm van ‘n klas wat uit ses en dertig

leerders bestaan het en dit sou nie moontlik gewees het om effektiewe terugvoering aan so ‘n

groot groep te kon gee nie. Die WKOD (1998:13) beveel verskeie riglyne en wenke aan om

leerkragte te help met die assessering van groot klasse. Een daarvan is dat leerkragte op ses

leerders op ‘n slag konsentreer. Die res van die klas word ook geassesseer, maar slegs ses

kry spesiale aandag. Ouers kan ook opgelei word om te help met veral groepassessering.

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!