'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ... 'n Ondersoekende studie na die verband tussen leesvaardighede ...

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

verband nie. Die toets dien in die navorsing as aanvangspeil van ‘n leesdiagnoseringstegniek. Die resultate van hierdie toets het die navorser in die rol as leesdiagnostikus in staat gestel om beter te oordeel op watter vlak van die individuele diagnostiese leestoets die leerder is. Die UK lees Spoedtoets (een minuut leestoets) is soortgelyk aan die UK Gegradeerde leestoets, maar tydens die aflê van die toets stel die navorser die leerders se spoedleespeil en leesbegrippeil vas. De Beer (1989) meld dat die woordleestoets slegs bedoel is om die meganiese leesvaardighede van leesspoed, woordherkenning en korrekte uitspraak te meet. Die spoedleestoets verskaf ook aan die navorser die data om vas te stel of die woorde wat die leerder herken deel uitmaak van hulle sigwoordeskat. Die term sigwoord beteken dus dat die betrokke woord nie dadelik (op sig) herken behoort te word nie. Woordherkenning is een van die vereistes vir vlotlees. Die kategorie woordherkenning sluit sigwoorde en woordontledingsvaardighede in. Die term sigwoordeskat verwys na ‘n lys van essensiële of hoë frekwensiewoorde in Afrikaans. ‘n Voorbeeld van so ‘n lys is die “Dolch Woordelys” wat uit 320 woorde bestaan. Die bogenoemde data-versamelingstegnieke het die navorser in staat gestel om ‘n diagnostiese ondersoekprogram van ‘n leerder met leerprobleme te identifiseer. Dit het die navorsingsvraag oor die verband tussen leesvaardighede en leerdervordering ontsluit. De Beer (1989) voer verder aan dat lees oor die algemeen as een van die belangrikste skolastiese taalvaardighede op skool beskou behoort te word. 3.5.3.2 Diagnostiese hardoplees-toets met foute-analise Die prosaleestoets word gebruik om die vermoë van ‘n leerder om hardop te lees, te evalueer. Die toets stel die navorser in staat om ‘n kwalitatiewe diagnose van ‘n leerder se leesprobleem te maak nadat die aard van die leesfoute wat begaan is, ontleed is. Terwyl die leerder lees, word sy/haar response deur die navorser op die antwoordblad deur middel van ‘n standaard foute-kode aangebring. 84

Die navorser het ook ‘n diktafoon opname van die leerder se response gemaak. Dit het die navorser in staat gestel om ook na ander belangrike aspekte op te let terwyl die leerder lees, soos die wyse waarop die leesstuk vasgehou word, of daar sprake is van kopbewegings tydens lees en of die leerder gedurig sy plek tydens die leesproses verloor. ‘n Kwalitatiewe foute-analise is gemaak van elke leerder se leesfoute (vergelyk aanhangsel). Die navorser het ook deur middel van noukeurige waarneming, tydens die leesproses, aangeteken of daar swak leesgewoontes by die leerder teenwoordig is. Om glad hardop te lees beteken om vlot te lees. Vlotlees hou onder meer lees in met ‘n natuurlike stembuiging en korrekte frasering. Hardoplees, is fraselees deurdat die wyse van lees die betekenis van die leesinhoud onmiddellik na vore bring deur die korrekte gebruik van pousering, stembuiging en intonasie. Woord-vir-woord lees is die teenoorgestelde van vlotlees, en is ‘n fout wat algemeen by kinders voorkom. Die gevolg is onvermydelik: swak frasering en gevolglik verlies aan leesbegrip. Daarom het die navorser die vermoë om in frases te lees ‘n komponent gemaak van die evaluering van die leesdiagnoseringsprogram. 3.5.3.3 Begripstoetse: leesstuk 1 vorm A en leesstuk 2 vorm B Die doel van die begripstoetse was om vas te stel of die leerder met aandag en konsentrasie begrypend kan lees. Die begripstoetse het ‘n deeglike ontleding en bestudering vereis, dit wil sê ‘n intelligente bestudering daarvan was noodsaaklik. Die vrae was daarop gerig om na aanleiding van die bestuderende leesstuk, werklik intelligensie begrip en insig te toets. Die begripstoetse het bestaan uit meervoudige keusevrae en was deur beide groepe tydens die registerklas periode, wat 40 minute geduur het, voltooi. Drie tipe vrae was in die begripstoetse gebruik: • Teks-eksplisiete vrae waarvan die antwoorde in die teks gevind kon word; • Teks-implisiete vrae waarvan die antwoorde afgelei moes word of leerders van hul bestaande kennis gebruik maak het; en 85

verband nie. Die toets dien in die navorsing as aanvangspeil van ‘n

leesdiagnoseringstegniek. Die resultate van hierdie toets het die navorser in die

rol as leesdiagnostikus in staat gestel om beter te oordeel op watter vlak van die

individuele diagnostiese leestoets die leerder is.

Die UK lees Spoedtoets (een minuut leestoets) is soortgelyk aan die UK

Gegradeerde leestoets, maar tydens die aflê van die toets stel die navorser die

leerders se spoedleespeil en leesbegrippeil vas. De Beer (1989) meld dat die

woordleestoets slegs bedoel is om die meganiese leesvaardighede van

leesspoed, woordherkenning en korrekte uitspraak te meet. Die spoedleestoets

verskaf ook aan die navorser die data om vas te stel of die woorde wat die

leerder herken deel uitmaak van hulle sigwoordeskat.

Die term sigwoord beteken dus dat die betrokke woord nie dadelik (op sig)

herken behoort te word nie. Woordherkenning is een van die vereistes vir

vlotlees. Die kategorie woordherkenning sluit sigwoorde en woordontledingsvaardighede

in. Die term sigwoordeskat verwys na ‘n lys van essensiële of hoë

frekwensiewoorde in Afrikaans. ‘n Voorbeeld van so ‘n lys is die “Dolch

Woordelys” wat uit 320 woorde bestaan.

Die bogenoemde data-versamelingstegnieke het die navorser in staat gestel om

‘n diagnostiese ondersoekprogram van ‘n leerder met leerprobleme te

identifiseer. Dit het die navorsingsvraag oor die verband tussen leesvaardighede

en leerdervordering ontsluit. De Beer (1989) voer verder aan dat lees oor die

algemeen as een van die belangrikste skolastiese taalvaardighede op skool

beskou behoort te word.

3.5.3.2 Diagnostiese hardoplees-toets met foute-analise

Die prosaleestoets word gebruik om die vermoë van ‘n leerder om hardop te

lees, te evalueer. Die toets stel die navorser in staat om ‘n kwalitatiewe

diagnose van ‘n leerder se leesprobleem te maak nadat die aard van die

leesfoute wat begaan is, ontleed is. Terwyl die leerder lees, word sy/haar

response deur die navorser op die antwoordblad deur middel van ‘n standaard

foute-kode aangebring.

84

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!