'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

politieke benadering tot geletterdheid. Die deduktiewe benadering was inhoudsgebaseerd, maar laasgenoemde is uitkomsgebaseerd en fokus op begripsvorming (konseptualisering) (Heshusius, 1991; Peverly en Kitzen 1998). Volgens Bunding (1999) dui eeuelange debatte en die verskynsel van lees aan dat ‘n magdom van faktore bydra tot leesprobleme. 2.5.3 Teoretiese agtergrond tot lees Die teoretiese agtergrond tot lees is om as raamwerk te dien vir die leerprobleme en stoornisse wat leerders in die algemeen ervaar. Lerner (1993:167) “... the purpose of theory is also to bring form, coherence and meaning to reading in the real world”. 2.5.3.1 ‘n Teoretiese grondslag van lees volgens die mediese teorie Die mediese teorie tot lees het in 1950 ontstaan en was gegrond op die beginsels dat leesprobleme veroorsaak word deur breinskade tydens die voorgeboortelike ontwikkeling of in vroeë ontwikkeling van die kind (Torgensen, 1986). Dit beteken soos vermeld dat leerders sonder enige neurologiese disfunksie sonder enige leesprobleme sal kan lees. Lees word beskou as ‘n aangebore genetiese vaardigheid wat verstandelik ontwikkel. Die onderliggende filosofie van die mediese teorie was dat ‘n leerder ‘n spesifieke verstandsouderdom moet wees voordat hy/sy gereed is vir lees. Dit was aanvaar dat letter- en woordherkenningsvaardighede eers onderrig moet word, voordat aan leesbegrip aandag geskenk moet word tydens die 1940 en 1950’s. 2.5.3.2 Die teoretiese grondslag van lees volgens die ontwikkelingsteorie of ontwikkeling as voorwaarde vir lees Volgens Poplin (1988) het die mediese siening van lees in 1960 onpopulêr geword, omdat opvoeders hulle nie kon vereenselwig het met die idee dat lees en ander leerstoornisse ontstaan as gevolg van neurologiese probleme nie. Hierdie teorie kon ook nie deur neurologiese ondersoeke bewys dat leerder met breinskade sal lees en leerstoornisse ervaar en leerder sonder enige neurologiese 42

disfunksie nie sal lees nie en leerstoornisse ondervind nie (Chia, 1992; Hoover en Gough, 1990). a) Die definisie van lees binne die ontwikkelingsteorie Volgens die ontwikkelingsteorie moet skole leerervaringe skep sodat bepaalde ontwikkelinge eers moet plaasvind, voor ‘n kind bepaalde leerhandelinge kan uitvoer (Gagné, 1997). Leer en ontwikkeling is afhanklik van rypwording. Lees binne die ontwikkelingskonteks, is woordherkenning, afleiding of konseptualisering van die geskrewe teks. Lees is dus nie net afhanklik van intellektuele ontwikkeling nie, maar die ouers en opvoeder speel ook ‘n rol in die opvoeding van die kind (Crawford, 1995; Maier 1969 in De Wet, et al, 1981). 2.5.3.3 Die behavioristiese benadering tot lees Die behavioristiese siening van lees in die 1970’s lê veral klem op die beginsel van voordele deur beloning wat dien as versterking in die opvoedingsituasie. Skinner en Thorndike het gesorg vir ‘n herlewing van behaviorisme. Die behavioristiese leerbeginsels vervat in kondisionering het in geprogrammeerde onderrig besondere toepassing gevind (De Wet, Monteith en Van der Westhuizen, 1981). Die behaviorisme of assosiatiewe beskouing sien leer as die vorming van response op sekere stimuli en deur ervaring van sekere prikkels of stimuli word sekere response weergee. Lerner (1993) voer aan dat ‘n leerder ‘n leser kan naboots en deur die korrekte response kan ‘n gekondisioneerde respons versterk word. Dit beteken dat leesgewoontes bevorder kan word deur manipulasie, stimuli en versterkingsfaktore in die omgewing. Behaviorisme was in 1975 baie gewild in die Verenigde State van Amerika en die implementering van die wetgewing het daartoe gelei dat daar nie gediskrimineer moes word teen leerders met leerstoornisse, maar dat hulle moet opvoeding ontvang om hul volle potensiaal te ontwikkel (Bunding, 1999). 43

politieke benadering tot geletterdheid. Die deduktiewe benadering was

inhoudsgebaseerd, maar laasgenoemde is uitkomsgebaseerd en fokus op

begripsvorming (konseptualisering) (Heshusius, 1991; Peverly en Kitzen 1998).

Volgens Bunding (1999) dui eeuelange debatte en die verskynsel van lees aan

dat ‘n magdom van faktore bydra tot leesprobleme.

2.5.3 Teoretiese agtergrond tot lees

Die teoretiese agtergrond tot lees is om as raamwerk te dien vir die

leerprobleme en stoornisse wat leerders in die algemeen ervaar. Lerner

(1993:167) “... the purpose of theory is also to bring form, coherence and

meaning to reading in the real world”.

2.5.3.1 ‘n Teoretiese grondslag van lees volgens die mediese teorie

Die mediese teorie tot lees het in 1950 ontstaan en was gegrond op die beginsels

dat leesprobleme veroorsaak word deur breinskade tydens die voorgeboortelike

ontwikkeling of in vroeë ontwikkeling van die kind (Torgensen, 1986). Dit

beteken soos vermeld dat leerders sonder enige neurologiese disfunksie sonder

enige leesprobleme sal kan lees. Lees word beskou as ‘n aangebore genetiese

vaardigheid wat verstandelik ontwikkel.

Die onderliggende filosofie van die mediese teorie was dat ‘n leerder ‘n

spesifieke verstandsouderdom moet wees voordat hy/sy gereed is vir lees. Dit

was aanvaar dat letter- en woordherkenningsvaardighede eers onderrig moet

word, voordat aan leesbegrip aandag geskenk moet word tydens die 1940 en

1950’s.

2.5.3.2 Die teoretiese grondslag van lees volgens die ontwikkelingsteorie of

ontwikkeling as voorwaarde vir lees

Volgens Poplin (1988) het die mediese siening van lees in 1960 onpopulêr

geword, omdat opvoeders hulle nie kon vereenselwig het met die idee dat lees

en ander leerstoornisse ontstaan as gevolg van neurologiese probleme nie.

Hierdie teorie kon ook nie deur neurologiese ondersoeke bewys dat leerder met

breinskade sal lees en leerstoornisse ervaar en leerder sonder enige neurologiese

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!