deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5

deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5 deurlopende formatiewe assessering in skriftelike stelwerk in graad 5

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

leerarea is dan die verantwoordelikheid van vier leerkragte en aan die einde van die kwartale moet hulle die punteskedule saam opstel, wat nooit tevore by ons skool plaasgevind het nie. Dieselfde geld vir die leerarea Menslike en Sosiale Studies waar Aardrykskunde en Geskiedenis saamgesmelt is. Leerkragte kon nog laasgenoemde leerarea hanteer, maar vier praktiese vakgebiede soos in Kuns en Kultuur was ‘n moeilike aangeleentheid. Leerkragte by ons skool het sterk kapsie gemaak teen spanonderwys. Een van die redes was dat Leerareas vir hulle onaanvaarbaar was. Ek was van mening dat dit een van die positiewe aspekte van UGO was, want so kan ‘n leerkrag dan positiewe en opbouende terugvoering van sy of haar portuur ontvang. Die idee van spanonderrig het egter nooit vergestalt by ons skool nie en die leerders is die meeste benadeel. Musiek, dans en drama kon nie tot sy volle reg in ons skool kom nie, omdat ‘n leerkrag wie ‘n kunsspesialis was, verantwoordelik was vir die Leerarea. Sy het geen opleiding gehad vir die ander afdelings nie, en omdat spanonderwys nie plaasgevind het nie, was dit afgeskeep. Die feit dat die belangrikheid van hulpbronne oor die hoof gesien was, was nog ‘n probleem, veral as ‘n mens in ag geneem het dat al die skole onder die apartheidsregering nie dieselfde hulpbronne ontvang het soos die bevoorregte wit skole nie. Daar was op daardie stadium van leerkragte verwag om hul eie hulpbronne te ontwikkel. Ek het gevoel dat ek terug was onder die apartheidsregering waar ons gesukkel het met karige hulpbronne teenoor die bevoorregte wit skole waar alles voorsien was. Dit wat die staat nie aan die skole voorsien het nie, kon die ouers as gevolg van hul bevoorregte posisie voorsien. Jansen (1999:214) lewer die volgende kommentaar: “… teachers within white, well-resourced classrooms were clearly reflecting C2005 and OBE principles within their practice even when they were unsure about the meaning of OBE …”. Die leerkragte by hierdie skole was instaat om ‘n redelike sukses van UGO te maak. Hulle het die finansiële ondersteuning van hul ouers om die nodige bronne aan te skaf om leerkragte te ondersteun met die implimentering van UGO. In die afwesigheid van geskikte handboeke kon hulle afrol- en fotostaat masjiene inspan om vir hulle leerders inligting te dupliseer. Dit kon toe die plek inneem van die handboeke. Minderbevoorregte skole het nie altyd dié fasiliteite nie. Bevoorregte skole het rekenaarsentrums en hulle leerders het toegang tot die Internet. Dit is dus baie maklik vir 8

hulle leerders om navorsing gedurende rekenaar periodes met die hulp van die betrokke leerkrag te doen. Minderbevoorregte skole het nie altyd die luuksheid van ‘n rekenaarsentrum nie en baie sukkel om hul telefoonrekening te betaal. ‘n Artikel in die Natal Witness (Oktober 1996:67) beklemtoon die feit dat die mees basiese elemente by sommige minderbevoorregte skole ontbreek bv. elektrisiteit, telefone, lopende water, geboue sonder sekuriteit en selfs gekwalifiseerde onderwysers. Dit is dus onmoontlik om te verwag dat UGO suksesvol geïmplimenteer kan word as die omstandighede waaronder onderwysers werk, hulle kortwiek om hul taak suksesvol af te lê. Jansen (1999:15) sê die volgende ten opsigte van hulpbronne: The fact that a complex system such as C2005 was introduced into schools with a minimum of formal preparation and training, and without any significant change in the material resource base to enable this curriculum, was clearly ambitious to say the least. Die situasie het gelei tot onnodige druk op leerkragte en baie van my kollegas het besluit om die professie te verlaat. Bak (1999:4) stem saam dat meer opleiding vir onderwysers in UGO gegee behoort te word sowel as die beskikbaarstelling van meer hulpbronne. Bak (1994:4) maak die volgende stelling in dié verband: “If OBE is going to have a chance at all, we need to put in place the basic material resources and longer period of training that will support the policy.” Enige veranderings neem tyd om suksesvol geïmplimenteer te word en met die nodige ondersteuning kan dit egter gedoen word. Probleme en leemtes gaan opduik, dit kan egter aangespreek en opgelos word indien daar ondersteunende groepe in plek is waar hierdie probleme aangespreek kan word. Hopkins, Ainscow & West (1994: 40) sê die volgende “Assume that effective change takes time. Unrealistic or undefined time-lines fail to recognize that implimentation occurs developmentally”. Indien veranderinge dus ingefaseer word sonder behoorlike beplanning, en die nodige ondersteuning en voldoende tyd, sal dit nie suksesvol wees nie. Die weergawe van die HNKV het die volgende datums voorgestel vir die implimentering van die nuwe kurrikulum in die verskillende grade: In Grade R tot 3 in 2004, Grade 4 tot 6 in 2005 en Grade 7, 8 en 9 onderskeidelik in 2006, 2007 en 2008. 9

hulle leerders om navorsing gedurende rekenaar periodes met die hulp van die betrokke

leerkrag te doen. Minderbevoorregte skole het nie altyd die luuksheid van ‘n rekenaarsentrum

nie en baie sukkel om hul telefoonrekening te betaal.

‘n Artikel in die Natal Witness (Oktober 1996:67) beklemtoon die feit dat die mees basiese

elemente by sommige minderbevoorregte skole ontbreek bv. elektrisiteit, telefone, lopende

water, geboue sonder sekuriteit en selfs gekwalifiseerde onderwysers. Dit is dus onmoontlik

om te verwag dat UGO suksesvol geïmplimenteer kan word as die omstandighede waaronder

onderwysers werk, hulle kortwiek om hul taak suksesvol af te lê. Jansen (1999:15) sê die

volgende ten opsigte van hulpbronne:

The fact that a complex system such as C2005 was introduced into schools

with a minimum of formal preparation and training, and without any

significant change in the material resource base to enable this curriculum, was

clearly ambitious to say the least.

Die situasie het gelei tot onnodige druk op leerkragte en baie van my kollegas het besluit om

die professie te verlaat.

Bak (1999:4) stem saam dat meer opleiding vir onderwysers in UGO gegee behoort te word

sowel as die beskikbaarstelling van meer hulpbronne. Bak (1994:4) maak die volgende

stelling in dié verband: “If OBE is going to have a chance at all, we need to put in place the

basic material resources and longer period of training that will support the policy.” Enige

veranderings neem tyd om suksesvol geïmplimenteer te word en met die nodige

ondersteuning kan dit egter gedoen word. Probleme en leemtes gaan opduik, dit kan egter

aangespreek en opgelos word indien daar ondersteunende groepe in plek is waar hierdie

probleme aangespreek kan word. Hopkins, Ainscow & West (1994: 40) sê die volgende

“Assume that effective change takes time. Unrealistic or undefined time-lines fail to

recognize that implimentation occurs developmentally”. Indien veranderinge dus ingefaseer

word sonder behoorlike beplanning, en die nodige ondersteuning en voldoende tyd, sal dit nie

suksesvol wees nie.

Die weergawe van die HNKV het die volgende datums voorgestel vir die implimentering van

die nuwe kurrikulum in die verskillende grade: In Grade R tot 3 in 2004, Grade 4 tot 6 in

2005 en Grade 7, 8 en 9 onderskeidelik in 2006, 2007 en 2008.

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!