'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...
'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...
indiensopleiding van opvoeders deur middel van werkswinkels lei ook daartoe dat die opvoeders dele van die kurrikulum omslagtig vind en vaag is oor die inhoud wat aan leerders oorgedra moet word. 4.5.2.3 Die bevordering van leer- en leesvaardighede deur UGO Die doel van die vraag was om vas te stel hoe die bevordering van leer en leesvaardighede deur UGO bevorder word. Twee van respondente het die vraag positief beantwoord deur verduidelik dat UGO die leer- en leesvaardighede, volgens die beleid bevorder, maar kom nie tot sy reg in skole nie as gevolg van die interne probleme, soos byvoorbeeld oorvol klasse. Die feit dat sommige leerders nie oor basiese leesvaardighede beskik nie, lei ook tot leerstoornisse. O2, O4, O5 en O6 antwoord die vraag as volg deur te noem dat: UGO veroorsaak baie verwarring en lei tot leerstoornisse by die Graad neges. Die eksterne hulp vir lees en leerstoornisse is gebrekkig en opvoeders verkry nie voldoende eksterne hulp van die skoolsielkundige en OLSO vakadviseurs nie. Opvoeders besef die belangrikheid en doel van UGO, maar interne probleme en eksterne hulp wat ontbreek dien as struikelblok in die bevordering van lees- en leervaardigheid deur UGO. 4.5.2.4 Leerstoornisse ervaar deur leerders in die spesifieke skool Al die respondente het dieselfde leerstoornisse uitgewys byvoorbeeld gebrekkige visuele diskriminasie, armoede in die gemeenskap, swak leesbegrip, swak skryfvaardighede, handskrif, swak aandag en konsentrasie probleme, swak dissipline, swak fasiliteite, bv. handboek tekorte en sosio-ekonomiese probleme. O4 het veral haar mening beklemtoon deur te noem dat: Die meeste leerders het aandag en konsentrasie probleme en gebrekkige leesbegrip/vaardighede. Dit het duidelik na vore gekom dat die leerstoornisse in die algemeen by die spesifieke skool aandag en konsentrasie probleme is asook gebrekkige leesbegrip en vaardighede. 136
4.5.2.5 Leerondersteuningstrukture by die skool Die doel met hierdie vraag was om vas te stel of alle leerders wat leerstoornisse ervaar se stoornisse wel aangespreek word, toegang het tot die kurrikulum of aangepaste kurrikulum en of intervensie bloot op tradisionele kategorieë van leerprobleme gebaseer word. Ondersteuning moet ‘n integrale deel van die onderrig- en leerproses in alle skole wees en so aangewend word. Vier van die ses respondente het aangedui dat leerondersteuningstrukture wel by die skool bestaan om leerstoornisse aan te spreek. Die meeste respondente het genoem dat die OOS-span, OLSO vakadviseur, ‘n Eye READ rekenaar program, MASTER MATHS-Wiskunde program, die skoolsielkundige, maatskaplike werkster en klasopvoeders as leerondersteuningstrukture dien. O2 en O4 het hulle mening as volg gelig deur te noem dat: Leerondersteuningstrukture is wel beskikbaar by die skool, maar word nie reg benut deur die opvoeders en leerders nie. Soms verskaf opvoeders onvoldoende ondersteuning, ontoepaslike en onbillike assesseringsprosedures/take aan hierdie leerders met leerstoornisse. Dit is duidelik uit die response dat leerondersteuningstrukture gevestig is by die skool, maar dat die gebruik van die strukture ‘n struikelblok is vir beide opvoeders en leerders. Dus lei dit daartoe dat intervensie op tradisionele kategorieë van leerprobleme gebaseer word. Die ondersteuningsnetwerk kan slegs sukses behaal indien ‘n holistiese waarde-aangedrewe benadering toegepas word wat doelwitstelling, beleidmaking, beplanning, monitering en evaluering betref. 4.5.2.6 Die ingesteldheid van hoofrolspelers in die bevordering van leesvaardighede Die respondente O1, O2, O4, O5 en O6 het die vraag positief beantwoord en positiewe ervarings gehad oor die ingesteldheid van die bestuurspan teenoor die bevordering van leesvaardighede by die skool. O3 meld dat die hoofrolspelers positief ingestel is, maar dat daar nouer samewerking moet wees met die Onderwys Bestuur en Ondersteuning Sentrum (OBOS) asook met mekaar, met diensverskaffers, ouers, gemeenskapslede en ander vennote. Die leerdertal van 137
- Page 105 and 106: Die navorser het ook ‘n diktafoon
- Page 107 and 108: alles wat in die klaskamer gebeur h
- Page 109 and 110: • Die data ingesamel is nie onder
- Page 111 and 112: Cohen en Manion (1989) voer verder
- Page 113 and 114: sentreer om ‘n geselekteerde onde
- Page 115 and 116: Figuur 3.1: Skematiese voorstelling
- Page 117 and 118: leesstuk 2 vorm B. Dit het die navo
- Page 119 and 120: interne ooreenkomste en eksterne ve
- Page 121 and 122: STAP 2: Hierdie stap het plaasgevin
- Page 123 and 124: Indien die resultate vereis dat eni
- Page 125 and 126: woordherkenning kon doen. Dit het d
- Page 127 and 128: Tabel 4.2: Samevatting van die aanv
- Page 129 and 130: 4.3.1.2 Klank: begin van woorde Res
- Page 131 and 132: 4.3.1.6 Ignorering van leestekens D
- Page 133 and 134: • Hy/sy verloor gedurig sy/haar p
- Page 135 and 136: Aantal Respodente wees met ruimteli
- Page 137 and 138: Die navorser as nie-deelnemende waa
- Page 139 and 140: Die navorsingstudie het ten doel om
- Page 141 and 142: Opsommend: Die klaskamerwaarneming
- Page 143 and 144: c) Gebrekkige gedifferensieerde les
- Page 145 and 146: demonstreer/dramatiseer. Hierna is
- Page 147 and 148: die voorbereiding van leerder aktiw
- Page 149 and 150: etrekking beklee, dit moeilik vind
- Page 151 and 152: ) Agtergrondskennis van leerders se
- Page 153 and 154: ondersteuningsmeganisme en versterk
- Page 155: 4.5.2.2 Probleme en uitdagings met
- Page 159 and 160: leerstoornis en dan terug geplaas w
- Page 161 and 162: om vaardighede, kennis, waardes en
- Page 163 and 164: tempo en volgens hulle individuele
- Page 165 and 166: HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKK
- Page 167 and 168: 5.3.1 Aanvangsdiagnostiese toetse D
- Page 169 and 170: 5.3.2 Analise van hardoplees-foute:
- Page 171 and 172: Die data verkry vanuit subvraag twe
- Page 173 and 174: Die oorvol klas met ander woorde wa
- Page 175 and 176: waarin al die komponente van die op
- Page 177 and 178: opvoeder sy taak volgens die onderr
- Page 179 and 180: Die navorser het bevind dat ongeson
- Page 181 and 182: estuurspan word as positief deur re
- Page 183 and 184: Leerondersteuning is ‘n spanpogin
- Page 185 and 186: • Die perseptuele “organisasie
- Page 187 and 188: aangename leer kan plaasvind. Dit b
- Page 189 and 190: BIBLIOGRAFIE Aaron, P. (1995). Diff
- Page 191 and 192: Burden, A. (2000). Inclusive Educat
- Page 193 and 194: Donald, D. and Metcalfe, M. (1992).
- Page 195 and 196: Hattingh, L. (1991). ‘n Teorie va
- Page 197 and 198: Lomofsky, L. and Lazarus, S. (2001)
- Page 199 and 200: National Commission on Special Need
- Page 201 and 202: Reid, D. and Hresko, W. (1981). A c
- Page 203 and 204: Swart, R.E. and Pettipher, O.R. (19
- Page 205 and 206: development of an in-service traini
4.5.2.5 Leerondersteuningstrukture by die skool

Die doel met hierdie vraag was om vas te stel of alle leerders wat leerstoornisse

ervaar se stoornisse wel aangespreek word, toegang het tot die kurrikulum of

aangepaste kurrikulum en of intervensie bloot op tradisionele kategorieë van

leerprobleme gebaseer word. Ondersteuning moet ‘n integrale deel van die

onderrig- en leerproses in alle skole wees en so aangewend word.

Vier van die ses respondente het aangedui dat leerondersteuningstrukture wel by

die skool bestaan om leerstoornisse aan te spreek. Die meeste respondente het

genoem dat die OOS-span, OLSO vakadviseur, ‘n Eye READ rekenaar

program, MASTER MATHS-Wiskunde program, die skoolsielkundige,

maatskaplike werkster en klasopvoeders as leerondersteuningstrukture dien. O2

en O4 het hulle mening as volg gelig deur te noem dat:

Leerondersteuningstrukture is wel beskikbaar by die skool,

maar word nie reg benut deur die opvoeders en leerders nie.

Soms verskaf opvoeders onvoldoende ondersteuning,

ontoepaslike en onbillike assesseringsprosedures/take aan

hierdie leerders met leerstoornisse.

Dit is duidelik uit die response dat leerondersteuningstrukture gevestig is by die

skool, maar dat die gebruik van die strukture ‘n struikelblok is vir beide

opvoeders en leerders. Dus lei dit daartoe dat intervensie op tradisionele

kategorieë van leerprobleme gebaseer word. Die ondersteuningsnetwerk kan

slegs sukses behaal indien ‘n holistiese waarde-aangedrewe benadering toegepas

word wat doelwitstelling, beleidmaking, beplanning, monitering en evaluering

betref.

4.5.2.6 Die ingesteldheid van hoofrolspelers in die bevordering van

leesvaardighede

Die respondente O1, O2, O4, O5 en O6 het die vraag positief beantwoord en

positiewe ervarings gehad oor die ingesteldheid van die bestuurspan teenoor die

bevordering van leesvaardighede by die skool. O3 meld dat die hoofrolspelers

positief ingestel is, maar dat daar nouer samewerking moet wees met die

Onderwys Bestuur en Ondersteuning Sentrum (OBOS) asook met mekaar, met

diensverskaffers, ouers, gemeenskapslede en ander vennote. Die leerdertal van

137