'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

Opvoeders moet ‘n begrip hê van die verwerwing en ontwikkeling van leesvaardighede, wat sal help om individuele leerders se ontwikkeling te verstaan. Leer bly vir die kind ‘n individuele saak. Elke kind is uniek en leer op sy eie manier en volgens sy eie tempo. Daarom kan die opvoeder by die onderrig van lees groot verskille te wagte wees. Indien opvoeders ‘n begrip het van individuele ontwikkeling sal dit bydra tot die toepassing van effektiewe leesonderrig en vaardighede. Die differensiële evaluering van die sterker en swakker fasette van elke kind se potensiaal sal daartoe lei dat elke kind dan volgens sy eie aard en met die effektiefste onderrig begelei kan word. ‘n Kort omskrywing van die verskillende leesstadia sal volg om aan te dui hoe die kind van die een stadium na die volgende beweeg volgens sy eie tempo en potensiaal, met ander woorde volgens sy eie leesgereedheidsvlak en sosiale agtergrond. 2.6.1 Onderskeie leesstadia in leeshandeling 2.6.1.1 Die pre-lees stadium of voorbereidende lees Die voorbereidende leesstadium, vind plaas vanaf geboorte tot en met op ses jarige ouderdom by die kind. In hierdie stadium word gepaste stories, versies, rympies en liedjies aan die kind deur die ouers of ander volwassenes voorgelees. Hierdie fase staan bekend as die rolspelmetode of gereedmaking vir leesfase (Booysen, 1996; Grové, et al, 1986b). Die voorlees van stories, rympies en liedjies verskaf die basis vir talle ander aktiwiteite en vaardighede. Dit help ook die leerders om te ontdek dat “reading is talk written down”. Die leerder ontwikkel ook die vaardighede van boeketaal, woordeskat, woordorde en uitdrukkings in die gesproke taal (Hanekom, 1998). Luister is ‘n belangrike voorwaarde vir die ontwikkeling van praat, lees en skryfvaardighede, so die verfyning van en oefening in goeie luistervaardighede is noodsaaklik vir die voorbereidende leesstadium. Die leerder se leesgereedheid sal ook afhang van die kind se geheelontwikkeling en word nie op een sekere tydstip bereik nie. 46

2.6.1.2 Die klankbewustheid stadium / “Trial and error phase” Die klankbewustheid stadium help leerders om die verband tussen die geskrewe en gesproke woord te begryp. Die leerders wat ‘n skoolbeginner of in Graad 1 is se leesvaardighede behels sigwoordeskat en klankleer (Hanekom, 1998). Die opvoeder bied leesonderrig volgens genoemde benaderings aan. Leerders met goeie klankbewustheid waag dit ook gouer om vry en onafhanklik te begin skryf en hoe gouer en meer ‘n leerder skryf, hoe vinniger en beter ontwikkel die leesproses. Die behaviouristiese benadering speel ‘n belangrike rol in hierdie stadium van leeshandeling (Bunding, 1999). Tydens hierdie leesfase leer die kind nuwe woorde aan en sodoende word sy woordeskat uitgebrei. Die kind leer woorde en sinne aan sonder dat hy/sy besef dat hy dit leer. Die kind fokus op die herkenning van woorde en soortgelyke letters en woorde, maar kan nog nie ‘n woord analiseer in klankgroepe nie (Goswami en Bryant, 1990 in Bunding, 1999). Bunding (1999) voer verder aan dat sommige leerders slegs woorde in hul bekende omgewing kan lees, byvoorbeeld die woord “Shoprite” kan deur die leerder teen die supermark se muur gelees word. Tog is sommige leerders nie in staat om dieselfde woord in die geskrewe teks te lees nie. 2.6.1.3 Die letter en woordherkenningstadium Volgens Bunding (1999) is die Graad twee leerders in die letter en woordherkenningstadium, want hulle herken woorde deur te klank of te raai. Die stadium staan bekend as die ‘terloopslees’ fase. In hierdie fase maak die leerder baie van memorisering gebruik om woorde te lees. In hierdie fase is daar reeds ‘n goeie verband tussen letters en die klanke wat hulle verteenwoordig, maar geen spelreëls word toegepas nie. Daar is ook reeds goeie vaardighede ten opsigte van die ruimtelike beplanning van woorde en spasies (Hanekom, 1998). Namate die leerder weg beweeg van woordherkenning, begin sy leesbegrip vaardighede ontwikkel. Hier kom ook ‘n groot probleem na vore, naamlik dat die leerder blootgestel word aan groot hoeveelheid woorde en dat die toepassing van woordvorms minder effektief word. Dit lei daartoe dat leesprobleme veral ontstaan tussen Grade 3 en 4 47

Opvoeders moet ‘n begrip hê van die verwerwing en ontwikkeling van leesvaardighede,

wat sal help om individuele leerders se ontwikkeling te verstaan.

Leer bly vir die kind ‘n individuele saak. Elke kind is uniek en leer op sy eie

manier en volgens sy eie tempo. Daarom kan die opvoeder by die onderrig van

lees groot verskille te wagte wees. Indien opvoeders ‘n begrip het van

individuele ontwikkeling sal dit bydra tot die toepassing van effektiewe

leesonderrig en vaardighede. Die differensiële evaluering van die sterker en

swakker fasette van elke kind se potensiaal sal daartoe lei dat elke kind dan

volgens sy eie aard en met die effektiefste onderrig begelei kan word.

‘n Kort omskrywing van die verskillende leesstadia sal volg om aan te dui hoe

die kind van die een stadium na die volgende beweeg volgens sy eie tempo en

potensiaal, met ander woorde volgens sy eie leesgereedheidsvlak en sosiale

agtergrond.

2.6.1 Onderskeie leesstadia in leeshandeling

2.6.1.1 Die pre-lees stadium of voorbereidende lees

Die voorbereidende leesstadium, vind plaas vanaf geboorte tot en met op ses

jarige ouderdom by die kind. In hierdie stadium word gepaste stories, versies,

rympies en liedjies aan die kind deur die ouers of ander volwassenes voorgelees.

Hierdie fase staan bekend as die rolspelmetode of gereedmaking vir leesfase

(Booysen, 1996; Grové, et al, 1986b). Die voorlees van stories, rympies en

liedjies verskaf die basis vir talle ander aktiwiteite en vaardighede. Dit help ook

die leerders om te ontdek dat “reading is talk written down”. Die leerder

ontwikkel ook die vaardighede van boeketaal, woordeskat, woordorde en

uitdrukkings in die gesproke taal (Hanekom, 1998).

Luister is ‘n belangrike voorwaarde vir die ontwikkeling van praat, lees en

skryfvaardighede, so die verfyning van en oefening in goeie luistervaardighede

is noodsaaklik vir die voorbereidende leesstadium. Die leerder se

leesgereedheid sal ook afhang van die kind se geheelontwikkeling en word nie

op een sekere tydstip bereik nie.

46

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!