'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Die beginsels agter ‘n OOS span is om samewerking te bevorder, portuurgroep probleme op te los en om ‘n personeellid met vaardighede in plaas van ‘n eksterne persoon/spesialis te benut. Indien opvoeders by dieselfde skool ‘n gedeelte visie en missie het, sal hulle vrylik met mekaar kommunikeer en interaksie hê om die probleme wat in die klaskamer ondervind word te identifiseer, intervensie te bewerkstellig en die nodige ondersteuning te bied. 2.9.5 Voordele van ‘n OOS Stager en John (1990) vermeld die voordele van die OOS as volg: • Leerders sal ondersteuning binne die klasopset verkry; • Leerders word in hulle totaliteit binne die betrokke skool konteks opgevoed; • Dit bevorder heelskoolontwikkeling en spanbou; • Die implementering van die OOS bevorder die werkwyse van OLSO; en • Ouerbetrokkenheid word bevorder en die opvoeders word bemagtig deurdat hulle sterk punte ontdek en hulle swak punte ontwikkel. Opsommend: Indien OOS in skole op hierdie maniere soos hierbo fungeer, is ons dan op koers met die implementering van ‘n Inklusiewe Opvoedingstelsel en sal dit hopelik tot sukses in die toekoms lei. Hierdie werkswyse van die OOS sal hopelik bydra tot die verbetering en bevordering van lees en leervaardighede by leerders met leerstoornisse. Dit verseker ‘n gevestigde ondersteuningsisteem by die skool vir opvoeders. Onbetroubare assessering van leerders met stoornisse word verminder en lei tot betroubare assesseringsprosedures/verwysingsproses. Die ouers, opvoeders en leerders sal hopelik dieselfde visie deel en behoort aktief betrokke te wees in die probleemoplossing proses van leerders se behoeftes. Die opvoeder aanvaar eienaarskap en verantwoordelikheid vir hul eie leerders. Die opvoeders ervaar professionele groei en ontwikkeling deur middel van intersektorale samewerking. 70

2.10 SAMEVATTING Hierdie hoofstuk verskaf ‘n literatuuroorsig van ‘n Inklusiewe Uitkomsgebaseerde onderwysbenadering tot lees- en leerprobleme wat ingewin, ontleed en omskryf is. Die historiese aanloop tot die transformasie wat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ondergaan het, deur ‘n eiesoortige Suid- Afrikaanse kurrikulum wat van voorneme is om vir alle kinders onderwys te bied en ondersteuning te gee om leesversperrings te oorkom, is bespreek. Lees en onderrigbenaderings is ook bespreek om leerders wat leerstoornisse ervaar te ondersteun en geleenthede vir elke individu te skep om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Die onderwysstelsel moet ook herorganiseer word sodat alle leerders leerstoornisse oorkom en hindernisse vanaf ‘n vroeë stadium aangespreek kan word. Dit beteken dat Inklusiewe Onderwys in ‘n konteks geplaas word deur onderwysgeleenthede vir kinders wat leerstoornisse ervaar. Die nuwe benadering vergestalt in ‘n onderwysmodel waar geen marginalisering van leerders sal plaasvind as gevolg van sosiale ongelykhede, rasseverskille, kultuurverskille en gesondheidsprobleme nie. Die beleidsveranderinge wat ‘n inklusiewe onderwysmodel in Suid-Afrika bevorder, is ook omskryf, deurdat die skoolleerplanne na ‘n moderne, hoë gehalte geïntegreerde kurrikulum en opvoedkundige ondersteuningstelsel verander het. Opvoeders moet bemagtig word om hierdie tipe beplanning en onderwys te lewer. Die proses van transformasie behels ‘n paradigmaverskuiwing in die onderwys wat die breër gemeenskap uiteindelik kan verander. Die bemagtiging van opvoeders behoort tot die voorkoming van leerstoornisse te lei as gevolg van ‘n proses van onderrig en leer wat meer buigsaam word. Sodoende sal verskillende leerbehoeftes geakkommodeer en toeganklik vir almal gemaak word. Die Uitkomsgebaseerde Onderwys benadering handel dan spesifiek oor die feit dat elke leerder se uniekheid waardeer en geakkommodeer moet word, sodat dit kan lei tot selfgemotiveerde leer om beter leerprestasies te veroorsaak. Beter leerprestasies gaan gepaard met leesvaardighede en daarom is die teoretiese agtergrond tot lees bespreek om daarop te dui dat leesonderrig vir leerders ‘n baie komplekse en unieke fenomeneem is. Alle leerders leer nie op 71

Die beginsels agter ‘n OOS span is om samewerking te bevorder, portuurgroep

probleme op te los en om ‘n personeellid met vaardighede in plaas van ‘n

eksterne persoon/spesialis te benut. Indien opvoeders by dieselfde skool ‘n

gedeelte visie en missie het, sal hulle vrylik met mekaar kommunikeer en

interaksie hê om die probleme wat in die klaskamer ondervind word te

identifiseer, intervensie te bewerkstellig en die nodige ondersteuning te bied.

2.9.5 Voordele van ‘n OOS

Stager en John (1990) vermeld die voordele van die OOS as volg:

• Leerders sal ondersteuning binne die klasopset verkry;

• Leerders word in hulle totaliteit binne die betrokke skool konteks

opgevoed;

• Dit bevorder heelskoolontwikkeling en spanbou;

• Die implementering van die OOS bevorder die werkwyse van OLSO; en

• Ouerbetrokkenheid word bevorder en die opvoeders word bemagtig

deurdat hulle sterk punte ontdek en hulle swak punte ontwikkel.

Opsommend: Indien OOS in skole op hierdie maniere soos hierbo fungeer, is

ons dan op koers met die implementering van ‘n Inklusiewe Opvoedingstelsel

en sal dit hopelik tot sukses in die toekoms lei. Hierdie werkswyse van die

OOS sal hopelik bydra tot die verbetering en bevordering van lees en

leervaardighede by leerders met leerstoornisse. Dit verseker ‘n gevestigde

ondersteuningsisteem by die skool vir opvoeders. Onbetroubare assessering van

leerders met stoornisse word verminder en lei tot betroubare

assesseringsprosedures/verwysingsproses. Die ouers, opvoeders en leerders sal

hopelik dieselfde visie deel en behoort aktief betrokke te wees in die

probleemoplossing proses van leerders se behoeftes. Die opvoeder aanvaar

eienaarskap en verantwoordelikheid vir hul eie leerders. Die opvoeders ervaar

professionele groei en ontwikkeling deur middel van intersektorale

samewerking.

70

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!