'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

d) Kompetisie Die navorser wil meld dat ongesonde kompetisie in beide klasse waargeneem was. Slegs OA het die kompetisie wat negatief was streng aangespreek met die leerders, juis omdat die ongesonde kompetisie die minder begaafde leerders se selfvertroue en selfbeeld skade aandoen en negatief beïnvloed. Dit het in OB se klas veroorsaak dat minder begaafde leerders nie die rol van groepleier of verslaggewer wou vertolk nie. Dit was omdat die leerders min selfvertroue en ‘n lae selfbeeld gehad het. Opsommend: Die waarneming dui aan dat aspekte soos oorvol klasse en groot leerdergetalle, onvoldoende LOOM, negatiewe ingesteldheid van opvoeders en ongesonde kompetisie die leervatbaarheid en die mate van suksesvolle leer beïnvloed. Genoemde aspekte bevorder swak prestasies en gee aanleiding tot leerstoornisse. Dit verhoed dat individuele leerders vordering toon volgens hul potensiaal en daartoe ontwikkel. 4.4.1.6 Klaskamer faktore bevorderend vir gedifferensieerde instruksies/ onderrig a) Buigsame onderrigmetodes Gedifferensieërde instruksies/onderrig moet die leerproses fasiliteer en is ‘n basiese voorwaarde vir onderrig in die klaskamer. Die navorser het waargeneem dat beide opvoeders die gedifferensieerde onderrigbenaderings toegepas het. Dit het geleentheid geskep vir ontwikkeling en die geleidelike verfyning van persepsies. Die inagneming van individuele verskille en die verbinding van inhoud/konsepte met vaardighede was waarneembaar. Die groepwerk het gesonde groep- en interpersoonlike verhoudings bevorder en ook vir verskillende groepe leerders volgens hulle vermoëns voorsiening gemaak. Beide opvoeders het te alle tye relevante leerinhoud met die alledaagse lewe en ervarings van leerders in verband gebring. ‘n Geïntegreerde benadering tot leer het in beide klasse plaasgevind. OA het ook gebruik maak van die ‘buddy’ stelsel deurdat ‘n leerder ‘n volgende leerder gehelp en ondersteun het met leerinhoud wat bemeester moes word. 130

) Agtergrondskennis van leerders se vermoëns Aangesien elke leerder ‘n unieke en eiesoortige wese is en in ooreenstemming met sy/haar besondere potensiaal gedifferensieerde onderrig moet ontvang, is agtergrondskennis van leerder ‘n vereiste. By beide opvoeders is waargeneem dat hulle wel oor agtergrondskennis van leerders beskik. OA en OB het tydens lesaanbieding probeer om gedifferensieerde instruksies/onderrig toe te pas om die leerders te akkommodeer. Dit was veral OA wat aktiewe leer met geleenthede vir leerders om idees en benaderings tot leer te ondersoek en vaardighede te oefen goed toegepas het. Beide opvoeder het die agtergrondskennis van leerders gebruik om koöperatiewe sowel as individuele leerkontekste te gebruik om vaardighede te ontwikkel en in groepe sowel as individueel saam te werk. Dit het meegebring dat die onderrig-leerproses aktief, deelnemend, ondersoekend, kooperatief, gevarieerd, ondersteunend, leerdergesentreerd en gedifferensieerd plaasgevind het. c) Sensitiwiteit teenoor leerders met leerstoornisse Die onderrig en leerproses in beide klasse is gekenmerk deur strategieë en benaderings wat die bydrae van alle leerders aanmoedig en bekragtig. Dit beteken dat die opvoeders met die samestelling van die leerprogram alle leerders insluit, veral die met leerstoornisse. Dit was veral OA wat suksesvol was met die benadering van haar lesaanbieding wat verseker het dat insluiting nie vooroordeel of diskriminerende gedrag veroorsaak en versterk nie. Die leeromgewing in die klasse was ook stimulerend en het onafhanklike leer, persoonlike outonomie, ‘n positiewe selfbeeld, ondersoeking, verbeelding, kreatiwiteit, kritiese denke, die konstruksie van kennis in terme van inligting, vaardighede, houdings en waarde aangemoedig. Sensitiwiteit teenoor leerders met leerstoornisse het gelei tot ‘n meer buigsame klaskameratmosfeer en dat leerervarings voorsien is om die leerders se behoeftes, entoesiasme en kapasiteit vir kritiese refleksie te ontwikkel. Tydens besprekings met OA en OB het die navoser waargeneem dat die opvoeders 131

) Agtergrondskennis van leerders se vermoëns

Aangesien elke leerder ‘n unieke en eiesoortige wese is en in ooreenstemming

met sy/haar besondere potensiaal gedifferensieerde onderrig moet ontvang, is

agtergrondskennis van leerder ‘n vereiste. By beide opvoeders is waargeneem

dat hulle wel oor agtergrondskennis van leerders beskik. OA en OB het tydens

lesaanbieding probeer om gedifferensieerde instruksies/onderrig toe te pas om

die leerders te akkommodeer.

Dit was veral OA wat aktiewe leer met geleenthede vir leerders om idees en

benaderings tot leer te ondersoek en vaardighede te oefen goed toegepas het.

Beide opvoeder het die agtergrondskennis van leerders gebruik om

koöperatiewe sowel as individuele leerkontekste te gebruik om vaardighede te

ontwikkel en in groepe sowel as individueel saam te werk. Dit het meegebring

dat die onderrig-leerproses aktief, deelnemend, ondersoekend, kooperatief,

gevarieerd, ondersteunend, leerdergesentreerd en gedifferensieerd plaasgevind

het.

c) Sensitiwiteit teenoor leerders met leerstoornisse

Die onderrig en leerproses in beide klasse is gekenmerk deur strategieë en

benaderings wat die bydrae van alle leerders aanmoedig en bekragtig. Dit

beteken dat die opvoeders met die samestelling van die leerprogram alle

leerders insluit, veral die met leerstoornisse. Dit was veral OA wat suksesvol

was met die benadering van haar lesaanbieding wat verseker het dat insluiting

nie vooroordeel of diskriminerende gedrag veroorsaak en versterk nie. Die

leeromgewing in die klasse was ook stimulerend en het onafhanklike leer,

persoonlike outonomie, ‘n positiewe selfbeeld, ondersoeking, verbeelding,

kreatiwiteit, kritiese denke, die konstruksie van kennis in terme van inligting,

vaardighede, houdings en waarde aangemoedig.

Sensitiwiteit teenoor leerders met leerstoornisse het gelei tot ‘n meer buigsame

klaskameratmosfeer en dat leerervarings voorsien is om die leerders se

behoeftes, entoesiasme en kapasiteit vir kritiese refleksie te ontwikkel. Tydens

besprekings met OA en OB het die navoser waargeneem dat die opvoeders

131

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!