'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...
'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...
HOOFSTUK 2 LITERATUUROORSIG 2.1 INLEIDING Die hoof fokuspunt van hierdie studie handel oor leerders wat vanaf die AOO in Graad 9 na Graad 10 vorder en akademiese leerprobleme ervaar as gevolg van leesvaardigheidsleemtes. Hierdie leerstoornisse lei daartoe dat die identifisering van die strategieë vir die bevordering van effektiewe onderrig en leervaardighede om leerderprestasie te verbeter, moet plaasvind. In hierdie studie sal die navorser dus verwys na die struikelblokke wat in die klasopset plaasvind. Die probleme wat deur opvoeders ervaar word wat verhoed dat opvoeding tot sy reg kom in die aanspreek van leerstoornisse om leerderprestasie te bevorder. Teen hierdie agtergrond verwys ek na Mercer en Mercer (1998) wat vermeld dat 10 tot 15% van die skoolgaande kinders in die meeste lande leesprobleme ervaar wat gevolglik leerprestasies beïnvloed. Vervolgens vermeld Le Cordeur (2003) dat daar geen kitsoplossing is wat vinnig van al ons leerders, veral in die hoërskool, flink lesers sal maak nie. Die onderrig van lees, bepaald aanvangslees, is ‘n moeisame en tydrowende proses. Die agteruitgang van lees was ‘n lang proses en gevolglik sal die herstelproses baie tyd verg. Dit vereis ‘n nuwe ingesteldheid jeens lees by die leerder en die volwassene asook ‘n nuwe houding by die hele nasie. Die bevordering van lees vereis dus ‘n paradigmaskuif by sowel die opvoeder, ouer en die owerheid. Die opvoeder kan die kind leer lees, maar ‘n voorliefde vir lees moet by die huis gekweek word. Enige strategie sal dus ook die ouer moet insluit. Barker in die Departement van Onderwys (2002a) verbind paradigmas aan probleemoplossingstegnieke en doen aan die hand dat ons neig om probleme op te los binne die grense van die reëls en stelsels van die paradigma wat aan ons 20
ekend is. Uiteindelik sal ons gekonfronteer word deur ‘n probleem wat nie opgelos kan word ingevolge die reëls wat aan ons bekend is nie. Gevolglik bestaan daar ‘n behoefte aan ‘n paradigmaskuif. Die paradigma sal slegs ontdek word as iemand deur die versperrings van die bekende reëls kan deurbreek en nuwe reëls skep of ontdek. Dit beteken dat ons buite die bestaande reëls en grense wat bestaande stelsels in skole beheer, moet beweeg om mee te doen aan die nuwe idees. Hierdie sienings bring die navorser by die Inklusiewe Uitkomsgebaseerde Onderwysbenadering wat van belang is in hierdie studie, omdat dit die raamwerk is om die leerder as totale entiteit te ontwikkel en die nodige ondersteuning te gee om die individuele leer- en ontwikkelingstoornis te oorkom. In hierdie hoofstuk sal die literatuuroorsig ‘n globale oorsig gee van die Inklusiewe Opvoedingstelsel. Dit vind aansluiting by ‘n stelsel van insektorale samewerking binne die opvoedkundige ondersteuningsdienste wat geleentheid skep vir alle rolspelers om mee te werk aan ‘n probleemoplossende ondersteuningsnetwerk om huidige en toekomstige behoeftes die hoof te bied deur die aanwend van plaaslike gemeenskapshulpbronne. Dit sal lei tot die verandering van gesindhede, gedrag, metodologieë, kurrikula en omgewings om aan die behoeftes van alle kinders te voldoen. Hierdie hoofstuk sal om bogenoemde verduidelikings eerstens inklusiwiteit as ‘n paradigmaskuif binne die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel bespreek en daarna die K2005, UGO, leesvaardighede, die verwerwing en ontwikkeling van leesvaardighede, die oorsake van leesprobleme, leerprobleme en die opvoeder ondersteuningspan in oënskou neem om sodoende ‘n breedvoerige literatuuroorsig te verskaf om die navorsingstudie te ondersteun. 2.2 INKLUSIWITEIT AS ‘N PARADIGMASKUIF 2.2.1 Agtergrond Die inklusiewe model het ten doel om met diskriminasie en aparte onderwysstelsel weg te doen, om alle leerders goed voor te berei en in te skakel by die multikulturele verskeidenheid van Suid-Afrika. Hierdie nuwe paradigma het gedurende die dekade op baie skole internasionaal en plaaslik ‘n impak 21
- Page 1 and 2: ‘n Ondersoekende studie na die ve
- Page 3 and 4: ABSTRAK ‘n Ondersoekende studie n
- Page 5 and 6: ABSTRACT An investigative study of
- Page 7 and 8: TOEWYDING Hierdie mini-tesis word m
- Page 9 and 10: AOO CFC DoE DOS Graad R tot 3 HNKV
- Page 11 and 12: INHOUDSOPGAWE Voorblad i Sleutelwoo
- Page 13 and 14: HOOFSTUK 2 LITERATUUROORSIG 2.1 INL
- Page 15 and 16: HOOFSTUK 3 NAVORSINGSMETODOLOGIE 3.
- Page 17 and 18: HOOFSTUK 4 NAVORSINGSBEVINDINGE EN
- Page 19 and 20: HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKK
- Page 21 and 22: HOOFSTUK 1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL
- Page 23 and 24: indeling in skoolsoorte by die vers
- Page 25 and 26: 1.3.2 Die skoolgemeenskap Die studi
- Page 27 and 28: Die opvoeders sal dus nog daaraan g
- Page 29 and 30: 1.5 LITERATUUROORSIG: RAAMWERK VAN
- Page 31 and 32: 1.5.3 Uitkomsgebaseerde Onderwys (U
- Page 33 and 34: Reading is the ability to make mean
- Page 35 and 36: 1.6 NAVORSINGSMETODOLOGIE Hierdie n
- Page 37 and 38: 1.7.1 Beskerming teen lyding Kinder
- Page 39: 1.9 SAMEVATTING In hoofstuk een wor
- Page 43 and 44: hulle geskape is. ‘n Volle onders
- Page 45 and 46: Die Onderwys Witskrif 6: Spesiale O
- Page 47 and 48: Wade (2000) beweer dat ons in die m
- Page 49 and 50: Die Departement van Onderwys (2002b
- Page 51 and 52: 2.3.1 Wat is die kurrikulum? Volgen
- Page 53 and 54: Om bogenoemde siening te bevestig b
- Page 55 and 56: sisteem, en onbruikbare apparaat ui
- Page 57 and 58: ... provides a learning which is fr
- Page 59 and 60: Sedertdien kom opvoeders toenemend
- Page 61 and 62: en intellektuele behoeftes meer bev
- Page 63 and 64: disfunksie nie sal lees nie en leer
- Page 65 and 66: 2.5.3.6 Die kritiese literêre besk
- Page 67 and 68: 2.6.1.2 Die klankbewustheid stadium
- Page 69 and 70: staat is om woorde in kleiner dele
- Page 71 and 72: a) Huislike omstandighede De Beer (
- Page 73 and 74: gevoel van minderwaardigheid ontwik
- Page 75 and 76: gedrukte reël van links na regs ka
- Page 77 and 78: i) Liggaamsbeeld Dit is die persoon
- Page 79 and 80: gedurende die jaar geskryf om te be
- Page 81 and 82: leerprogram vir die kinders te iden
- Page 83 and 84: 2.8.4.3 Die ekosisteem benadering t
- Page 85 and 86: Norwich, 1997). Die deel en uitruil
- Page 87 and 88: Die OOS maak deel uit van die monit
- Page 89 and 90: 2.9.4 Verwysingsmodel en aanbevelin
HOOFSTUK 2

LITERATUUROORSIG

2.1 INLEIDING

Die hoof fokuspunt van hierdie studie handel oor leerders wat vanaf die AOO in

Graad 9 na Graad 10 vorder en akademiese leerprobleme ervaar as gevolg van

leesvaardigheidsleemtes. Hierdie leerstoornisse lei daartoe dat die identifisering

van die strategieë vir die bevordering van effektiewe onderrig en

leervaardighede om leerderprestasie te verbeter, moet plaasvind. In hierdie

studie sal die navorser dus verwys na die struikelblokke wat in die klasopset

plaasvind. Die probleme wat deur opvoeders ervaar word wat verhoed dat

opvoeding tot sy reg kom in die aanspreek van leerstoornisse om

leerderprestasie te bevorder.

Teen hierdie agtergrond verwys ek na Mercer en Mercer (1998) wat vermeld dat

10 tot 15% van die skoolgaande kinders in die meeste lande leesprobleme

ervaar wat gevolglik leerprestasies beïnvloed. Vervolgens vermeld Le Cordeur

(2003) dat daar geen kitsoplossing is wat vinnig van al ons leerders, veral in die

hoërskool, flink lesers sal maak nie. Die onderrig van lees, bepaald

aanvangslees, is ‘n moeisame en tydrowende proses. Die agteruitgang van lees

was ‘n lang proses en gevolglik sal die herstelproses baie tyd verg. Dit vereis ‘n

nuwe ingesteldheid jeens lees by die leerder en die volwassene asook ‘n nuwe

houding by die hele nasie. Die bevordering van lees vereis dus ‘n

paradigmaskuif by sowel die opvoeder, ouer en die owerheid. Die opvoeder

kan die kind leer lees, maar ‘n voorliefde vir lees moet by die huis gekweek

word. Enige strategie sal dus ook die ouer moet insluit.

Barker in die Departement van Onderwys (2002a) verbind paradigmas aan

probleemoplossingstegnieke en doen aan die hand dat ons neig om probleme op

te los binne die grense van die reëls en stelsels van die paradigma wat aan ons

20