Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Inhoud • Contents

BELANGRIK • IMPORTANT

Hierdie .pdf is interaktief opgestel om navigasie

daarvan te vergemaklik. Klik op die bladsy nommer

in die inhoudsopgawe, op bladsy 2, om by die artikel

uit te kom. Om terug te keer na die inhoudsopgawe

klik op die woorde (in rooi) ‘Inhoud • Contents’. Die

sleutel ‘Page Up’ of ‘Page down’ word gebruik om

van een blad na ’n ander te wissel. Druk die ‘Esc’

sleutel om skerm te herset.

This is an interactive .pdf document. Click on a

page number in the contents list, on page 2, to

jump to that article, to return to the contents page,

simply click on the words ‘Inhoud • Contents’ (in

red). Use the Page Up or Page Down keys to move

from page to page. Press the Esc key to reset the

computer screen.

Artikels wat eksklusief vir OVK geskryf is, kan

aan die redakteur voorgelê word. Voorkeur

sal gegee word aan aktuele artikels. English

material welcome.

Menings wat in artikels uitgespreek word, verteenwoordig

nie noodwendig die mening van

die maatskappy nie.

1

VOORBLAD • COVER

DESEMBER 2005 DECEMBER

Die skoonheid van vals lig en bruisende waterstrome oor

sandsteenbanke na ‘n reënstorm op Platberg by Ladybrand.

Die foto is ongeveer 200 meter bokant Hoffmanskloof se

waterval geneem, die middag van Saterdag 8 Oktober 2005

The beauty of shady light and roaring water streams over

sandstone ridges after a rain storm on Platberg, Ladybrand.

The photo was taken late afternoon on Saturday 8 October

2005 about 200 meters higher up from the waterfall in

Hoffmanskloof

Uitgewers • Publishers

OVK Bedryf Bpk, Posbus / P.O. Box 96 Ladybrand 9745

19 Dan Pienaar Street /-straat 19, Ladybrand

Redakteur • Editor

M.C. Fourie

Posbus / P.O Box 96, Ladybrand 9745,Tel: (051) 923 4500

Faks/Fax: (051) 923 4736 • Sel/Cel: 082 823 0198

e-pos/e-mail: mcf@ovk.co.za
UIT DIE WOORD 3

KERSBOODSKAP VAN DIE DIREKSIE 4

REDAKSIONEEL 5

KENNISGEWING 7

WELWILLENDHEIDSGHOLFDAG 8

PHILLIP BARNARD, TELER VAN DIE JAAR! 8

FICKSBURG KERSIEFEES 9

QUEENSFEED VEEVOERFABRIEK 9

VOEDING VAN DIE HOND 10

WEPENER BOEREVERENIGING VERGADER FEESTELIK 10

DIE STAALBRÛE IN OVK-GEBIED 11

STORMBERGKONTREI IS DIE KOUDSTE IN SUID-AFRIKA! 16

TELER VAN TOP SIMMENTALERS EN SIMBRAS TREE UIT 17

LANDBANK WAARDASIES SE TOEKOMS 18

OVK MEGANISASIE STREK OOR DIE GRENSE 19

HOFMEYR SE MENSE REËL PUIK MEGANISASIEDAG 19

OVK ONTVANG WEER PMR-TOEKENNINGS 19

PETRUS SCOTT VEREER VIR GOEIE DIENS 20

IMPERANI BOEREVERENIGING WORD GESTIG 20

NÓG HOLLANDERS KOM KUIER 20

FAURESMITH SE VROUENS TOER NA OVK-NOORD 20

INHOUD • CONTENTS

2

VRYSTAATSE VROUELANDBOU-UNIE SÊ DANKIE 21

ELIZE PRETORIUS, REDAKTEUR VAN WOLBOER 21

OVK SHOWS THE BIGGER WORLD TO SCHOLARS 22

AGRI SA HOU KONGRES IN KIMBERLEY 22

TWEESPRUIT BIED CALEDON 400 AAN 23

THE MOFFETTS OF KIRKLINGTON 23

DIE NUWE HANDELAARSHOOF VAN NISSAN LADYBRAND 24

LLEWELLYN ANGUS, VRYSTAATSE BOER VAN DIE JAAR 25

DIE MEKKA VAN STOOMTREINFOTOGRAWE 25

OVKANERS, KOM TOER SAAM NA NEDERLAND IN 2006! 26

ABOUT YOUR FRIENDS 29

FUNKSIE VAN ’N SPUITKOP 30

OPLEIDING TE GROOTFONTEIN LANDBOUKOLLEGE 31

DORPSMEENTE SNUIFGETRAP 32

NEW BREED DIRECTOR OF THE ANGUS SOCIETY OF SA 32

FIGHTING WITH THE BOERS IN THE ANGLOBOER WAR 32

MEGANISASIEDAG LEERSAAM 34

CLOCOLAN SE TUINBOUKLUB BIED TUINBOUDAG AAN 35

YARIS VAN TOYOTA IN LADYBRAND BEKENDGESTEL 35

BOERE GESELS OOR GARIEP ABATTOIR 35
UIT DIE WOORD

DIE VOLK HET ’N GROOT LIG

GESIEN…

Ds Niélle van Aswegen

Die eerste twaalf hoofstukke van Jesaja vorm eintlik ’n

eenheid. Oordeelsuitsprake word afgewissel met messiaanse

profesieë. Die volk het in groot benoudheid beland en algemene

onsekerheid oor die toekoms het begin posvat. Hulle raadpleeg

spiritiste en mediums. Dié kan egter net “fl uister en mompel”.

Algaande verloor hierdie volk die vermoë en die motivering

om God te raadpleeg en te dien. Dinge word nog slegter en

hulle soek, só tipies van die mens, na sondebokke om te

blameer. Dis mos nooit ons eie skuld as dinge begin skeef loop

nie! Hulle vloek eers die koning (alles is die regering se skuld)

en eindelik ook vir God (Hy het hulle in die steek gelaat).

Die volk se sondigheid het verduistering gebring. Hulle kon

nie meer sien wat gesien moet word nie en ook nie hoor wat

gehoor behoort te word nie. Jesaja 8:21-22 gee ’n skokkende

beskrywing van dié toestand: “…Hy sal boontoe en ondertoe

kyk, maar hy sal niks anders sien as benoudheid en donkerte

nie, die volslae duisternis en donkerte waarin hulle gedryf

is.”

Uitsig op God het onmoontlik geraak. Hier kon mense hulleself

eenvoudig nie meer help nie. Toe dieselfde in Noag se tyd

gebeur het, het God die wêreld gestraf en verwoes deur die

sogenaamde “sondvloed”. God het Homself egter voorgeneem

om die wêreld nie weer op hierdie wyse te straf nie. Van hierdie

voorneme getuig die reënboog aan die hemel nog elke keer.

3

Wanneer die nood dan op sy hoogste is bewys God weer sy

“Verbondsgoddelikheid”. Jesaja 8:23-9:2 stel dit só: “ Maar

in die land waar daar duisternis is, sal nie langer donkerte

wees nie. Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig

gesien; oor dié wat in die donker land was, het ’n lig geskyn.

Die Here het dié wat nie meer ’n nasie was nie, baie gemaak,

hulle blydskap groot gemaak”.

Die rede is voor die hand liggend:

“Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy

sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman,

Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal

uitbrei ... Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg

en geregtigheid, van nou af en vir altyd ...” (Jesaja 9:5-6).

Die WAARBORG hiervoor lê in die verdere woorde van

Jesaja 9:6 naamlik: “...Daarvoor sal die onverdeelde trou van

die Here die Almagtige sorg”.

Wanneer die verskillende Evangelie-skrywers later die Jesusverhale

aanteken, interpreteer hulle hierdie gedeeltes uit Jesaja

as van toepassing op die Gesalfde uit Nasaret. Dis Jesus wat ’n

mens van jou geestelike blindheid kan genees. Iemand sê tereg

dat vir die herstel van Godsvisie in die mens se lewe is Jesus

onontbeerlik. Hy bied die moontlikheid van ’n nuwe begin

waar dit menslik onmoontlik is. Hy is eintlik die nuwe begin.

Wie Jesus as Immanuel (God-met-ons) nie met die geloofsoog Contents

sien nie, bly in Godsverduistering.

En wonderbaarlik genoeg: dis die Heilige Gees wat ons oë

oop maak. Die weg na die eerste Persoon (die Vader) is via die

tweede Persoon (die Seun). En die kennis van hierdie tweede Inhoud
Persoon kom tot stand deur die inwerking van die derde

Persoon (die Heilige Gees).

Jesaja maak dan ook in hierdie klompie hoofstukke baie van

die “ruah Jahwe”, die Gees van die Here (Jesaja 11). Iemand

skryf só hieroor: Die eerste 2000 jaar van die Abrahamitiese

geloof gaan oor God. Die tweede 2000 jaar van die kerk gaan

oor Christus. Is ons dalk nou by ’n fokus en waardering van die

Heilige Gees? Sou dit gepas kon wees om die Gees selfs “die

dogter van God” te noem? Dié Gees wat gekom het om mense

in die volle waarheid te lei en van sonde bewus te maak.

Kersfees mag vanjaar nie slegs ’n tyd van saamwees en mooi

liedere wees nie. Dit moet ’n tyd wees van diepe nadenke oor

HOE en WIE God (die drie-enige God) is en wat Hy terwille

van ons as sondaarmense gedoen het.

Die Gees het oor Maria gekom en die lewe in haar verwek;

die Gees laat Elisabet ’n lofsang uitroep; die Gees laat Sagaria

begin profeteer.

ALLES OOR JESUS!

Só lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun

gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sou gaan

nie, maar die ewige lewe kan hê!

DIS KERSFEES!

KERSBOODSKAP VAN DIE DIREKSIE

Wanneer ʼn mens hierdie tyd van die jaar terugdink oor alles

wat die afgelope jaar oor jou pad gekom het, dan besef jy daar

was hoogtepunte en laagtepunte, en tog kan mens dankbaar

4

wees vir Sy genade wat die heeljaar oorvloedig by jou was.

OVK kan sekerlik met trots terugkyk op goeie halfjaar syfers

en vertrou dat die laaste paar maande van die jaar ook nie sal

teleurstel nie.

Aan boerekant sal almal 2005 onthou as die jaar met die

besonder goeie mielieopbrengs, terwyl die risiko, wat niemand

verdiskonteer het nie, naamlik lae prys, sy tol geëis het.

Die droogteweer het sy merk gelaat op die koringoes wat

eersdaags ingesamel moet word en kan ons maar net vertrou

dat diegene wat geen koring gaan oes nie, nie ook slagoffers

van die mielieprys was nie.

Vir die wolboere is die uiters lae wolpryse ʼn gevoelige slag, en

waar dit nou die derde agtereenvolgende moeilike jaar is, kan

ons maar net vertrou dat die draaipunt baie naby is. Gelukkig

word die skaap- en beesboere gedra deur goeie vleispryse!

OVK kan met trots sê dat die drie nuwe handelstakke wat

van Senwes oorgeneem is, naamlik Edenburg, Smithfi eld en

Dewetsdorp, vinnig uit hul blokke gekom het en reeds teen die

jaareinde ʼn bydrae tot OVK se fi nansiële syfers sal maak.

Dit is dus met genoegdoening, tevredenheid en berusting dat

OVK, sy lede en personeel die Kersgety binnegaan. So kan

ons saam met die psalmis sing:

“Wees stil en weet, Ek is die Heer,

Kom bring na my, jou kommer en vrees,

Ek sal vir jou ʼn toevlug wees.”

Contents

Mag Sy genade en seën deur almal beleef en ervaar word en

mag die feesgety van 2005/2006 ʼn ware Christusfees wees.

MANIE BOTHA – VOORSITTER VAN DIE DIREKSIE Inhoud
REDAKSIONEEL

OM “IN DIE MOEILIKHEID IN” AAN TE WAS OF “UIT DIE MOEILIKHEID

UIT” AAN TE WAS, HANG AF VAN WAARNA JY KYK: Vanuit

Hopetown kom die volgende deernisvolle verhaal oor Neelsie

Coertze, ’n enigste kind, gebore ongeveer 1921 en oorlede

laat in die negentigerjare. Hy het meeste van sy lang jare in

Hopetown geleef, en nader aan die einde daarvan was hy by

Yonder, die versorgingsplek in Kimberley.

Elke dorp het op ’n tyd sy Neelsies, effe anders, effe van

die normale spoor af, minder begaafd, koddig kostelik op ’n

manier, algemeen geliefd, gekoester en aanvaar, deel van die

gemeenskap. Neelsie het ’n kenmerkende hinkstappie gehad,

’n skouer wat eenkant toe opgetrek het saam met die hinkigheid

en, soos die stappie, ook ’n man met ’n eie manier van praat,

hogerig ge”pitch”. Neelsie was oral teenwoordig en is vryelik

en baie nuttig in die dorp aangewend om gebeurtenisse af te

kondig.

Wintertyd is rugbytyd, en Vrydagmiddae is Neelsie altyd ’n

kennisgewingbord om die nek gehang, ’n klok in die hand

gestop en moes hy strate op en strate af stap om die Saterdag

se rugbywedstryd tussen Hopetown en hulle teenstanders af te

kondig. Soos oor rugby, was Neelsie baie erg oor die Nasionale

Party. Onwrikbaar lojaal. Daardie jare was Nat en Sap politiek

belangrike sake, en soos met die rugby is hy dan ook gebruik

om Nasionale Party vergaderings aan te kondig.

Al die jare nog was in Hopetown baie Mathewsons. Nóu nog,

’n hele paar. Op ’n keer was daar weer drie vars Mathewson

babatjies en is ’n doopgeleentheid deur die ouers gebruik om

die drietjies saam te doop. Want dis mos besonders en oulik

só. Neelsie Coertze was ook in die kerk die Sondag. En toe

die kerk uitkom toe stap hy driftig by die kerkdeure uit en

5

hy roep: “Die Nasionale Party is in sy moer. Die Mêkieusens

doop drie-drie!”

DIE LANDBOU, DIE “KANTLYN-TOE-SKOP”-VERLOORTOETS IN

FRANKRYK, “TWO STEP” EN “TWO STEP PERCY”. Tussen al

dié goed is daar ’n klomp onderlinge raakpunte. Die verloor

het niks met die eerste klomp Franse punte vroegwedstryd te

make nie, egter alles om met 10 en 15 minute steeds oor en 13

punte agter, skopbare strafskoppe weg te wys en kantlyn toe te

skop “om te gaan groot score”, terwyl jou pak nie heeltemal

domineer nie. Dis pure oordeelsfout, die persentasie suksesse

daarmee minimaal, die prys bykans altyd ’n verloor. Ons sien

dit keer op keer in SA, dat in die gees en drif van die oomblik,

met nog heelwat tyd in ’n wedstryd oor, dieselfde malheid

dikwels inskop. Hulle kan gaan leer by die All Blacks, wat dit

bykans nooit doen nie – meedoënlose, genadelose puntemakers

wat altyd kophou en 3 punte vat as dit kom. Een of twee sulke

3-punters en jy is naby hulle, en dan is dit ’n ander wedstryd!

Ons landboukoppeling kom deur die skoppery. Toe Percy die

balle so kort skop, merk die kommentator op dat “one step

Percy” eerder tog dalk maar “two step Percy” moet word. Baie

passend is “Two step” natuurlik ’n potente giffi e, aldicarb,

wat in die landbou teen blaaspootjies in katoen, en ook insekte

in aartappels, later tye ook teen jakkalse, effektief gebruik is.

Iemand het ’n keer gesê een van die tekens van die ouderdom

is dat jy al die antwoorde het, maar dat niemand jou vra nie.

Dit geld seker ook maar hierdie opmerkings oor die rugby,

maar, oe! dis moeilik om niks te sê nie as jy alles so sien

gebeur, jy weet ons span is die beter span, en die nasionale eer
is op die spel. Sulke rakkers, hulle maak jou vinniger oud! Ons

moet net moedhou – ons hét die span!

OOR DIE YSTERBRÛE IN OVK SE GEBIED. Ons het dikwels oor

hulle gery, ry vandag nog oor sommiges van hulle, en ons dink

nie eens aan hoe hulle onderkante lyk nie, wonderwerke van

die yster-era, stewige strukture sonder weerga. Ons huldig

graag die ingenieurs en vakmanne wat hulle ontwerp en gebou

het, van hulle heelwat meer as 100 jaar oud, vanuit die 19de

eeu! En oorsee is daar van hulle ver oor 200 jaar oud! (Sien

bls 16)

DIE DROOGTE. Dele van OVK buk bitter swaar onder een van

die knellendste droogtes nóg. Ons gaan al vir midsomer en

op plekke was daar nog geen wesenlike neerslae nie. Op baie

plekke is veld kurkdroog en boonop plek-plek heel kaal. Juis

in hierdie eienskap dra droogte die kiem van langdurende

ellende. Want kaal veld vat nie water nie. Alles vloei weg

leegtes toe, niks hou die kosbare nattigheid terug vir die

veld nie, en neerslae se effektiwiteit is baie laag. En as sulke

veld uiteindelik tog nat raak, en dit word nie vertroetel deur

vee-onttrekking en lang rus nie, is die boer daardie veld se

drakragwaarde kwyt. Goeie veld kry jy nie soos wat jy ’n

lig aanskakel nie, dit vereis verantwoordelike bestuur en

behandeling, met in agneming van die natuur se siklusse van

groei, saadproduksie en opbou van wortelreserwes. As jy veld

aanhou bewei het jy moeilikheid! ’n Mens ys as jy kyk na wat

op dorpsmeente aangaan – sien bladsy 44.

HALFJAAR FINANSIËLE RESULTATE. Midde-in ’n moeilike tyd

van droogte en onsekerhede binne die graanbedryf het OVK

steeds goeie fi nansiële syfers vir die eerste ses maande van die

jaar opgelewer, naamlik ’n omset van R543.9 miljoen en ’n

6

voorbelaste wins van R18.6 miljoen. Normaalweg bring die

tweede ses maande groter inkomste na die tafel toe en ons

hoop met vertroue dat vanjaar weer so sal wees. Aan elke

aandeelhouer en besigheidskliënt sê ons graag dankie vir

julle steun en deelname aan elke produk en diens wat OVK

aanbied. Elke bietjie help maak die plek beter! Na die KOLKtransaksie

is OVK se eie kapitaalverhouding al weer sommer

sterk op pad boontoe, in die rigting van 60%. Met soveel

eie kapitaal in die besigheid, lojale lede en entoesiastiese

personeel dag tot dag bedrywig, word verdere goeie prestasies

vir die maatskappy voorsien.

“TEN LESSONS FROM THE FUTURE” VAN GRULKE (VERWYSING

DIE SEPTEMBER-UITGAWE) EN SNAAKSE GOED OM ONS. Daar

was nogal reaksie van ons lede daaroor, en ons is vandag

skielik drie maande nader aan die toekoms as toe! Selfone is

as die toekomstige groot skakel tot internetkoppeling uitgelig,

en nogal opvallend het die kostelike, treffende Vodacom

advertensie – van die mannetjie met die pensie wat so lekker

saam met die ander dans – ons in hierdie dae geslaan. Intussen

het president Mbeki die groot SALT teleskoop op Sutherland

geopen (gemaak om die sterre beter te kan sien) en Rapport

terg toe dat ons president gevra het wat hulle in die sterre sien.

Oor Zuma! Asof hy besef êrens gaan iemand sy stêre sien!

Mielies is al ’n paar honderd rand beter geprys as toe almal

gesê het niemand sal ooit weer mielies betalend kan plant

nie en, tipies van boerdery in SA, het dit die twyfel plek-plek

alweer laat begin inskop. Hoe betalender ’n mielie geprys is,

so direk van sy ma af gestroop en bemark, hoe onbetalender is

die etanol-aanlegte. Waar sal ons die regte, blywende wysheid

ooit heeltemal in die landbou vind? Maar die etanol-aanlegte

is goed, want dan het boere beide opsies en kan die prys maar
lol. En Sutherland is nie meer die koudste plek in SA nie! Die

koudste plek in SA is binne-in ons eie OVK-gebied! Sien Inus

Aucamp se artikel op bladsy 20 oor Buffelsfontein van Sandy

Stretton op die grens tussen Molteno en Dordrecht. Was nog

eintlik altyd so, daar diep en geheimsinnig geleë tussen die

rante van die Stormberge. Ons mense praat net nie maklik

uit nie. Ons het ook pas betroubaar verneem huwelike hou

beter daar rond. Oor die koue! Wys jou van ’n onvoorspelbare,

dinamiese toekoms, goed wat nooit sou verander nie, en skielik

nie meer is wat dit jare al was nie.

DANK / THANKS. Dankie vir almal se steun, entoesiasme en

ywer wat OVK help maak werk. Thanks to each and everyone

for the encouragement, co-operation and unity thereby supporting

OVK in its quest to proceed and grow in rendering

more and better services and products to its members.

KERSTYD / CHRISTMAS TIME. Aan elke lid en elke leser ons

beste wense vir ’n goeie, voorspoedige 2006, en die seën van

Christus vir die komende Kerstyd. A blessed Christmas and a

prosperous new year to all.

Groete, tot volgende keer / Kind regards

KENNISGEWING

AAN ALLE BOEREVERENIGINGS IN OVK-

GEBIED

Hiermee versoek ons alle sekretarisse van boereverenigings

binne OVK se bedieningsgebied vriendelik om onder staande

inligting oor hul vereniging so gou doenlik aan Etienne Nel,

OVK se assistent hoofbestuurder / assistant general manager

7

(wat ook sekretaris van die maatskappy is), te verskaf by

faksnommer 051 923 4513, of per elektroniese pos na: nele@

ovk.co.za

• Naam van boerevereniging en naaste dorp

• Naam van sekretaris

• Telefoonnommer / Selfoonnommer

• Faksnommer

• E-pos adres

• Datums van vergaderings geskeduleer vir 2006

Ons benodig hierdie inligting om kommunikasie met ons

aandeelhouers of lede verder te verbeter. In gevalle waar

omstandighede vereis dat ons vinnig met boereverenigings

kommunikeer, sal dit baie help om die gesprekslyn

korter, gladder en effektiewer te maak. Goeie gesindhede

en verhoudinge is vir OVK baie belangrik en ons vertrou dat

hierdie aksie wesenlik sal bydra om gesonde en effektiewe

samewerking tussen bestuur en boereverenigings verder uit te

bou. Ons wil u graag tot diens wees.

Byvoorbaat baie dankie vir u vriendelike samewerking.

– Redakteur

Ek was so besig om kanse te soek dat ek my

geleenthede een vir een laat verbyglip het

– C J Langenhoven

Elke mens is die argitek van sy eie lot

– Appius Caecius

Inhoud • Contents
WELWILLENDHEIDSGHOLFDAG WEER

EENS ’N GROOT SUKSES!

Verskaffermaatskappye goud werd in die poging,

speel lustig saam!

Vanjaar was 2 November die dag waarvoor al die gholfspelers

gewag het, soos elke jaar die vorige 19 kere. Want OVK se dag

is elke jaar ’n grote, en vanjaar was hy baie groot! Daar was

36 spanne van 4 persone elk, 144 stokswaaiers in totaal! En

ook ’n klompie tennisspelers, wat almal saam ’n heerlike dag

saam beleef het. Die dag het ook ’n gedenkwaardige kolhou

opgelewer toe Lourens Eksteen van Clocolan ’n set van 176

meter gesink het! Gelukkig het hy versekering gehad, want

hy sou kaal anderkant uitgekom het op so ’n dag. Hy het later

aangekondig dat hy alles wat die versekering oplewer net so

vir die dag skenk en dat dit dan deel raak van die inkomste!

Wonderlik! Ons moedig derhalwe elke gholfspeler aan om te

gaan vir daardie groot hou!

Aan Lourens ons opregte waardering vir sy grootmoedigheid

en steun aan welwillendheid op hierdie mooi wyse.

OVK bedank die volgende borge opreg vir hul

meelewendheid en steun om die gholfdag van

2005 ’n sukses te maak

ABSA KONSULTANTE & AKTUARISSE, INTERVET SA, RA

BURN’S & COMPANY, AFRIVET BUSINESS MANAGEMENT,

RENOV BEMARKING, AFROX, KEVKOR, ROBERT BOSCH,

AGRI ONDERDELE, KK ANIMAL NUTRITION, AGRINET,

KILOTON, SHELL SA, AURIGA TRUST, KLEIN KAROO WEIDING,

8

STARK AYRES, STORMBERG SUIWEL, BEARINGMAN,

L&G TOOLS, SASOL NITRO, BEARING INTERNATIONAL,

BOOYSEN & BOSCH, MAIN WELDING SUPPLIES, TOPLINE

FOOTWEAR, BRIDGESTONE/FIRESTONE SA, MACSTEEL,

TOTAL GAZ000, MERIAL, CANON, MOLATEK, TOTAL SA,

CALTEX, MONSANTO AGRICULTURE, TWEESPRUIT

MEULE, CAPE GATE (EAST CAPE), MUTUAL & FEDERAL

AGRIC, CAPE GATE, VIRBAC, CAPITAL ALLIANCE, NEW

HOLLAND SA, CISPAK/RANDPAK, WALTONS STATIONARY,

CONTINANTAL BANDE, OMNIA KUNSMIS, WES VRYSTAAT

LANDBOU DIENSTE, OVK BEPERK, WILLARD BATTERYE,

DIESEL ELECTRIC, PFIZER, EERSTE NASIONALE BANK,

PANNAR, EFEKTO, PARTMASTER, ENGEN, PETER

SCHNEEKLUTH, EUREKA DIY SOLUTIONS, PIENAAR,

SWART & NKAISENG, EXECUTIVE BUSINESS MACHINES,

PRICEWATERHOUSECOOPERS, PROFERT KUNSMIS, FIRE

QUIP, PRODRILL GARMENTS, HOLCIM, QWEMICO, HEE

PANEL BEATERS

PHILLIP BARNARD,

LANDBOUWEEKBLAD EN

BREEDPLAN SE TELER VAN DIE

JAAR!

Phillip Barnard van Mequatling Angus Stoet, Clocolan is vir

2005 aangewys as Landbouweekblad en Breedplan se Teler

van die jaar. Die toekenning is tydens ʼn glansgeleentheid in Contents

Bloemfontein gemaak waarby telers van oor die hele suidelike •

Afrika saamgetrek was.

Hartlik geluk, Phillip, almal weet sulke toekennings kom nie

sonder toewyding en harde werk nie! Gelukwense ook aan Inhoud
Russel. Enige prestasieplek in hierdie geselskap verdien gewis

lof! Phillip se prys is ʼn oorsese reis na ʼn land van sy keuse ter

waarde van R30 000, geborg deur Pick ’n Pay.

Telers kan ook vroegtydig kennis neem van Phillip se veiling

op 14 Maart 2006 te Mequatling, waar 50 stuks sesjaaroud

dragtige Anguskoeie aangebied gaan word.

Vir nadere besonderhede skakel Phillip by tel. 051 943 0058,

E-pos: mequatling@intekom.co.za

http://www.mequatling.co.za

FICKSBURG KERSIEFEES, ’N

GROOTSE GELEENTHEID

OVKaners nóú betrokke by streek se mooiste,

lekkerste lekker uitvoerproduk!

Somertyd is kersietyd en vanjaar kon besoekers hulle weer

sopbek eet aan hierdie pragtige klein rooi vruggies. By die

jaarlikse Ficksburgse Kersiefees was daar vanjaar weer van

alles iets – ’n reuse skoutent met bykans elke denkbare soort

stalletjie, soos by Bloemfontein Skou of die Randse Skou,

arena-items met perde, saamkuiergeleenthede, ens.

Johan du Toit, OVK se plaaslike versekeringsman, hou nou al

vir 13 jaar die leisels as voorsitter van die kersiefeeskomitee,

en saam met hom is daar ’n lekker span mense vol geesdrif. En

wat ’n fees het hulle nie weer vanjaar georganiseer nie! Hartlik

geluk, Johan. Die gemeenskap, en ons OVK-kollegas, sien die

dinge en sê graag baie dankie vir jou wyer betrokkenheid in

die gemeenskap!

9

QUEENSFEED VEEVOERFABRIEK

’n Vars nuwe bries maak deure oop

Besigheid by Queensfeed veevoerfabriek het die laaste jaar

met 30% gegroei en OVK is saam met hul kollegas by die

fabriek opgewonde oor hierdie prestasie, en belowende

geleenthede wat voorlê. Sulke suksesse kom egter nie sonder

dat deur die jaar goed beplan en in praktyk presteer word

nie. Inisiatiewe vanjaar het onder andere ingesluit spesiale

aanpassings by kliënte en individuele boere se behoeftes,

en deeglike kontrole oor hoë gehalte van produkte. Hierdie

toegewyde uitreiking en toewyding, entoesiasme, ywer en

kundigheid het alles bygedra tot die sukses wat behaal is.

Queensfeed se produkte word oor ’n wye gebied versprei

– onder andere by Britstown, Hopetown, Willowmore, Port

Elizabeth en Ladybrand. Dit word voorsien dat Queensfeed

ook vorentoe selfs verder noord en oos in OVK-gebied

beskikbaar sal wees. ’n Depot vir losmaatprodukte word

vir Clocolan beplan wat verdere nuwe deure sal oopmaak.

Vir eers sal suiwel- en pluimveeprodukte aangehou word.

Lede sal volledig op hoogte gehou word van verwikkelinge.

Hartlik geluk Queensfeed! – Red

Vir navrae, skakel Stoffel Gouws by

telefoon 045-8588805

selfoon 082 823 0219 / stoffelg@ovk.co.za

Inhoud • Contents
VOEDING VAN DIE HOND

Stoffel Gouws, bestuurder: Queensfeed

Veevoerfabriek, Queenstown

Oor die algemeen dink ’n mens die hond is ’n karnivoor

(vleisvreter), maar in werklikheid is hy ’n omnivoor (planten

vleisvreter). Daar bestaan egter tog beperkings in die

doeltreffendheid waarteen plant- en dierlike produkte gebruik

kan word in die voeding van die hond. Vervolgens kortliks iets

oor hierdie beperkings:

Honde het maaltande (alhoewel minder as die plantvreters) wat

tot ʼn mate die voedingstowwe in kleiner deeltjies kan opbreek

om vertering aan te help. Die aktiwiteit van die amilase

ensiem (verantwoordelik vir styselvertering) is die hoogste

in herbivore (plantvreters) gevolg deur omnivore (plant- en

vleisvreters) en en is feitlik afwesig in karnivore (vleisvreters,

soos bv katte). Die effek daarvan is dat vleisvreters, soos

byvoorbeeld katte, stysel teen slegs 4g/kg liggaamsmassa kan

hanteer voordat diarree ontwikkel. In die hond is die vlakke

2,5 maal hoër!

Die spysverteringskanaal van honde is ook relatief kort

en gevolglik kan dit slegs tussen 7% en 35% van die vesel

verteer. Voldoende vesel is egter steeds belangrik aangesien dit

hardlywigheid en diarree voorkom. Die insluiting van té hoë

veselvlakke in hondekos moet dus beperk word, en moenie

50g/kg as maksimum oorskry nie.

Die hond besit ʼn goed ontwikkelde vermoë om vette te verteer

en te metaboliseer en dit vorm ’n belangrik gedeelte van die

energiemetabolisme. Sekere essensiële vetsure is belangrik

10

(veral die vlakke van linoleensuur) aangesien die vetsuur

gebruik word vir die sintese van ander vetsure.

Proteïenmetabolisme is goed ontwikkel, maar daar bestaan ʼn

pertinente behoefte aan aminosure (proteïenepeil minimum

180g/kg). Soos in enige soogdier is die insluiting van vitamine

en minerale ʼn essensiële gedeelte van die hond se dieet.

Alhoewel in klein hoeveelhede ingesluit, is dit belangrik vir

reproduksie, immuniteit en haarkleed.

In die vervaardiging van TOP DOG hondekos, V18088, een

van OVK Nywerhede se glansprodukte, word sorg aan die

dag gelê om ʼn optimale produk daar te stel, en lede kan dit met

vertroue vir hul honde gebruik.

Tot ’n volgende keer, en ’n verdere gesprek oor belangrike

sake rakende dierevoeding.

Vervaardig en verpak deur: OVK Bedryf Beperk.

Posbus 1530, Queenstown, 5320. Tel: 045-8588805

Faks: 045-8588807

WEPENER BOEREVERENIGING

VERGADER FEESTELIK

Twee boereverenigings na al die jare nou één!

Vanjaar was die nuutgestigte Wepener Boerevereniging Contents

se afsluitingsgeleentheid vir die jaar sommer ook ’n

feesgeleentheid om die onlangse samesmelting van die twee

voormalige boerevenigings, Caledon Oos en Caledon Wes,

te vier en ook om vir die jaar totsiens te sê. Tydens hierdie Inhoud
geleentheid was OVK se direksievoorsitter, Manie Botha

van Zastron ook deel van die boerekring. Manie het kortliks

Wepener se boere en die tak geloof vir vanjaar se uitstekende

fi nansiële prestasie en Attie van Zyl, OVK se hoofbestuurder:

handel en meganisasie, het ’n praatjie oor OVK se fi nansies

en vordering oor die afgelope paar jaar gelewer. Izak Marais,

bestuurder: suidstreek, was ook vanaf Burgersdorp daar om in

die geleentheid te deel.

Cois van Pletzen, die plaaslike takbestuurder, is die aand

spesiaal vermeld vir sy goeie werk en vir die prestasie van

Wepener se handelstak. En lateraand was Cois ook die man

wat die lekkerste steaks vir almal gaargemaak het, soos so

’n vreugdevolle aand afgesluit móét word. Hartlik geluk aan

Cois en elke kollega by Wepener handelstak!

Hartlik geluk aan Wepener boerevereniging met hierdie groot

mylpaal. – Berig: MCF

DIE STAALBRÛE IN OVK-GEBIED

Robuust, betroubaar, ongeloofl ik sterk teen

aanslae van die natuur

Soos aangekondig in die September-uitgawe, publiseer ons

graag hiermee een en ander van die imposante, wonderlike

ysterbrûe in OVK se bedieningsgebied, sommige wat hul

bydraes vir veel langer as ’n eeu al maak om mense en hul

rygoed oor rowwe riviere en strome te neem. Wonderlike

stukke yster-ingenieursvernuf! Wanneer die snelle en

omvangryke ontwikkeling van vervoerstelsels en -middele, die

spoed en eise aan hedendaagse vervoer en beweging teenoor

11

’n eeu of twee gelede s’n getakseer word, is die noodsaak vir

moderne dubbelbaan- of multi-baan betonbrûe verstaanbaar.

Dit ontneem die ou pragstukke slegs bietjie fokus, maar verder

niks van hul glorie, skoonheid, ongeloofl ike ingenieursvernuf

en waarde nie.

Tydens die ondersoek na die brûe het dit gou duidelik geword

dat daar sommer baie van hulle is en dat ons hulle, en hulle

stories, nie almal op een slag sal kan publiseer nie. Lesers moet

net bietjie geduld hê, julle brug kom! Ons het ook aandag aan

van die kleiner brûe, selfs treinbrûe, gegee wat oor kleiner

strome gebou is, en daar is nogal ’n beduidende klomp van

hulle. Ons sal dalk nie almal se verhale volledig hê nie, maar

wel hul foto’s. Lede kan gerus skakel en sê van sulke brûe

by hulle, sodat party ons nie ontglip nie. Ons gaan ook ter

aanvang iets inbring oor die heel eerste ysterbrug wat in die

wêreld gebou is, net om ’n perspektief oor die goed reg te kry.

Dus, sit terug en geniet hierdie eerste afl ewering oor die ou

meesters, drie van hulle vir eers.

Die ou wa-brug by Hopetown, 125 jaar oud!

Hierdie unieke brug is enkele kilometers stroomaf vanaf

Hopetown geleë op die verbindingsroete tussen suid (Kaap)

en noord (die diamantvelde by Kimberley, en later die

goudvelde rondom Johannesburg), ʼn lewensbelangrike

verbindingskakel op sy tyd. Net vir die rekord – die eerste

diamant in SA is in 1866 op De Kalk in Hopetown opgetel. Contents

Verdere diamantontdekkings het gevolg en Kimberley se

diamantvelde is vanaf 1871 gevestig. Hierdie ontwikkelinge

het ʼn goeie brug oor die Oranje dringend noodsaaklik gemaak.

Na goud in 1886 aan die Witwatersrand ontdek is, was die Inhoud
waarde van die brug as verbindingsmiddel natuurlik net soveel

hoër – die regte struktuur net op die regte tyd.

Die terrein van die brug is deur ʼn ingenieur, ene Stent,

opgemeet. Die staalkonstruksie is in Skotland vervaardig en

is daarvandaan per skip na SA gebring. Vanaf Kaapstad is dit

per spoor tot op Graaff-Reinet vervoer van waar dit met waens

aangery in na die bouterrein. Die sement wat in die oprigting

gebruik is, is ook vanaf Skotland in lugdigte vaatjies ingevoer.

Die ingenieursfi rma Breston Gibbons het die brug opgerig.

Die oprigtingskoste het £108 198 bedra.

Bouwerk aan hierdie brug het in 1878 begin en dit is in 1880

ingewy. Tydens die bouproses het etlike mense hul lewens

gelaat. Wanneer die rivier in vloed was is die bouwerk tydelik

gestaak. Om te wys hoe sterk die brug is het die bou-ingenieur

tydens die inwydingsgeleentheid al die gelaaide waens op die

brug laat staan, tesame met al die baie mense wat die opening

bygewoon het

Tolgeld vir oorgang is gehef, en die eerste tolman was ene

Eddie Meyers. Later is hekke aangebring, wat 6 uur saans

gesluit het. Van die eerste tolgelde was as volg: 17 sjielings

en 6 pennies (R1.75) vir ʼn gelaaide wa met 16 osse oor 500

pond (227kg), en 1 sjieling (10 sent) vir elke os meer as 16;

7sjielings en 6 pennies (75 sent) vir ʼn leë wa met 16 osse; 6

pennies (5 sent) vir elke los os wat oor die brug gejaag word;

7 sjielings en 6 pennies vir ʼn kar met 4 perde; 5 sjielings (50

sent) vir ʼn kar met 2 perde en 3 pennies (2.5 sent) vir ʼn persoon

te voet. Die huis van die tolman was aan die suidekant. Aan

die noordekant was ʼn sinkhuisie waar die nagwag geslaap het.

Snags het ʼn sterk lamp op die stoep van die tolman se huis, en

ook aan die ander kant, gebrand. Deur die lamp toe te maak

12

is tekens aan mekaar gegee van voertuie wat die brug wou

oorsteek. Sodoende is ongelukke in die donker vermy.

Die treinbrug, ongeveer 17 km oos van die brug, stroomop,

is in 1884 of 1885 opgerig. In 1884 het die spoorlyne vanaf

Kaapstad en Port Elizabeth by De Aar bymekaar aangesluit en

in 1885 het dit Kimberley bereik.

Gedurende die AngloBoere-oorlog is die middelste spanning

deur die Engelse soldate weggeskiet “Scouts” van Hopetown

het verkenningswerk in die rigting van Belmont gedoen. Toe

hulle by Leinster kom, het hulle ʼn stofwolk gesien. Deur hul

verkykers het hulle iets sien blink wat hulle verkeerdelik as

gewere geëien het. Sonder om verder ondersoek in te stel het

hulle teruggejaag na Hopetown en gerapporteer oor “’n groot

boerekommando wat in aantog was!” Die hoofkwartier te

Oranjerivierstasie is in kennis gestel en ʼn afdeling ingenieurs is

dadelik saam met gewapende soldate met artillerie na die brug.

Die middelste spanning van die brug is losgeskroef en daarna

die lug ingeblaas. Die dorp was in rep en roer, almal gereed

vir ʼn aanval op die dorp. In plaas van ʼn boerekommando het

twee veewagters met tussen 300 en 500 beeste opgedaag – met

die “gewere” wat so geblink het en die Engelse so die skrik

op die lyf gejaag het, niks anders nie as die horings van die

beeste! Na die oorlog is die brug weer herstel. Die opgeblaaste

dele lê steeds in die rivierbedding. Die Staat het latere pogings

van privaat individue om die yster as skroot te herwin en te

verkoop verbied en beveel dat dit net daar gelaat moet word.

Terwyl die brug nog stukkend was is die treinspoorbrug by

Oranjerivierstasie gebruik. Om dit te kan gebruik is planke

op die brug gelê. ʼn Persoon met ʼn vlag is naby die brug op

ʼn koppie geplaas en hy moes tekens gee wanneer die brug
oorgesteek kon word. Hierdie dubbele gebruik van die brug

het dan ook tot ʼn ongeluk gelei. ʼn Trein vanaf die stasie se

kant af het teen ʼn wa en osse, vanuit die noordekant gebots.

Al die osse is doodgetrap en die wa het in stukke gebreek. Die

transportdrywer het egter uitgespring en met sy lewe daarvan

afgekom.

Die brug is tot in 1960 gebruik, dus vir bykans 80 jaar.

Die inligting oor hierdie brug is verkry uit ʼn dokument wat

Willem Zwiegers van Elandsberg, Hopetown, OVK-direkteur,

sowat 30 jaar gelede saamgestel het. Opregte dank en

waardering aan Willem, en Michiel Pretorius vir hulle hulp

met die saamstel van hierdie artikel.

Die Alexandra brug by Kroonstad oor die

Valsrivier, 100 jaar oud!

Kroonstad is aanliggend aan OVK te Ventersburg en is so ’n

deel van OVK se noordelike lede wat in die omgewing boer

dat ons hierdie baie besondere brug nie kon laat verbyglip

nie. Hierdie staalbrug, vernoem na Koningin Alexandra

van Engeland, is in 1905 voltooi. Dit staan algemeen by die

Kroonstadters bekend as die Robot-brug.

In die beplanningsverslag van ’n ingenieur, ene Rowe, gedateer

12 November 1903 is die posisie van die voorgestelde brug

as volg gemotiveer: “All the main piers are afforded good

solid and adequate foundation on solid rock which is visible

throughout, testing for thickness is easy and for the abutments

at either end, rock is close to the surface”

Die brug bestaan uit 8 enerse spannings van 18.3 meter elk

(146.4 meter totaal), wat van Europa ingevoer en op die

13

terrein aanmekaargesit is. Sandsteen tussensteune (‘piers’)

en brughoofde of landhoofde (“abutments”) vorm die res van

die strukturele komponente. Na die vloede van 1988 was die

tussensteun naaste aan die suidelike landsteun oordek met

strukturele beton en ’n beton anker fondamentsteen (“anchor

footing”) is aangebring aan die suidelike landhoof. Die

noordelike landhoof is ook al by ’n vroeëre geleentheid met

strukturele beton versterk.

Die fondasies van die brugstruktuur is sonder swakhede en

foute en kan dus as stewig en “gesond”aanvaar word. Na

bykans ’n eeu was dit egter duidelik dat sekere herstelwerke

aan die sandsteen en steenwerk gedoen moes word. Lasvullings

het verweer en plantegroei het daarin begin koerskry. Oor die

jare het etlike groot bome hulself stewig naby kante gevestig

en dit het ’n verwerende effek op die sandsteen en steenwerk,

sowel as die sigbaarheid. Hulle sal uiteraard verwyder moet

word.

Tegniese vakterme is soms moeilik om oor te sit na Afrikaans.

Die staalstruktuur van die brug is vervaardig van smeeyster

(“wrought iron”), die voorganger van weekstaal (“mild steel”)

en was tradisioneel gemaak deur ’n proses van “decarburisation

of molten pig steel (gesmelte ru-yster) deur ’n “manual

paddling process”. Smeeyster het ’n baie goeie doel gedien

aangesien dit sweisbaar is met die aanmekaarsmee-tegniek.

Dit is ook baie sterk.

Die bedekkingstelsel (“coating system”) van die struktuur

is duidelik van ’n hoë gehalte aangesien dit vir soveel

jare behoue gebly het met baie min verwering van die

onderliggende yster. ’n Ander rede vir die weerstand van die
ug teen korrosie is die feit dat smeeyster ongeveer 20% meer

korrosieweerstandbiedend is as weekstaal.

Ongelukkig het korrosie op sekere strukturele elemente wel

’n verwering van 25 tot 40% van die oorspronklike dikte tot

gevolg gehad, hoofsaaklik as gevolg van verstopte

dreineringsplekke wat water vir lank op dele van die yster

laat staan het. In die herstelproses sal beskadigde elemente

verwyder of herstel moet word om te voorkom dat die brug

swak word op plekke. Die ware prentjie sal eers duidelik wees

as al die ysterwerk skoongemaak is van roes deur sandspuiting

(“sandblasting”). Alles sal dan met ’n erkende verfstelsel vir

staalwerk oorgedoen word. Die handrelings is op plekke ook

beskadig en ongeveer 40 meter daarvan sal met weekstaal

relings vervang moet word om aan te pas by die bestaande

relings.

Die Volksblad het onlangs berig (Marisa Phillips, Saterdag

15 Oktober 2005), dat die opknapping wat tans gedoen word,

geskeduleer vir 31 Oktober 2005 tot 31 Maart 2006, ongeveer

R2.5 miljoen gaan kos. Die plaaslike Ingenieursfi rma, LMV

(Edms) Bpk, Raadgewende Ingenieurs, Stadsbeplanners

en Omgewingskonsultante, is betrokke, met een van hulle

ingenieurs, Theuns Jordaan, in beheer van die herstel van die

brug. Theuns was dan ook so gaaf om die inligting te verskaf

oor hierdie brug – ’n mengsel van een en ander oor die vroeë

tyd daarvan, maar dan ook met relevante inligting wat aansluit

by die herstelwerk wat tans aan die gang is.

Inligtingsbronne: Inligtingsdokument van LMV Pty Ltd,

Consulting Engineers, Town Planners & Environmental

Specialists / Die Volksblad van 15 Oktober 2005 / Theuns

Jordaan van LMV, Kroonstad, persoonlik.

14

Die “Iron Bridge” oor die Severnrivier in Engeland, 226

jaar oud, die moeder van hulle almal!

Soos in die inleiding genoem plaas ons perspektiefonthalwe

kortliks ook hier iets oor die heel eerste ysterbrug wat ooit in

die wêreld gebou is, ’n eer wat hierdie buitelander om daardie

rede, en om sy besondersheid, geregverdiglik toekom.

In die jare rondom 1710 tot 1780 was daar in die vallei in die

bolope van die Severnrivier in Engeland, in ʼn area bekend

as Coalbrookdale, ʼn geweldige ontwikkelingsrevolusie met

ystertegnologie aan die gang, jare voor, en op ’n manier ook

anders as die latere enorme staalwerke by Leeds, Sheffi eld

en Birmingham. Hierdie ysterwerke het saamgeloop met ewe

omvangryke steenkool en klei-ontginning (vir porselein en

teëls) in die vallei. ʼn Enorme gietysterbrug, die heel eerste

een ooit in die geskiedenis van die wêreld, is in 1779 daar

gebou en die gebied het vir die volgende sowat 150 jaar as

ʼn industriële area van groot omvang fl oreer. Juis as gevolg

van dié unieke brug het hierdie gebied later as “Ironbridge”

bekend geraak. Luister net na sy verhaal ...

Abraham Darby 1 het in 1708 vanaf Bristol daar aangekom,

en in 1709 daarin geslaag om yster te smelt met goedkoper en

volop kooks (coke) in plaas van steenkool. Hy het goedkoop

ysterpotte en ander huishoudelike items gemaak, die begin van

ʼn besondere omwenteling is ystertegnologie en -benutting.

Verdere verfyning van die gebruik van kooks in ystertegnologie

deur Abraham 2 het oor jare gevolg. Toevallig was ystererts en

steenkool saam daar teenwoordig, maar selfs lank voordat dit

doelgerig ontgin is, is hoë gehalte porseleinklei daar benut,

onder andere vir die maak van kleipype. In dieselfde periode,

toe die yster-ontwikkelinge daar fl oreer het, is die maak van
porselein- en teëlprodukte ook verder ontwikkel en was dit

die bron van die ongeloofl ikste fyn en waardevolle kunswerke

wat oor die volgende sowat 150 jaar die lig sou sien en wat

vandag onkoopbaar waardevol is.

Die ysterbrug van 1797 is onder Abraham 3 se inisiatiewe

gebou. Nuwe ystertegnologie het in daardie tyd opwindende

verdere moontlikhede gebied, en daar is besluit om ʼn

gietysterbrug hier te bou, die heel eerste een wat in die wêreld

gebou sou word! Wat ʼn waagstuk, want onthou, hierdie ouens

het niks gehad om na te gaan kyk of op terug te val nie! Hulle

moes alles van voor af bedink, en die werk gaan afhandel. Maar

die entoesiasme en drang tot sukses was massief en net dít

maak al dat bykans enigiets moontlik is. Die gietyster”ribbe”

het elk 6 ton geweeg en die aanrigtings en boustrukture teen

die walle en in die rivierbedding, wat gebruik is om hulle in

plek te swaai, moes enorm gewees het. Onthou daar was geen

hyskrane en hidrouliese krag om mee te werk nie!

Die konstruksie van die brug in die somer van 1779 het drie

maande geduur.Daar was 482 hoofgietstukke van gietyster

(“cast iron”), maar met dekdele en relings by, het die syfer na

1736 geklim. Daar was geen beserings tydens die bouwerk nie.

Werk aan aanliggende paaie het ʼn verdere twee jaar geneem en

die brug is op 1 Januarie 1781 vir verkeer geopen. Na 153 jaar,

in 1934, is die brug vir voertuie gesluit en is dit geskeduleer as

ʼn argitektoniese monument. Bedrywighede het afgeneem, met

net die steenwerke en myne wat nog bedrywig was, en na die

Tweede Wêreldoorlog het alles volledig tot stilstand gekom.

Vir hierdie lang tydperk was die vallei ʼn leef- en werkgebied

vir baie mense, en was die omvangryke bedrywighede met

yster-, steenkool- en porseleinwerk (klei) die kern van alles.

15

Was dit nie dat die dorpvaders van Telford in die 1960’s ʼn

bewaringsinisiatief bekend as “Telford New Town” geloods

het nie, was alles waarskynlik vir die nageslag verlore.

Daar is geen rekords van die tegnieke van hoe die brug

presies gebou is nie. Hoe die enorme strukture gepas is, die

steierwerk gemaak is, ens, was al die jare in misterie gehul

(is eintlik in ʼn mate steeds). Oordeel maar self wanneer julle

na die foto’s kyk. In 2001 is ʼn halfskaal model van die brug

deur die Engelse Royal Engineers deur middel van 18de eeuse

tegnieke gerekonstrueer. Dit het meer lig daarop gewerp, maar

die ongeloofl ikheid van die werk om hierdie ou gietysterbrug

van 225 jaar so goed te kon bou (en so vinnig!) dat hy vandag

nog niks makeer nie, is verstommend. Hy word natuurlik

getrou geverf en die Engelse versorg hom mooi, maar hy

vereis eintlik baie min instandhouding. Dit is ʼn wonderlike

plek om te besoek, ryk aan geskiedenis en vol nostalgie oor ʼn

vervloë tyd van ongekende weelde en entrepreneurskap.

Die “Ironbridge” word universeel in die wêreld erken as

die simbool van die Industriële Revolusie en die gebied

is geproklameer as ʼn wêrelderfenisterrein, bekend as die

“Ironbridge Gorge World Heritage Site”.

Bron: “Ironbridge, a world heritage site”, inligtingsboek uit

The Ironbridge Gorge Museums Trust, Ironbridge, Telford,

Shropshire, England TF8 7AW. ISBN0-7117-0891-6 Jarrold

Publishing, Norwich. Ook die internet.

Contents

Belangstellendes is welkom om te skakel – om meer inligting, •

maar asseblief dan ook om ons te lei na brûe in u omgewing,

en om inligting met ons te deel oor die brûe.

– Berig: MC Fourie Inhoud
STORMBERGKONTREI IS DIE

KOUDSTE IN SUID-AFRIKA!

Inus Aucamp

Daar gebeur dit toe. Die mense van die Suid-Afrikaanse

Weerdiens raak geïrriteerd met die valse aanspraak van

Sutherland se beeldpoetsers dat dit die koudste plek in die land

is en kondig wyd in die media (Rapport/Volksblad/Burger/

SAUK) aan “skei uit, julle was nog nooit die koudste nie –

daardie eer (sic) kom die Stormbergkontrei toe”.

So, behalwe vir die weermense se bevestiging, was daar die

meegaande spotprent wat in Junie 1996 in Volksblad verskyn

het om die nageslag aan die prestasie te herinner. Charl Marais,

destydse spotprenttekenaar van Volksblad, het op my versoek

“Ken Andrews” wat toe die burgemeester van Molteno was,

op die oorspronklike spotprent aangebring en dit vir my gegee

vir bewaring en om mee te spog – en dit doen ek!

Buffelsfontein, plaas van Sandy Stretton is in die landdrosdistrik

van Wodehouse (Dordrecht) tussen Molteno en Dordrecht

langs die N6-pad en by die kruising met die R56 wat die twee

dorpe verbind, geleë en beskik oor ’n amptelike weerstasie.

En dis hier waar die rekord aangeteken is.

Buffelsfontein is ook, soos die kraai vlieg, 8 km van

Leeufontein, die plaas wat die Aucamps sedert 1850 besit,

af – en deur genade nou nog op boer. Hierdie deel is op die

kruin van die Stormberge en interessant genoeg ook op/by die

waterskeiding vir die afl oop van water na die Atlantiese- en

Indiese oseane.

16

Tans is ek besig om met die Weerkantoor te onderhandel

om meer gereeld die temperatuur van Buffelsfontein op TV

te refl ekteer omdat die naaste plek wat nou aangedui word

Queenstown is, waarvan die temperatuur na bewering soms

±7º C warmer is as die by Buffelsfontein. Die weermense se

een argument is dat Sutherland ’n dorp en Buffelsfontein ’n

plek is. Dit oortuig egter nie, want Suid-Afrikaners kan tereg

vra om gereeld te weet waar dit die koudste in die land was of

volgens die voorspelling gaan wees.

Interessante statistiek van Buffelsfontein is: eerste ryp

datum 11 Januarie; laaste ryp datum 30 Desember; gemiddelde

eerste ryp 8 Maart; gemiddelde laaste ryp 21 November;

gemiddelde aantal rypdae – 116. Sien ook die meegaande data

(reënvalstatistiek is al langer as 100 jaar bygehou).

Buffelsfontein se laagste aangetekende temperatuur is –18,6ºC

en dit is op 18 Junie 1996 gemeet, terwyl Sutherland se koudste

dag –16ºC was, aangeteken op 12 Julie 2003.

Die jaarlikse gemiddelde temperatuur op Buffelsfontein is

11.3ºC en Sutherland s’n 11.8ºC. Op Buffelsfontein is die

jaarlikse gemiddelde minimum temperatuur 2.8ºC, terwyl

Sutherland met 3.4ºC tevrede moet wees.

Volgens die Weerdiens is die laaste spyker in die gewaande

kampioen se doodskis die deurslaggewende een. Gedurende

die 3 amptelike wintermaande van Junie tot Augustus kan

daar op Buffelsfontein ongeveer 37 dae verwag word waar

die temperatuur onder –5ºC sal draai. Dit is 15 dae meer as op

Sutherland!

Dat Molteno en die Stormbergkontrei ’n koue wêreld is, kan

menige mens van getuig. Dit word vertel van die “reisiger”
(nou se dae ’n agent of verteenwoordiger), wat eendag vir ’n

oom in die koöperasie gevra het wanneer dit somer in Molteno

is, “want”, het hy gesê, “hy was al in Maart, Julie, Augustus en

Desember daar en elke slag was dit koud”. Die storie wil dit hê

dat die oom ’n rukkie gedink en ewe ernstig geantwoord het:

“wel, ek dink laasjaar was dit op ’n Woensdag”.

Interessant genoeg is daar aansprake dat naby Rhodes (ook in

ons omgewing) en spesifi ek by Tiffendell (die ski-oord) al nieamptelik

sub –20ºC temperature gemeet is. John Broster van

die plaas Broughton, naby Brosterlea in die Molteno distrik en

10 of wat km van Buffelsfontein af, het al self –19ºC gemeet

(ook dit was nie-amptelik).

Saam met die weermense hoop ons dat die mite dat Sutherland

die koudste plek in Suid-Afrika is, nou tot ’n einde sal kom

en dat die Stormbergkontrei die eer kry wat hom toekom.

Wat meer is, dalk hoor ons een van die dae van ’n plek in die

Stormberge waar daar amptelik ’n magiese sub –20ºC gemeet

is. Dan moet julle ons hoor!

Dankie Inus – lekker om al dié dinge van ons eie wêreld te

weet! –Red.

’n Kind se opvoeding moet minstens ’n honderd

jaar voor sy geboorte begin

– S E Wishard

Moenie ’n kind beperk tot jou eie leerproses nie,

want hy is in ’n ander tyd gebore

– Joodse spreuk

17

PIONIER TELER VAN TOP

SIMMENTALERS EN SIMBRAS TREE

UIT

Top bloed in die RSA beskikbaar, ’n groot tree

vorentoe vir die ernstige teler

Die geskiedenis van die Dorsim Stoete is volledig beskikbaar

en dit vertel ’n interessante verhaal van toewyding en sukses

op die hoogste vlak in die land. Onlangse suksesse span die

kroon op jare van toewyding – sien die advertensie op vorige

bladsy.

Roe Wiid, gebore Hopetowner, het die Simmentaler stoet

in 1969 begin en dit uitgebou vanuit ingevoerde diere uit

Duitsland, met invoere in 1970 en weer in 1974. In 1996

is verdere invoere gedoen, onder andere Rekju se moeder.

Andries het in 1994 by die boerdery aangesluit en in 1995 is

die Simbra stoet begin. Hierdie stoete het oor die jare hul merk

gemaak en het deur prestasie ’n plek verdien in die geskiedenis

van die onderskeie rasse.

Die hoë peil van die stoet is die resultaat van ’n aantal

faktore:

• Deurlopende toewyding

• Uitstekende rekords

• Prestasietoetsing

• Streng seleksie vir funksionele doeltreffendheid …

• … wat lei tot aangepaste diere by ’n droë veeleisende

wêreld

Inhoud • Contents
“Ons fokus is op effektiewe diere. Ons glo nie aan uiterstes

in terme van grootte nie, ons is ‘middel van die pad’-telers

van puik diere. Ons glo aan prestasietoetsing as ’n goeie

middel tot ons doel. Met hierdie veiling sluit ons nou ’n

besondere vennootskap tussen pa en seun fi naal af”

– Roe en Andries Wiid

LANDBANK WAARDASIES SE

TOEKOMS

Gert Nel – Belasting direkteur & Hesna Rheeder

– Belastingbestuurder van PricewaterhouseCoopers

Bloemfontein

Tans bepaal die Boedelbelastingwet asook die Inkomstebelastingwet,

dat ’n persoon wat ’n bona fi de boerdery

bedryf, kan kies om sy vaste eiendom te waardeer teen sy

billike markwaarde of Landbankwaarde, vir doeleindes van

skenkings-, kapitaalwins- en boedelbelasting.

Die Wysigingswet van 2005 bevat egter nou bepalings wat

bogenoemde keuse wysig en maak dit nou baie duidelik hoe

waardasies, vir doeleindes van skenkings-, kapitaalwins- en

boedelbelasting, hanteer sal word vir plaaseiendom in die

toekoms. Die Wysigingswet sal waarskynlik voor einde

Desember 2006 deur die Parlement goedgekeur word.

In terme van die wysigings, word plaaseiendom se billike

markwaarde gedefi nieer as prys wat verkry kan word in ’n

armlengte transaksie tussen ’n gewillige koper en gewillige

verkoper in ’n ope mark minus 30%.

18

Kortliks, waarop dit neerkom is dat die waarde van

plaaseiendomme vir skenkings-, kapitaalwins- en boedelbelasting

doeleindes, die billike markwaarde min 30% sal

wees.

Die effek van hierdie wysiging is dat ’n eksekuteur nie nou

meer ’n keuse het nie. Indien daar dus plaaseiendom in die

boedel van ’n persoon is waarop ’n bona fi de boerdery bedryf

word, is die waardasie die geswore waardasie min 30%.

Na verskeie gerugte dat Landbankwaardasies totaal gaan

verval is hierdie wysiging in die Wysigingswet ’n nie te

nadelige voorstel nie.

Verder, indien persone dus nog hulle grond teen lae

lankbankwaardasies aan byvoorbeeld ’n trust wil verkoop vir

boedelbelastingbeplanningdoeleindes, sal sodanige besluit

dadelik geneem moet word.

By PricewaterhouseCoopers het ons die nodige kundigheid

en ondervinding om u behulpsaam te wees met

behoorlike belastingbeplanning. Skakel gerus die spesialis

belastingdirekteur Gert Nel of ons senior belastingbestuurder

Hesna Rheeder by Bloemfontein 051-503 4100 vir verdere

inligting.

Hierdie publikasie word deur PricewaterhouseCoopers

verskaf, slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit verteenwoordig

geensins die voorsiening van professionele advies nie. Die

inligting bevat in hierdie publikasie behoort nie konsultasie Contents

met professionele adviseurs te vervang nie. Raadpleeg eers ’n

professionele adviseur wat voorsien is van al die relevante feite

met betrekking tot u spesifi eke situasie voordat enige besluite

of optredes geneem word. Geen aanspreeklikheid word deur Inhoud
die skrywer, kopiereghouer of uitgewer aanvaar teenoor enige

persoon vir enige verlies wat ontstaan as gevolg van optrede

of nie-optrede op grond van die inhoud van hierdie publikasie

nie.

© 2004 PricewaterhouseCoopers Ing. PricewaterhouseCoopers

verwys na die lidfi rmas van die wêreldwye Pricewaterhouse-

Coopers-organisasie, waarvan elkeen ’n afsonderlike en

onafhanklike regsentiteit is.

OVK MEGANISASIE STREK OOR

DIE GRENSE

Nog produkte is in die pyplyn

Neels Hamman, bemarker: heelgoedere, sentrale streek,

het pas ’n netjiese planter, ’n Kuhn Matasa 4000, aan die

Reitumetse Church Project in Masenod, 12 km vanaf Maseru

verkoop. Dit is ’n Rooms Katolieke Kerk-inisiatief, wat onder

andere gemoeid is met ’n ouetehuis, ’n kinderhuis, ’n bakkery,

’n hoenderplaas, asook mielie- en droëboneverbouing.

HOFMEYR SE MENSE REËL PUIK

MEGANISASIEDAG

Belangstelling groot in OVK se suidelike

besproeïngsgebied

Hofmeyr se boerevereniging het op 12 Oktober 2005 op

die plaas Rondomdraai van Cas en Simon Jansen ’n puik

19

meganisasiedag gereël, saam met ’n aantal verskaffers. Vir

OVK se meganisasieafdeling was dit ’n goeie geleentheid

om ook hulle puik produkte, New Holland trekkers en Nissan

voertuie, vanuit hul Cradock meganisasiesentrum te vertoon.

OVK ONTVANG WEER PMR-

TOEKENNINGS

Goeie diens en prestasies word raakgesien, erken

Soos oor die laaste 14 jaar al het PMR (Professional

Management Review) weer vanjaar toekennings aan

verdienstelike organisasies gedoen op grond van

hul maatstawwe van voortrefl ikheid en prestasie op

verskillende terreine van die besigheidswêreld. OVK

koppel ʼn hoë waarde aan hierdie besondere erkenning,

en beskou dit as ʼn verdere aansporing om steeds hoër te

bly streef na beter dienslewering en behoud van ʼn hoë

standaard in al sy diensfasette.

Vanjaar is silwer toekennings verwerf op drie terreine,

soos omskryf op die sertifi kaat: “Companies doing

most in their sector to enhance the province’s economic

growth and development:

FIRST – Overall Tractor dealers • SECOND –

Contents

Overall Farming Equipment • SECOND – Farming •

co-operatives

Rated by Free State businesses and local provincial

government – Allocated by PMR Inhoud
EXCELSIOR, EN VRYSTAAT LANDBOU,

VEREER PETRUS SCOTT VIR GOEIE

DIENS

Jarelange diens en ywer op verskeie terreine

erken

Op 22 September, tydens ’n vergadering van Excelsior

Boerevereniging, is die geleentheid benut om namens

Excelsior en Vrystaat Landbou aan Petrus Scott, onlangs

uitgetrede direkteur van OVK en georganiseerde landbouman

wat oor baie jare troue en goeie diens aan die

boerderygemeenskap gelewer het, te vereer met ’n spesiale

eerbewys in erkenning van dit alles. Voorspoed Petrus, en

weer eens dankie vir alles namens alle OVKaners. – Red.

IMPERANI BOEREVERENIGING WORD

GESTIG

Heel eerste swart boerevereniging affi lieer

eersdaags by Vrystaat Landbou!

Op 25 Oktober is die stigtingsvergadering van hierdie nuwe

swart boerevereniging gehou. Dit het ontspring vanuit ’n

inisiatief by Soutkop Boerevereniging van Ficksburg met

Snyman Pretorius wat ’n leidende rol speel, saam met

entoesiastiese medewerkers, soos OVK en ook verskaffermaatskappye

aan OVK. Sommige maatskappye het ook

al sterk ontwikkel op die nuwe pad en beskik oor bekwame

20

swart ampsdraers wat vanuit hul kundigheid bydraes op die

ontwikkelingspad maak, onder andere ook by hierdie dag, waar

Bayer se man, Dr Phumzile Qwabela, lekker oor veemedisyne

en dieregesondheid met die opkomende boere gesels het.

NÓG HOLLANDERS KOM KUIER

’n Hele veertig stuks toer deur SA, ervaar ook

Tweespruit Meule

Barnie Barnard van CanAfrica Tours was weer by OVK met

’n toergroep Hollanders en OVK se meule personeel het weer

’n groot bydrae gemaak om hulle welkom te laat voel. Hulle

kon sommer baie leer by Frik Nel, die meulebestuurder, wat

ook hierdie groep op ’n begeleide toer deur die plek geneem

het, soos etlikes al in die verlede.

Voor die besoek aan Tweespruit was hulle by Gilly Scheepers

van Fouriesburg, waar hulle die skoonheid en varsheid van

ons wêreld se hoogste berge kon sien en ervaar.

FAURESMITH SE VROUENS TOER NA

OVK-NOORD

Besoek OVK, en ander interessante plekkeContents

Die week van 24 tot 27 Oktober was ’n rooiletterweek vir ’n

paar vrouens van Fauresmith wat die droogte en ellendes van

min reën vir ’n paar dae afgeskud en koers gevat het na die

mooi plekke in die noordelike dele van OVK. Inhoud
Die Maandagoggend was hulle by OVK se Tweespruit

Meule aan, het gekyk en gevra en hulle verstom aan al die

werksaamhede by so ’n plek waar koring en mielies gemaal

en die eindproduk afgerond word vir bemarking. Daarna is

hulle na OVK se hoofkantoor waar hulle iets ligs geniet het

en van die hoofbestuurslede ontmoet het. Die middag is hulle

na Fontaine en Zoe Bartleman op Thebes, Ladybrand, wie

se miniatuur trekkertjie-versameling, en ook die antieke ou

trekkers, net te pragtig vir woorde was. Die middag het hulle

Pietie en Karina Botha van Ben Nevis se gasvryheid geniet

en dit het oorgeloop in ’n heerlike aandfunksie waartydens

Pietie’hulle vir hulle vertel het van die produkte van kersies

wat hulle maak. Die wet sê jy mag nie sê kersie“wyn” nie,

want net druiwe kan aan die woord “wyn” gekoppel word,

maar vir die res maak Pietie’hulle ewe lekker drinkgoed van

kersies, skop en al.

Die volgende dag is hulle na Flip en Riana Minnaar van

Vlakbult se aanleg, “Hoogland Eteriese Olies”, waar Riana ’n

volledige aanbieding gegee het oor hulle interessante bedryf

waarmee eteriese olies uit ’n wye verskeidenheid plante

gehaal en kommersieel bemark word. Daar is van alles iets

– ’n besondere en suksesvolle inisiatief, maar ’n veld wat

kundigheid en vermoëns vereis en wat van die Minnaars ’n

leeftyd van toewyding en ywer gevra het om te bring waar dit

tans is. Opvolgend is Heléne Joubert van Makoadi besoek en

kon hulle die pragtige Angora konynbedryf leer ken.

Na hulle Fouriesburg ook beleef het, met Meiringskloof hul

oornagplek, het hulle ook Clarens en Golden Gate in die

opvolgende dae besoek, en die Donderdag is hulle terug na

Fauresmith. Wat ’n toer! Die groep sou eers veel meer gewees

21

het, maar met die normale uitdunning van getalle wat maar

gebeur, was die groep uiteindelik klein. Almal is egter oortuig

dat afvalliges wat die toer misgeloop het groot verloor het.

Onthou volgende keer, byt vas en wees enduit deel daarvan.

Geleenthede soos hierdie is kosbaar!

VRYSTAATSE VROUELANDBOU-UNIE

SÊ DANKIE AAN HULLE BORGE

Oggendtee nét die ding vir so iets!

Tydens ’n oggendtee met versnaperinge het die Vrystaatse

Vrouelandbou-unie op 20 Oktober sy borge onthaal en aan

hulle dankie gesê vir hul volgehoue steun aan die vroue se

groot saak. OVK was ook daar, en soos in die verlede, sal

hy graag in die toekoms deel bly van hierdie waardevolle

organisasie en sy voortrefl ike ampdraers.

ELIZE PRETORIUS VAN NWKV,

REDAKTEUR VAN WOLBOER

Elize Pretorius kom al ’n aantal jare saam met Die

Wolboer en is deel van sy sukses. Sy is onlangs aangestel

as bestuurder van openbare betrek kinge van die Nasionale

Wol kwe kersvereniging. Ons wens haar graag alle sterkte

en sukses toe met die nuwe verantwoordelikhede. Haar

kontakbesonderhde is: Tel: 041-3655030 / Sel: 083-

6510371 / Faks: 041-3655035

Inhoud • Contents
OVK SHOWS THE BIGGER WORLD TO

SCHOLARS

Introduce them to all the facets of the

agricultural business world

Recently the department of human resources of OVK launched

an initiative to introduce scholars of Clocolan High School

to some of the departments of OVK which keep the business

wheels rolling for the company. Successive small groups

of scholars visited OVK’s head offi ce in Ladybrand over a

period of a few days, and OVK personnel gave talks to them

on various facets of their respective departments, and in the

process constructing a full picture to the children of how such

a big organization functions.

Thumbs up for Human Resources! This surely is the way

to go in reaching out and developing young people for the

challenging world awaiting them after school.

AGRI SA HOU KONGRES IN

KIMBERLEY

Op 13 en 14 Oktober was Kimberley vol landbouers van oor

die hele RSA, want dit was weer kongrestyd. Die onderwerpe

“herverdeling van grond” en “swart ekonomiese bemagtiging

(SEB)” het veral in die kollig gekom. Dit het baie besprekings

ontlok en die pers het volledig oor besprekings en besluite

gerapporteer. Die algemene gees van welwillendheid en ’n

22

opregte soeke by boere na werkbare planne het duidelik in die

besprekings na vore gekom en is ook so in die pers gedra.

Minister Thoko Didiza was ook daar en daar was ’n opvallende

groter genaakbaarheid jeens die boere vergeleke met wat by

die nasionale grondberaad van haar vervaar is.

Tydens die mediakonferensie was die goeie verhoudinge

tussen Lourie Bosman, president van Agri SA, en Minister

Didiza ook duidelik.

Daar was egter groot kommer by kongresgangers oor die

Departement van Grondsake se hantering en afhandeling van

aansoeke om fi nansiering vir grondaankope.

Hierteenoor bestaan daar groot welwillendheid by boere en

is daar selfs in sommige distrikte ’n lys van beskikbare grond

aan Departement Grondsake beskikbaar gestel, maar wat

ongelukkig nie deur hulle opgevolg word nie.

Ten tye van ons skrywe was daar ywerig planne gemaak vir

besprekingswerkswinkels, waar Agri SA, in samewerking

met die provinsiale landbou-unies, ’n nuwe konsephandves

sal bespreek.

Tydens die kongres is sertifi kate vir suksesvolle studies in

bestuur toegeken aan studente oor die land, mense wat al reeds

vir jare al diep in die landbou staan. Lize Pretorius, Cerneels Contents

Pietersen, Jack van Dyk, Thinus Ferreira, Japie Engelbrecht,

Reid Wardle, Johan Keller, Sandy LaMarque, Derek Matthews,

Boela du Toit, Anton Rabe en Jack van Wyk. Professor Gerrie

Roodt was hulle studieleier. Hartlik geluk aan almal! Inhoud
TWEESPRUIT BIED CALEDON 400

AAN

Op 23 en 24 September vanjaar was dit toe die tweede keer

dat die Caledon 400 in Tweespruit aangebied is. In Augustus

is die voorloper daarvoor, bekend as die Tweespruit 200

aangebied om die mense reg in te stel vir die grote wat

sou volg. Die Caledon 400 is ’n nasionale kompetisie en

deelnemers verwerf met hul prestasies punte vir nasionale

kleure.

Deelnemers het van oor die hele land hier saamgetrek vir

die groot ry oor ’n roete van meer as 200 km. Die Caledon

400 is aan die begin vir 3 jaar deur Wepener aangebied,

gevolg deur die volgende 3 jaar in Dewetsdorp, en die

afgelope 2 jaar was dit Tweespruit se beurt. Vanjaar was

daar 250 deelnemers, gelykop verdeel tussen motorfi etse

en vierwiel motorfi etse, die sogenaamde “quad bikes”.

Aanvanklik was motors ook deel van die kompetisie, maar

dit is later uitgefaseer.

Die plaaslike organiseerders was Phillip Henning, Lionel

Flanegan, Pule Henning, Jacques van Wyk, Geoffrey

Johnson, Piet Scott en Joe van der Walt. Die Caledon

400 is aangebied as ’n gesamentlike plaaslike poging van

Tweespruit Klub (wat die verversings versorg) en Tweespruit

Boerevereniging (wat die baan merk en versorg), ’n taak

wat onder beheer van en in samewerking met die Caledon

400 Klub gedoen word.

Geluk Tweespruit met julle opwindende inisiatiewe! – Red

23

THE MOFFETTS OF KIRKLINGTON,

FICKSBURG, REACT – CLOSE FAMILY

OF J C ROUS OF MIDDELBURG (THE

BLOKE WITH THE BIG KUDU)

After OVK’s September edition was sent out, we received the

following interesting letter from Jill Moffett of Kirklington,

Ficksburg, with information about her direct connections with

James Cole Rous, the man who shot the world record kudu in

1916 in Lydenburg. Especially the OVKaners from Colesberg

and Middelburg may be interested. Here is her story:

“Interesting how family matters come to the fore. A few pieces

of information about James Cole Rous, with his big kudu in

OVK Nuus / News of September, and where he came from,

may be of interest to our readers.

About the Rous family: Captain James Rous (James Cole

Rous’s grandfather) left England for South Africa in 1836.

He married a Miss Cowper of Simonstown and they had 3

children. The eldest was James, born 1840. He married Alexa

Cole and they had 3 children: Winifred, Vassal and James

(born 1874, the year his father died aged 34). James Cole Rous

married Anna Louie Flemmer in 1902.

The Flemmers: We are from the Flemmer family’s side:

Dr Augustus Christian Flemmer married Betty Von Abo in Contents

Denmark and with their 7 children left for South Africa in 1853

and settled in Cradock. Their eldest son, Ludvig, married Anna

Distin, whose parents owned Tafelberg Hall near Middelburg

(Cape Province), in 1869. Now here is the connection: Their Inhoud
eldest daughter, Anna Louie Flemmer, married James Cole

Rous in 1902. They had 5 children including twins, Graham

and Leslie, the latter being the father of Robin Cole Rous, and

grandfather of Gavin, Trevor and Edwin of Colesberg, who

featured in the article.

Anna Louie’s brother, John Distin (called Jack) Flemmer

married Maud Croxford in 1899 and they had 7 children, one

of which was Gwynneth who married Charles Ross (of A.Ross

& Co), the parents of Jill Moffett of Kirklington, Ficksburg

– me!

So, to conclude, Gwynneth Flemmer and Leslie Cole Rous

were 1st cousins, Anna Louie Rous (James Cole Rous’s wife),

also known as “The Little Dane”, was my great aunt and

she wrote a manuscript of 120 pages about the Flemmer and

Rous families in 1935. I have a copy and interested readers

are welcome to phone me at 051-9333302, our number at

Kirklington, Ficksburg. Our e-mail address is doey@telkomsa.

net. Kind regards, Jill Moffett”

(“PS: Regarding the Coaker-story of two edition ago, there

is also a very close connection between the above mentioned

Flemmer family and the Coakers: Dr Christian Augustus (this

is the correct way round. We had it back to front from The

Little Dane’s book) Flemmer married Betty von Abo and they

had 7 children. They arrived in S.A. in 1853. Their daughter

Charlotte Marie Louise Flemmer (Ludvig’s sister – the Rous

connection) married Edward Gilfi llan in 1864. The Gilfi llan

family played a major role in the Cradock area over many

years. Edward Gilfi llan and Louise’s son Douglas married a

Miss S. de Jongh and their daughter, Vera, married Norward

24

Edward Coaker, Horace Coaker’s elder brother. They had 2

sons, William and John. With kind regards, Jill”)

SYBIE ECKARD IS DIE NUWE

HANDELAARSHOOF VAN NISSAN

LADYBRAND

Sybie Eckard is die nuwe man van Ladybrand Nissan te

Ladybrand, en hy het mooi planne vir die agentskap. “Ek

sal Nissan se puik voertuie graag volledig tot hul regmatige

plek in die mark wil help lei en ondersteun deur kundige

leiding aan voornemende kopers, goeie, effektiewe, deeglike

naverkopediens en steun aan kliënte in die algemeen.

Belangstellendes kan enige tyd kom inloer by ons, en daar

is altyd tyd vir ’n koppie tee, en vir voel en vat aan die mooi

rygoed op die vloer.”

Sybie is op 28 Desember 1950 in Germiston gebore, maar het

grootgeword in Nababeep, waar sy pa ’n mediese dokter was.

Hy het aan die Hoër Jongenskool in die Paarl gematrikuleer

en was daarna in die bankwese, eers by ABSA, toe Trust Bank,

voor hy by Total in Bloemfontein aangesluit het. In 1985 het

hy diens by Ladybrand Koöperasie as versekeringsadviseur

aanvaar. Hy was onder andere jare lank betrokke by oesen

lewensversekering. Op ’n tydstip was daar vir hom ’n Contents

geleentheid om aan te skuif na ’n heel nuwe, en ook uitdagende

terrein, en is hy na die meganisasie afdeling van OVK, eers na

Toyota en vanaf Oktober 2005 as handelaarshoof van Nissan

op Ladybrand. Inhoud
Sybie is met Yvonne Dalton getroud en hulle het twee seuns,

Francois (24), ’n argitek en bourekenaar, en Christiaan (22),

’n grafi ese ontwerper. Sy belangstellings sluit in gholf, lees en

skilder, duidelik ’n man van vele talente!

Ons beste wense vir Sybie op sy nuwe pad met die Nissans!

LLEWELLYN ANGUS VAN WISP-WILL-

STOETERYE, ARLINGTON, IS 2005 SE

VRYSTAATSE BOER VAN DIE JAAR

Daar was onlangs weer ’n paar toekennings aan uitne mende

boere gemaak en OVK is met reg trots dat Llewellyn Angus

van Arlington sommer stewig gestaan het in van hulle. Hy was

vanjaar die Land bouskrywersvereniging van die Vrystaat se

Vrystaatse Boer van die Jaar vir 2005, ’n besondere toekenning

wat hom verder geneem het na die nasionale kompetisie toe,

waar hy onder die voorste vier geëindig het. Hartlik geluk,

Llewellyn! Lekker om Arlington ook so in die groot prentjie

te sien!

Llewellyn kom ook al ’n ver pad met sy omvangryke, effek tiewe

en suksesvolle boerdery, en as teler beklee hy ’n prominente

plek tussen ander telers. Dit blyk duidelik daaruit dat hy in

2004 se kompetisie van Landbouweekblad en Breedplan die

wenner was as SA Stoetteler van die Jaar. Pick ’n Pay is ook

’n sterk borg in hierdie kompetisie.

Llewellyn is onlangs herkies tot voorsitter van die

Fede rasie van Registrerende Owerhede (met die Stoettelersgenootskap

en die Breed planstelsel onder andere deel van

25

’n wêreldstelsel deur middel waarvan die heel beste genetiese

teel waardes bepaal word). Hy het vanjaar as president van die

Simmentaler- en Simbra Stoettelersvereniging uitgetree nadat

hy die pos vir 6 jaar beklee het. Hy dien nog op dagbetuur van

die Simmentaler- en Simbra telersverenigings.

Lede kan gerus al ’n aantekening maak van Woensdag 15 Maart

2006 wanneer Wisp Will Stoet se 20 ste produksieveiling van

Simmentalers, Simbras en Merino’s gehou gaan word, ’n groot

deel van die aanbod stoet en die res topgehalte kommersiële

diere. Verder kan die datum vir die grootste Simbra-bulveiling

in die land gerus ook al aangestip word, naamlik Wisp Will

(en gasverkopers) se bulveiling van Simmentalers, Simbras

en Brahmane, wat op Dinsdag 1 Augustus 2006 (DV) gehou

gaan word.

WITPUT STASIE WAS VIR

JARE DIE MEKKA VAN

STOOMTREINFOTOGRAWE

OVK deel stil stil in iets baie besonders uit die

Noord-Kaap

Stoomtreine van weleer was op die lang, gelyk trajek

tussen Modderrivier en Oranjerivierstasie baie gesogte Contents

afneemmateriaal vir entoesiastiese fotograwe van toenderjare

wat net nooit genoeg kon kry nie van daardie kokende wolke

wat so uit die stoomtreine uitgekom het as hulle op spoed was

nie. Die trajek was wêreldbekend by fotograwe. Inhoud
Die verhale loop daar rond van fotograwe wat van oor die

wêreld daar by Witput Hotel ingeboek het, en enige tyd, in

ysige winterkoue, vroegdag, maak nie saak nie, hulle langs

die spore agter hulle driepote ingegrawe het hul om hierdie

ou konings van die staalspore, juis hiér, af te neem. Want die

gelyktes hier bied die geleentheid vir lekker vinnig ry, en

dan hol sulke treine mos soos net soos hulle kan hol! Ketlik,

ketlik, ketlik, en daardie effense waggel. Lekker! Hierdie

foto hang in die Witput Hotel van destyds, deesdae gebruik

as boereverenigingplek, en ook as gastehuis, getuienis van

sewentig of meer jare terug se nostalgie wat ons nooit weer

sal sien nie. – MCF

OVKANERS, KOM TOER SAAM NA

NEDERLAND IN 2006!

BESOEK “HET ANDERE NEDERLAND”

Alle OVKaners, daar word twee toere in 2006 na Holland

beplan, spesiaal gefokus op OVK se mense. Van 16 Mei 2006

tot 30 Mei 2006.

Die toerleiers is Barnie Barnard en Mariëtte Kokxhoorn, die

eienaars van Canafrica Tours & Safaris (Pty) Ltd. Barnie is

van ’n plaas in die Marico en Mariëtte uit Den Haag, beide

tans in Pretoria. “Ons het gedurende 1994 as gidse begin werk,

en kort daarna as toeroperateurs, met ’n spesiale teikenmark

Holland en België. Ons eerste groep na SA was dan ook boere

vanuit Holland. Sedertdien het ons besigheid uitgebrei om ook

ander toeristegroepe na Suider Afrika in te sluit. Ons het ook al

’n groep boere na Holland, Duitsland en Denemarke geneem.

26

Ons behoort aan die toeriste-organisasies SATSA en ATOI.

Laasgenoemde is gerig op al die toeroperateurs gemoeid met

landboutoerisme wêreldwyd. (Hoofkantoor Nieu Zeeland).

“Aangesien ons al ’n groot getal boere en landboubelangstellendes

deur Suid Afrika geneem het, ja, tot selfs binne OVK

se hoofkantoor, het die gedagte begin vorm aanneem om ons

RSA-mense, en spesiaal OVK se mense, die Hollandse boere

en hulle dinge te laat sien. Ek en Mariëtte het die platteland

van Holland deurkruis en dit geweldig interessant en leersaam

gevind. Die verskillende provinsies en dorpies is eenvoudig

pragtig met ’n eie karakter, en ’n Afrikaner kan nogal bietjie

verstaan wat gesê word! Die plaaslike OVK-boere, wat ons

Hollandse gaste so gasvry ontvang het, het laat blyk dat hulle

graag wil gaan kyk “hoe boer die Hollanders”. En die boere

vanuit Holland het ook hartlik uitgenooi! So …laat ons gaan

kyk!

Ons bring besoek aan al twaalf provinsies van die pragtige

Holland. Ons onderneem die reise in samewerking met

Agro Reizen van Arnhem, ’n onderneming met integriteit

en spesialiskennis van die landbou aldaar. Die toer behels ’n

goeie mengsel van landbou en toerisme, met ook genoeg tyd

om self rond te kyk en inkopies te doen. Ons vermy die groot

stede want, glo ons, meeste mense het dit al gesien. Slegs die

laaste dag is ons in Amsterdam. Om die toer ’n naam te gee: Contents

“Suid Afrikaanse boere op reis na ‘Het andere Nederland’”

(Kontaknommers: tel 012 460 8423 of 012 460 9440 faks

012 346 6967 / e-pos: canafrica@mweb.co.za 082 458 3886

/ Barnie of Mariëtte) Inhoud
TOERPLAN: “Het andere Nederland”

Dag 01: Ontmoet mekaar by Johannesburg lughawe. Vertrek

na Schipol Lughawe by Amsterdam

Dag 02: Noord Holland – ontmoet u gids en vertrek na die

pragtige ou “water-dorpies” Monnickendam en Marken.

Begeleide wandeling om hierdie unieke ou vissersdorpies te

bekyk. Via Volendam na Hoorn, ’n ou VOIK stadjie aan die

Ijsselmeer. Geniet die Wes-Friese landskap op’n stoomtrem

na Medemblik.

(A B & O) HOORN OMGEWING

Dag 03: Friesland – ry oor die besonderse afsluitdyk na

Friesland. Vandag sien ons die prag van die Friese mere.

Sien hoe duisende hektare met mekaar verbind is deur kanale

en mere. Ons besoek Workum. Al wandelende sien u ou

historiese huisies. Leer meer van Jopie Huizman en Euzie –

die – zwerver. Verder na Grou en Earnawald op klein bootjies

in die veen-gebied. Oornag te Oudega

Dag 04: Groningen – besonderse landskap onderweg na

Groningen. Besoek ’n Friese aartappelboer. Met kano op

klein meertjies, wandel oor die dyke. Ry met’n fi ets (kan julle

nog?) deur die boerderye. Leer die provinsie en sy mense ken.

Oornag: Ter Apel

Dag 05: Drenthe – Pragtig! Besoek BARGER COM-

PASCUUM. Koffi e met “Turfje”. Besoek klein dorpies met

meule, kerk, kroeg en bakkery. Geniet ’n Drenthese koffi etafel

vir middagete. Ontdek die gebied. Oornag

27

ANSEN

Dag 06: Overijssel – vandag na Giethoorn vir koffi e en

rosyntjiekoek. Met ’n boot en piekniekmandjie ontdek die

pragtige waterdorpie. U ruil die boot vir ’n fi ets en geniet

die besonderse gebied. By die vishandelaar Hubanet word

verduidelik hoe met palings gewerk word! Weereens ’n

wonderlike ervaring. Oornag: Meppel / Steenwijk

Dag 07: Flevoland – vandag besoek u die “jongste provinsie”

Flevoland. Besoek landbou-aktiwiteite en leer meer van hierdie

intensiewe landbougebied, herwin uit die see. Middagete op

’n boerdery. Volg die kontoere van die vroeëre eiland op ’n

Schokkerwa. Oornag: Dorhout – Biddinghiuzen

Dag 08: Gelderland – besoek ’n hoenderboerdery in die

omgewing van Ede/Barneveld. Middagete is tradisioneel

Doesburgse mosterdsop en rogbrood met spek! Geleentheid

om museums te besoek of te stap. Besoek De Gildehof met

’n drankie in die mosterdhoeve, asook ’n besoek aan die

Nederlandse opelug museum in Arnhem. Oornag: Arnhem

Dag 09: Limburg – vandag ’n heel besonderse stadjie,

“Thorn”, ook bekend as die “witte stadje”. ’n Spesialis gids

neem u deur die ou stadskern met ’n pragtige Abdijkerk.

Na middagete te Arcen met ’n wandeling in die kasteeltuine

van Arcen. Onderweg, ’n besoek aan ’n bierbrouery. Oornag

Thorn.

Dag 10: Noord-Brabant – vandag onderneem u ’n rit langs

die pragtige “langgevelboerderijen”. Prentjiemooi plasies van

ou Brabantse boerderye. Dorpies wat u besoek: – Liempe,

Den Dungen en Sint-Oedenrode. Vervolgens kom ons aan

in Heusden, een van die moois bewaarde vestingstede met
TOER: “HET ANDERE NEDERLAND”

OPSOMMING: DATUMS, KOSTES, ENS.:

• Ons vlieg met KLM Lugdiens

• Eerste toer: Van 16 Mei 2006 tot terug op 30 Mei 2006

(R21 900 per persoon wat deel)

• Tweede toer: Van 07 Augustus 2006 tot terug 21

Augustus 2006 (R22 900 per persoon wat deel

(Vir persone wat nie wil deel nie is onderskeie pryse

R2 900 duurder)

**Pryse onderhewig aan verandering- omstandighede by

vlugte, ens kan effe wysig.

Inbegrepe by die prys: Afrikaans-, Nederlands- en

Engels sprekende toerleier/leidster (SA) en Nederlandse

gids. Alle toegangsfooie en besoeke soos per reisplan /

Geriefl ike 3-ster akkommodasie / provinsiaal- / luukse bus

met toilet en lugversorging / 10 middagetes / 13 ontbyte /

7 aandetes / 1 afskeidsete Amsterdam / lughawebelasting

(tans R1 000) / visumkoste (tans R280)

Nie inbegrepe: Persoonlike uitgawes, byvoorbeeld:

sigarette, telefoon, drankies tydens maaltye of andersins

/ Etes en uitstappies wat nie voorsien is in reisplan nie

/ Vervoerreëlings na Johannesburg en kostes daaraan

verbonde / Koerierkostes / versendingsposkostes.

28

argitektuur wat dateer vanuit die 16e eeu. Die middestad is

gerestoureer volgens die planne van ene Blaeu in 1649! Baie

“loop-en-kyk”-werk om te doen. Heusden is bekroon met die

hoogste Europese restourasieprys – “Urbes Nostrae”. Bergen

op Zoom.

Dag 11: Zeeland – na ontbyt vertrek u na Yerseke in

Zeeland. Hier word ’n mosselbedryf bekyk onder leiding van

’n deskundige gids. By die hawe sien u mossel- en oesterkotters

en kotterskepe. Dalk geluk dit om die valkenier te sien wat

die seemeeue weghou. Natuurlik – vis vir middagete. Hierna

besoek u Waterland Neeltje Jans. ’n Gids vertel en wys alles

oor hierdie vloed-weer tegniese wonderwerk. U ontvang ’n

brosjure oor “De Deltawerken” om meer te lees oor hierdie

volk se omgaan met oorstromings. Zierikzee is ’n baie ou

pragtige hawestadjie met baie te sien, en te wandel. Zierikzee

(pragtig)

Dag 12: Zuid-Holland – vanoggend besoek u die meulens

van Kinderdyk. Dit word gevolg deur ’n besoek aan ’n

rooskwekery en groenteboerdery. Na middagete kom ’n

kaasmaker in Krimpenerwaard aan die beurt. U word ontvang

met koffi e en koek voor u deeglik gewys word hoe mens

boerekaas maak.

Voor aandete word Culemburg besoek, die dorp waar Jan van

Riebeeck gebore is in Suid-Holland.

Dag 13: Utrecht. U besoek die vriendelike vissersdorpie

Spakenburg. Baie om te sien. Ervaar die dinamiek van “om

deur water omring” te leef. Die “Bruine Vloot” neem u vir

’n kort rit op die Eemmeer. In die middag word ’n melkery

besoek. Baarn.
Dag 14: Noord-Holland – ’n besoek aan Nederland is

sekerlik nie volledig sonder Amsterdam nie. U besoek ’n

interessante boerdery in die oggend voordat u op ’n bootrit op

die gragte van Amsterdam vertrek.

Na middagete word die museum van Anne Frank besoek.

Daarna is u die middag vry om rond te kyk en winkels te

besoek. Afskeidsete te Restaurant De Kas, Amsterdam.

Dag 15: Afskeid van u chauffeur en gids. Na Schipol vir

vertrek tuiswaarts. Laataand: aankoms te Johannesburg.

Kom aan boere, daar is al sterk belangstelling! – Red.

ABOUT YOUR FRIENDS

It is better to be alone, than in the wrong

company

Tell me who your best friends are, and I will tell you who you

are. If you run with wolves, you will learn how to howl. But,

if you associate with eagles, you will learn how to soar to great

heights. “A mirror refl ects a man’s face, but what he is really

like is shown by the kind of friends he chooses”.

The simple but true fact of life is that you become like

those with whom you closely associate – for the good and

the bad. The less you associate with some people, the more

your life will improve. Any time you tolerate mediocrity in

others, it increases your mediocrity. An important attribute in

successful people is their impatience with negative thinking

and negative acting people. As you grow, your associates will

29

change. Some of your friends will not want you to go on. They

will want you to stay where they are. Friends that don’t help

you climb will want you to crawl. Your friends will stretch

your vision or choke your dream. Those that don’t increase

you will eventually decrease you.

Consider this:

• Never receive counsel from unproductive people.

• Never discuss your problems with someone incapable of

contributing to the solution, because those who never succeed

themselves are always fi rst to tell you how. Not everyone

has a right to speak into your life. You are certain to get

the worst of the bargain when you exchange ideas with the

wrong person.

• Don’t follow anyone who’s not going anywhere. With some

people you spend an evening, with others you invest it.

• Be careful where you stop to inquire for directions along the

road of life.

• Wise is the person who fortifi es his life with the right

friendships. “There are things that we never want to let go

of, people we never want to leave behind, but keep in mind

that letting go isn’t the end of the world, it’s the beginning of

a new life.”

Author Unknown

’n Goeie koerant is ’n nasie in gesprek

met homself

– Arthur Miller

Inhoud • Contents
FUNKSIE VAN ’N SPUITKOP

Nick Sanders, besturende direkteur,

Rovic en Leers, Johannesburg

In die uitgawe van September 2005 het ons gesels oor die

toediener en sy bestanddele, naamlik die houer, pomp,

reguleerder en spuitarm. Dit is dus nou tyd om te gesels oor

die belangrikste komponent van die toediener, naamlik die

pomp en sy spuitkoppe.

Die funksie van ’n pomp is meervoudig:

1 Om die vloeistof (mengsel) teen ’n voorafbepaalde dosis

toe te kan dien.

2 Om die vloeistof teen die voorgeskrewe druk toe te kan

dien.

3 Ook om, soos ons in die vorige artikel bespreek het,

mimstens 5% van die houer se vloeistofvolume te beroer

deur deeglik menging.

Spuitpunte of spuitkoppe (“nozzles”):

Spuitkoppe word beskou as die mees belangrike, mees

sensitiewe, gevoelige of bepalende deel van die spuit of

toediener vir suksesvolle bespuiting. ’n Groot verskeidenheid

is beskikbaar, elkeen ontwerp vir ’n spesifi eke doel.

Wat is die funksie van ’n spuitkop?

1 Om die regte hoeveelheid vloeistof te meet wat toegedien

moet word. Dit sal die effektiwiteit van chemikalieë

verbeter of verhoog, sal koste bespaar en sal ook opbou

van weerstandbiedendheid van insekte of organismes teen

chemikalieë voorkom.

30

2 Om vloeistof op te breek in druppels. Druppelgrootte word

gewoonlik verwaarloos, of nie noodwendig in ag geneem

nie, in ’n spesifi eke spuitprogram. Druppelgrootte is die

mees belangrike faktor vir suksesvolle oesbespuiting!

3 Druppelpatroon. Verskillende spuitkoppe produseer

verskillende spuitpatrone of -hoeke. Elkeen is korrek

ontwerp vir sy spesifi eke doel. Dit is daarom uiters

belangrik dat die regte spuitkop geselekteer word vir die

werk wat gedoen moet word.

4 Om die druppel momentum te gee om die teikengebied wat

gespuit word te tref.

Onkruiddoders: Oor die algemeen word onkruidddoders op

twee maniere toegedien naamlik, vooropkoms en na-opkoms.

Vooropkoms: Dit is gewoonlik die mees eenvoudige manier

van bespuit. Dit is belangrik egter dat die regte spuitkop

gebruik word om met relatief groot druppels (ongeveer 400

mikron deursnee) eweredig op die teikengebied toe te dien teen

’n druk van ongeveer 1 tot 5 bar met ’n platwaaier spuitkop

(“fl at fan nozzle”).

Na-opkomsbespuiting: Afhangende van die hoeveelheid

onkruid wat bespuit moet word, sal bespuiting oor die

algemeen met ’n ietwat kleiner druppel gedoen moet word,

naamlik van deursnee ongeveer 250 tot 350 mikron teen ’n

druk van ongeveer 3 tot 5 bar, en dit word behaal met ’n kleiner

platwaaier spuitkop (“fl at fan”) of met ’n dubbele platwaaier

spuitkop (“twin fl at fan nozzle”).

Neem kennis! Dit is belangrik om te weet dat wanneer daar

spesifi ek rybespuiting gedoen word ’n eweredige platwaaier
spuitkop (“even fan nozzle”) aangekoop word! Weet ook -

wanneer algehele bespuiting gedoen word, dat nié ’n eweredige

platwaaier (“even fan nozzle”) gebruik word nie sodat nie ’n

dubbeldosis toegedien word by die oorvleuelingsarea nie!

Insekmiddels / swamdoders: Hierdie soort middels word oor

die algemeen met ’n holkeël spuitkop gespuit (“hollow cone

nozzle”). Die druppels lê in die buitenste ring van die koniese

spuitpatroon, wat met hoeke van verskillende grade na alle

kante toe spuit om ’n verhoogde penetrasie teweeg te bring. ’n

Drupplgrootte van ongeveer 120 tot 200 mikron teen ’n druk

van ongeveer 6 tot 20 bar word gebruik.

Bostaande inligting is net ’n algemene riglyn en is nie

noodwendig presies toepaslik in alle omstandighede nie.

Volgende keer kyk ons in meer detail na druppelgrootte,

penetrasie en benatting in spesifi eke praktiese omstandighede.

Dit sal met sketse toegelig word. Vir meer inligting of vir

gesprekvoering oor die onderwerp, skakel met OVK se

meganisasie-afdeling.

OPLEIDING TE GROOTFONTEIN

LANDBOUKOLLEGE IS WAARDEVOL

Skaapbestuurskursus: ’n Kursus in skaapbestuur is vanjaar

die eerste keer deur die Landboukollege Grootfontein

aangebied. Dit vorm deel van die kortkursusse wat jaarliks

gedurende die Julievakansie aangebied word.

Practical courses at Grootfontein valuable and

serving a good cause

31

Personnel at the Grootfontein Agricultural college is making

good progress in their effort to render support and service to

the farming community and its keen work force.

Wool course: The wool course presented recently by the

Grootfontein Agricultural College forms part of the short

courses offered annually during the July holidays. It provided

those who attended the opportunity to learn about wool

classing by means of lectures, as well as practical work done

in the wool shed at Grootfontein.

Course on goat farming: A course on goat farming was

introduced this year as part of the short courses offered

annually by the Grootfontein Agricultural College.

Course on wind mills: A course on the maintenance and

repair of windmills was offered for the fi rst time this year

by the agricultural college. It forms part of the short courses

offered each year during the July holidays.

...en by Grootfontein gaan dit nie net oor die dinge buite die

huis nie – soos in enige dinamiese besigheid is rekenaars

en deel van die toekoms daarvan, en ook dit kry die nodige

aandag

’n Rekenaarkursus vorm deel van die kortkursusse wat jaarliks

deur die Landboukollege Grootfontein aangebied word, en ’n

onlangse aanbieding daaroor is onder meer deur die volgende Contents

persone bygewoon: Voor: Shadrack Mali van Van der Kloof

en Kobus de Vry van Middelburg. Agter: Rebecca Mbovane

van Middelburg, Mervin Fillis, mede-aanbieder en Johanette

van Heerden, aanbieder van die kursus. Inhoud
DORPSMEENTE SNUIFGETRAP

Uiteindelik vou dravermoë

Ons sien die dinge op baie plekke. Dit is ook opvallend aan die

uitbrei, hierdie afknouing van die veld op dorpsmeente deur

die deurlopende aanhou van te veel vee dwarsdeur die jaar.

Die vee, oorwegend maar net beeste, hou gewoon maar net

aan met vreet en uiteindelik is daar net kaalgeskeerde veld oor

wat geen kans het vir enige waterretensie na reëns nie. Hierdie

proses omvorm goeie veld sommer gou tot hopelose veld.

Alles gaan om verantwoordelikheid en rentmeesterskap,

soos dit immers die geval is by elke plaas in die land, en as

munisipaliteite nie hul verantwoordelikheid hieroor besef en

aanvaar nie, kan ons maar ’n streep trek deur sulke veld. Dit

gaan nie oor die reg van ’n mens op ’n bees nie, dit gaan oor

die reg van die veld op verantwoordelike rentmeesterskap.

Om watter ander rede as swak rentmeesterskap, en geen

aanvoeling vir verantwoordelikheid nie, lyk Lesotho (en baie

dorpsmeente in ons land) se velde so verwoes? – MCF

JOHN BOULLE IS THE NEW BREED

DIRECTOR OF THE ANGUS SOCIETY

OF SA

The Angus Society of South Africa is pleased to announce the

appointment of John Boulle as Breed Director of the Society.

John, a professional animal scientist, comes to the society with

a wealth of experience in the cattle industry. His work will

32

include breed promotion and direction as well as management

of the Angus Beef Project. Prior to coming to the Angus

people he worked in Uganda on a Danida funded project for 2

years in Africa, teaching Ugandan, Kenian and Ruandise farm

managers to operate cattle ranches and to select functiomal

effi cient cattle. This task included breeding Boran, Sahiwal

and Ankoli cattle (the ones with very big horns). Prior to that

he worked at a feed factory in Natal. John studied at Natal

University in the late 70’s, early 80’s and graduated with an

M.Sc Agric (animal husbandry).

“I see this as a great opportunity in joining a vibrant society with

excellent opportunities. With the assistance of all the breeders,

Angus cattle will achieve a signifi cant and meaningful market

share in our cattle industry,” he says.

Contact John Boulle on (051) 447 9849, on cellular telephone

076-6044900 or on jboulle@angus. org.za.

Our hearty congratulations to John, and the Angus Society!

– Editor

ABOUT SOME OF THE JEWS

FIGHTING WITH THE BOERS IN THE

ANGLOBOER WAR

Jode raak nou baie skaars op die platteland, op meeste plekke

is daar nie eers een van hulle oor nie, ’n skrille teenstelling met Contents

die situasie wat in die eerste helfte van die vorige eeu in plek

was. Elke dorp het ’n paar Jode gehad, mense wat besondere

bydraes gemaak het en selfs eie klein gemeenskappe in eie

reg verteenwoordig het, met Joodse kerke en gebruike in Inhoud
volle swang. Die laastes wat in Smithfi eld weg is was die

Mandelstams en kort voor hulle die Segals, Tobiase en die

Bergers. Die Berger tweeling het nog in 2003 ’n reünie in

Smithfi eld bygewoon. In Ficksburg weet ons van die Lotzoffs,

en in Hopetown, vroeërtyd van Kraankuil, van Rosen, en so

aan, elke dorp met sy Jode. Ongeveer in 2002 het George

Tobias vanuit Johannesburg (toe reeds ongeveer in sy mid

80’s) aan my vertel hoe hy as sesjarige kind in 1923 op ’n

tafel in Korhaanfontein se huis langs Skulpspruit, digby

Smithfi eld, op ’n tafel gesit het, met vloedwater wat onder

die tafel deur deur die huis gestroom het na swaar reëns hoër

stroomop. Hy het toe ook vertel dat Hymie Segal (’n neef van

hom) en sy vrou, Rose, wat destyds ’n algemene winkel gehad

het, op daardie tydstip in ’n ouetehuis in Israel was, en dat

hul seun Bennie ’n ingenieur by ’n Kibboets in Israel was,

einste Bennie wat op sy dae op Smithfi eld skoolgegaan het.

Jakkals Segal, die man in die verhaal hieronder, was ’n oom

van Hymie en George, duidelik ’n yster in eie reg. Ons haal

’n stukkie oor hom aan uit David Saks se aantekeninge – sien

bronne onderaan.

Jakkals Segal, who never shied away from confronting

antisemitism in later life, remained a committed Boer to the

end. “Ek wil ’n boodskap gee aan my mede-Afrikaners,” he said

in an interview shortly before his death, “Ek het na Suid Afrika

as ’n kind gekom, en ek het altyd die land lief gehad asof ek

hier self gebore is. Ek het gevoel dat ek my man moet staan en,

as dit nodig is, my lewe gee, vir die ou Vrystaat. Ek kan alleen

hoop en bid dat die Afrikanervolk dieselfde beginsels van

vryheid vir iedereen sonder verskil van ras en van oorsprong

sal aanvaar soos dit in die ou Republiek die geval was. Die

33

outydse Afrikaners het geweet wat regverdigheid was. Hul

was die sout van die aarde.”

Joseph ‘Jakkals’ Segal, only sixteen when the war broke out,

became a noted scout in General de Wet’s forces. His bestknown

feat was to swim the Orange River when it was in

spate to bring vital reinforcements to his commando after

they looked like being trapped by a large British force. De

Wet afterwards wrote a certifi cate for Segal, saying that he

had known him well and that he had ‘performed his duty as a

burgher faithfully and bravely’. After the war, Segal became a

successful farmer in Smithfi eld and maintained close links with

General Hertzog even after the latter became Prime Minister.

In the 1920s, when The Friend reported that Hertzog had made

an antisemitic speech blaming Jewish fi nanciers for Afrikaner

suffering, Segal immediately drove to Bloemfontein to confront

him about it and obtained an apology, albeit a private one. On

another occasion, Segal attended a meeting of the Greyshirts

in Smithfi eld. A big, imposing man, he is said to have stood

up and stated “Ek is Jakkals wat vir die Boere geveg het”,

which caused the meeting to disperse soon afterwards. Segal’s

father Abraham and uncle Moses also fought on the Boer side.

All three were captured, Joseph after being wounded in what

might have been the war’s fi nal engagement two weeks before

the fi nal surrender (16 May 1902). ‘Jakkals’ Segal is usually

mentioned together with Wolf Jacobson, another well-known

Jewish scout and spy in Hertzog’s commando. Jacobson was a

bittereinder and saw out the war without being captured.

Antipathy to British imperialism was occasionally a motive

for Jews joining the Boers. Nathan Kasrils, grandfather of the

current Deputy Defence Minister Ronnie Kasrils, was hotly
opposed to British imperialism in general and to Cecil Rhodes

in particular. He evidently fought on the Boer side at some

stage as his nephew, Joel Tobias, recalled seeing a certifi cate to

him from General de la Rey describing him as a ‘sharpshooter

and spy’ (‘skerpskutter en spioen’). Interestingly, Kasrils

was also at some stage a member of the Kimberley Mounted

Rifl es. Although it is not known if this was during the war or

not, it does raise the intriguing possibility that he served in the

regiment as a Boer agent. Another implacable anti-imperialist

was one Rabinowitz who after the war returned to Russia

rather than live under the British fl ag.

The majority of Jewish Boers were of Lithuanian origin and

the bulk of the remainder were Dutch and German. Only a

handful, including the Baumann brothers Herbert and Otto

of Bloemfontein, had actually been born in one of the Boer

republics. The high proportion of Dutch Jews was the result of

President Kruger encouraging Hollanders to settle in the ZAR

during the 1890s, partly in order to staff his civil service. Few

actively identifi ed as Jews, with the result that Bloemfontein

pioneer Sophie Leviseur dismissively referred to them as

‘Jews who would not own up”.

Source: From: Southern Africa Jewish Genealogy SA-SIG /

Jews on Commando by D.Y. Saks ©2005 david@beyachad.

co.za / Editor: Dr Saul Issroff / Copyright © 2005 Saul Issroff,

Mike Getz, SAfrica SIG and Jewishgen Inc. URL: http://www.

jewishgen.org/SAfrica/commando.htm

Date: 9 January 2005 / www.jewishgen.org/SAfrica/commando.

htm – Berig: MC Fourie

34

MEGANISASIEDAG VAN

FOURIESBURG BOEREVERENIGING

LEERSAAM

Maak ook deure oop vir nuwe besigheid, uitbou

van gesindhede

Op 5 Oktober 2005 het die meganisasiemense van OVK, en van

die verskaffers aan OVK, hulle ysters en kennis Fouriesburg

toe geneem en dit deel gemaak van ’n interessante inligtingsdag

by Fouriesburg Boerevereniging. OVK, Kongskilde en Rovic

en Leers se mense was daar. Jakes Hattingh van New Holland

het ’n interessante praatjie gelewer oor die trekkermark in SA

en die beperkte mark vir meganisasie beklemtoon. In SA is die

trekkermark 4 000-4 500 eenhede per jaar en daar is 23 make

wat kompeteer. SAAMA, die Landbouwerktuievereniging

van SA, het onlangs verkopesyfers vir die jaar bekendgemaak.

Vanaf Januarie tot end Oktober 2005 is 4001 trekkers verkoop.

Hiervan het die vier grotes in die mark 86% van die verkope

verteenwoordig, met New Holland verfrissend heel voor aan!

Die res word deur kleineres opgemaak, 19 verdere make in

die mark. Waar OVK en New Holland saam in die veld is, sê

ons graag hartlik geluk aan ons vennoot! Die getal eenhede

verkoop is as volg (uit 4 001):

Contents

New Holland . . . . . . . . . . . . . . . . . 1129

John Deere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 904

Massey Ferguson . . . . . . . . . . . . . . 854

Landini . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 755 Inhoud
Vir Oktober 2005 was die verkope as volg (van die totale

markverkope van 663):

New Holland . . . . . . . . . . . . . . . . . 266 (39.9%)

John Deere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 193 (29%)

Massey Ferguson . . . . . . . . . . . . . . 104 (15.6%)

Landini . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 75 (11.3%)

CLOCOLAN SE TUINBOUKLUB BIED

’N FEESTELIKE TUINBOUDAG AAN

Goeie reëlings, baie steun, samewerking,

entoesiasme, mooi tuine, lekker mense, alles

saam maak ’n mooi dag!

3 November 2005 was vir die vrouens van Clocolan en

omliggende dorpe ’n rooiletterdag toe maandelange deeglike

beplanning en voorbereiding van Clocolan se tuinbouklub

vergestalt het in ’n dag der dae wat vir jare onthou sal word.

Vol sports en grappe, maar professioneel aangebied en

opgetower deur goeie sprekers, uitstallers en gaskunstenaars.

Ons plaas hier maar net ’n klein iets oor die dag. Hartlik geluk

aan die voorsitter van die klub, Bets Naudé, haar komiteelede

en organiseerders, en elke deelnemer wat meegehelp het om

alles so ’n groot sukses te maak. – MCF

Die doel van joernalistiek is om inligting

te gee waarop die burger kan reageer

– Walter Lippmann

35

YARIS VAN TOYOTA FEESTELIK IN

LADYBRAND BEKENDGESTEL

Pikante nuweling is oraloor ’n wen-ryding, laat

die monde water vir hom!

Of is dit ’n sy? Die manne het jare gelede graag van hulle

rygoed as ’n “sy” gepraat. “Sy trek lekker” . “Sy’t my nog net

plesier gegee”. “Sy is lig op brandstof”. Deesdae met die baie

bakkies is dit natuurlik minder so, want ’n bakkie is manlik, is

’n “hy”, en die manne praat oor die bakkies.

Maar hier het ons weer ’n regte dingetjie wat inpas in die

dinkpatroon van die vrouens. Die mooiste knoppe en kurwes,

en werkverrigting, lekker opgeklits met ’n vreemde, effektiewe

konsep by die paneelbord.

Alles dui daarop dat die manne weer en weer na haar gaan

kyk. Vir hulle vrouens. Om sommer jare se myle eensklaps

te verwerf, want elke vrou wat haar gesien het se mond het

letterlik gewater!

OVK EN DIE WESSTREEK SE BOERE

GESELS OOR GARIEP ABATTOIR

Gariep Abattoir het onlangs inligtingvergaderings gehou op

Strydenburg, Britstown en Petrusville. Die fokus van die

vergaderings was om ons produsente bewus te maak van die

feit dat Gariep nou ingerig is om ’n beter diens te lewer aan die

lam- en skaapprodusente.

Inhoud • Contents
Gariep is steeds ’n multi-spesie abattoir en volstruise en wild

word ook steeds hanteer.

Ons nooi produsente uit om hierdie netjiese, effektiewe abattoir

te ondersteun en te help bou aan die veeboere se toekoms.

Kontak ons gerus:

Rudolph van Wyk 082 804 6671

Johan Murray 082 801 4666

Abri Wiid 082 494 4810

Charlie Louw 084 949 0010

Jossie van der Walt 083 354 7036

Kobie Truter 082 326 0427

– Berig: Rudolph van Wyk, bestuurder lewendehawe

36

Inhoud • Contents