02.05.2013 Views

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate 29 Februarie 2012 - OVK

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk

(Registrasienommer 1999/004069/06)

Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 29 Februarie 2012

Rekeningkundige beleid

1. Aanbieding van Gekonsolideerde Finansiële Jaarstate

Die gekonsolideerde finansiële jaarstate is ooreenkomstig Suid-Afrikaanse Standpunte van Algemeen Aanvaarde

Rekeningkundige Praktyk en die Maatskappywet van Suid-Afrika opgestel. Die gekonsolideerde finansiële jaarstate is op

die historiesekoste-grondslag opgestel. Dit word in Suid-Afrikaanse Rand aangebied.

Die rekeningkundige beleid stem ooreen met die vorige tydperk.

1.1 Konsolidasie

Konsolidasiegrondslag

Die gekonsolideerde finansiële jaarstate sluit die gekonsolideerde finansiële jaarstate van die maatskappy en al sy filiale,

geassiosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings en spesialedoelentiteite in.

Daar is beheer wanneer die maatskappy die mag het om die finansiële en bedryfsbeleid van 'n entiteit te reguleer ten einde

voordeel uit sy aktiwiteite te put.

Die resultate van filiale wat gedurende die tydperk verkry of verkoop is, word vanaf die datum van hulle verkryging of tot op

die datum van hulle verkoop by die gekonsolideerde finansiële jaarstate ingesluit.

Aanpassings is waar nodig aan die gekonsolideerde finansiële jaarstate van filiale gedoen ten einde hul rekeningkundige

beleid in pas met die van die groep te bring.

Tussenmaatskappytransaksies, -saldo's, en ongerealiseerde inkomste en -uitgawes word by konsolidasie uitgeskakel.

Nie-beherende belange in die netto bates van gekonsolideerde filiale word afsonderlik van die groep se belang daarin

geïdentifiseer en word in ekwiteit erken. Verliese van filiale toeskryfbaar aan nie-beherende belange word aan die niebeherende

belang toegeken selfs al het dit tot gevolg dat 'n debietsaldo vir nie-beherende belang erken word.

Transaksies wat veranderings in eienaarskap tot gevolg het waar die groep beheer van die filiaal het, voor en na die

transaksie, word as 'n ekwiteittransaksie beskou en word regstreeks in die staat van veranderings in ekwiteit erken.

Die verskil tussen die billike waarde van teenprestasie betaal of ontvang en die beweging in nie-beherende belang vir die

transaksie, word in ekwiteit toeskryfbaar aan die eienaars van die houermaatskappy erken.

Waar 'n filiaal verkoop word en 'n nie-beherende aandeelhouding behou word, word die oorblywende belegging van die

beherende belang teen billike waarde erken en die aanpassing van billike waarde word met die verkoop as deel van die

wins of verlies met die verloop van 'n belegging in wins of verlies erken.

Besigheidsamevoegings

Die groep stel besigheidsamevoegings te boek deur die verkrygingsmetode te gebruik. Die koste van

besigheidsamevoegings word bereken as die totaal van die billike waarde van die gegewe bates, laste aangegaan of

veronderstel en ekwiteitinstrumente uitgereik. Koste direk toeskryfbaar aan besigheidsamevoegings word as 'n uitgawe

erken. Die koste om skuld uit te reik wat geamortiseer word as deel van die finansieringstransaksie en koste om ekwiteit uit

te reik, word by ekwiteit ingesluit.

Voorwaardelike teenprestasie word ingesluit by die koste van die samevoeging teen billike waarde op die

verkrygingsdatum. Daaropvolgende veranderings van die bate, las of ekwiteit wat ontstaan as gevolg van die

voorwaardelike teenprestasie word nie teen klandisiewaarde verantwoord nie mits daar geldige berekenings tydperk

aanpassings is.

Die verkryger se identifiseerbare bates, laste en voorwaardelike aanspreeklikhede wat aan die erkennings voorwaardes van

IFRS 3: Business Combinations voldoen, word teen hul billike waardes op die verkryginsdatum erken, buiten vir niebedryfsbates

(of verkoopsgroep) geklassifiseer as gehou-vir-verkoop ooreenkomstig IFRS 5: Non-current Assets Held-

For-Sale en beëindigde bedrywighede, wat teen billike waarde minus koste van verkope erken word.

Voorwaardelike aanspreeklikhede word ingesluit by die identifiseerbare bates en laste van die verkrygde indien daar op die

verkrygingsdatum 'n huidige verpligting is.

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!