'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

• Die beskikbaarheid en toeganklikheid tot hulpbronne in die gemeenskap opgeskerp word (Nelson, 1999). Ten slotte, UGO is ‘n benadering wat die kapasiteit van leerders insluit om vir hulself te dink, uit die omgewing te leer en te reageer op wyse leiding deur onderwysers wat waarde heg aan kreatiwiteit en selfgemotiveerde leer om beter leerprestasies te veroorsaak. 2.5 LEESVAARDIGHEDE 2.5.1 Inleiding Die bemeestering van leesvaardighede is vir die lerende kind die belangrikste sleutel tot die ontsluiting van sy wêreld. Juis daarom is dit nodig om die waarde van lees- en leesverbetering by die huidige generasie tuis te bring. Die realiteit is dat soveel leerders ernstige probleme ondervind om hierdie vaardighede te bemeester, dat dit nodig is dat elke opvoeder kennis moet hê van minstens ‘n paar basiese metodes of tegnieke van leerondersteuning en ten minste aan ‘n leerondersteuningsprogram kan meewerk of saamstel. Hierdeur sal verseker word dat elke leerder die hoogste mate van sekerheid en soepelheid wat in leesvaardighede vir hom of haar moontlik is, sal bereik. Hierdie aanpassing stel hoë eise aan die kreatiwiteit van die opvoeder. Volgens Meyer (1987) kan die pleidooi vir lees en leesverbetering in ‘n neutedop saamgevat word: deur goed en baie te lees, verhoog jy nie net jou vermoë om te leer nie, maar ook jou lewensgehalte en in die proses ontwikkel die individu tot ‘n meer doeltreffende en beskaafde mens. Wie kan so ‘n aanbod weier? Goeie leesvaardighede en leesstyl stel die leerder of leser in staat om met gemak, selfvertroue en sonder om onnodige energie te verbruik, sy/haar doelwit te bereik. Lees is een van die doeltreffendste middels waardeur die mens nie alleen in die verlede kan inleef nie, maar ook om die hede te kan verstaan. Lees is onmisbaar vir die persoonlikheidsvorming van die kind. ‘n Persoon wat goed kan lees kan meer effektief funksioneer in alledaagse aktiwiteite, kan sy of haar emosionele 40

en intellektuele behoeftes meer bevredig en kan beter presteer op skool. Sukses in lees verseker ook in ‘n baie groot mate sukses in ander vakke, aangesien ‘n goeie leesvermoë die basis vorm tot die verkryging en uitbouing van kennis wat die kind in al die ander skoolvakke opdoen (Grové, 1986a:1). Juis omdat elke vak of leerarea sy eie besondere leervereistes stel, is goeie leesvaardighede ‘n voorvereiste vir goeie vordering op skool. Op sekondêre skoolvlak vereis 80% van alle studie-aktiwiteite leeswerk. Lees om te leer word al hoe meer van kardinale belang omdat dit ‘n verskeidenheid van prestasiemoontlikhede vir elke leerder bied. Die leeshandeling kan omskryf word as die betekenisvolle interpretasie van die geskrewe taal. Dit vind plaas deur vertolking van visuele waarneming van die woord. Dit hou verband met die leerder se ervaringswêreld en taalvermoë. Die leerder moet ook sy/haar gedagte orden terwyl daar gelees word. Dan sal sy of haar gees verryk en intellektuele uitgebou word. 2.5.2 Agtergrond tot lees in Suid-Afrika Die Suid-Afrikaanse Onderwysstelsel het ‘n verskeidenheid van faktore soos armoede, oorvol klasse, swak of ontbrekende fasiliteite, gebrekkige LOOM en ‘n ernstige gebrek aan doelgerigtheid en dissipline in baie skole wat aanleiding gee tot leesprobleme. Volgens NCSNET/NCESS (1998 in Bunding, 1999) het opvoeders in Suid-Afrika ‘n historiese agtergrond van verskillende onderwysopleiding, ongelyke verspreiding van hulpbronne asook ‘n kurrikulum vir lees wat nie geskik is vir die individuele verskille by leerders nie. Die opvoeder het ook ‘n bepaalde beskouing oor die kind wat hy opvoed, so het hierdie opvoeder ook ‘n beskouing van lees. Dit bepaal die benadering waarop hy/sy die leesonderrig en assessering baseer. Hierdie benadering is intuïtief en ongeformuleerd aanwesig, maar bepaal tog hoe die opvoeder lees aanbied en as opvoeder optree. Hierdie benadering in die onderrig van lees in skole kan direk of indirek bydrae tot leesprobleme by leerders (Bunding, 1999). Die Suid-Afrikaanse Onderwysstelsel het groot veranderings ondergaan van ‘n deduktiewe onderrig praktyk na ‘n induktiewe, kognitiewe, sosiale en sosio- 41

en intellektuele behoeftes meer bevredig en kan beter presteer op skool. Sukses

in lees verseker ook in ‘n baie groot mate sukses in ander vakke, aangesien ‘n

goeie leesvermoë die basis vorm tot die verkryging en uitbouing van kennis wat

die kind in al die ander skoolvakke opdoen (Grové, 1986a:1).

Juis omdat elke vak of leerarea sy eie besondere leervereistes stel, is goeie

leesvaardighede ‘n voorvereiste vir goeie vordering op skool. Op sekondêre

skoolvlak vereis 80% van alle studie-aktiwiteite leeswerk. Lees om te leer word

al hoe meer van kardinale belang omdat dit ‘n verskeidenheid van prestasiemoontlikhede

vir elke leerder bied.

Die leeshandeling kan omskryf word as die betekenisvolle interpretasie van die

geskrewe taal. Dit vind plaas deur vertolking van visuele waarneming van die

woord. Dit hou verband met die leerder se ervaringswêreld en taalvermoë. Die

leerder moet ook sy/haar gedagte orden terwyl daar gelees word. Dan sal sy of

haar gees verryk en intellektuele uitgebou word.

2.5.2 Agtergrond tot lees in Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse Onderwysstelsel het ‘n verskeidenheid van faktore soos

armoede, oorvol klasse, swak of ontbrekende fasiliteite, gebrekkige LOOM en

‘n ernstige gebrek aan doelgerigtheid en dissipline in baie skole wat aanleiding

gee tot leesprobleme. Volgens NCSNET/NCESS (1998 in Bunding, 1999) het

opvoeders in Suid-Afrika ‘n historiese agtergrond van verskillende

onderwysopleiding, ongelyke verspreiding van hulpbronne asook ‘n kurrikulum

vir lees wat nie geskik is vir die individuele verskille by leerders nie. Die

opvoeder het ook ‘n bepaalde beskouing oor die kind wat hy opvoed, so het

hierdie opvoeder ook ‘n beskouing van lees. Dit bepaal die benadering waarop

hy/sy die leesonderrig en assessering baseer. Hierdie benadering is intuïtief en

ongeformuleerd aanwesig, maar bepaal tog hoe die opvoeder lees aanbied en as

opvoeder optree. Hierdie benadering in die onderrig van lees in skole kan direk

of indirek bydrae tot leesprobleme by leerders (Bunding, 1999).

Die Suid-Afrikaanse Onderwysstelsel het groot veranderings ondergaan van ‘n

deduktiewe onderrig praktyk na ‘n induktiewe, kognitiewe, sosiale en sosio-

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!