'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSBEVINDINGE EN DATA-ANALISE 4.1 INLEIDING Die primêre doelwit van hierdie hoofstuk is om binne die kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsparadigma soos gemeld in hoofstuk 3, veral op ‘n verkennend-beskrywende wyse, bevindinge en data-analise van die navorsing bekend te maak. Die verskillende kategorieë wat in die navorsingsmilieu na vore gekom het, is ter wille van sistematiek in die hoofstuk onder die volgende hoofkategorieë ingedeel: die identifiseer van leesvlakke van die twee groepe, faktore wat leesvermoëns beïnvloed, konteksverwante aspekte, houdings en gevormde houdings/oplossings. Die hoofkategorieë is in subkategorieë onderverdeel. Volgens hierdie metodes het die navorser analitiese, konsepsuele en data-analise van die inligting ontwikkel. Die data van die hoofkategorieë, naamlik die identifiseer van leesvlakke van die twee groepe en faktore wat leesvermoëns beïnvloed, is ontleed om ‘n antwoord te verkry op die algemene navorsingsvraag. Dit het tabelle en histogramme ingesluit wat die foute-analise en foutekategorieë van die diagnostiese en hardoplees van die twee groepe respondente in Graad 10 volgens goeie en swak prestasies geklassifiseer het. Die waarneming en fokusgroeponderhoud het antwoorde op die subvrae met betrekking tot die doelwitte verskaf. 4.2 KATEGORISERING VAN DATA: IDENTIFIKASIE VAN LEESVLAKKE VAN TWEE GROEPE 4.2.1 Aanvangsdiagnose: Leesstuk A Die hoofdoel van die aanvangsdiagnose wat in Februarie en Maart 2005 by die skool afgelê was, was gerig op die analise van die twee groepe se leesvermoëns en nie op evaluering nie. Die uitslag van die U.K. Spoedleestoets (een minuut leestoets) moes aandui hoé vinnig of hoé stadig die respondente 104

woordherkenning kon doen. Dit het die navorser in staat gestel om waar te neem of die respondent woorde visueel en/of ouditief kan analiseer (opbreek) in lettergroepe en/of letters en klanke byvoorbeeld (tafel: ta-fel, kat: k-a-t). Die respondent wat probleme met die analise en sintese van woorde ondervind, sal normaalweg ook sukkel met die lees en skrywe van woorde. Hulle ondervind ‘n probleem om die woord in sy gedagte te analiseer en saam te voeg tot ‘n geheel wanneer die woord gelees of geskryf moet word. Die navorser kon ook ‘n vergelyking tref tussen die respondent se kronologiese ouderdom (KO) en leesouderdom (LO) deur die aflê van die UK Gegradueerde leestoets deur die respondente. Die navorser kon dus ‘n diagnose/ gevolgtrekking maak van die respondente se huidige leesvermoëns en leesvlak. Die diagnostiese lees: leesstuk A en B wat in Maart 2005 deur alle respondente afgelê was, het verskillende tipe gegradeerde vrae bevat. Sommige van die vrae het bloot feitekennis getoets, ander insig en begrip, terwyl ‘n derde groep kreatiewe denke met betrekking tot sekere taalkundige probleme aangemoedig het. Die uitslag van die respondent het die navorser genoop om haar te vergewis van twee vrae: wat sê die leerder van die begripstoets? ; en hoe hy/sy dit sê? Met ander woorde is die skryfstyl in keurige taalgebruik en/of is die sinsbou min of meer foutloos; of kom heelwat spelfoute, leestekenfoute en woordorde foute voor? 4.2.2 Samevatting van aanvangsdiagnose In hierdie hoofstuk is die leesvlakke van die twee groepe respondent in Graad 10 volgens goeie en swak prestasies ontleed. Die faktore wat hul leesvermoëns beïnvloed het, is ook ondersoek om ‘n antwoord te verkry op die algemene navorsingsvraag, naamlik: Wat is die verband tussen leesvaardighede en leerdervordering van Graad 10 leerders? Bogenoemde inligting is as basis gebruik vir die kwalitatiewe ondersoek en die bevindinge van die respondente se leespeil is op ‘n kwantitatiewe wyse in matrikstabelle voorgestel. Die response op die algemene navorsingsvraag is ontleed en in matrikstabelle 4.1 en 4.2 vervat. Die response is onder bepaalde 105

HOOFSTUK 4

NAVORSINGSBEVINDINGE EN DATA-ANALISE

4.1 INLEIDING

Die primêre doelwit van hierdie hoofstuk is om binne die kwalitatiewe en

kwantitatiewe navorsingsparadigma soos gemeld in hoofstuk 3, veral op ‘n

verkennend-beskrywende wyse, bevindinge en data-analise van die navorsing

bekend te maak. Die verskillende kategorieë wat in die navorsingsmilieu na

vore gekom het, is ter wille van sistematiek in die hoofstuk onder die volgende

hoofkategorieë ingedeel: die identifiseer van leesvlakke van die twee groepe,

faktore wat leesvermoëns beïnvloed, konteksverwante aspekte, houdings en

gevormde houdings/oplossings. Die hoofkategorieë is in subkategorieë

onderverdeel. Volgens hierdie metodes het die navorser analitiese, konsepsuele

en data-analise van die inligting ontwikkel.

Die data van die hoofkategorieë, naamlik die identifiseer van leesvlakke van die

twee groepe en faktore wat leesvermoëns beïnvloed, is ontleed om ‘n antwoord

te verkry op die algemene navorsingsvraag. Dit het tabelle en histogramme

ingesluit wat die foute-analise en foutekategorieë van die diagnostiese en

hardoplees van die twee groepe respondente in Graad 10 volgens goeie en swak

prestasies geklassifiseer het. Die waarneming en fokusgroeponderhoud het

antwoorde op die subvrae met betrekking tot die doelwitte verskaf.

4.2 KATEGORISERING VAN DATA: IDENTIFIKASIE VAN

LEESVLAKKE VAN TWEE GROEPE

4.2.1 Aanvangsdiagnose: Leesstuk A

Die hoofdoel van die aanvangsdiagnose wat in Februarie en Maart 2005 by die

skool afgelê was, was gerig op die analise van die twee groepe se leesvermoëns

en nie op evaluering nie. Die uitslag van die U.K. Spoedleestoets (een minuut

leestoets) moes aandui hoé vinnig of hoé stadig die respondente

104

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!