'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

uiteenlopende leesmodelle: ‘n model wat gebaseer is op die standpunt dat ‘n mens iemand leer lees deur simbole (letters), klanke, woorde en sinne te onderrig (‘n sogenaamde oppervlak-struktuur model), en ‘n model waarvolgens lees ‘n persoonlike interaksie met die hele teks en boodskap daaragter is, en so onderrig moet word (‘n sogenaamde diepte-struktuur model). ‘n Geïntegreerde benadering tot geletterdheid poog om balans te handhaaf tussen hierdie twee modelle deur die beste kenmerke van albei te integreer (Hanekom, 1998:13). In ‘n geïntegreerde geletterdheidsbenadering word voorsiening gemaak vir verskillende leerstyle. Elke leerder het ‘n unieke leerstyl. Die uitkomsgebaseerde benadering het die behoeftes van leerders met spesiale onderwysbehoeftes in ag geneem. Die opvoeder sal van alternatiewe assesseringsmetodes gebruik maak in die geval van leerders wat probleme ondervind met die basiese funksies van lees, spel, skryf en berekenings. Hierdie metodes sal varieer van totale vrystelling van alle lees- of skryfinsette tot gedeeltelike vrystelling deur die hulp van bandmasjiene en helpers. Begaafde leerders moet eweneens nie afgeskeep word nie (Botha en Faasen, 2000). Die nuwe onderwysbeleid spel uit dat opvoeders nou fasiliteerders van leer in skole is. Visser (1999) voer aan dat die veranderde kurrikulumaanbieding en rol van die opvoeder ‘n faktor is wat in sommige gevalle ‘n positiewe houding tot gevolg het en in ander gevalle negatiewe houdings na vore bring. Die gebruik van groepwerk soos in K2005 aanbeveel word beskou as die oplossing van vele probleme. Die nuwe kurrikulum word gesien as ‘n metode waarvolgens die vaardighede van leerders ontwikkel sal word en waaarvan die insameling van hulpmiddele maklik en prettig kan wees. Die suksesse met selfwerksaamheid van die opvoeders maak opvoeders positief, en ‘n wye spektrum van bedrywighede bemagtig die opvoeder oor ‘n wye front en hou hulle positief teenoor die kurrikulumvernuwing. Dieselfde skrywer vermeld ook die negatiewe fasette soos die feit dat leerders té gou begin lees en skryf, en dat daar té min geskryf word om motoriese ontwikkeling te verseker. Die nuwe rol van fasiliteerders sodat die leerders volgens eie tempo kan ontwikkel, deurlopende assessering, promovering- 34

sisteem, en onbruikbare apparaat uit die vorige bedeling en verhoogde werklas verg meer van die opvoeder as wat in die verlede die geval was. Ontoereikendheid van werkswinkels en fasiliteerders se gebrek aan kundigheid by hierdie werkswinkels word deur opvoeders as redes vir negatiewe houdings aangevoer. Fullan soos aangehaal deur Ornstein en Hunkins (1993), argumenteer met reg dat ‘n kurrikulum slegs suksesvol geïmplementeer kan word indien opvoeders in ‘n omgewing vry van struikelblokke die onderrigtaak kan voltooi. Hierdie stelling dien as ‘n breë konteks vir die studie. Vervolgens sal die navorser ‘n oorsig van die hersieningsproses volgens die Departement van Onderwys (2002a) sowel as redes van die hersieningsproses verskaf wat aanleiding gegee het tot die verandering van Weergawe 1 van Kurrikulum 2005 tot HNKV. Dit het as volg daar uitgesien: DATUM PROSES Junie 2000 Besluit geneem om K2005 te versterk en te vereenvoudig. Januarie 2001 Kurrikulumhersieningsproses het begin. Julie 2001 Konsep Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring vir Graad R-9 (skole) word vir openbare kommentaar vrygestel. Desember 2001 2002 Aanbevole veranderings opgeneem ter verbetering van konsepkurrikulum. Finale weergawe van Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring word vrygestel en versprei. 2004 -2008 Implementering van die Grondslagfase (Graad R-3) in 2004 – infasering hiervan sal trapsgewys oor die fases en / of Graad heen plaasvind, met die finale implementering tydens 2008 in Graad 9. Opsommend: Die transformasie van die onderwys in ‘n stelsel van gelyke gehalte-onderwys het ‘n ver pad geloop, maar daar lê duidelik nog ‘n lang steilte voor. Gevolglik lyk die reis na gelykberegtiging en billikheid in die onderwys die afgelope tien jaar lyk soms na ‘n slingerpad. In die 35

uiteenlopende leesmodelle: ‘n model wat gebaseer is op die standpunt dat ‘n

mens iemand leer lees deur simbole (letters), klanke, woorde en sinne te

onderrig (‘n sogenaamde oppervlak-struktuur model), en ‘n model waarvolgens

lees ‘n persoonlike interaksie met die hele teks en boodskap daaragter is, en so

onderrig moet word (‘n sogenaamde diepte-struktuur model). ‘n Geïntegreerde

benadering tot geletterdheid poog om balans te handhaaf tussen hierdie twee

modelle deur die beste kenmerke van albei te integreer (Hanekom, 1998:13).

In ‘n geïntegreerde geletterdheidsbenadering word voorsiening gemaak vir

verskillende leerstyle. Elke leerder het ‘n unieke leerstyl. Die uitkomsgebaseerde

benadering het die behoeftes van leerders met spesiale

onderwysbehoeftes in ag geneem. Die opvoeder sal van alternatiewe

assesseringsmetodes gebruik maak in die geval van leerders wat probleme

ondervind met die basiese funksies van lees, spel, skryf en berekenings. Hierdie

metodes sal varieer van totale vrystelling van alle lees- of skryfinsette tot

gedeeltelike vrystelling deur die hulp van bandmasjiene en helpers. Begaafde

leerders moet eweneens nie afgeskeep word nie (Botha en Faasen, 2000).

Die nuwe onderwysbeleid spel uit dat opvoeders nou fasiliteerders van leer in

skole is. Visser (1999) voer aan dat die veranderde kurrikulumaanbieding en rol

van die opvoeder ‘n faktor is wat in sommige gevalle ‘n positiewe houding tot

gevolg het en in ander gevalle negatiewe houdings na vore bring. Die gebruik

van groepwerk soos in K2005 aanbeveel word beskou as die oplossing van vele

probleme. Die nuwe kurrikulum word gesien as ‘n metode waarvolgens die

vaardighede van leerders ontwikkel sal word en waaarvan die insameling van

hulpmiddele maklik en prettig kan wees. Die suksesse met selfwerksaamheid

van die opvoeders maak opvoeders positief, en ‘n wye spektrum van

bedrywighede bemagtig die opvoeder oor ‘n wye front en hou hulle positief

teenoor die kurrikulumvernuwing.

Dieselfde skrywer vermeld ook die negatiewe fasette soos die feit dat leerders té

gou begin lees en skryf, en dat daar té min geskryf word om motoriese

ontwikkeling te verseker. Die nuwe rol van fasiliteerders sodat die leerders

volgens eie tempo kan ontwikkel, deurlopende assessering, promovering-

34

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!