02.05.2013 Views

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

10

AGRI VOEDSEL

REKENINGKUNDIGE BELEID

BY DIE FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER

Intermaatskappytransaksies, saldo‘s en ongereali seerde winste op transaksies tussen groep maatskappye word uitgeskakel.

Ongerealiseerde verliese word ook uitgeskakel, maar word beskou as aanduider van waardedaling van die bate wat oorgedra

is. Indien nodig, is die rekeningkundige beleid van fi liale verander om in ooreenstemming te wees met die beleid wat deur

die Groep aanvaar is.

Nie-beherende belange in die netto bates van gekonsolideerde fi liale word afsonderlik van die Groep se belang daarin

geïdentifi seer en word in ekwiteit erken. Verliese van fi liale toeskryfbaar aan nie-beherende belange word aan die niebeherende

belang toegeken selfs al het dit tot gevolg dat ‘n debietsaldo vir die nie-beherende belang erken word.

Transaksies wat veranderings in eienaarskap tot gevolg het waar die Groep beheer van die fi liaal het, voor en na die transaksie,

word as ‘n ekwiteits transaksie beskou en word regstreeks in die staat van veranderinge in ekwiteit erken.

Die verskil tussen die billike waarde van die teenprestasie betaal of ontvang en die beweging in die nie-beherende belang vir

die transaksie, word in ekwiteit toeskryfbaar aan die eienaars van die houermaatskappy erken.

Waar ‘n fi liaal verkoop word en ‘n nie-beherende belang behou word, word die oorblywende belegging teen billike waarde

erken en die aan passing van billike waarde word met die verkoop as deel van die wins of verlies met die verkoop van

‘n belegging in wins of verlies erken.

In die enkel fi nansiële state van die maatskappye wat deel vorm van die Groep, word die beleggings in fi liaalmaatskappye

gedra teen kosprys minus opgelope waardedalings.

Buitelandse fi liale

Die resultate en fi nansiële posisie van al die Groepentiteite (waarvan geen entiteit die geldeenheid van ‘n hiperinfl asionêre

ekonomie het nie) wat ‘n funksionele geldeenheid het wat verskil van die aanbiedingsgeldeenheid, word soos volg na die

Groep se aanbiedingsgeldeenheid omgereken:

○ alle staat van fi nansiële posisie-items (bates en laste) word omgereken teen die heersende sigkoers wat op die spesifi eke

verslagdoeningsdatum geld;

○ alle inkomstestaatitems (inkomstes en uitgawes) word omgereken teen die gemiddelde wisselkoers (behalwe as die

gemiddelde wisselkoers nie ‘n redelike weergawe is van die kumulatiewe effek van die wisselkoerse wat heers op

die transaksiedatums nie, in welke geval inkomstes en uitgawes omgereken word teen die heersende sigkoers wat

op die transaksiedatums geld); en

○ alle buitelandse valutaverskille word erken as ‘n aparte komponent van ander omvattende inkomste.

Besigheidsamevoegings

Die koste van ‘n verkryging word gemeet as die billike waarde van die bates wat opgegee word, ekwiteitsinstrumente wat

uitgereik word of laste wat op die datum van verkryging oorgeneem word. Koste direk toeskryfbaar aan besigheidsamevoegings

word as ‘n uitgawe erken.

Voorwaardelike teenprestasies word ingesluit by die koste van die samevoeging teen billike waarde op die verkrygingsdatum.

Daaropvolgende veranderings van die bates, laste of ekwiteit wat ontstaan as gevolg van voorwaardelike teenprestasie word

nie teen klandisiewaarde verantwoord nie, mits daar geldige metingstydperkaanpassings is.

Die verkryger se identifi seerbare bates, laste en voorwaardelike aanspreeklikhede wat aan die erkenningsvoorwaardes van

IFRS 3: Besigheidsamevoegings voldoen, word teen hul billike waardes op die verkrygingsdatum erken, buiten vir niebedryfsbates

(of verkoopsmaatskappye) geklassifi seer as gehou-vir-verkoop ooreenkomstig IFRS 5: Nie-bedryfsbates gehouvir-verkoop

en beëindigde bedrywighede, wat teen billike waarde minus koste van verkope erken word.

Voorwaardelike aanspreeklikhede word ingesluit by die identifi seerbare bates en laste van die verkrygde indien daar op die

verkrygingsdatum ‘n huidige verpligting is.

Met verkryging evalueer die maatskappy die klassifi kasie van die verkrygde se bates en laste en herklassifi seer dit wanneer

die klassifi kasie vir die maatskappy se doeleindes ontoepaslik is. Dit sluit uit huurooreenkomste en versekeringskontrakte

waarvan die klassifi kasie dieselfde bly as op die aanvangsdatum daarvan.

Nie-beherende belange voortspruitend uit ‘n besigheidsamevoeging word bereken teen hul proporsionele gedeelte van die

billike waarde van die bates en laste van die verkryging of teen billike waarde daarvan. Die hantering is nie ‘n rekeningkundige

beleidskeuse nie, maar word vir elke individuele besigheidsamevoeging gekies en in die aantekening oor

besigheidsamevoegings bekend gemaak.

In gevalle waar die Groep ‘n nie-beherende belang gehad het in die verkrygde voordat beheer verkry is, word daardie belang

teen billike waarde op die verkrygingsdatum hermeet. Die hermeting teen billike waarde word by wins of verlies vir die jaar

ingesluit. Waar die bestaande belang as ‘n beskikbaar-vir-verkoop fi nansiële bate geklassifi seer is, word die kumulatiewe

billikewaarde-aanpassing wat voorheen erken en in ekwiteit opgehoop is, as ‘n herklassifi kasie aanpassing na wins of

verlies gemaak.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!