02.05.2013 Views

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VOORSITTERSOORSIG

BELEGGING

AGRI VOEDSEL

1

Die maatskappy se enigste bate bestaan uit ‘n wesenlike belang in Pioneer Voedsel Groep Beperk (Pioneer Voedsel), ‘n maatskappy

wat op die JSE Beperk genoteer is. Pioneer Voedsel se belangrikste aktiwiteite sluit in die vervaardiging van voedsel, koeldrank en

verwante produkte vir menslike gebruik sowel as voere vir diere. Bekende handelsmerke sluit in Bokomo, Sasko, White Star, Weetbix,

ProNutro, Spekko, Bovril, Redro, Safari, Liqui-Fruit, Ceres, Wellington, Heinz, Pepsi, Tydstroom, Nulaid en Nova Voere.

Besonderhede van die maatskappy se belang in Pioneer Voedsel verskyn in die Sleutelstatistiek op bladsy 2. Die persentasie van totale

belang verteenwoordig die maatskappy se persentasie van die totale uitgereikte aandele van Pioneer Voedsel. Sommige van Pioneer

Voedsel se aandele het beperkte stemkrag en beperkte wins/dividenddeling en die maatskappy se belang hierin word uitgedruk as

“stemreg belang“ en “ekonomiese belang“ onderskeidelik.

ONTBONDELING

Met ingang 15 Desember 2011 het die voormalige Kaap Agri Beperk (die groep) sy bedryfsbelange en belegging in Pioneer Voedsel

geskei. In die praktyk het Kaap Agri inderdaad sy bedryfsbelange oorgedra na ‘n nuwe maatskappy, daarna genoem Kaap Agri

Beperk, en die voormalige Kaap Agri Beperk, wat voortgegaan het om die belegging in Pioneer Voedsel te hou, se naam is verander

na Agri Voedsel Beperk.

Aandeelhouers hou nou hulle belange in Kaap Agri (bedrywighede) en Agri Voedsel (Pioneer belegging) onafhanklik van mekaar en

die aandele verhandel afsonderlik.

RESULTATE

Weens die aard van die ontbondeling, word die bedryfsaktiwiteite rekeningkundig verantwoord as beïndigde bedrywighede. Die

verlies uit beëindigde bedrywighede is ‘n rekeniningkundige inskrywing wat bloot die verskil tussen die drawaarde van die

bedryfsaktiwiteite en die transaksiewaarde te boek stel. Die inskrywing het geen impak op die kontant wins of dividende nie en geen

aandeelhouer is daardeur benadeel nie. Die pro forma-syfers in die Sleutelstatistiek toon die werklike voortgesette aktiwiteite van die

maatskappy asof die ontbondeling reeds op 1 Oktober 2010 plaasgevind het.

Die resultate van Pioneer Voedsel word op die ekwiteitsgrondslag in die maatskappy se state verantwoord, wat beteken dat

‘n proporsionele gedeelte van Pioneer Voedsel se behoue inkomste as aandeel in geassosieerde maatskappy getoon word. Die

waarde in die staat van fi nansiële posisie is die geskiedkundige drawaarde, plus die deel van die wins elke jaar, minus enige dividende

ontvang.

Pioneer Voedsel se inkomste het met 10% toegeneem tot R18,6 miljard. Wesensverdienste is 17% laer as die vorige jaar, hoofsaaklik

weens ’n eenmalige, nie-kontantvloei aanpassing van R161 miljoen as gevolg van die implementering van ’n SEB ekwiteitstransaksie.

Die aangepaste wesensverdienste, voor die eenmalige aanpassing, is R767 miljoen, wat ’n toename van 6% teenoor die vorige jaar

is. Die maatskappy se deel van die wesensverdienste en aangepaste wesensverdienste van Pioneer Voedsel is R163 miljoen en

R213 miljoen onderskeidelik. Dit is 26% en 3% laer as die vorige jaar, weens die verwatering in belang wat met die SEB transaksie

gepaard gegaan het.

Die eenmalige ontbondelingskoste van R13,6 miljoen is deur die maatskappy gedra en verhaal uit die tussentydse dividend vanaf

Pioneer Voedsel terwyl die herhalende administratiewe koste van R0,5 miljoen uit die fi nale Pioneer Voedsel dividend verhaal sal word.

Die werklike verhandelingswaarde van Pioneer Voedsel aandele deur die jaar was tussen R52,00 en R40,00 per aandeel, met

‘n geweegde gemiddelde van R45,00 per aandeel en ‘n jaareindwaarde van R53,00 per aandeel.

DIVIDEND

‘n Finale dividend van R39 miljoen, of te wel 70 sent per aandeel, is deur Pioneer Voedsel verklaar. In navolging van die maatskappy se

beleid om die volle Pioneer Voedsel dividend, na verhaling van administratiewe kostes vir die volle jaar, aan aandeelhouers te betaal,

word ‘n fi nale dividend van 68 sent per aandeel verklaar. Dit bring die totale dividend vir die jaar te staan op 111 sent per aandeel.

VOORUITSIGTE

Volgens Pioneer Voedsel se jaarverslag, verwag hy dat die beperkende verbruikersomgewing en druk op besteebare inkomste ’n

voortgesette impak sal hê. Grondstofpryse bly wisselvallig, maar sal na verwagting in die komende maande begin afneem. Volume-

groei, kostebestuur en groter effektiwiteit weens nuwe produksiekapasiteit wat in bedryf kom behoort bedryfsmarges te beskerm.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!