'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

dit die middel is om die leerder as totale entiteit te ontwikkel en nodige ondersteuning te gee om die individuele leer- en ontwikkelingstoornisse te oorkom. Elke leerder moet optimaal voorberei word vir die lewe sodat hy/sy ‘n gesonde en gebalanseerde lewenstyl kan handhaaf. Hiervoor benodig ons ‘n holistiese waarde-aangedrewe benadering wat sal help met kapasiteitsbou in Suid-Afrikaanse skole. Hierdie doelwit veroorsaak dat die raamwerk van die studie gedeeltelik gebaseer was op die navorsingsvrae gestel aan die OOS-span tydens die fokusgroeponderhoud (sien aanhangsel L). Die klem val op die deelname deur belanghebbendes, die bou van verhoudings, diversiteitsbestuur en ontwikkeling van ‘n institusionele ondersteuningsnetwerk. Die ondersteuningsnetwerk rondom elke skool behoort uniek en verskillend wees, omdat dit die behoeftes van daardie bepaalde skool aanspreek. Dit is belangrik om van hierdie ondersteuningsnetwerk gebruik te maak om isolasie te voorkom en om seker te maak dat die beskikbare hulpbronne (fisies, finansieel en menslik) doeltreffend aangewend word. Dit sal lei tot die skep van ‘n onderwysstelsel waar elke leerder as ‘n unieke persoon met potensiaal beskou word en die geleentheid gegun word om gehalte onderwys te ontvang. Dit sal versterk word deur die kultuur en ondersteuningsnetwerk van die skool en die skep van ‘n veilige ondersteunende leeromgewing waar die burgers, soos deur die grondwet van Suid-Afrika gevisualiseer, gevorm word. 5.3 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS Die bevindings van die navorsing word vervolgens opsommend, geïntegreerd en vergelykend beskryf en dien as aanbevelings of riglyne vir die bevordering van lees en leerdervordering. Spesifieke verwysings word gemaak na die vier dataanalises wat ‘n antwoord gee op die algemene navorsingsvraag en leerondersteuningsmeganismes vir leerders met leesprobleme. Die navorser hoop dat die voorstelle ‘n beskeie bydrae sal kan lewer om opvoeders te bemagtig om hulp te kan verleen aan leerders om algemene leesvaardighede te ontwikkel en verbeter. 146

5.3.1 Aanvangsdiagnostiese toetse Die bevindings van die aanvangsdiagnostiese toetse het getoon dat daar ‘n verband is tussen leesvaardighede en leerdervordering. Die bevindings skakel in met die doelwitte van die navorsing, deurdat die response van die respondente se leespeil wat ontleed is in matrikstabelle 4.1 en 4.2 aandui dat die respondente van groep 2 se spoedlees en leesbegrip peil volgens hul prestasie ouderdom nie op die peilvlak is van hulle kronologiese ouderdom nie. Die respondente van groep 2 het ook in die begriptoetse leesstuk, vorm A en B, swak punte behaal. Dit is ‘n aanduiding van swak aandag en konsentrasie vermoëns om begrypend te kan lees. Die aanbevelings rondom die bevinding is dat die opvoeders in die Grondslagfase (Graad 1 tot 3) moet sorg dat die leerders voordat hulle die Grondslagfase sou verlaat die nodige leesvaardighede aangeleer of bemeester het om te kan lees. Indien ‘n leerder die Grondslagfase sou verlaat sonder die nodige bemeestering van leesvaardighede sal hy/sy dit uiters moeilik vind om die akademiese skoolaktiwiteite of assesseringstukke wat in die hoër grade van hom/haar verwag word, die hoof te kan bied. Die opvoeder moet gereeld of meer dikwels diagnostiese leesassessering doen. Dit sal die geleentheid vir gepaste ondersteuning, strategieë vir ingryping, voorligting of verwysing na professionele hulp bied. Die leerder wat dan ondersteuning nodig het om leerstoornisse aan te spreek of struikelblokke in die leerproses ondervind, kan dan vroeg geïdentifiseer word in sy/haar skooljaar en skoolloopbaan. Die belangrike beginsel van leerondersteuning is die vroeë uitkenning van en hulpverlening aan spesifieke leerstoornisse. Hoe jonger die leerder is, hoe gunstiger is die prognose. ‘n Belangrike aanbeveling is dat die belangrikheid van voorkoming nie oorbeklemtoon kan word nie. In die toekoms sal die klem meer en meer moet val op voorkoming eerder as op leerondersteuning. Die bevindings dui ook aan dat hoofstroomskole, veral hoërskole ook nie van die nodige hulpbronne, toerusting en ondersteuning voorsien word nie. Die 147

5.3.1 Aanvangsdiagnostiese toetse

Die bevindings van die aanvangsdiagnostiese toetse het getoon dat daar ‘n

verband is tussen leesvaardighede en leerdervordering. Die bevindings skakel

in met die doelwitte van die navorsing, deurdat die response van die

respondente se leespeil wat ontleed is in matrikstabelle 4.1 en 4.2 aandui dat die

respondente van groep 2 se spoedlees en leesbegrip peil volgens hul prestasie

ouderdom nie op die peilvlak is van hulle kronologiese ouderdom nie. Die

respondente van groep 2 het ook in die begriptoetse leesstuk, vorm A en B,

swak punte behaal. Dit is ‘n aanduiding van swak aandag en konsentrasie

vermoëns om begrypend te kan lees.

Die aanbevelings rondom die bevinding is dat die opvoeders in die

Grondslagfase (Graad 1 tot 3) moet sorg dat die leerders voordat hulle die

Grondslagfase sou verlaat die nodige leesvaardighede aangeleer of bemeester

het om te kan lees. Indien ‘n leerder die Grondslagfase sou verlaat sonder die

nodige bemeestering van leesvaardighede sal hy/sy dit uiters moeilik vind om

die akademiese skoolaktiwiteite of assesseringstukke wat in die hoër grade van

hom/haar verwag word, die hoof te kan bied.

Die opvoeder moet gereeld of meer dikwels diagnostiese leesassessering doen.

Dit sal die geleentheid vir gepaste ondersteuning, strategieë vir ingryping,

voorligting of verwysing na professionele hulp bied. Die leerder wat dan

ondersteuning nodig het om leerstoornisse aan te spreek of struikelblokke in die

leerproses ondervind, kan dan vroeg geïdentifiseer word in sy/haar skooljaar en

skoolloopbaan.

Die belangrike beginsel van leerondersteuning is die vroeë uitkenning van en

hulpverlening aan spesifieke leerstoornisse. Hoe jonger die leerder is, hoe

gunstiger is die prognose. ‘n Belangrike aanbeveling is dat die belangrikheid

van voorkoming nie oorbeklemtoon kan word nie. In die toekoms sal die klem

meer en meer moet val op voorkoming eerder as op leerondersteuning.

Die bevindings dui ook aan dat hoofstroomskole, veral hoërskole ook nie van

die nodige hulpbronne, toerusting en ondersteuning voorsien word nie. Die

147

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!