02.05.2013 Views

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

16

AGRI VOEDSEL

REKENINGKUNDIGE BELEID

BY DIE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER

1.22 Werknemersvoordele

Pensioenskema-reëlings

Die Groep bedryf ‘n pensioenfonds wat bestaan uit ‘n vastebydraeplan geregistreer in terme van die Pensioenfondswet,

1956, en die bates word apart deur trustees geadministreer. Befondsing geskied ingevolge diensvoorwaardes deur middel

van bydraes deur die deelnemende fi liale in die Groep asook personeel. Die Groep het geen verdere verpligting teenoor die

fonds nadat die bydraes betaal is nie. Bydraes word in die inkomstestaat erken in die periode waarin dit verskuldig word.

Na-aftrede mediese voordele

Sekere indienslede en afgetrede personeel behoort aan die na-aftrede mediese subsidie-skema van die Groep. Die Groep

betaal die maandelikse bydraes ten opsigte van die afgetrede lede oor aan die mediese fonds. Die waardasiemetode gebruik

om verpligtinge te waardeer is die geprojekteerde kredieteenheid-metode. Die verwagte koste van hierdie voordele word

opgeloop oor die periode van indiensname met gebruik van ‘n metode soortgelyk aan die gebruik vir omskrewe

voordeelpensioenplanne. Waardasies van die verpligting word gedoen deur onafhanklike gekwalifi seerde aktuarisse. Enige

aktuariële winste of verliese word in die inkomstestaat erken.

In terme van die Groep se huidige beleid is die voordele slegs beskikbaar vir sekere indienslede en afgetrede personeel en nie

vir toekomstige werknemers nie.

Winsdeling en bonusplanne

‘n Aanspreeklikheid vir werknemersvoordele in die vorm van winsdeling en bonusplanne word onder rekeninge betaalbaar

erken indien daar geen realistiese alternatief is as om die las te vereffen nie, en daar aan minstens een van die volgende

voorwaardes voldoen is:

○ daar ‘n formele plan is; of

○ vorige praktyk het ‘n geldige verwagting by werknemers geskep dat hulle ‘n bonus of winsdeling sal ontvang.

Daar word verwag dat die aanspreeklikheid binne 12 maande vereffen sal word.

Die Groep bedryf ook ‘n aansporingskema wat gebaseer is op skimaandele. Die billike waarde van die opgelope verpligting

vir werknemerdienste ontvang, word as ‘n uitgawe erken. Die Groep herevalueer die billike waarde van die verpligting

op elke verslagdoeningsdatum en op die vereffeningsdatum totdat die verpligting vereffen word. Enige verandering in billike

waarde word in die inkomstestaat gedurende die betrokke periode erken.

1.23 Afgeleide fi nansiële instrumente en verskansingsaktiwiteite

Afgeleide instrumente word aanvanklik erken teen billike waarde op die kontrakdatum. Na aanvanklike erkenning word

afgeleide instrumente herstateer na billike waarde. Die metode wat gebruik word om die voortspruitende wins of verlies te

erken hang af daarvan of die afgeleide instrumente geklassifi seer word as verskansingsinstrumente en, indien wel, die aard

van die items wat verskans word. Die Groep klassifi seer sekere afgeleide instrumente as óf verskansing van die billike waarde

van erkende bates of laste (billike waarde skans) óf verskansing van ‘n spesifi eke risiko wat verband hou met ‘n erkende bate

of las of ‘n hoogs waarskynlike verwagte transaksie (kontantvloeiskans).

Die Groep dokumenteer by die aanvang van die transaksie die verhouding tussen die verskansings instrumente en die

verskanste items, sowel as die risikobestuursdoelwitte en strategie waarvoor die onderskeie verskansingstransaksies

aangegaan word. Die Groep dokumenteer ook die beoordeling of die afgeleide instrumente wat gebruik word in die

verskansingstransaksies, beide by die aanvang van die transaksie en op ‘n deurlopende basis, hoogs effektief is daarin om

die veranderinge in billike waardes of kontantvloeie van verskanste items te verskans.

Billike waarde skans

Veranderinge in die billike waarde van afgeleide instrumente wat geklassifi seer word as billike waarde skanse word in die

inkomstestaat erken, tesame met enige veranderinge in die billike waarde van die verskanste bate of las wat toeskryfbaar is

aan die verskanste risiko.

Indien die verskansingsinstrument nie meer voldoen aan die vereistes van verskansingsrekeningkunde nie, word die

aanpassing aan die drabedrag van die verskanste item geamortiseer na wins of verlies oor die termyn van die instrument,

deur gebruik te maak van die effektiewe rentekoersmetode.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!