02.05.2013 Views

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk

(Registrasienommer 1999/004069/06)

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 29 Februarie 2012

Rekeningkundige beleid

1.12Waardedaling van bates (vervolg)

’n Waardedalingsverlies word vir kontantgenererende eenhede erken indien die verhaalbare bedrag van die eenheid minder is

as die drabedrag van die eenhede. Die waardedalingsverlies word ook toegeken om die drabedrag van die bates van die

eenheid soos volg te verminder:

eerstens om die drabedrag van enige klandisiewaarde wat aan die kontantgenererende eenheid toegeken is, te

verminder; en

daarna prorata teenoor die ander bates van die eenheid op grond van die drabedrag van elke bate in die eenheid.

’n Entiteit evalueer op elke verslagdoeningsdatum of daar enige aanduiding is dat ’n waardedalingsverlies wat in vorige

tydperke vir bates, buiten klandisiewaarde, erken is, nie meer bestaan nie of kleiner is. Indien daar enigsins so ’n aanduiding

is, word die verhaalbare bedrae van dié bates beraam.

Die verhoogde drabedrag van ’n bate buiten klandisiewaarde wat toeskryfbaar is aan die omswaai van ’n

waardedalingsverlies is nie meer as die drabedrag wat bereken sou word indien daar in vorige jare geen

waardedalingsverlies vir die bate erken is nie.

Die omswaai van ’n waardedalingsverlies van bates wat teen kosprys gedra word minus opgehoopte depresiasie of

amortisasie buiten klandisiewaarde word onmiddellik in wins of verlies erken. Enige omswaai van ’n waardedalingsverlies of

’n herwaardeerde bate word as ’n herwaardasietoename hanteer.

1.13Aandelekapitaal en ekwiteit

’n Ekwiteitsinstrument is enige kontrak wat bewys is van ’n oorblywende belang in die bates van ’n entiteit nadat al sy laste

afgetrek is.

Gewone aandele word as ekwiteit geklassifiseer. Verpligtende aflosbare voorkeuraandele word as laste geklassifiseer.

1.14Aandeelgebaseerde betaling

Goedere of dienste wat in ’n aandeelgebaseerde betalingtransaksie ontvang of verkry is, word erken wanneer die goedere

of dienste ontvang word. ’n Ooreenstemmende styging in ekwiteit word erken indien die goedere of dienste in ’n

ekwiteitsvereffende aandeelgebaseerde betalingstransaksie ontvang is, of ’n las indien die goedere of dienste in ’n

kontantvereffende aandeelgebaseerde betalingstransaksie verkry is.

Ten opsigte van kontantvereffende aandeelgebaseerde betalingstransaksies word die goedere of dienste wat verkry is en

die aanspreeklikheid wat aangegaan is teen die billike waarde van die aanspreeklikheid bereken. Totdat die

aanspreeklikheid vereffen is, word die billike waarde van die aanspreeklikheid op elke verslagdoeningsdatum en op die

vereffeningsdatum herbereken en enige veranderings in billike waarde word in wins or verlies vir die tydperk erken.

1.15Werknemervoordele

Korttermynwerknemervoordele

Die koste van korttermynwerknemervoordele (dié wat betaalbaar is binne 12 maande nadat sodanige diens gelewer is soos

verlof en siekverlof, bonusse en nie-monetêre voordele soos mediese sorg) word erken in die tydperk waarin die diens

gelewer word en word nie verdiskonteer nie.

Die verwagte koste van betaalde afwesigheid word as ’n uitgawe erken na gelang die werknemer diens lewer wat sy/haar

geregtigheid daarop verhoog, of in die geval van afwesigheid wat nie ophoop nie, wanneer die afwesigheid plaasvind.

Die verwagte koste van winsdeling en bonusbetalings word as ’n uitgawe erken wanneer daar ’n wettige of afgeleide verpligting

is om sodanige betaling as gevolg van vorige prestasie te doen.

Omskrewebydrae-planne

Betalings aan omskrewebydrae-planne word as ’n uitgawe gedebiteer sodra dit betaalbaar is.

Betalings aan nywerheidsbestuurde aftreevoordeelskemas (of staatsplanne) word as omskrewebydrae-planne hanteer indien

die groep se verpligting ingevolge die skemas gelyk is aan dié wat spruit uit ’n omskrewebydrae-aftreevoordeelplan.

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!