'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...
'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...
leerondersteuning meganismes om leerders met leesprobleme te ondersteun. Dus word ek as navorser genoop/gemotiveer om ook ‘n bydrae te lewer deur middel van die navorsing om die verband tussen leesvaardighede en leerdervordering bloot te lê, sodat hierdie ideaal kan realiseer. 1.2 DIE HISTORIESE AGTERGROND VAN DIE SUID- AFRIKAANSE ONDERWYSSTELSEL Vanweë die feit dat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ‘n transformasie ondergaan het deur ‘n eiesoortige Suid-Afrikaanse kurrikulum te implementeer om aan plaaslike behoeftes te voldoen en tekortkominge uit die onderwys uit die weg te ruim, is dit nodig om ‘n kort historiese agtergrond van die onderwysstelsel in hierdie studie te weergee. In die verlede was die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel saamgestel uit vier substelsels, naamlik vir Blankes, Swartes, Bruines en Indiërs. Die verskillende substelsel vir die onderwysstelsel was gebaseer op die beginsels van die apartheidsbeleid. Die ontwikkeling en ontplooiing van die Suid-Afrikaanse onderwysbeleid was in ooreenstemming met die beleid van die afsonderlike ontwikkeling en selfbeskikking van die verskillende bevolkingsgroepe (Barnard, 1984). Dit is opvallend dat die regeringspatroon van die land weërspieël was in die beheer van sy onderwysstelsel. Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel was op die hoogste vlak gedesentraliseerd, omdat daar afsonderlike ministers was vir die vier substelsels, maar die afsonderlike sentrale departemente van onderwys het hulle gesag gedeel en het elemente van gesentraliseerde sowel as gedesentraliseerde beheer uitgeoefen (Barnard, 1984). Daar was aparte skole vir die verskillende bevolkingsgroepe, verskillende finansiële ondersteuning en die skole se infrastruktuur het ook van mekaar verskil. Die Departement van Bantoe-onderwys het in Oktober 1958 tot stand gekom en onderwysvoorsiening aan swartes was volkgeoriënteerd en gewortel in die partikuliere kulture en tradisies van die verskillende swart volke. Die 2
indeling in skoolsoorte by die verskillende bevolkingsgroepe was bepaal deur die soort onderwys wat aangebied was en het verskil van volk tot volk. Die Blanke onderwys was van ‘n hoë standaard en skole wat Blankes bedien het, was in alle opsigte goed toegerus (Nkabinde, 1993). Alhoewel daar skole was vir die onderskeie gestremdhede binne die onderwysstelsel en as buitengewone onderwys bekend gestaan het, was daar vir swart leerders uiters min en swak voorsiening gemaak om tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Donald en Metcalfe (1992) voer aan dat die voorsiening van spesiale onderwys in Suid-Afrika ‘n patroon van rasse ongelykheid gevolg het. Die stelsel was ondersteun deur wetgewing en beleidsbepalings binne die raamwerk van die ongelykheid ten opsigte van institusionele rasse segregasie, die etikettering van leerders met spesiale onderwysbehoeftes en skeiding van hulle portuurgroep in die hoofstroomskole. Die kurrikula vir die onderwysstudente was deur die regering beplan en het die belange van die apartheidsregering uitgedra. Barnard (1984) vermeld ook dat vanweë die feit dat die hoofbevolkingsgroepe se onderwysbehoeftes en toekomsverwagtings van mekaar verskil as gevolg van die apartheidstelsel, was daar nie eenvormige skoolpligvereistes ingestel wat vir alle inwoners van Suid- Afrika geld nie. In Suid-Afrika is daar twee aparte skoolstelsels naamlik die hoofstroomonderwys en onderwys aan leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Daar was slegs vir Blanke leerders met spesiale onderwysbehoeftes (LSO) spesiale skole beskikbaar gestel. Hierdie skole was goed toegerus met fasiliteite, goed gekwalifiseerde opvoeders in spesiale onderwys en het effektiewe ondersteuningsdienste tot hul beskikking gehad. Alhoewel die meeste van hierdie skole in die Wes-Kaap provinsie en Gauteng aangetref word, is daar as gevolg van die sosio-politiese agtergrond van ons land ‘n groot hoeveelheid swart leerders wat spesiale onderwysbehoeftes het. Volgens Roberts (1998) maak 20% van alle swart kinders deel uit van die LSO. 3
- Page 1 and 2: ‘n Ondersoekende studie na die ve
- Page 3 and 4: ABSTRAK ‘n Ondersoekende studie n
- Page 5 and 6: ABSTRACT An investigative study of
- Page 7 and 8: TOEWYDING Hierdie mini-tesis word m
- Page 9 and 10: AOO CFC DoE DOS Graad R tot 3 HNKV
- Page 11 and 12: INHOUDSOPGAWE Voorblad i Sleutelwoo
- Page 13 and 14: HOOFSTUK 2 LITERATUUROORSIG 2.1 INL
- Page 15 and 16: HOOFSTUK 3 NAVORSINGSMETODOLOGIE 3.
- Page 17 and 18: HOOFSTUK 4 NAVORSINGSBEVINDINGE EN
- Page 19 and 20: HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKK
- Page 21: HOOFSTUK 1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL
- Page 25 and 26: 1.3.2 Die skoolgemeenskap Die studi
- Page 27 and 28: Die opvoeders sal dus nog daaraan g
- Page 29 and 30: 1.5 LITERATUUROORSIG: RAAMWERK VAN
- Page 31 and 32: 1.5.3 Uitkomsgebaseerde Onderwys (U
- Page 33 and 34: Reading is the ability to make mean
- Page 35 and 36: 1.6 NAVORSINGSMETODOLOGIE Hierdie n
- Page 37 and 38: 1.7.1 Beskerming teen lyding Kinder
- Page 39 and 40: 1.9 SAMEVATTING In hoofstuk een wor
- Page 41 and 42: ekend is. Uiteindelik sal ons gekon
- Page 43 and 44: hulle geskape is. ‘n Volle onders
- Page 45 and 46: Die Onderwys Witskrif 6: Spesiale O
- Page 47 and 48: Wade (2000) beweer dat ons in die m
- Page 49 and 50: Die Departement van Onderwys (2002b
- Page 51 and 52: 2.3.1 Wat is die kurrikulum? Volgen
- Page 53 and 54: Om bogenoemde siening te bevestig b
- Page 55 and 56: sisteem, en onbruikbare apparaat ui
- Page 57 and 58: ... provides a learning which is fr
- Page 59 and 60: Sedertdien kom opvoeders toenemend
- Page 61 and 62: en intellektuele behoeftes meer bev
- Page 63 and 64: disfunksie nie sal lees nie en leer
- Page 65 and 66: 2.5.3.6 Die kritiese literêre besk
- Page 67 and 68: 2.6.1.2 Die klankbewustheid stadium
- Page 69 and 70: staat is om woorde in kleiner dele
- Page 71 and 72: a) Huislike omstandighede De Beer (
indeling in skoolsoorte by die verskillende bevolkingsgroepe was bepaal deur

die soort onderwys wat aangebied was en het verskil van volk tot volk. Die

Blanke onderwys was van ‘n hoë standaard en skole wat Blankes bedien het,

was in alle opsigte goed toegerus (Nkabinde, 1993). Alhoewel daar skole was

vir die onderskeie gestremdhede binne die onderwysstelsel en as buitengewone

onderwys bekend gestaan het, was daar vir swart leerders uiters min en swak

voorsiening gemaak om tot hul volle potensiaal te ontwikkel.

Donald en Metcalfe (1992) voer aan dat die voorsiening van spesiale onderwys

in Suid-Afrika ‘n patroon van rasse ongelykheid gevolg het. Die stelsel was

ondersteun deur wetgewing en beleidsbepalings binne die raamwerk van die

ongelykheid ten opsigte van institusionele rasse segregasie, die etikettering van

leerders met spesiale onderwysbehoeftes en skeiding van hulle portuurgroep in

die hoofstroomskole.

Die kurrikula vir die onderwysstudente was deur die regering beplan en het die

belange van die apartheidsregering uitgedra. Barnard (1984) vermeld ook dat

vanweë die feit dat die hoofbevolkingsgroepe se onderwysbehoeftes en

toekomsverwagtings van mekaar verskil as gevolg van die apartheidstelsel, was

daar nie eenvormige skoolpligvereistes ingestel wat vir alle inwoners van Suid-

Afrika geld nie.

In Suid-Afrika is daar twee aparte skoolstelsels naamlik die

hoofstroomonderwys en onderwys aan leerders met spesiale onderwysbehoeftes.

Daar was slegs vir Blanke leerders met spesiale onderwysbehoeftes

(LSO) spesiale skole beskikbaar gestel. Hierdie skole was goed toegerus met

fasiliteite, goed gekwalifiseerde opvoeders in spesiale onderwys en het

effektiewe ondersteuningsdienste tot hul beskikking gehad. Alhoewel die

meeste van hierdie skole in die Wes-Kaap provinsie en Gauteng aangetref word,

is daar as gevolg van die sosio-politiese agtergrond van ons land ‘n groot

hoeveelheid swart leerders wat spesiale onderwysbehoeftes het. Volgens

Roberts (1998) maak 20% van alle swart kinders deel uit van die LSO.

3