02.05.2013 Views

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

Laai Af - Gkkandelaar.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

IN DIE WANDELGANG

Gereformeerde Kerk

Die Kandelaar

Nuusbrief: Sondag, 17 Junie 2012

Eredienste: 09:30 en 18:30

OGGENDDIENS (Ds Nardus Droomer) AANDDIENS (Ds Attie Bogaards)

Lees: Luk 13: 22 - 30 Lees: Gen 18; 12: 1 - 3

Teks: 2 Pet 1: 10, 11 Teks: Gen 18: 17 - 19

Sing: Ps 48: 4, 5 Sing: Ps 138: 1

84: 6 9: 7

63: 1, 2, 3 1: 1, 2

16: 1, 2 1: 3, 4

73: 11, 12 98: 1, 4

KOLLEKTES 17 JUNIE 24 JUNIE

1 ste Kollekte: Diakonie Diakonie

2 de Kollekte: Sending Steun buite gemeente

KOLLEKTE – PRESIDENT KRUGERKINDERHUIS

Met die kollekte van Sondag, 27 Mei 2012, is ‘n bedrag van R9 083,10 ingesamel. Baie

dankie broeders en susters, vir u sorg en meelewing.

Diakonie en President Krugerkinderhuis.

LIEF EN LEED

Verjaarsdae

So 17 Marten Boersema

Ma 18 Tony Carvalho, Erik Reesink, Phia van den Berg, Jan-Tian van der Kooi

Wo 20 Albert van de Wetering

Do 21 Annemarie van ’t Foort

Vr 22 Roelanie Boersema, Gideon Nederveen

Sa 23 Gerrit Bouwmeester

Meelewing

• Dankbaar is ons aan ons Hemelse Vader dat dit met Roel Bouwmeester na laasweek se

geslaagde operasie, na omstandighede goed gaan. Ons was by die onderskeie dokters en

almal is tevrede. Ook het die scan uitgewys dat die kop en nek skoon is van die

kwaadaardige selle en gewasse, asook die longe en lewer.

Verlede week Woensdag het drie dokters aan Roel sy kop gewerk, daar was weer ‘n knop

onder die ken wat kwaadaardig was en uitgehaal moes word.

Die kaakspesialis het die plaatjies en skroewe uit die kaak gehaal, die plastiese chirurg het

weer ‘n ‘sling’ in Roel se wang ingesit sodat die mond meer reguit kan wees.

Ons is dankbaar aan die dokters, en ons kinders, familie, en die gemeente, asook

Ds.Droomer wat ons deur ‘n baie moeilike tyd gehelp het.

Roel en Emmy Bouwmeester

• Sr Renée ‘t Hart het gestruikel en agteroor geval. Sy het gelukkig nie baie seer gekry nie,

meer spiere seergemaak. Sy het ‘n groot venster stukkend geval. Ons is saam met u

dankbaar dat daar nie ernstige beserings was nie en hoop dat die spiere gou sal herstel.

• Alle sterkte aan ons broeders en susters en die kinders wat ly onder griep en

komplikasies! Soos Matthys, seuntjie van br en sr Eduard en Tabita Winter, wat in die

hospitaal is met longontsteking. Baie sterkte!

Psalm 139: 17 – Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes , o God. Hoe geweldig is hulle

volle som nie

BYBELSTUDIE

Bybelstudiegroep ‘Manna’

Vergader DV Woensdag, 20 Junie, by br Wout en sr Marian Nederveen; Sefánja 3.

OPPASDIENS

17 JUNIE 24 JUNIE

Ma’s Mariska van de Wetering Marissa van de Wetering

Adri van de Wetering Irma Venter

Dogters Carolien van Renssen Carina van ‘t Foort

Arina Wibbelink Monique van de Wetering

Francis Momberg Cornelia Bakker

VAN DIE KERKKANTOOR

Wandelgang

Indien daar lidmate is wat sukkel om die Wandelgang, met die kleiner lettertipe te lees, gee

asseblief u naam vir sr Mia van Lochem by die kerkkantoor, sodat sy elke week vir u ‘n

Wandelgang met ‘n groter lettertipe kan laat kry. Hierdie Wandelgange is vandag op die

tafel in die narteks beskikbaar.

SSK

Kom skrop nes saam met ons!

Op Saterdag 28 Julie 2012 hou die SSK hul jaarlikse fondsinsameling. Hierdie jaar is dit 'n

vlooimark en ‘n heerlike ontbyt. Kom geniet die dag saam met ons! Meer inligting oor die

geleentheid vind u op die kennisgewingbord.

Kreatiwiteitsoggend - President Krugerkinderhuis

Die SSK beplan om tydens die Julievakansie ‘n kreatiwiteitsoggend te hou vir die kinders

van die President Krugerkinderhuis. Die beplande datum is Dinsdag, 3 Julie 2012 om 10:00.

Hierdie oggend is spesifiek gemik op die kinders wat tydens die vakansie by die kinderhuis

bly. Indien u bereid is om te help, kontak asseblief vir sr Hilde Wilcocks of sr Christelle

Anholts.

DAMESOGGEND TEN BATE VAN KINDERHUIS – 25 AUGUSTUS 2012

Die tiende gesamentlike damesoggend ten bate van President Krugerkinderhuis vind DV

plaas op 25 Augustus om 09:00 by St. Mary’s in Brooklyn. Die kunstenaar is Jannie

Moolman; Este Pienaar is die vertolkingskunstenaar. Ons tafeldektema: ‘n Huweliksfees.

Kaartjies kos R120.00 elk. Twee susters uit ons gemeente het aangebied om gasvrouens

te wees. Indien u die funksie wil bywoon kontak vir sr Mia van Lochem by die kerkkantoor vir

‘n kaartjie, of Susan Fourie by 082-324-9399 of Elize vd Walt by 082-774-4544. As u dalk

nog in besit is van u ma of ouma se trourok (gedateer uit die tydperk voor 1970) gee

asseblief vir ons daarvan ook kennis. Ons sien u graag by die damesoggend.

Kameeldriftgroete

GK CACHET NAMIBIë UITREIK 2012

Die studente van Gereformeerde Kerk Cachet vertrek hierdie jaar (29 Junie - 7 Julie) op ons

jaarlikse uitreik na Drimiopsis, Namibië. Hierdie uitreik dien as steun vir die Gereformeerde

Kerk Sandveld. Die uitreik word finansieel gedra deur borge van ander gemeentes en

fondsinsamelings wat die uitreikers self hou. Die bestuur wil u ook graag nader en vra dat u

ons moontlik bystaan met ‘n finansiële bydrae, sodat ons weer daarmee die inwoners van

Drimiopsis kan bystaan (d.m.v. Bybels, kospakkies en bouprojekte) of benodigdhede vir die

uitreikers kan aankoop.

Bankbesonderhede: Namibië Uitreik Hulpprojekte

Rekening nommer: 3833 1290 243; ABSA, Takkode: 335-138

Verwysing: Namibië, [naam / rede vir skenking

Bewys van betaling na: marnix.boersema@gmail.com

Vir meer inligting kan u my gerus kontak: Sel: 071 363 5456

BERIG - FRANSE RADIOBEDIENING

‘n Paar weke gelede het ek gemeld dat ‘n nuwe reeks programme in voorbereiding is, nl.

programme oor omgewingsake binne ‘n Christelike perspektief. Dié reeks word in

samewerking met prof Kobus van der Walt van die NWU geskryf: Die teks van sy praatjies,

wat elke Saterdagoggend (06:45) op RSG uitgesaai word, is aan my beskikbaar gestel,

sodat ek hulle kan verwerk binne die raamwerk van Foi et Vie Réformées se eie uitsendings.

Die eerste programme (met die tema "water") is nou klaar opgeneem en gaan DV vroeg in

Juliemaand op kortgolf (vir Sentraal-Afrika) en mediumgolf (vir Wes-Afrika) op die lug kom.

Die skryf, opname en uitsaai van ander programme vir dieselfde reeks is nou sterk op my

agenda (met temas soos besoedeling, energiebesparing ens.)

Die hooftema bly natuurlik die rentmeesterskap van die aarde wat die Here God aan die

mens in die begin toevertrou het en die belangrikheid om daarmee te wys dat Hy die enigste

eienaar van sy skepping is. Intussen groei ook die aantal kort programme wat vir ‘n meer

Europese gehoor voorberei word, met ‘n reeks oor die Onse Vader, wat sterk op die

Heidelbergse Kategismus berus.

Uit Quebec (Frans-Kanada) stuur hierdie week ‘n luisteraar van ons uitsendings ‘n epos aan

my: Deur sy verskeie dienaars kom die Here om die hart van diegene wat Hy as sy kinders

uitverkies het, aan te raak. Dankie dominee dat u die Woord van God orals in die wêreld

bring, mag die Here u met sy seëninge vul. Hierdie bemoedigende boodskap kom ook op die

regte tyd om te wys dat baie mense in die noordelike halfrond net so dors is vir die

Evangelie as die mense in Afrika. Hulle moet nie deur die Franse Radiobediening

verwaarloos word nie. In besonder is Rooms-Katolieke mense geweldig geskud deur

allerhande skandale wat die pousdom onlangs getref het. Hulle moet na Christus as die

enigste Middelaar gelei word, d.m.v. uitsendings of literatuur.

Ds Eric Kayayan

KENNISGEWINGBORD

• Nooitgedacht Skoolverlaterskamp

• Israel Jeugtoer

• Mootkampe 2012

• Uitnodiging vanaf die GK Totiusdal

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!