02.05.2013 Views

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk

(Registrasienommer 1999/004069/06)

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 29 Februarie 2012

Rekeningkundige beleid

1.1 Konsolidasie (vervolg)

Met verkryging evalueer die groep die klassifikasie van die verkrygde se bates en laste en herklassifiseer dit wanneer die

klassifikasie vir die groep se doeleindes ontoepaslik is. Dit sluit uit huurooreenkomste en versekeringskontrakte wie se

klassifikasie dieselfde bly as op die aanvangsdatum daarvan.

Nie-beherende belange voortspruitend uit 'n besigheidsamevoeging word bereken teen hul proporsionele gedeelte van die

billike waarde van die bates en laste van die verkryging of teen billike waarde daarvan. Die hantering is nie 'n

rekeningkundige beleidskeuse nie, maar word vir elke individuele besigheidsamevoeging gekies en in die aantekening oor

besigheidsamevoegings bekend gemaak.

In gevalle waar die groep 'n nie-beherende aandeelhouding gehad het in die verkrygde voordat beheer verkry is, word

daardie belang teen billike waarde op die verkrygingsdatum hermeet. Die hermeting teen billike waarde word by wins of

verlies vir die jaar ingesluit. Waar die bestaande aandeelhouding as 'n ekwiteitsbelegging geklassifiseer is, word die

kumulatiewe billikewaarde-aanpassing wat voorheen erken en in ekwiteit opgehoop is, as 'n herklassifikasie aanpassing na

staat van ander omvattende inkomste gemaak.

Klandisiewaarde word bereken as die billike waarde van die teenprestasie betaal, plus die billike waarde van enige

aandeelhouding gehou voor die verkryging van beheer, plus nie-beherende belang en minus die billike waarde van die

identifiseerbare bates en laste van die verkrygde.

Klandisiewaarde word nie geamortiseer nie, maar word op 'n jaarlikse basis vir waardedaling getoets. Indien vasgestel word

dat klandisiewaarde se waarde gedaal het, word sodanige waardedaling nie daarna omgeswaai nie.

Belegging in geassosieerdes

Geassosieerde is dié entiteit wat nie filiale is nie en waarin die groep 'n aandeelbelegging het en 'n beduidende invloed op

die finansiële en bedryfsbeleid uitoefen. Beduidende invloed is normaalweg waarneembaar wanneer die groep stemreg het

oor die finansiële en bedryfsbesluite maar nie beheer het oor die beleid nie.

1.2 Beduidende ramings

Met die opstel van die gekonsolideerde finansiële jaarstate moet die bestuur sekere ramings en veronderstellings maak wat

die bedrae kan beïnvloed wat in die gekonsolideerde finansiële jaarstate weerspieël word, sowel as verwante

openbaarmakings. Die gebruik van beskikbare inligting en die toepassing van oordeel is eie aan ramings. Die werklike

toekomstige resultate kan van dié ramings verskil, wat van beduidende belang vir die gekonsolideerde finansiële jaarstate kan

wees. Belangrike ramings sluit in:

Lenings en debiteure

Die groep evalueer sy lenings en debiteure op elke verslagdoeningsdatum vir waardedaling. Wanneer daar bepaal word of 'n

waardedalingsverlies in die staat van omvattende inkomste aangeteken moet word, besluit die groep of daar waarneembare

data is wat 'n meetbare afname in die beraamde toekomstige kontantvloei van 'n finansiële bate aandui.

Die waardedaling vir lenings en debiteure word op 'n portefeulegrondslag bereken, gegrond op historiese verliesverhoudings

wat aangepas is vir nasionale en bedryfspesifieke ekonomiese toestande en ander aanduiders op die verslagdoeningsdatum

wat met gebreke in die portefeulje verband hou. Dié jaarlikse verliesverhoudings word toegepas op leningsaldo's in die

portefeulje en by die beraamde verlies voorkomstydperk aangepas.

Voorsiening vir stadigbewegende, beskadigde en verouderde voorraad

'n Toelaag vir voorraad om voorraad afwaarts te waardeer tot die koste of die netto realiseerbare waarde, welke een ook al die

laagste is. Die bestuur het ramings gedoen oor die verkoopsprys en direkte koste tot verkope op sekere voorraaditems.

Opsies toegeken

Bykomende besonderhede oor die ramings word ingesluit by aantekening 43 - Aandeelgebaseerde betalings.

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!