02.05.2013 Views

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kontantvloeiskans

AGRI VOEDSEL

17

Die effektiewe gedeelte van die veranderinge in die billike waarde van afgeleide instrumente wat geklassifi seer is en

kwalifi seer as kontantvloeiskanse, word in ander omvattende inkomste erken. Die wins of verlies wat verband hou met die

oneffektiewe gedeelte word onmiddellik in die inkomstestaat erken.

Opgehoopte bedrae in ekwiteit word herwin deur die inkomstestaat in die periode waarin die verskanste item wins of verlies

affekteer. Indien die verwagte transaksie wat verskans is aanleiding gee tot die erkenning van ‘n nie-fi nansiële bate (bv

voorraad) of ‘n nie-fi nansiële las, word die winste en verliese wat voorheen uitgestel is in ekwiteit oorgedra vanaf ekwiteit

en gekapitaliseer as deel van die aanvanklike koste van die bate of las.

Wanneer ‘n verskansingsinstrument verval of verkoop word, of wanneer die verskansingsinstrument nie langer voldoen aan

die vereistes van verskansings rekeningkunde nie, word enige huidige kumulatiewe wins of verlies in ekwiteit, in ekwiteit

behou en erken wanneer die verwagte transaksie erken word in die inkomstestaat. Wanneer ‘n verwagte transaksie na

verwagting nie meer gaan voorkom nie, word die kumulatiewe wins en verlies in ekwiteit, onmiddellik erken in die

inkomstestaat.

Afgeleide instrumente teen billike waarde deur wins of verlies en verantwoord teen billike waarde

deur wins of verlies

Sekere verskansingsinstrumente voldoen nie aan die vereiste van verskansingsrekeningkunde nie. Veranderinge in die billike

waarde van enige sulke verskansingsinstrumente word onmiddellik in die inkomstestaat erken.

1.24 Hure

Hure waar ‘n beduidende gedeelte van die risiko‘s en belonings van eienaarskap deur die verhuurder behou word, word as

bedryfshure geklassifi seer. Betalings wat ooreenkomstig bedryfshure gemaak word, word op ‘n reguitlyn-grondslag oor die

tydperk van die huur teen die inkomstestaat gedebiteer.

1.25 Inkomste-erkenning – Beëindigde bedrywighede

Inkomste word erken teen die billike waarde van die vergoeding ontvang of ontvangbaar vir die verkoop van goedere en

dienste in die gewone gang van die Groep se bedrywighede. Die Groep erken inkomste wanneer die bedrag van inkomste

betroubaar bepaal kan word en dit redelik seker is dat die ekonomiese voordele van die transaksie na die onderneming sal

vloei. Die bedrag van inkomste kan nie betroubaar bepaal word totdat alle verpligtinge ten opsigte van die verkoop nie

afgehandel is nie. Inkomste word getoon netto van belasting op toegevoegde waarde, terugsendings, rabatte en kortings en

na kansellering van intergroepverkope. Inkomste word soos volg erken:

Verkoop van goedere en dienste

Verkope van goedere en dienste verteenwoordig die billike waarde van verkope ten opsigte van vervaardiging,

handelsbedrywighede en ander dienste, en word erken met lewering van produkte en op die stadium van voltooiing van

dienste. Slegs die fi nansieringsmarge verdien op direkte verkope word as deel van inkomste erken. Die fi nansieringsmarge

word erken met lewering van produkte deur die leweransier aan die klant.

Rente inkomste

Rente inkomste word erken op die tydtoedelings grondslag deur gebruikmaking van die effektiewe rentekoersmetode. Indien

‘n debiteur ‘n waarde daling ondergaan het, verminder die Groep die drabedrag na die verhaalbare bedrag, wat bepaal word

as die verwagte toekomstige kontantvloei verdiskonteer teen die oorspronklike effektiewe rentekoers van die debiteur. Rente

op debiteure wat waardedalingsverliese ondergaan het word erken deur gebruik te maak van die oorspronklike effektiewe

rentekoers.

1.26 Segmentverslagdoening

Bedryfsegmente word gerapporteer op ‘n wyse wat konsekwent is met die interne verslagdoening aan die hoofbedryfsbesluitnemer.

Die hoofbedryfs besluitnemer, wat verantwoordelik is vir die beoordeling van komponente se prestasie asook

die toedeling van hulpbronne aan komponente, is geïdentifi seer as die voorsitter.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!