02.05.2013 Views

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

Jaarverslag 2012 - Kaap Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

8

ONTBONDELING

AGRI VOEDSEL

DIREKTEURSVERSLAG

VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER

Die operasionele bedrywighede van die Kaap Agri Groep is op 14 Desember 2011 geskei van die belegging in Pioneer Voedsel Groep

Beperk. Twee afsonderlike maatskappye, Kaap Agri Beperk (voorheen Newco) en Agri Voedsel Beperk (voorheen Kaap Agri Beperk),

het hierdeur tot stand gekom wat onafhanklik sal voortbestaan en verhandel. Die belegging in Pioneer Voedsel Groep Beperk is

gevestig in Agri Voedsel Beperk (voorheen Kaap Agri Beperk) en die operasionele bedrywighede is gevestig in Kaap Agri Beperk

(voorheen Newco). Die beëindigde bedrywighede verteenwoordig die operasionele bedrywighede. Die vergelykende syfers in die

inkomstestaat is hersaamgestel om die beëindigde bedrywighede apart te toon.

AARD VAN BEDRYWIGHEDE

Agri Voedsel is ‘n beleggingsmaatskappy wat die grootste aandeelhouer in Pioneer Voedsel Groep Beperk is, ‘n maatskappy wat

betrokke is in die vervaardiging van voedsel-, koeldrank- en verwante produkte vir mense sowel as voere vir diere.

FINANSIËLE RESULTATE

Die wins na belasting van die Groep uit beëindigde bedrywighede beloop R162,8 miljoen (2011: R220,7 miljoen). Die resultate van

die Groep word volledig weergegee in die fi nansiële state en verdere toeligting word verskaf in die Voorsittersoorsig op bladsy 1.

AANDELEKAPITAAL

Met die ontbondeling op 14 Desember 2011 is sekere aandele teruggekoop en die aantal gemagtigde en uitgereikte aandele is

gekonsolideer.

Na die ontbondeling bestaan die gemagtigde aandelekapitaal uit 102 917 964 gewone aandele van R0,0388 elk (2011: 400 000 000

gewone aandele van R0,01 elk) waarvan tans 55 627 707 (2011: 255 147 696) uitgereik is.

AANDEELHOUERS

Die grootste enkele aandeelhouer is Zeder Beleggings Beperk wat ongeveer 43% van die uitgereikte aandele hou terwyl Perigrene

Equities (Eiendoms) Beperk ongeveer 5% hou. Geen ander aandeelhouer hou meer as 2% van die uitgereikte aandele nie.

DIVIDENDE

‘n Finale dividend van R37,8 miljoen (2011: R11,1 miljoen) is voorgestel, wat neerkom op 68 sent (2011: 20 sent) per aandeel. Die

dividend is betaalbaar op 22 Februarie 2013 aan aandeelhouers wat op 1 Februarie 2013 (die rekorddatum) geregistreerde

aandeelhouers van die maatskappy is. Die laaste verhandeling cum dividend sal 25 Januarie 2013 wees.

Die totale dividend vir die jaar beloop R61,7 miljoen (2011: R40,6 miljoen), wat neerkom op 111 sent (2011: 73 sent) per aandeel.

Die dividend per aandeel vir 2011 is herbereken as ‘n dividend per aandeel na die konsolidasie van die aandele sodat die dividend per

aandeel meer vergelykbaar is met die huidige jaar se dividend per aandeel.

DIREKTEURE

Volledige besonderhede van die direksie verskyn op bladsy 3.

BELANG VAN DIREKTEURE

Die belang van direkteure in aandele van die maatskappy verskyn op bladsy 3.

GEBEURTENISSE NA VERSLAGDOENINGSDATUM

Die direkteure is nie bewus van enige verdere aangeleentheid of omstandighede wat tussen die einde van die fi nansiële jaar en die

datum waarop die fi nansiële state goedgekeur is ontstaan het waarmee nie in dié verslag of Groep fi nansiële state gehandel is nie

en wat die bedrywighede van die Groep of die resultate van daardie bedrywighede wesenlik kan beïnvloed nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!