'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

gebeurtenis of proses te beskryf, te analiseer en sodoende ‘n spesifieke opvoedkundige program te ontleed asook ‘n bydra te lewer tot ‘n groter onderwysvraagstuk oor die verband tussen leesvaardighede en leerdervordering in huidige skole. Die steekproefneming het plaasgevind by een Afrikaans medium hoërskool. Dit was onmoontlik om die hele populasie as proefpersone te betrek en ‘n steekproef is uit die populasie geneem. Die respondente was gekies volgens hulle leesvermoëns en leerdervordering op akademiese gebied. Die twee groepe respondente was in Graad 10. Daar was 50 respondente in totaal. 3.6.1.2 Gegradueerde leestoets en Spoedleestoets (Een minuut leestoets): Universiteit van Kaapstad (UK) Die aflê van die toetse het in Februarie en Maart by die skool geskied. Die toetsing het die navorser in staat gestel om ‘n evaluering van die respondente se leespeil te doen en sodoende die data op ‘n kwantitatiewe wyse voor te stel. Die resultate van die toetse het die navorser as leesdiagnotikus tydens die studie in staat gestel om ‘n beter oordeel te maak van op watter vlak van die individuele diagnostiese leestoets die respondent is. Die spoedleestoets (een minuut leestoets) het die navorser die respondente se spoedleespeil en leesbegrippeil laat bepaal. Hierdie data-versamelingstegnieke het die navorser in staat gestel om ‘n diagnostiese ondersoekprogram van ‘n respondent met leerprobleme te identifiseer. Dit het gehelp om die navorsingsvraag oor die verband tussen leesvaardighede en leerdervordering te ontsluit. 3.6.1.3 Diagnostiese lees: leesstuk A Die aanvangsdiagnostiese leestoets: leestoets A was afgelê in Maart voor die einde van die eerste skool kwartaal van die jaar. Alle respondente was getoets. Die navorser het ‘n kwalitatiewe foute-analise gemaak van elke respondent se leesfoute. Deur die aard van die leesfoute wat begaan is te ontleed het die navorser die nodigheid geag om meer data te versamel oor die leesvermoëns van die respondente. Dit het gelei tot die aflê van ‘n tweede begripstoets 96

leesstuk 2 vorm B. Dit het die navorser in staat gestel om die aandag en konsentrasie van respondent te bepaal en of hulle begrypend kan lees. 3.6.1.4 Diagnostiese hardoplees: Foute begaan – tweede vorm van analise Tydens Mei van die skooljaar is daar weer ‘n begripstoets deur dieselfde respondente afgelê. Die doel hiermee is dat die aanvangsanalise wat in Januarie tot Maart 2005 plaasgevind het, te vergelyk met die twee vorms van analise van die respondente se leesvaardighede en vermoëns. 3.6.1.5 Derde vorm van analise ‘n Derde vorm van data-analise is uitgevoer tydens die studie deur die gebruikmaking van waarneming en ‘n fokusgroeponderhoud met die OOS van die skool. Hierdie dataversamelingstegnieke het in die derde kwartaal plaasgevind. Klaskamerwaarneming is by twee opvoeders uitgevoer en ses opvoeders is onderwerp aan onderhoudvoering deur middel van ‘n fokusgroeponderhoud. Die navorser, het deur die waarneming die verskillende dimensies in die klaskamer, naamlik die onderrig en opvoeder se aktiwiteite tydens die lesaanbieding, die reaksie van die respondente op die onderrigstyl en die klaskamer situasie in die geheel vasgestel. Hierdie waarneming en waarnemingsgevolgtrekkings is gekategoriseer en word so aangebied om vir die navorser insig en betekenis vir die navorsingsprobleem te verskaf. Die fokusgroeponderhoude is afsonderlik van die waarneming volgens ‘n kwalitatiewe benadering ontleed soos vermeld in hoofstuk 3. a) Waarneming Die data van die waarnemingskontrolelyste was gebruik om die volgende vrae met betrekking tot die doelwitte te beantwoord: 1. Hoe bevorder UGO lees en leervaardighede, ten opsigte van kennis, waardes en vaardighede wat leerders benodig? 2. Watter onderrigmetodes van assessering en fasilitering vind plaas? 3. Watter leerondersteuningstrukture is in plek by die skool? 97

leesstuk 2 vorm B. Dit het die navorser in staat gestel om die aandag en

konsentrasie van respondent te bepaal en of hulle begrypend kan lees.

3.6.1.4 Diagnostiese hardoplees: Foute begaan – tweede vorm van analise

Tydens Mei van die skooljaar is daar weer ‘n begripstoets deur dieselfde

respondente afgelê. Die doel hiermee is dat die aanvangsanalise wat in Januarie

tot Maart 2005 plaasgevind het, te vergelyk met die twee vorms van analise van

die respondente se leesvaardighede en vermoëns.

3.6.1.5 Derde vorm van analise

‘n Derde vorm van data-analise is uitgevoer tydens die studie deur die

gebruikmaking van waarneming en ‘n fokusgroeponderhoud met die OOS van

die skool. Hierdie dataversamelingstegnieke het in die derde kwartaal

plaasgevind. Klaskamerwaarneming is by twee opvoeders uitgevoer en ses

opvoeders is onderwerp aan onderhoudvoering deur middel van ‘n

fokusgroeponderhoud. Die navorser, het deur die waarneming die verskillende

dimensies in die klaskamer, naamlik die onderrig en opvoeder se aktiwiteite

tydens die lesaanbieding, die reaksie van die respondente op die onderrigstyl en

die klaskamer situasie in die geheel vasgestel. Hierdie waarneming en

waarnemingsgevolgtrekkings is gekategoriseer en word so aangebied om vir die

navorser insig en betekenis vir die navorsingsprobleem te verskaf.

Die fokusgroeponderhoude is afsonderlik van die waarneming volgens ‘n

kwalitatiewe benadering ontleed soos vermeld in hoofstuk 3.

a) Waarneming

Die data van die waarnemingskontrolelyste was gebruik om die volgende vrae

met betrekking tot die doelwitte te beantwoord:

1. Hoe bevorder UGO lees en leervaardighede, ten opsigte van kennis,

waardes en vaardighede wat leerders benodig?

2. Watter onderrigmetodes van assessering en fasilitering vind plaas?

3. Watter leerondersteuningstrukture is in plek by die skool?

97

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!