02.05.2013 Views

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

12

AGRI VOEDSEL

REKENINGKUNDIGE BELEID

BY DIE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER

Klanteverhoudinge

Klanteverhoudinge bestaan uit nie-kontraktuele klanteverhoudings. Klanteverhoudinge verkry in ‘n besigheidsamevoeging

word erken teen billike waarde op die verkrygingsdatum. Klanteverhoudinge het ‘n eindigende lewensduur en word getoon

teen kosprys minus opgelope amortisasie. Amortisasie word bereken op ‘n reguitlyngrondslag ten einde die koste van

klanteverhoudinge toe te deel oor die verwagte nuttige lewensduur van vier jaar.

1.5 Waardedaling van nie-fi nansiële bates

Bates wat wel geamortiseer word, word geëvalueer vir waardedaling wanneer gebeure of veranderinge in omstandighede

daarop dui dat die drabedrag nie verhaalbaar is nie. ‘n Waardedalingsverlies word erken vir die bedrag waarmee die bate se

drabedrag die verhaalbare bedrag oorskry. Die verhaalbare bedrag is die hoogste van die bate se billike waarde min

verkoopskostes, en gebruikswaarde. Vir doeleindes van die beoordeling van bates vir waardedaling, word bates gegroepeer

volgens die kleinste besigheidseenhede waarvoor daar afsonderlik identifi seerbare kontantvloeie bestaan (kontantgenererende

eenhede). Nie-fi nansiële bates anders as klandisiewaarde, waarop ‘n waardedaling reeds afgeskryf is, word beoordeel vir

moontlike terugskrywing van die waardedalingsverlies op elke verslagdoeningsdatum.

1.6 Finansiële bates

Die Groep klassifi seer fi nansiële bates in die volgende kategorieë: teen billike waarde deur wins en verlies, lenings en

debiteure en beskikbaar-vir-verkoop beleggings. Bestuur bepaal die klassifi kasie van beleggings wanneer dit verkry word,

gebaseer op die doel waarvoor dit verkry is. Bestuur bepaal die klassifi kasie tydens aanvanklike erkenning.

Finansiële bates teen billike waarde deur wins of verlies

Hierdie kategorie word in twee subkategorieë verdeel: Finansiële bates gehou vir verhandeling en daardie wat by aanvanklike

erkenning geklassifi seer word as fi nansiële bates teen billike waarde deur wins of verlies. ‘n Finansiële bate word in hierdie

kategorie geklassifi seer indien dit verkry is hoofsaaklik vir die doel om op die kort termyn te verkoop of indien so deur

bestuur geklassifi seer. Afgeleide instrumente word ook geklassifi seer as gehou vir verhandeling, tensy hulle toegewys is as

verskansingsinstrumente. Bates in hierdie kategorie word geklassifi seer as bedryfsbates.

Lenings en debiteure

Lenings en debiteure is nie-afgeleide fi nansiële bates met vaste of bepaalbare paaiemente wat nie ‘n gekwoteerde aktiewe

markprys het nie. Dit word ingesluit as deel van bedryfsbates, uitgesluit die gedeelte ontvangbaar meer as 12 maande na

verslagdoeningsdatum. Hierdie gedeelte word geklassifi seer as nie-bedryfsbates. Lenings en debiteure word geklassifi seer

as handels- en ander debiteure sowel as kontant en kontantekwivalente op die staat van fi nansiële posisie.

Beskikbaar-vir-verkoop fi nansiële bates

Beskikbaar-vir-verkoop fi nansiële bates is nie-afgeleide fi nansiële bates wat óf voldoen aan die vereiste van hierdie kategorie

óf toegewys is in hierdie kategorie of nie in enige ander kategorie geklassifi seer kan word nie. Dit word by nie-bedryfsbates

ingesluit, tensy bestuur die uitdruklike voorneme het om die belegging vir minder as 12 maande na die verslagdoeningsdatum

te hou.

Gereelde aankoop en verkoop van beleggings word op die verhandelingsdatum erken, wat die datum is waarop die Groep

hom daartoe verbind om die bate aan te koop of te verkoop. Beleggings word aanvanklik erken teen billike waarde met

inagneming van transaksiekostes vir alle fi nansiële bates wat nie gehou word teen billike waarde deur wins of verlies nie.

Finansiële bates teen billike waarde deur wins of verlies word aanvanklik erken teen billike waarde en transaksiekostes word

erken as ‘n uitgawe in die inkomstestaat. Bates word onterken wanneer die regte om kontantvloei vanuit die belegging te

ontvang verval of oorgedra word en die Groep alle wesenlike risiko‘s en vergoeding van eienaarskap oorgedra het. Beskikbaarvir-verkoop

fi nansiële bates en fi nansiële bates teen billike waarde deur wins of verlies word na aanvanklike erkenning teen

billike waarde getoon. Die billike waarde aanpassings ten opsigte van beskikbaar-vir-verkoop fi nansiële bates word direk in

ander omvattende inkomste erken.

Lenings en debiteure word getoon teen geamortiseerde koste deur die gebruikmaking van die effektiewe rentekoersmetode.

Winste en verliese wat voortspruit uit die veranderinge in billike waarde van die fi nansiële bates teen billike waarde deur wins

of verlies, ingesluit rente en dividende ontvang, word ingesluit in die inkomstestaat in die periode waarin dit ontstaan.

Wanneer beskikbaar-vir-verkoop fi nansiële bates verkoop word of ‘n waardedaling ondergaan, word die opgehoopte billike

waarde aanpassing in ander omvattende inkomste, ingesluit in die inkomstestaat as winste of verliese uit beleggings. Rente

op beskikbaar-vir-verkoop fi nansiële bates word bereken deur die effektiewe rentekoersmetode te gebruik en word in die

inkomstestaat erken. Dividende ontvang uit beskikbaar-vir-verkoop fi nansiële bates word erken in die inkomstestaat wanneer

die Groep se reg om betalings te ontvang gevestig is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!