'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...
'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...
• Om die Inklusiewe Onderwysstelsel en benadering te verstaan en aan die behoeftes van leerders spesifiek met leesprobleme en leerprobleme te voldoen; • Om deur middel van analise van ‘n K2005 vas te stel hoe ondersteuning gebied word aan leerders met lees en leerprobleme; • Om voorspraak te maak op plaaslike en distriksvlak vir alle hoërskole om leerondersteuningsmeganismes vir leerders met leesprobleme te gebruik; en • Om strategieë te identifiseer vir die bevordering van effektiewe leesonderrig en leervaardighede om leerderprestasie te verbeter; Die eerste vier doelwitte is om data te bekom om die huidige onderrigbenaderings ten opsigte van lees en leer in die klasopset vas te stel om sodoende leesvermoëns en leerdervordering te verbeter. Die vyfde doelwit is om aanbevelings te maak vir optimale bevordering van leerondersteuningsmaatreëls gebaseer op die bevindings van die navorsing. 3.2.3 Die betekenis van die navorsing In die onderhewige studie was die bedoeling van die navorsing om in die toekoms by te dra tot ‘n verbeterde opvoedingstelsel met ‘n inklusiewe opvoedingsbenadering. Hierdie opvoedingsbenadering sal help met die skep van ‘n opvoedingstelsel waar elke leerder beskou word as ‘n unieke persoon met potensiaal en die geleentheid gegun behoort te word om gehalte onderwys te ontvang binne ‘n ondersteunende leer omgewing soos deur die grondwet van Suid-Afrika gevisualiseer word. 3.3 PARADIGMAS Die teoretiese begronding van die term paradigma word kortliks omskryf. Hierna vind daar ‘n kort oorsig van die toepassingsterreine van die navorsingsparadigma plaas. 74
3.3.1 Teoretiese begronding Die term paradigma het sy oorsprong (in die moderne sin) in Thomas Kuhn se 1962-werk genaamd “The structure of scientific revolutions” (Mouton en Marais, 1990). Volgens sy siening is normale wetenskapsbeoefening navorsing wat op een of meer wetenskaplike prestasies gebaseer is. Hierdie prestasies word deur ‘n sekere groep wetenskaplike gemeenskap aanvaar as ‘n basis vir verdere navorsing. Hierdie ‘prestasies’ noem Kuhn dan paradigmas, wat dan ‘n navorsingsraamwerk vir ‘n bepaalde groep wetenskaplikes vorm. Die rede hiervoor is dat die betrokke paradigma uiteraard vir hierdie groep die meeste belofte getoon het in vergelyking met ander mededingende raamwerke (Mouton en Marais, 1990). 3.3.2 Toepassingsterreine Reaves (1992) beskryf kwantitatiewe navorsing as ‘n proses wat die meting van hoeveelhede faktore inhou; normaalweg numeriese hoeveelhede. Alternatiewelik verklaar Creswell (1994) dit as ‘n navraag gerig op sosiale en menslikheidsprobleem, gebaseer op die toets van ‘n teorie saamgestel uit veranderlikes, gemeet in getalle en geanaliseer deur middel van statistiese prosedures. Sodoende kan voorspel word of veralgemening van die teorie geldig kan wees. Dit is belangrik om die deduktiewe aard van kwantitatiewe navorsing uit te lig. Volgens Neuman (1994) word met die toepassing van die deduktiewe benadering begin met ‘n abstrakte logiese verhouding tussen konsepte en dan word daar beweeg na konkrete empiriese bewyslewering. Aan die ander kant beskryf Strauss en Corbin (1990) kwalitatiewe navorsing as ‘n soort navorsing wat resultate oplewer wat nie uit statistiese prosedures verkry is nie. Dit kan verwys na navorsing oor mense se lewens, stories en optredes, maar ook na organisatoriese funksionering, sosiale bewegings of interaktiewe verhoudings. Kwalitatief beteken dit dat data verkry word in die vorm van woorde en nie in die vorm van syfers nie asook om temas en verwantskappe deur gevallestudies te identifiseer. Binne die kwalitatiewe paradigma val die klem op beskrywing en ontdekking om sodoende die navorsingsvraag te beantwoord en in die kwantitatiewe paradigma val die klem op die bevestigende (verifikasie) van die data (Rudestam en Newton, 1992). 75
- Page 43 and 44: hulle geskape is. ‘n Volle onders
- Page 45 and 46: Die Onderwys Witskrif 6: Spesiale O
- Page 47 and 48: Wade (2000) beweer dat ons in die m
- Page 49 and 50: Die Departement van Onderwys (2002b
- Page 51 and 52: 2.3.1 Wat is die kurrikulum? Volgen
- Page 53 and 54: Om bogenoemde siening te bevestig b
- Page 55 and 56: sisteem, en onbruikbare apparaat ui
- Page 57 and 58: ... provides a learning which is fr
- Page 59 and 60: Sedertdien kom opvoeders toenemend
- Page 61 and 62: en intellektuele behoeftes meer bev
- Page 63 and 64: disfunksie nie sal lees nie en leer
- Page 65 and 66: 2.5.3.6 Die kritiese literêre besk
- Page 67 and 68: 2.6.1.2 Die klankbewustheid stadium
- Page 69 and 70: staat is om woorde in kleiner dele
- Page 71 and 72: a) Huislike omstandighede De Beer (
- Page 73 and 74: gevoel van minderwaardigheid ontwik
- Page 75 and 76: gedrukte reël van links na regs ka
- Page 77 and 78: i) Liggaamsbeeld Dit is die persoon
- Page 79 and 80: gedurende die jaar geskryf om te be
- Page 81 and 82: leerprogram vir die kinders te iden
- Page 83 and 84: 2.8.4.3 Die ekosisteem benadering t
- Page 85 and 86: Norwich, 1997). Die deel en uitruil
- Page 87 and 88: Die OOS maak deel uit van die monit
- Page 89 and 90: 2.9.4 Verwysingsmodel en aanbevelin
- Page 91 and 92: 2.10 SAMEVATTING Hierdie hoofstuk v
- Page 93: HOOFSTUK 3 NAVORSINGSMETODOLOGIE 3.
- Page 97 and 98: volgende grondliggende oorweging, n
- Page 99 and 100: voordeel van ‘n eie onafhanklike
- Page 101 and 102: fokus op individue, ‘n groep of
- Page 103 and 104: gedifferensieërde instruksies/onde
- Page 105 and 106: Die navorser het ook ‘n diktafoon
- Page 107 and 108: alles wat in die klaskamer gebeur h
- Page 109 and 110: • Die data ingesamel is nie onder
- Page 111 and 112: Cohen en Manion (1989) voer verder
- Page 113 and 114: sentreer om ‘n geselekteerde onde
- Page 115 and 116: Figuur 3.1: Skematiese voorstelling
- Page 117 and 118: leesstuk 2 vorm B. Dit het die navo
- Page 119 and 120: interne ooreenkomste en eksterne ve
- Page 121 and 122: STAP 2: Hierdie stap het plaasgevin
- Page 123 and 124: Indien die resultate vereis dat eni
- Page 125 and 126: woordherkenning kon doen. Dit het d
- Page 127 and 128: Tabel 4.2: Samevatting van die aanv
- Page 129 and 130: 4.3.1.2 Klank: begin van woorde Res
- Page 131 and 132: 4.3.1.6 Ignorering van leestekens D
- Page 133 and 134: • Hy/sy verloor gedurig sy/haar p
- Page 135 and 136: Aantal Respodente wees met ruimteli
- Page 137 and 138: Die navorser as nie-deelnemende waa
- Page 139 and 140: Die navorsingstudie het ten doel om
- Page 141 and 142: Opsommend: Die klaskamerwaarneming
- Page 143 and 144: c) Gebrekkige gedifferensieerde les
3.3.1 Teoretiese begronding

Die term paradigma het sy oorsprong (in die moderne sin) in Thomas Kuhn se

1962-werk genaamd “The structure of scientific revolutions” (Mouton en

Marais, 1990). Volgens sy siening is normale wetenskapsbeoefening navorsing

wat op een of meer wetenskaplike prestasies gebaseer is. Hierdie prestasies

word deur ‘n sekere groep wetenskaplike gemeenskap aanvaar as ‘n basis vir

verdere navorsing. Hierdie ‘prestasies’ noem Kuhn dan paradigmas, wat dan ‘n

navorsingsraamwerk vir ‘n bepaalde groep wetenskaplikes vorm. Die rede

hiervoor is dat die betrokke paradigma uiteraard vir hierdie groep die meeste

belofte getoon het in vergelyking met ander mededingende raamwerke (Mouton

en Marais, 1990).

3.3.2 Toepassingsterreine

Reaves (1992) beskryf kwantitatiewe navorsing as ‘n proses wat die meting van

hoeveelhede faktore inhou; normaalweg numeriese hoeveelhede.

Alternatiewelik verklaar Creswell (1994) dit as ‘n navraag gerig op sosiale en

menslikheidsprobleem, gebaseer op die toets van ‘n teorie saamgestel uit

veranderlikes, gemeet in getalle en geanaliseer deur middel van statistiese

prosedures. Sodoende kan voorspel word of veralgemening van die teorie

geldig kan wees. Dit is belangrik om die deduktiewe aard van kwantitatiewe

navorsing uit te lig. Volgens Neuman (1994) word met die toepassing van die

deduktiewe benadering begin met ‘n abstrakte logiese verhouding tussen

konsepte en dan word daar beweeg na konkrete empiriese bewyslewering.

Aan die ander kant beskryf Strauss en Corbin (1990) kwalitatiewe navorsing as

‘n soort navorsing wat resultate oplewer wat nie uit statistiese prosedures verkry

is nie. Dit kan verwys na navorsing oor mense se lewens, stories en optredes,

maar ook na organisatoriese funksionering, sosiale bewegings of interaktiewe

verhoudings. Kwalitatief beteken dit dat data verkry word in die vorm van

woorde en nie in die vorm van syfers nie asook om temas en verwantskappe

deur gevallestudies te identifiseer. Binne die kwalitatiewe paradigma val die

klem op beskrywing en ontdekking om sodoende die navorsingsvraag te

beantwoord en in die kwantitatiewe paradigma val die klem op die bevestigende

(verifikasie) van die data (Rudestam en Newton, 1992).

75