02.05.2013 Views

Read Book

Read Book

Read Book

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die dekolonialisasie van en post-koloniale uitdagings vir Botswana (1966-1976).

1. Inleiding

Hierdie seminaar handel oor die dekolonialisasie van Botswana en die historiese

uitdagings wat met die onafhanklikheidswording gepaardgegaan het gedurende die

eerste tien jaar van onafhanklikheid. Die gebied wat vandag as Botswana bekendstaan

het voorheen bekendgestaan as Bechuanaland. Vir die doeleindes van hierdie

seminaar gaan daar eerder van Botswana gebruikgemaak word as Bechuanaland. Dit

word gedoen om verwaring te vermy en omdat hierdie studie nie handel oor die

koloniale tydperk nie. Alhoewel daar ‘n subtiele verskil bestaan tussen die twee terme

was laasgenoemde amptelik iets van die verlede teen die 1960’s en onafhanklikheid –

wat die kern van hierdie bespreking behels.

Daar word gefokus op die oorgang van Botswana van ‘n Britse kolonie na ‘n

demokratiese land en die bepaalde uitdagings wat hierdie proses ingehou het. Daar

word ook gepoog om ‘n evaluasie van die proses te lewer. Die seminaar neem die

vorm aan van ‘n algemene besprekeing en dus word daar opsetlik weggeskram van ‘n

teoretiese bespreking. Daar word wel aan die begin ‘n kort bespreking gelewer oor

geografiese faktore waaraan die land gekenmerk word omdat hierdie faktore

onderliggend is aan die manier hoe elke land individueel bestuur word. Botswana

word as ‘n unieke land bestudeer wat geinterpreteer moet word teen ‘n veranderende

Afrika en wêreld. Die studie van Botswana geskied dus nie in isolasie nie. Die land se

status gedurende onafhanklikheid bied ‘n baie interessante perspektief op politieke

diplomasie wat ook hier bespreek sal word.

‘n Hele aantal historiese ontwikkelinge maak van Botswana ‘n interessante

gevallestudie in die soeke na ‘n beter begrip van Afrika-onafhanklikeheid as geheel.

Hieronder tel konstitutionele ontwikkelinge, die veranderende ekonomie en onderwys

maar net as enkeles. Die land was gekenmerk aan ‘n vreedsame oorgang van kolonie

na demokrasie, die ontstaan van ‘n nie-rassige samelewing asook ‘n sekere mate van

ekonomiese vooruitgang wat gelees moet word teen die agtergrond van politieke

stabiliteit. Die land was ook gekenmerk aan veelpartyverkiesings wat gereeld

plaasgevind het sonder geweld of intimidasie. Die land het dus oor ‘n ware

- 1 -

demokratiese kultuur beskik wat ‘n skaarste is in die Afrika kontinent. In hierdie

seminaar gaan daar gepoog word om hierdie ontwikkelinge vas te lê. Die vraag wat

dikwels na vore tree is was Botswana ‘n suksesverhaal? In hoe ‘n mate was die land

suksesvol? Was dit suksesvol in terme van Westerse- of Afrikastandaarde en kan daar

enigsens in hierdie rigting gepraat word? Met hierdie vrae in gedagte moet daar gekyk

word na die ontwikkelinge in hierdie land.

Gedagtig aan die gebeure elders in Afrika, militêre staatsgrepe, politieke

onstabiliteit, diktatorskap, armoede en burgeroorloë, kan daar verstaan word hoekom

Botswana deur die res van die wêreld as ‘n suksesverhaal beskou word. Omring deur

onderdrukte lande ten tye van onafhanklikheid en te midde van geweldige

ekonomiese uitdagings, het Botswana in 1966 die pad begin stap van ‘n demokrasie

en nooit van koers af gegaan nie. Seretse Khama, die inspirerende leier en eerste

President van onafhanklike Botswana, kom natuurlik ook ter sprake in die werk en

daar gaan gekyk word na sy rol as leier. Daar word ook ‘n bespreking aangetref van

die algemene politieke klimaat en dus kom ander leiersfigure ook ter sprake.

Natuurlik kan ‘n bespreking van hierdie aard nie net stop by die wat nie, daar moet

ook gekyk word na die “hoe?” en “hoekom?” Ekonomies word daar gekyk na die

veranderende ekonomie en die rol van die mynbousektor in ‘n poging om die

ekonomie beter te begryp. Die transformasie van die onderwysstelsel is ook belangrik

en word onafhanklik bespreek. Die stryd om die hart en siel van kiesers, die politiek,

was ‘n belangrike aspek van post-koloniale Botswana. Deur verantwoordelike

partypolitiek en goeie leierskap, het Botswana nie die pad gestap van byvoorbeeld hul

buurland Zimbabwe nie, maar regverdige verkiesings gehou. Daarom is dit

noodsaaklik om die politiek van die land te bespreek.

Soos wat reeds uit die titel duidelik blyk is die fokus in hierdie studie die eerste tien

jaar van onafhanklikheid, wat in die geval Botswana die periode 1966-1976 behels,

omdat hierdie seminaar historiese ontwikkeling probeer dokumenteer en nie soseer

moderne uitdagings nie. In die moderne era is die grootse uitdaging wat die land in

die gesig staar moontlik HIV/VIGS, asook die immer transformerende

wêreldekonomie. Wanneer dekolonialisasie in Afrika bespreek word en die

internasionale faktore wat daarmee gepaartgaan in ag geneem word, behels dit

- 2 -

hoofsaaklik die rol van die koloniale moondhede, Tweede Wêreldoorlog (1939-1945)

en die Koue Oorlog (1945-1989). In hierdie seminaar is dit veral die eersgenoemde

wat die sterkste figureer. Hoewel die Tweede-Wêreldoorlog sou bydra tot die

groeiende nasionalisme van Afrikane hou dit nie baie verband met die onderwerp

onder bespreking nie. Botswana was ook nie ‘n brandpunt wat betref Koue-

Oorlogaktiwiteite nie maar dit sou wel ‘n invloed hê op die land se diplomatieke

bande.

Die Koue Oorlog het plaasgevind te midde van Afrika se onafhanklikheidswording

en baie vryheidsoranisasies het hulself gedurende die tyd geaffilieer met òf die

Verenigde State van Amerika (VSA) òf die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke

(USSR), wat gedurende die laat 1980’s ontbind het. In sommige gevalle het Afrika-

leiers bande gesmee met beide. Hierdie vryheidsbewegings was chronies op soek na

basisse binne Afrika. Vir Botswana, wat ten tye van onafhanklikheid omring was deur

state wat deur ‘n blanke minderheid regeer was, was dit ‘n groot uitdaging. Daar moes

besluit word of daar saamgewerk gaan word met vryheidsbewegings, en indien wel

tot hoe ‘n mate. Vir Botswana om betrokke te raak sou bepaalde gevolge inhou en

daarom was hierdie besluite so belangrik. Daar word ook gekyk na ander invloede op

Botswana vanaf die buiteland soos byvoorbeeld Brittanje en die weste se invloed

gedurende die post-koloniale era en hoe die regering hierdie lande benader het.

Tussendeur moes die regering ook werk aan die opbou en ontwikkeling van die land.

Waar Botswana sekere instellings by die koloniale moondheid geërf het, moes

andere van niks af op die been gebring word. Die skolestelsel van Brittanje, wat na

onafhanklikehid geïmplimenteer was, was nie voldoende om by die land se

veranderende ekonomie aan te pas nie en moes transformeer. Die kultuur van

demokrasie was ‘n nuwe manier van handel vir hierdie mense wat gewoond was aan

die tradisionele leiers en die koloniale administrasie. Die veranderende ekonomie het

beteken dat kulturele veranderige gevolg het en Botswana moes as ‘n land

funksioneer op ‘n demokratiese stelesel ten spyte daarvan dat die land in die sentrum

van wit dominansie en diskriminasie gestaan het. Al was dit so dat die eerste tien jaar

van demokrasie in Botswana nie vlekkeloos was nie, was dit wel so dat Botswana se

regering vir die res van die wêreld bewys het dat vooruitgang wel moontlik is. Om

- 3 -

hierdie rede is die verhaal van die dekolonialisasie van Botswana ‘n fassinerende stuk

geskiedenis.

2. ‘n Kort bespreking van Botswana se geografie

Botswana is ‘n baie droë land. Die landskap word veral gekenmerkend deur twee

geografiese verskynsels naamlik die Kalahari, ‘n semi-woestyn waarvan ‘n deel ook

te vind is in die Republiek van Suid-Afrika, en die waterryke Okavango-rivier wat in

die noordelike deel van die land te vind is. Die land was histories baie yl bevolk en

die huidige populasie was gedurende 2007 geskat op ongeveer 1,8 miljoen mense.

Ten spyte daarvan dat Botswana ongeveer die helfte die grote van Suid-Afrika is, is

Suid-Afrika se geraamde bevolking nagenoeg vyf-en-twintig keer groter as diè van

Botswana. Die grootste rede hiervoor blyk te wees die waterskaarste in Botswana. 1

Botswana beslaan ‘n oppervlakte van ongeveer 600 372 vierkante kilometer. Dit is

dus ‘n groot area. Die mees invloedrykste buurland van Botswana is Suid-Afrika. Die

land grens egter ook aan Namibië en Zimbabwe. Botswana beskik oor ‘n lae

bevolking en hierdie verskynsel, tesame met die gunstigde politieke klimaat, het oor

baie jare die gevolg gehad dat die ekonomie stabiel is. Die land beskik egter nie oor ‘n

komplekse ekonomie nie. Die grootste bronne waaroor die land beskik is

grondstowwe en die tradisionele ekonomie, wat hoofsaaklik bestaan uit landbou,

waarvan lewende hawe die belangrikste is. 2

3. Historiese agtergrond

3.1 Die koloniale era: Britse bewind in Botswana

Die verhaal van die koloniale nalatenskap is vandag bekend aan vele. Afrika as ‘n

geheel was binne ‘n historiese “oogwink” uitverkoop aan Europa wat veral op soek

was na bronne vir die “honger” industrieë oor die water, en die impak hiervan vorm

steeds die kern van menige gesprekke in die kontinent. Tog is die verhaal van elke

Afrikaland eiesoortig, ten spyte van die tendens wat duidelik uit die koloniale era na

1 Witness, 27.07.2007, p. 11.

2 Southern Africa today. Oktober 1990. p. 2.

- 4 -

vore getree het. Dit is ook so dat nie alle Afrika-lande so ‘n swak rekord het nie.

Botswana is een van ‘n uitgelese groep lande in Afrika wat nie in dieselfde asem

genoem kan word as baie van die ander lande in die kontinent nie.

Botswana se koloniale era het begin in 1885. In die suide het boere van die

aangrensende Zuid-Afrikaanche Republiek (Z.A.R.) toenemend begin om druk uit te

oefen op die mense van Botswana. Die Z.A.R. was op daardie staduim ‘n groot

rolspeler in die wêreldekonomie as gevolg van die ontdekking van goud. Dit was in

hierdie omstandighede dat die destydse leier leier van die Bamangwato, ‘n sterk

etniese groepering in die gebied, Britse ingryping aangevra het. Daardie leier was

Khama III en hierdie stap het die koloniale era in Botswana ingelui. 3

Botswana het later deel gevorm van wat bekend sou staan as die Hoë Kommissie

gebiede onder die Britse kroon en het ook ingesluit Swaziland en Lesotho (wat

bekend gestaan het as Basutoland). Al hierdie lande is deur die Britse Hoë-

Kommisaris bestuur. Dit het behels dat die administratiewe hoofstad van al hierdie

kolonies buite hul eie grense gelê het, naamlik in Mafeking (ook bekend as

Mafikeng). Dit het bepaalde implikasies ingehou, veral met betrekking tot die

uiteindelike onafhanklikheidswording van die drie gebiede. 4 Botswana was histories

in twee verdeel met die Molopo rivier in die suide wat die skeidslyn was. Dit wat

vandag as Botswana bekendstaan, was grootliks die gebied ten noorde van die rivier.

Intern het hierdie gebied ‘n hoë mate van onafhanklikheid geniet. ‘n Gedeelte van die

protektoraat het binne die grense van Suid-Afrika geval en was deel van ‘n

kroonkolonie. Om hierdie rede was dit bestuur vanaf Mafikeng. 5

Die historiese band met Brittanje, asook Botswana se historiese verweefdheid met

Suid-Afrika, wat op sy beurt weer deurweef is met dié van Brittanje, moet nooit uit

die oog verloor word in ‘n bespreking soos hierdie nie. Dit skep as’t ware ‘n driehoek

met Brittanje aan die bo-punt. Botswana was van meets af gewikkel in ‘n liefdes/haat

verhouding met Brittanje. Die beperkde betrokkenheid van Brittanje in Botswana het

3

Reuters, The new Africans. A guide to the contemporary history of emergent Africa and it’s leaders,

p. 17.

4

G. Arnold, Africa. A modern history,pp. 345-346.

5

The government of Botswana, “Gem of Africa. Botswana at a glance”,

, 2008.

- 5 -

daartoe gelei dat daar geen sprake was van grootskaalse ontwikkeling nie. Die Britte

was nooit daarin geïnteresseerd om Botswana te ontwikkel nie. Die land het op die

oog af nie veel gebied nie. Dit gekoppel met die feit dat Botswana moeilik bereikbaar

was het tot minimale Britse ingryping gelei. Ten spyte daarvan was die rol van

Brittanje belangrik om die redes soos uiteengesit in die voorafgaande paragraaf. 6

Die Britte het Botswana in twee dele verdeel waarvan die suidelike deel in 1885 tot

‘n kroonkolonie verklaar was. Die gebied is eers vanuit Vryburg regeer en dit het

gegeld vir die noordelike deel sowel as die suidelike deel, voordat dit later verskuif

het na Mafeking, wat later as Mafikeng bekend sou staan. 7 Die hoofstad van

Botswana sou egter soos die tyd aanstap vir die land ‘n groot uitdaging inhou, omdat

dit nie binne die grense van die land geleë was nie.

Die Britte het Botswana heelwaarskynlik op ‘n roekelose manier bestuur maar dit

het nie noemenswaardig verkil van die taktiek wat elders toegepas was, ook deur

ander Europeese moonthede, nie. Botswana het byvoorbeeld vir die grootste gedeelte

van die koloniale era nie oor ‘n wetgewende gesag beskik nie. Dit was eers in 1961,

vyf jaar voor algehele onafhanklikheid, dat so ‘n instelling op die been gebring is. Dit

het in effek beteken dat die burgers van die land in die figuurlike sin van die woord

geen stem gehad het nie. Dit is nodeloos om te sê dat hulle ook nie oor ‘n letterlike

stem beskik het nie. ‘n Swaard het ook gehang oor die sovereiniteit van die streek.

Gedurende die onderhandelinge wat die Uniewording van Suid-Afrika vooruitgeloop

het in 1910, is daar wetgewing uitgereik wat die uiteindelike inkorporasie van die Hoë

Kommissie gebiede by Suid-Afrika sou behels. Ook hier het Brittanje natuurlik ‘n rol

gespeel. Met die vertrek van Suid-Afrika uit die statebond onder Hendrik Verwoerd in

1961 was hierdie vrese egter finaal besweer. 8

6 A.J. Venter, Africa today, p. 252.

7 R.Dale, “Botswana’s relations with Bophuthatswana: The polics of ethnicity, legitimacy and

propinquity in South Africa” in Joernaal vir Eietydse Geskiedenis 17(2), Desember 1992, p. 3.

8 M. Cowder, Botswana and the survival of liberal democracy in Africa, soos gevind in P. Grifford en

W.M. Rogers (reds.), Decolonization and African independence. The transfers of power, 1960-1980,

pp. 462-463.

- 6 -

3.2 Die tradisionele ekonomie en politieke landskap van Botswana

Botswana was tradisioneel ‘n baie yl bevolkte land. Die 1964 sesnsus in daardie

land, wat twee jaar voor die eerste demokratiese verkiessing geneem was, toon aan

dat die hele bevolking bestaan het uit net ‘n raps oor die half-miljoen mense, naamlik

550 000. Die oorgrote meerderheid van hierdie mense, naamlik 535 275, was mense

van tradisionele swart afkoms. Die rede vir hierdie “klein” bevolking is redelik voor

die hand liggend. Botswana is doodeenvoudig nie daartoe in staat om groot getalle

mense te huisves nie. 9

Die ontdekking van goud in Suid-Afrika was, soos reeds gemeld, ‘n gebeurtenis

met internasionale reperkussies. Gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu, asook

die laat 19de eeu, het duisende mense hulself bevind in die arbeidsintensiewe myne

van Suid-Afrika. Hierdie arbeiders het vanuit baie gebiede in Afrika na Suid-Afrika

gestroom, onder ander Tanzanië (voorheer Tanganyika) asook Botswana. Vir baie

mense was hierdie moontlikheid om in Suid-Afrika te werk ‘n uitkoms omdat handel

met Suid-Afrika de jure beperk en gekontroleer was. 10 Die hartklop van Botswana se

ekonomie was egter nie in die mynbouaktiwiteite van ‘n buurland te vind nie.

Alhoewel arbeiders ‘n groot rol gespeel het in die ekonomie van Botswana was daar

‘n ander sektor wat vir die meeste mense voorsien het en wat heel mootlik veroorsaak

het dat Botswana ten tye van onafhanklikheid ekonomies baie swaar gekry het.

Daardie sektor was die landbou.

Die 1964 sensus gee ook ‘n aanduiding van die verspreiding van die arbeidsmag.

Alhoewel ‘n sensus nie altyd kan roem op 100% akkuraatheid nie, word dit tog hier in

goeie geloof genoem. Volgens die syfers het Botswana oor ‘n werkersmag beskik van

282 997 gedurende 1964. Van hierdie werkers was 32 319 arbeiders in die myne van

Suid-Afrika. Die oorgrote meerderheid, 227 649 persone, het ‘n tradisionele bestaan

gevoer wat behels het landbou en jag. Laasgenoemde mag vreemd op die oor val maar

daar moet onthou word dat daar ‘n sterk tradisionele gemeenskap in die land nog

bestaan het op daardie staduim wat ingesluit het San. Die res van die werkersmag was

9 Reuters, p. 17.

10 M. Cowder, Africa under British and Belgian domination, 1935-45, in A. Mazuri en C. Wondji

(reds.), General history of Africa VIII. Africa since 1935, pp. 88-89.

- 7 -

dus in nywerhede en dies meer, wat ‘n aanduiding gee van die onderontwikkeldheid

van Botswana. Dit vertel ‘n verhaal van ‘n land sonder sterk instellings of

nywerhede. 11

Lanbou is gevolglik belangrik in die land, maar in Botswana is landbou ‘n baie

uitdagende sektor. Vanweë die droë klimaat is die land nie daartoe in staat om op

groot skaal gewasse voort te bring nie. Daar word egter gewasse op beperkte skaal

aangetref soos byvoorbeeld mielies, sonneblom en sorghum. Die grootste bron van

inkomste uit die landbousektor is in die vorm van lewende hawe en veral

beesboerdery. Daarom kan daar nie gesê word dat Botswana ‘n dinamiese landbou

sektor het nie. Die afhanklikheid van lewende hawe spruit uit die feit dat Botswana se

klimaat die beste aangepas is om hierdie vorm van landbou te onderhou. 12

Daar kan dus met ‘n redelike mate van sekerheid gemeld word dat Botswana nie ‘n

sterk ekonomie gehad het voor onafhanklikheid nie en daar kan ‘n aantal redes

hiervoor gevind word. Een van die faktore wat daartoe bygedra het dat Botswana ten

tye van onafhanklikheid ‘n swak ekonomie gehad het, is die feit dat die land nie oor

‘n kuslyn beskik nie. Botswana vorm deel uit van ‘n groot groep lande in Afrika wat

met hierdie uitdaging die mas moet opkom. Botswana se buurlande, Zambië en

Zimbabwe, beskik ook nie oor ‘n kuslyn nie en sit dus in dieselfde bootjie. Hierdie

stand van sake vorm ‘n patroon waar dit duidelik gesien kan word dat lande sonder ‘n

kuslyn histories gebreke gelei het. 13

Daar is reeds verwys na die beperkte rol van Brittanje gedurende die kolonaile era

met betrekking tot die ontwikkeling van Botswana en daar gaan dus nie verder daarop

uitgewei word nie. Een ander rede waarom Botswana voor en tydens onafhanklikheid

nie ‘n sterk ekonomie gehad het nie was ‘n faktor wat buite die beheer van die mense

van die land gelê het, naamlik die klimaat. Botswana word gekenmerk aan ‘n baie

droeë klimaat. Die klimaat beperk baie aktiwiteite soos die aanplant van gewasse op

groot skaal en intensiewe veeboerdery. Botswana se grootste bron van rykdom ten tye

11

E. Watters, Botswana: The roots of educational development and the roots of formal and informal

education, p. 21.

12

Witness, 27.07.2007, p. 11.

13 nd

I.L.L. Griffiths, The atlas of African affairs, 2 edition, p. 70.

- 8 -

van onafhanklikheid was beesboerdery wat volhoubaar was maar ook nie intensief

nie.

Botswana se tradisionele politieke bestel was dié van tradisionele leiers soos wat

ook elders in Afrika aangetref is voor die koloniale era. Tradisionele leiers het baie

regte gehad oor die administrasie van die land en enige poging om die land te

transformeer sou behels dat daar versigtig te werk gegaan sou moes word ten opsigte

van hierdie strukture. Die regering het egter suksesvol daarin geslaag om die

tradisionele gesag se rol te beperk. Na onafhanklikheid het die tradisionele gesag bly

voortbestaan maar daar is besef dat demokrasie stabiliteit sou bevorder vir al die

mense van die land. 14

4. Die onafhanklikheidswording van Botswana.

4.1 Konstitisionele 15 ontwikkelinge in die 1950’s en 1960’s.

Die eerste skommelinge wat plaasgevind het rondom die grondwet was gedurende

1958 toe belangegroepe binne Botswana voorgestel het dat Botswana ‘n eie

onafhanklike wetgewnde gesag benodig. Dit sou egter eers teen 1960 ‘n werklikheid

word. Die tradisionele liggame se invloed het egter stelselmatig begin verval en

Botswana het in die rigting begin beweeg van groter interne outonomiteit. Te midde

van druk op die stelsel het Seretse Khama deel gevorm van die proses en sou later op

die wetgewende en uitvoerende liggame dien.

Die administrasie van die kolonie het toenemend moeiliker geword soos die

klimaat van politieke handeling wêreldwyd verander het en transformasie was

onafwendbaar. Op die 21ste Desember 1960 het ‘n nuwe grondwet in werking getree

in Botswana. Hierdie grondwet het die totstandkoming van ‘n wetgewer behels en ook

die nuwe denkrigting dat Afrikane voortaan self verteenwoordigers sou kon kies wat

deel van hierdie wetgewer sou uitvorm. Hierdie liggaam was egter nie by magte om

eksterne sake te reël nie. Dit het ook nie beteken dat direkte verteenwoordiging na

14 A. Sillery, Botswana. A short political history, pp. 182-183.

15 Vir die doeleindes van hierdie studie gaan die term ‘konstitusie’ verder vervang word met

‘grondwet’. Dit word hier slegs gebruik om te verhoed dat die term ‘grondwet’ nie verkeerdelik as ‘n

wet aangaande grondsake verstaan word nie.

- 9 -

aanleiding van ‘n stemproses tot stand gekom het nie omdat die publiek slegs vir

bepaalde verteenwoordigers kon kies. Tradisionele leiers het deel gevorm van die

parlement maar was nie onderworpe aan ‘n stemproses nie. 16 John Maud, Hoë

Kommissaris van die Hoë Kommissaris Gebiede (1959-1963), was ‘n sleutelfiguur in

die totstandkoming van ‘n wetgewer en hy is gedurende sy termyn geloof vir sy

begrip van die unieke situasie in Botswana. 17

Die stelsel het broodnodige verteenwoordiging gebring maar was nie foutloos nie.

Die oogmerk op daardie staduim met betrekking tot die grondwet was om dit teen

1968 te hersien maar ontevredenheid in Botswana het die datum vervroeg na 1963.

Khama se politieke party was, anders as ander opposissiegroepe, meer gematig in hul

benadering en het heelwaarskynlik gehelp om by te dra tot die vreedsame oorgang

wat uiteindelik bespoedig sou word deur hierdie ontwikkelingge. Die land het

gevolglik op 1 Februarie 1963 interne onafhanklikheid verkry. Die koloniale regering

het gedurende 1962 ‘n verkiesing gehou maar hierdie verkiesing sou uiteindelik net

daartoe bydra dat die bestaande stelsel gediskrediteer word en uiteindelik het Suid-

Afrika gedurende Januarie 1963 begin om die grense van Botswana amptelik as ‘n

oorgang van een onafhanklike land na ‘n volgende te erken. Die Bechuanaland

People’s Party (B.P.P.) het gedurende hierdie tyd in twee geskeur en die leiers van die

drie partye het gedurende Julie 1963 begin onderhandel vir ‘n nuwe grondwet.

Hierdie onderhandeling het plaasgevind in Lobatse en daar is uiteindelik besluit op ‘n

proses wat universele stemreg sou behels. Hierdie grondwet sou egter net as ‘n

tydelike grondwet dien tot en wyl die eerste demokratiese verkiessing sou plaasvind. 18

4.2 Die rol van politieke partye en die tradisionele gesag

Politieke partye se rol in die hele proses is miskien die hartklop van die vreedsame

oorgang. Die eerste belangrike politieke party wat in Botswana tot stand gekom het

was die B.P.P. Hierdie party was nie baie suksesvol in hul veldtogte nie. Toe die

wetgewer in 1961 tot stand gekom het, het die B.P.P. futiel gepoog om die proses te

verhinder. Die afwesigheid van genoegsame veteenwoordiging binne die wetgewer

16

S.M. Gabatshwane, Seretse Khama and Botswana, p.21

17

Ibid., p. 19.

18

W. Mbanga en T. Mbanga, Seretse and Ruth, pp. 350-352.

- 10 -

was waarskynlik die grootste faktor wat tot die ontevredenheid bygedra het. Die party

kan as ‘n vêr linkse party beskryf word maar dit was op geen stadium militant nie. 19

Die ontstaan van die B.P.P. was opgevolg deur die ontstaan van die Botswana

Democratic Party (B.D.P.) wat ook gedurende 1961 tot stand gekom het. Die party

was gestig naby Gabarone, wat later die hoofstad van demokratiese Botswana sou

word, en Seretse Khama was die President van die nuutgestigde party. Ruth Williams

was ook betrokke by die aktiwiteite wat tot die stigting van die party gelei het. Die

leier van die B.P.P., Phillip Matante, het die totstandkoming van die meer gematigde

B.D.P. sterk gekritiseer. Khama is veral gekritiseer. Sy vermoë om die land te regeer

het onder skoot gekom vanweë die feit dat hy nie gehuiwer het om saam met die

koloniale admininstrasie saam te werk nie asook sy huwelik met iemand van Europese

afkoms. Nietemin was die ontstaan van die B.D.P. opnuut ‘n keerpunt in die

geskiedenis van die land. 20

Die B.D.P. was uiteindelik die belangrikste party in die politiek van Botswana. Die

party het met reëlmaat die verkiesings in die land gewen, verkiesings wat beskou was

as regverdig. Gedurende die laaste verskiesing van die typerk onder bespreking het

die B.D.P. 27 van die wetgewer se 32 setels gewen wat aandui dat die regering gewild

was by kiessers. Gedurende hierdie tyd het daar ook ‘n tekort aan olie ontstaan

vanweë die sterk stygings in internasionale oliepryse. Vrese het ontstaan dat die land

se ontginning van minerale daardeur geraak sou word maar president Khama kon

daarin slaag om ‘n ooreenkoms met Saudi Arabië aan te knoop en daardeur die

afhanklikheid op Suid-Afrika se reserwes vry te spring. 21

Die rol van die tradisionele gesag sou egter steeds ‘n faktor bly in die nuutgestigde

demokrasie. Daar was soms deur die tradisionele leiers gevoel dat dat die regering hul

posisie misbruik het en dan was daar ‘n teenreaksie van die tradisionele gesag. In

Botswana was die tradisionele leiers egter na onafhanklikheid gesien as dienaars van

die gemeenskap. Tradisionele leiers kon nie tot die politiek toetree nie behalwe

wanneer daar, soos in die geval van Seretse Khama, van hul tradisionele posisies

19 Ibid., p. 346.

20 Ibid., p. 350-352.

21 Arnold, p. 415.

- 11 -

afstand gedoen is. Dit het het dan ook van tyd tot tyd gebeur maar tradisionele leiers

het gesukkel om op groot skaal die politiek van die land te penetreer. 22

4.3 Die oorgang

Botswana se oorgang van kolonie na onafhanklike staat was vir al die regte redes

indrukwekkend. Dit was nie ‘n bloeddorstige oorgang soos wat aangetref was elders

in Afrika nie. Leiers soos Jean-Bredel Bokassa van die Senraal-Afrikaanse Republiek

en Idi Amin van Uganda het byvoorbeeld met militêre ingryping aan bewind gekom.

Die oorgang in Botswana sou nie hieraan gekenmerk word nie, en ook nie aan die

tipiese swier en spandabelrigheid van ander Afrika-lande wat hul onafhanklikheid

gevier het met ‘n onverskillige geneigdheid tot oordrewe feesvieringe nie. 23

Dit was in der waarheid nie eers ‘n indrukwekkende oorgang nie, maar wat gesag

afgedwing het, was die vreedsaamheid en skynbare toegewydheidheid wat die nuwe

staat uitgestraal het. Ten tye van onafhanklikheid was die land alreeds in beheer van

interne sake en die B.D.P. was die regerende party asook die belangrikste rolspeler by

die organisering van die seremonie. Die ou simbole is vervang deur nuwes, soos

byvoorbeeld ‘n nuwe vlag. Die nuwe volkslied is geskryf deur ‘n lid van die

opposisie, wat miskien illustreer wat die gees van samewerking was deur op

simboliese manier saam te werk. Op 30 September 1966 is Seretse Khama ingesweer

as die eerste President van die onafhanklike staat Botswana. Die feesvieringe wat die

seremonie vooruitgeloop het is deur weersomstandighede gedemper. 24

Vir die doel van ‘n eie administrasie moes ‘n aantal dinge gebeur. Die land het nie

oor ‘n hoofstad binne die grense van die land beskik nie en daar moes gevolglik ‘n

nuwe area gekies word vir hierdie doel. Die nuwe hoofstad moes dus ook opgebou

word van niks af. Die nuwe hoofstad was Gabarone, wat nie te ver van Mafikeng

geleë is nie. Gabarone moes voorsien word van ‘n hele nuwe infrastruktuur wat

22 To the point, 22.09.1978, p. 41.

23 Arnold, pp. 369-370.

24 T. Tlou, N. Parsons en W. Henderson, Seretse Khama. 1921-80. p. 251.

- 12 -

ingesluit het ‘n nuwe universiteit omdat Botswana ook nie oor so ‘n instelling beskik

het nie. 25

5. Die uitdagings vir Botswana as onafhanklike staat en die regering se pogings tot die

bestuur van Botswana

5.1 Die uitdaging van onderwys

Alhoewel daar nie hier te veel klem geplaas gaan word op die koloniale

nalatenskap nie, is dit interessant om op die volgende te let. Die regering het

nagenoeg 320 000 Britse pond in 1960 aan onderwys in die land bestee waarvan die

verspreiding so swak was, dat die klein blanke bevolking van die land gemiddeld

134,2 pond per skolier daardie jaar ontvang het, teenoor die gemiddelde 7,4 pond per

skolier vir nie-blankes. 26 Die onderwysstelsel was dus nie na wense in die land nie en

moes getransformeer word. In Botswana het hierdie proses egter ietwat ontspoor

gedurende die eerste tien jaar van onafhanklikeid, moontlik omdat die land nie

ervaring gehad het in hierdie verband nie.

Uit die bogenoemde is dit duidelik dat daar geen sprake was van ‘n kultuur van

investering in menslike ontwikkeling in Botswana nie. Brittanje het in der waarheid ‘n

rassistiese houding in hierdie verband aangeneem soos blyk uit die volgende:

“Educationally, the Batswana are probably more backward than any other people in

Africa...they are challenged only by the Swazi.” 27 Gevolglik kan daar gesê word dat

die nuwe regering voor ‘n groot uitdaging te staan gekom het.

Dit is interessant om daarop te let dat Botswana se skolestelsel vir baie lank geskoei

was op die model van Suid-Afrika. Dit het basies behels dat dieselfde vakke en

kurrikulum gevolg was as wat aangetref was in die skole van Suid-Afrika. Hierdie

toedrag van sake het verander in 1962 toe die departement van onderwys in die land

die Britse model oorgeneem het. 28 Die uiteinde van Botswana se stelsel gedurende die

25

Post, 07.01.1979, p. 4.

26

Arnold,p. 346.

27

Ibid.

28

Gabatshwane,p. 40.

- 13 -

eerste tien jaar van demokrasie sou egter rampspoedig wees en die poging om goeie

onderring aan die mense in die land te voorsien het ontspoor.

Die regering het ‘n poging aangewend om die onderwys te transformeer en die

kurrikulum is aangepas drie jaar na onafhanklikheid. Die verandering wat benodig

was, was egter nie net een van prosedure nie maar ook van denkwyse. Die kurrikulum

was vol van tekortkomminge. Uit ‘n verslag van UNESCO (United Nations

Educational, Scientific and Cultural) gedurende 1977, elf jaar na onafhanklikheid,

word daar kommer uitgespreek hieroor. Die probleem met die stelsel in Botswana was

dat dit nie gelei het tot grootskaalse ontwikkeling van kritiese vaardighede nie.

Diverse ontwikkelinge op industireële gebied en die transformasie van die landbou

was van die faktore wat gelei het tot die akute tekort aan vaardighede. Daar was ook

‘n geweldige tekort aan wiskundige vaardighede. Gedurende 1967 was skoliere in die

primêre groep eenvoudig oorgeplaas na die daaropvolgende standerds in ‘n poging

om herhaaldelike opeenhoping van skoliere in ‘n bepaalde standerd teen te werk. Daar

was ook die probleem dat talle skoliere doodeenvoudig hul skoolopleiding gestaak

het. 29

Soos wat dikwels die geval is, was dit veral skole wat in onderontwikkelde gebiede

bestaan het wat die swaarste getrek het. Hierdie skole was verafgeleë en nie opsigtelik

nie, sodat dit maklik die dag-tot-dag administrasie van die land kon ontglip. Die

leerkragte van sulke skole moes onder baie moeilike omstandighede hul werk doen en

dit was dikwels die geval dat ondergeskoolde of ongeskoolde onderwysers op die

platteland te vind was. Hierdie skole het ook gebukgegaan onder ‘n tekort aan

toerusting en fasiliteite. 30 Alhowel hierdie toedrag van sake in Botswana tot baie

gebreke gelei het was dit nie altyd die geval nie en daar kan tereg gevra word hoe dit

gekom het dat die land se skolestelsels so agteruitgegaan het.

Botswana se historiese grootste invloed op die gebied van onderwys was die

sendelinge wat reeds lank voor onafhanklikheid in die land teenwoordig was. Die

verwerping van hierdie stelsels was miskien ‘n ideologiese skuif maar dit sou

29 UNESCO, Education and the socio-economic environment – recent developments in Botswana, p. 8.

30 N.M. Campbell en J. Abbot, “Botswana’s primary school system: A spatial analysis”, in Education

for Kagisano, Report of the national commission on education,pp. 6-23.

- 14 -

uiteindelik die land baie skade berokken. Dit is ironies dat in die geval van Botswana,

net soos elders in Afrika, kolonialisme in sekere opsigte ‘n mate van stabiliteit en

vooruitgang gebring het wat na die vertrek van die koloniale moondhede nie langer

moontlik was nie. Die sendelinge was verantwoordelik vir skoliere wat op ‘n redelike

hoë standaard was en daar kan geargumenteer word dat daar dikwels in Afrika tydens

die post-koloniale era miskien te veel klem daarop gelê was om alle stelsels voor die

voet te verander. Verandering in Afrika het dikwels plaasgevind ter wille van

verandering en nie noodwendig ter wille van menslike vooruitgang nie. Die stelsels

van sendelinge was uiteindelik verantwoordelik vir die beste onderwys wat baie

mense van Botswana ooit ontvang het. 31

5.2 Botswana se beeld in die internasionale arena: diplomatieke bande en die

veroordeling van apartheid

Botswana se verbintenis met Suid-Afrika strek baie verder as die geografiese

ligging van die twee lande. Daar is reeds verwys na die historiese afhanklikheid van

duisende werkers op Suid-Afrika se myne en die ooreenkoms in terme van klimaat

soos byvoorbeeld die Kalahari. Suid-Afrika en Botswana deel ook ‘n kulturele

ervaring in die sin dat dat daar baie persone bestaan binne Suid-Afrika wat

familiebande het met persone in Botswana. Die werkers in Suid-Afrika se myne het

dus bande met Botswana. Dit beteken dat daar dikwels op ‘n baie persoonlike vlak ‘n

konneksie bestaan tussen burgers van die twee lande. 32 Hierdie ooreenkomste het

egter min getel vir die regerings van die twee lande wat op ideologiese vlak nie veel

in gemeen gehad het nie.

Die uitdaging van diplomatieke verhoudinge was groot. Dit was in der waarheid

een van die eerste belangrike uitdagings waarmee die nuutverkose president Khama

gekonfronteer is. Kort na onafhanklikheid is vryheidsvegters van die A.N.C. binne die

grense van Botswana aangtref. 33 Die polisie van Botswana het spoedig beheer geneem

oor hierdie vryheidsvegters maar President Khama en die kabinet was onseker en

31

J.D. Hargreaves. Decoloniliasation in Africa, p. 206.

32

Arnold,pp. 411-412.

33

Die African National Congress (A.N.C.) en die Zimbabwe African National Union (ZANU) was

twee vryheidsbewegings van onderskeidelik Suid-Afrika en Zimbabwe. Laasgenoemde het op daardie

staduim nog bekendgestaan as Rhodesië.

- 15 -

verdeeld oor hoe om die situasie te hanteer. Een opsie sou wees om die

aangehoudenis te oorhandig aan die R.S.A. Khama het egter hierteen besluit. Dit sou

die regering van Botswana baie ongewild gemaak het indien daar besluit was om die

gevangenisse te oorhandig aan die R.S.A., maar Khama het dit egter duidelik gemaak

dat sy land ‘n onafhanklike staat is wat openlik met militante vryheidsstryde kan

assosieer nie. 34

Hierdie gebeurtenis, so vroeg in die tydperk van onafhanklike Botswana se verlede,

sou simbolies raak van hoe die land se diplomatieke bande sou werk. Die leierskap

van die land was vasgevang tussen hul verantwoordelikheid teenoor ander

Afrikalande wat steeds onder die invloed van magtige Europese moondhede of

diskriminatiewe onderdrukking geval het, en hul eie sowereineteit en belange wat bots

met ‘n openhartige ondersteuning van die stryd teen kolonialisme en magsvergrype.

Botswana se leiers is egter gekenmerk aan hul matigheid en dit het bygedra tot

redelike stabile diplomatieke verhoudinge.

Die nuwe leiers is dus vroeg gekonfronteer met die probleme in die streek maar het

geweier om formeel kant te kies. Ten tye van sy eerste toespraak voor die nasionale

vergadering op 6 Oktober 1966, het Khama vuriglik gewaarsku dat Botswana nie sal

dien as ‘n basis vir vryheidsvegters nie. Die grootste oorweging vir Khama was om

nie emosionele besluite te neem in sake wat in landsbelang is nie. Volgens Khama

was emosionele wensdenkery ongesond omdat dit rasionele besluitneming kan

verhoed. Khama had reg. Sy besluit was moontlik gemotiveer deur die behoefte na

stabilitiet in Botswana en die bedreiging van die onstabiele Suid-Afrika. 35

Dit was egter nie net die verhoudinge tussen Suid-Afrika en Botswana wat

problematies was nie. Botswana se diplomatieke verhoudinge met Zimbabwe, wat

gedurende die tyd as Rhodesië bekendgestaan het, was ook gespanne. Ongeveer ‘n

jaar voor die onafhanklikheidswording van Botswana het ‘n minderheidsgroep in

Zimbabwe onder die leierskap van Ian Smith op 11 November 1965 hulself

onafhanklik verklaar. Omdat hierdie regering nie wettig was nie, net soos in die geval

34 Tlou, Parsons en Henderson, pp. 246-255.

35 Ibid.

- 16 -

van Suid-Afrika, het daar spanning ontstaan in die hele streek van Suider-Afrika en

daar sou ook uiteindelik ‘n vryheidstryd wees in Zimbabwe. 36

Die ongesonde politieke klimaat word goed geillustreer deur die ontevredenheid

oor die administrasie van ‘n spoorlyn. Botswana was, selfs voor onafhanklikheid,

struktureel baie afhanklik van die spoorlyn van ongeveer 600 km, wat gestrek het van

Ramathlabama in die suide tot by Ramaquabana in die noorde. Hierdie lyn was eers

deur Suid-Afrika geadministreer maar as gevolg van die onafhanklikheidswording

van Botswana het hierdie verbintenis tot ‘n einde gekom. Hierna sou Zimbabwe se

regering die spoorlyn administreer maar dit was nie die ideale situasie vir die regering

nie. Dit was nie moontlik op daardie staduim om direk te ry van Zimbabwe na Suid-

Afrika per trein nie. Beitbrug is eers in 1974 geopen. ‘n Reis sou behels van Suid-

Afrika se perspektief dat die reisiger nie minder as drie internasionale grense oor te

steek nie want die nuutgestigde Boputhatswana is deur Suid-Afrika as onafhanklik

beskou. Hierdie feit illustreer hoe verdeeld die streek op daardie staduim was. 37

Die skommelinge in die buurlande van Botswana het ‘n groot impak gehad op die

gebied. Gedurende die 1970’s het groot getalle vlugtelinge na Botswana gevlug.

Hierdie vlugtelinge was grootliks vanuit Suid-Afrika, wat as gevolg van apartheid al

hoe meer in onguns verval het by die mense van Suid-Afrika en die internasionale

gemeenskap. Botswana se beleid van nie-rassigheid het die land baie gewild gemaak,

maar die verhouding tussen Pretoria en Gabarone was problematies. Alhoewel

Botswana dus bygedra het tot die vryheidsstryde in Suid-Afrika en Zimbabwe, was dit

nie aktief betrokke by oorlog nie. Die South African Development Community

(SADCC), was byvoorbeeld gekenmerk aan die werk van Botswana, waar

ekonomiese onafhanklikheid van Suider-Afrika lande van Suid-Afrika probeer

bevorder was. SADCC is egter eers gestig na die tydperk onder bespreking, in 1980,

maar dit illustreer hier die manier waarop die regering van Botswana eerder probeer

fokus het op wetlike en diplomatieke wyses om die uitdagings van die streek probeer

aanpak. 38

36 Dale, pp. 6-7.

37 Ibid.

38 Eyes on Africa, “Botswana history and safari information”, < http://www.eyesonafrica.net?africansafari-botswana/botswana-info.htm>,

02.09.2008.

- 17 -

Botswana se sterk bande met Suid-Afrika was problematies in verskeie opsigte. Dit

het daartoe bygedra dat Botswana se opsies baie beprek was. Indien die stabiliteit van

Suid-Afrika in gedrang was, sou dit moontlik ook bepaalde gevolge vir Botswana

inhou. Hierdie vrese het wel bestaan en is gedokumenteer. Suid-Afrika se beleid van

apartheid was die grootste bedreiging in terme van die streek se stabiliteit. Onder

apartheid is daar dikwels sanksies teen Suid-Afrika ingestel. Dit het beteken dat

handel ingekort is en dit het bepaalde gevolge vir Suider-Afrika ingehou. 39

Botswana se neutraliteit in terme van vryheidsstryde sou uiteindelik net tyd wen vir

die land. Suid-Afrika, wat gewikkel was in wat beskou was as ‘n stryd teen

Kommunisme, sou uiteindelik in al die lidlande van SADCC aanvalle loods om

vyandige groepe teen te werk wat in die lande gestasioneer was. Botswana se

aandrang op sovereiniteit het egter miskien tot ‘n mate die land beskerm teen

grootskaalse oorlog maar in die langtermyn kon dit nie die konflik vryspring nie. 40

Die regering van Botswana was egter nooit afgeskrik nie. Dit het voortgegaan om

apartheid te veroordeel. Op ‘n konferensie gedurende Maart 1970 van die BDP het

Khama daarteen gewaarsku om openlik vyhandig te wees teenoor Suid-Afrika. Dit

was volgens Khama belangrik omdat dit die onafhanklikheid van Botswana sou

verseker. Botswana se lidmaatskap van die Verenigde Nasies 41 en die Organisasie vir

Afrika Eenheid 42 het egter vir die land die geleentheid gebied om op ‘nde jure manier

apartheid te opponeer as deel van die internasionale gemeenskap deur die resolusies

teen Suid-Afrika te ondersteun en op daardie manier apartheid teen te staan. Die

geleentheid was verwelkom deur die regering. 43

In die geheel gesien was Botswana se diplomatieke bande egter baie gesond

gedurende die eerste tien jaar van demokrasie. Die feit dat die land demokraties

bestuur was het waarskynlik die meeste hiertoe bygedra. Botswana het op geen

staduim ‘n kommunistiese of selfs sosialistiese rigting ingeslaan soos wat die geval

39 Evening Post, 30.10.1979, p. 8.

40 Arnold, p. 711.

41 Ook bekend as die OAU. Die liggaam is gestig gedurende 1963 om Afrika-eenheid te bevorder. In

2002 het die naam verander na die Afrika Unie (AU).

42 Die Verenigde Nasies was gesitg na afloop van die Tweede Wêreldoorlog(1939-1945) Die VN was

gestig met die oog op die voorkoming van internasionale konflik.

43 Die Republikein, 14.07.1980, p. 6.

- 18 -

was met hul buurland Angola nie. Op ‘n baie simboliese wyse het Seretse Khama

Brittanje bedank tydens die onafhanklikheidsvieringe vir die beskerming wat die

mense van Botswana onder die Britse kroon geniet het. Op hierdie geleentheid spreek

hy ook die hoop uit dat bande tussen die twee lande sal voortbestaan. 44

5.3 Die veranderende ekonomie van Botswana

5.3.1 Die toename in migrasie na stedelike gebiede en ontwikkelings op die gebied

van mynbou

‘n Interessante ontwikkeling in Botswana gedurende die post-koloniale era was die

transformasie van die ekonomie. Alhoewel die tradisionele lewenswyse nie vervang

was met ‘n nuwe geindusrialiseerde samelewing nie, was daar sedert die 1960’s ‘n

12,3% toename in migrasie na stedelike gebiede deur die hele bevolking. Waar daar

so ‘n drastiese toename in verstedeliking is, lei dit gewoonlik tot groot probleme in

terme van behuising en Botswana was geen uitsondering nie. Werkloosheid was ook

‘n groot kopseer en het heelmoontlik bygedra tot groeiende dislojaliteit teenoor die

owerhede, maar ten spyte hiervan was politieke stabiliteit deurlopend aan die orde van

die dag. 45

Die verstedeliking van die bevolking in Botswana moet gelees word teen die

agtergrond van ‘n veranderende ekonomie. Botswana het histories in terme van

mynbou nie oor ‘n groot sektor beskik nie. Dit het in kort neergekom op ‘n lae

produksie van enkele grondstowwe. ‘n Verandering het egter na vore getree met die

ontdekking van koper en nikel in 1967, slegs ‘n jaar na die amptelike

onafhanklikheidswording. Wat daarop gevolg het was die ontdekking van diamante in

die omgewing van Orapa. Hierdie ontdekking sou uiteindelik die gang van die

geskiedenis in die land verander omdat dit so ‘n indrukwekkende ryk bron van

diamante was. 46

44 A. Sillery, Botswana. A short political history, pp. 160-165.

45 P. Nugent, Africa since independence. A comparitive history,p. 426.

46 Venter, p. 254.

- 19 -

Botswana se ekonomie sou uiteindelik net so drasties transformeer as wat die land

se politieke stelsel gedoen het. Teen 1971 is diamante op groot skaal ontgin en

verdere ontdekkings het gevolg in die mynbousektor. Daar word bereken dat mynbou

uiteindelik daartoe gelei het dat 90% van die land se uitvoerproduk afkomstig was

vanuit hierdie sektor. Teen 1980 was Botswana die 10de grootse uitvoerder van

mynbouprodukte in die hele kontinent van Afrika. Dit het baie voordele ingehou vir

Botswana maar dit het ongelukkig daartoe gelei dat die ekonomie van Botswana

hoofsaaklik gewentel het rondom een sektor en dus baie beperk was. 47

Die mynbou in Botswana het, net soos in die geval van die ontdekking van goud in

Suid-Afrika bykans ‘n eeu tevore, groot internasionale belangstelling ontlok. Dit was

nie moontlik vir die regering van Botswana om op eie houtjie die infrastruktuur te

ontwikkel om grondstowwe te delf nie en om hierdie rede moes die internasionale

gemeenskap inspring. ‘n Koper-en-nikkelmyn by Selebi-Pikwe was byvoorbeeld

gefinansier deur ‘n lening van die wêreldbank ter waarde van 25 miljoen Amerikaanse

dollar. Daar is pogings aangewend om Suid-Afrikaanse organisasies te verhoed om

aandele te verkry in die myne van Botswana. Anglo-America, die organisasie van die

mynmagnaat Harry Oppenheimer, het egter daarin geslaag om ‘n groot aandeel te

verkry in die diamantmynbedryf. 48

Verdere ontwikkelings het gevolg. By Palapye is daar steenkool ontdek. Hierdie

bron van steenkool was uniek in die opsig dat dit die grootste van sy soort was in die

hele streek van Suider-Afrika. Die diamantmyn naby Orapa is geopen op 26 Mei

1972. Ten spyte van al hierdie ontwikkelings het die mense van Botswana dikwels

aan die kortste end getrek wat betref ekonomiese vooruitgang. Slegs 15% van die

inkomste uit die koper-en nikkelmyne het uiteindelik in die geldkas van die regering

beland. Hierdie inkomste, moet daar ook bygesê word, was nie direk uit die winste nie

maar dividende wat verdien is op aandele in die myne. Die buitelanders, wat die

kennis van mynbou asook die finansieële bronne na die land gebring het, sou

uiteindelik met die grootste gedeelte van die winste wegstap. 49

47 Griffiths, p. 147.

48 Arnold,p. 413.

49 Ibid.,pp. 413-414.

- 20 -

Nie al die nuwe ontdekkings was ewe rooskleurig nie. In 1969 is daar begin om ‘n

nuwe bron van koper te ontwikkel by wat later bekend sou staan as Selebi-Pikwe. ‘n

hele nuwe infrastruktuur en gemeenskap het uit die gebeure gevolg, onder andere ‘n

kragstasie en ‘n dam. Die streek het oor ‘n goeie bron van water beskik. 50 Die

verwagtinge was baie hoog. Baie persone het belê in die nuwe myn en daar is baie

gedoen om die nodige toerusting te bekom. Anglo-American was ook hier een van die

groot rolspelers. Die program kon egter nooit behoorlik op die been kom nie en

belegers moes die spit afbyt. Die myn het voortgegaan om verliesse te toon en was

teen Augustus 1984 446,2 miljoen Britse pond in die rooi. 51

5.3.2 Die ontwikkelings op die gebied van landbou en die uitdaging van verskillende

ekonomiese klasse in terme van sosiale ontwikkeling

Landbou is ‘n uitdagende en immer omstrede sektor van baie lande se ekonomieë.

Vir diegene wat sonder bronne of die nodige vaardighede moet klaarkom is die

landbou nie ‘n vriendelike sektor nie. In Botswana het die rol van die landbou

gedurende die post-koloniale era ‘n wending geneem.

Landbou in Botswana het steeds een van die belangrikste sektore gebly. Wat egter

gebeur het met al die ontwikkelings op die gebied van mynbou was dat die rol van

landbou ietwat verskans het. In terme van die Bruto Binnelandse Produk (BDP), was

landbou sedert die ontwikkelings op die gebied van mynbou nie meer die grootst

esektor nie. Die land was in die tyd ook geteister deur droogtes wat bygedra het tot

die situasie. Teen 1974 het die getal lewende hawe afgeneem en ‘n laagtepunt van 1,8

miljoen in getalle bereik. Die probleem het geskied te midde van groeiende getalle

mense wat migreer na die stede, maar ten spyte van die verskynsel was ‘n groot getal

persone steeds afhanklik van die landbou omdat dit as primêre bron van voedsel

gedien het. 52

Die regering het egter baie gedoen om die groeiende tekortkomminge van die land

te beveg. So was daar byvoorbeeld ‘n program gestig wat dit ten doel het om die land

50 Sillery, pp. 171-172.

51 The Sunday star. 07.12.1984. p. 4.

52 Sillery, pp. 178-183.

- 21 -

op elke sektor te ontwikkel. Dit het bekendgestaan as die National Development Plan

van 1970-1975. Die program is geloods om menslike ontwikkeling in die land te

bevorder. Dit was nie ‘n vooropgestelde en vooruitbeplande program nie. Die

regering het die inisiatief geneem om dit op gereelde basis aan te pas soos die

omstandighede verander. 53

5.3.3 Die uitdagings op die gebied van nywerhede

Industrieël het Botswana altyd swaargekry maar dit was veral na die ekonomiese

ontwikkelings in Suid-Afrika wat die nywerhede in Botswana onder druk gekom het.

Vanweë die lae frekwensie van investering deur die koloniale moondheid, soos vroeër

gemeld, het die land gebukgegaan onder ‘n akute tekort aan nywerhede en

infrastruktuur. Die uitgangspunt van die regering was van meet af aan dat Botswana

nie ‘n industrieële land is nie en dat die landbou se rol in die ekonomie van die land

onontbeerlik is vir ekonomiese vooruitgang. Hoekom die regering hierdie houding

ingeneem het is onseker, moontlik omdat daar gevoel was dat die land nie oor die

nodige infrasruktuur en kundigheid beskik het nie. Die bekendste nywerhede in die

land was bemoeid met die vervaardiging van blikkieskos, klere en meubels. Die

afsetpunte van hierdie produkte bied ‘n interessante blik op die nywerheidsektor in eie

reg omdat dit ietwat omstrede was. 54

Die daarstelling van nywerhede was een van die maniere waarop die regering van

Botswana gepoog het om minder afhanklik te word van Suid-Afrika asook van die res

van die internasionale gemeenskap. Hierdie stap is vergemaklik deur die land se

minerale rykdom. In 1966 was Botswana se bruto binnelandse produk slegs R140

miljoen. Teen 1977 het hierdie syfer meer as verdubbel en het dit R299 miljoen

beloop. Alhoewel mynbou daartoe gelei het dat Botswana, soos baie ander Afrika-

lande, hoofsaaklik van een sektor afhanklik was vir hul inkomste, het Botswana se

minerale rykdom die land baie geleenthede gebied wat voorheen nie moontlik was

nie. Een van die geleenthede was die skep van nywerhede. 55 Hierdie nywerhede was

53 Ibid.

54 Arnold,p. 414.

55 Daily Dispatch, 22.12.1978, p.16.

- 22 -

nie baie groot nie maar dit was wel tot so ‘n mate dat dit gevaar ingehou het vir Suid-

Afrika.

Nadat Botswana onafhanklik geword het, het die vrees begin ontstaan dat

Botswana, tesame met Lesotho en Swaziland, ‘n gevaar kan inhou vir die ekonomie

van Suid-Afrika. Daar is gevrees dat markte onder druk sou kom in Suid-Afrika

vanweë die moontlikheid van goedkoop vervaardigde produkte uit hierdie lande. Die

regering van Suid-Afrika het hierop gereageer deur wetgewing deur te voer in 1969

wat vrye handel tussen Suid-Afrika en die bogenoemde drie lande te beperk. 56

Alhoewel hierdie stap as selfsugtug beskou kan word, het dit in effek beteken dat

Suid-Afrika die burgers van sy eie land ekonomies beskerm het, en kan dit nie as ‘n

misstap beskou word nie. Suid-Afrika het bloot eie belange beskerm.

Vir die nywerheidsektor van Botswana was dit egter ‘n kopseer. Suid-Afrika was

op daardie staduim, net soos tans, een van die sterkste lande in Afrika in terme van

ekonomie en die markte van Suid-Afrika kon deurslaggewend bygedra het tot

ontwikkeling van nywerhede in Botswana. Handel het egter nooit tot stilstand gekom

tussen die twee lande nie. Uit ‘n steekproef van 72 nywerhede in Botswana in die

mid-1970’s is bevind dat 26 van hierdie nywerhede se grootse afsetpunt in Suid-

Afrika geleë was. Die vermoede bestaan dat die da facto afhanklikheid van Botswana

se nywerhede op die markte van Suid-Afrika selfs baie groter was. Vrye handel met

Suid-Afrika sou groot voordeel ingehou het vir Botswana, maar Suid-Afrika se

regering was onseker oor wat die gevolge hiervan sou wees. 57

Suid-Afrika en Botswana se ekonomie was en is op ‘n besonderse manier verweef.

Behalwe vir die afhanklikheid van Suid-Afrika se produkte, en gevolglik die

infrastruktuur van Suid-Afrika, was Botswana se geldstelsel vir baie lank gekppel aan

dié van Suid-Afrika. Botswana se geldeenheid het dus bestaan uit die Suid-Afrikaanse

eenheid naamlik die rand. Dit was eers teen 1975 dat Botswana hul eie geldstelsel

gekry het in die vorm van die pula. 58

56 P. Selwyn, Industries in the Southern African periphery. A study of industrial development in

Botswana, Lesotho and Swaziland,p. 114.

57 Ibid., p. 81.

58 New era, 21.06.1998, p. 8.

- 23 -

5.3.4 Die uitdaging van verspreiding van rykdom en die bestuur van nuutgevonde

fondse

Botswana se ekonomiese ontwikkelinge was ‘n merkrwaardige prestasie.

Ekonomies was Botswana een van die uiterstes met die vinnigste groeikoers in die

wêreld gedurende die eerste tien jaar van onafhanklikheid. Dit het beteken dat die

regering skielik oor ‘n groot begroting beskik het. Daar is gepoog om die winste van

die land terug te ploeg in die mense. Daar was ook merkwaardig min korrupsie. Die

regering het gepoog om op hierdie manier die rykdomme te versprei – deur die land te

ontwikkel, maar ten spyte van hierdie pogings was Botswana se verspreiding van

rykdom nie baie goed nie. 59

Dit is miskien een van die sterkste vorme van kritiek wat teenoor die land

uitgespreek kan word en wat onopgelos was teen 1976. Die gaping tussen ryk en arm

was groot, en om hierdie rede was baie steeds afhanklik van die landbou om ‘n

bestaan te voer. Derek Hudson, ‘n belangrike figuur in die bankwese van Botswana,

het na afloop van ‘n studie van drie jaar in 1977 bevind dat die rykdom in Botswana

moontlik die swakste versprei is in die wêreld. Daar was ook ander gebeure wat dié

stand van sake bewys het. By Selebi-Pikwe het werkers byvoorbeeld in opstand

gekom. Dit het gespruit uit ontevredenheid dat Suid-Afrikaanse arbeiders meer

verdien op die myne as wat burgers van Botswana doen. Ook by Orpa was daar

skynbaar voorkeur gegee aan werkers van Suid-Afrika en het stakings gevolg. 60

6. Die politieke invloed van Seretese Khama en Quett Masire

Die rol van leierskap binne ‘n bepaalde land of streek kan nie onderskat word nie.

Dit is byvoorbeeld bekend aan baie Suid-Afrikaners watter effek Nelson Mandela se

inspirerende leierskap gehad het op die oorgang in Suid-Afrika. Tydens die volle

tydperk onder bespreking het Botswana slegs een president gehad, naamlik Seretse

Khama, en om die afwesigheid van ‘n bloedbad in Botswana te probeer verstaan is dit

nodig om Khama se leierskapstyl en persoonlikheid te ondersoek.

59 Mbanga en Mbanga, p. 364.

60 Arnold, p. 415.

- 24 -

Seretse Khama is gebore op 1 Julie 1921 in ‘n familie wat tradisioneel leiers was

van die mense van Botswana. Nadat sy pa oorlede is het die broer van sy oorlede

vader, Tsekedi, na hom omgesien en hom aangemoedig om sy studies ernstig op te

neem. Hierna sou Khama in die buiteland studeer en uiteindelik trou met ‘n Engelse

dame. Khama se troue met Ruth Williams het aan hom internasionale aandag besorg.

Hy het in botsings verval met die tradisionele gemeenskap waar daar onenigheid was

oor die huwelik en dit was veral Tsekedi wat dit teengestaan het. Hierdie onenigheid

sou uitendelik daartoe lei dat beide Tsekedi en Khama na die buiteland verban word.

Die stap deur die Britte is verwelkom, onder andere in Rhodesië en Suid-Afrika. 61

Khama sou uiteindelik in 1963 na Botswana terugkeer as gevolg van ‘n

ooreenkoms en hierna het hy homself in die politiek begewe. Volgens die skikking

moes Khama afstand doen van sy tradisionele mag. As kleinseun van Khama III, was

Seretse geregtig daarop om die grootste etniese groep in Botswana te lei. Hy het

gevolglik sy tradisionele status verloor maar dit het uiteindelik in sy guns getel en ook

in die guns van die mense van Botswana. 62

Daar kan met sekerheid gesê word dat Khama persoonlike ambisie gehad het om

Botswana te omskep in ‘n samelewing van rasseharmonie. Sy persoonlike ervaring en

stryd teen diskriminasie wat hy ervaar het weens sy huwelik met ‘n blanke het

heelwaarskynlik hiertoe bygedra. Hy het te midde van persoonlike aanvalle nie moed

verloor nie en het, net soos in die geval van Mandela, as ‘n voorbeeld gedien vir

duisende mense. Oor Khama se leierskap was daar al gesê “there were a number of

factors in it’s (Botswana’s) favor. The most important of these was, without a doubt,

the personality of the man who led Botswana during the first fourteen years of it’s

independence.” 63

‘n Aantal faktore het van Seretse Khama ‘n baie effektiewe staatsman gemaak. Die

grootste hiervan is moontlik die opvoeding wat hy geniet het in die buiteland. Sy

kwalifikasies het gesag afgedwing onder Europese leiers maar terselfdetyd het sy

tradisionele status aan hom ‘n groot mate van respek onder die mense van Botswana

61 Gabatshwane,pp. 8-9.

62 Die Republikein, 14.07.1980, p. 6.

63 Cowder, p. 463.

- 25 -

gegee. Hy was dus goed aangepas om te handel met sowel koloniale administrateurs

en die plaaslike bevolking van sy land. Daarom kon Khama met gemak saamwerk met

‘n verskeidenheid rolspelers om op daardie manier sy politieke ambisies na te jaag en

te werk aan die vooruitgang van al die mense van die land. 64

Seretse Khama was in terme van Afrika-standaarde ‘n besonderse leier. Hy was

gekenmerk aan sy toewyding daaraan om die grondwet van Botswana te beskerm – ‘n

stuk wetgewing waarvoor hy ook moes geveg het voor hy President kon word. Hy het

nie toegelaat dat persoonlike politieke aspirasies by hom ‘n obsessie word nie en was

uitgesproke gekant teen enige vorm van diskriminasie. Dit wil voorkom asof Khama,

hoewel nie vlekkeloos nie, wel een van die uitgelese groep leiers was wat daarop kon

roem dat hy sukses behaal het as politieke leier maar ook as staatsman. 65

Gedurende sy termyn as staatshoof van Botswana, het die land uit die greep van

armoede gekom, ten spyte daarvan dat die verspreiding van rykdom nie baie goed was

nie. So is Botswana byvoorbeeld gedurende 1966 beskou as een van die vyf-en-

twintig armste lande in die wêreld. Teen die einde van Khama se termyn was dit nie

meer die geval nie. Die land het nou verander in ‘n vooruitstrewende land in terme

van Afrika standaarde. 66

Botswana was egter nie net voorsien van goeie leierskap in die vorm van Seretse

Khama nie. Alhoewel een persoon ‘n groot invloed kan hê is kolliektewe goeie

leierskap gewoonlik deurslaggewend. ‘n Ander belangrike figuur gedurende die tyd

was Quett Masire, wat uiteindelik vir Khama sou opvolg nadat Khama gedurende

1980 oorlede was. Masire was deel van die onderhandelinge in London waar

Botswana se nuwe grondwet tot stand gekom het in 1960. Teen 1966 was hy die vise-

president van Botswana. Hy het later in die kabinet gedien as minister van finansies

waar hy baie respek afgedwing het voordat hy uiteindelik president geword het. Hy

sou uiteindelik met ‘n redelike mate van sukses oorneem by Khama. 67

64 Ibid., p. 465.

65 Ibid., pp. 463-464.

66 Post, 07.10.1979, p. 4.

67 The star, 12.11.1997, p. 14.

- 26 -

7. Botswana as ‘n model vir nie-rassiggeid en as demokratiese alternatief teenoor

Suid-Afrika

Daar is alreeds verwys na die weerstand van Botswana teen apartheid en die

bereidwilligheid van die land om met Suid-Afrika saam te werk ten spyte van

apartheid. Alhoewel daar baie ooreenkomste bestaan tussen Suid-Afrika en Botswana

is daar ook groot verskille. Beide lande het ‘n unieke geskiedenis. Daar moet ook in

ag geneem word dat die administrasie van Botswana ook foute gemaak het.

Indien daar van die uitgangspunt uitgegaan word dat die regering van Botswana

suksesvol was gedurende die eerste tien jaar van onafhanklikheid, kan daar verskeie

redes hiervoor aangevoer word. Daar is egter ook genoeg redes om die land as

onsuksesvol te beskou. Een van die redes waarom Botswana wel as ‘n suksesverhaal

beskou kan word is die deurlopende onafhanklikheid en outoriteit wat die grondwet

geniet het. In Botswana het daar ‘n kultuur ontstaan waar daar gehoor gegee was aan

die grondwet. Dit beteken dat daar nie groot magsvergrype was nie – ‘n eerste vir

Afrikalande onder die Britse kroon. In hierdie verband word Botswana vergelyk met

Gambië. Botswana se pers het byvoorbeeld, ter illusrasie, ‘n vryheid van spraak geken

wat ongekend was in Afrika. 68

‘n Ander faktor wat beskou kan word as ‘n rede vir Botswana se sukses is die goeie

diplomatieke bande wat die land gehad het. Daar was nie in Botswana enige

geneigdheid om in die sake van ander lande in te meng waar hulle dit sou bedreig nie.

Dit het daartoe gelei dat mense van alle rasse in die land beskerming geniet het

deurdat dit konflik vry was. Botswana was byvoorbeeld vir die eerste tien jaar van

onafhanklikheid sonder ‘n weermag. Dit was eers teen 1976 dat so ‘n instelling,

bekend as die Botswana Defence Force (BDF), tot stand gekom het. Hierdie weermag

was geskoei op die tipiese Britse model en Seretse Khama was die

opperbevelvoerder. 69 Die regering het dus doelbewus gepoog om konflik te vermy en

op daardie manier hul eie belange en die van hul mense te beskerm. Indien hierdie

situasie vergelyk word met Suid-Afrika gedurende dieselfde tyd kan dié kontras

duidelik gesien word.

68 Cowder, pp. 462-463.

69 P.J. Schraeder, African politics and society. A mosaic in transformation, p. 248.

- 27 -

Die totstandkoming van ‘n weermag in Botswana was in der waarheid ‘n

noodgedwonge teenreaksie op die onstabiliteit in die streek. Met die koms van so baie

vlugtelinge vanuit Suid-Afrika en Zimbabwe het dit verskeie probleme meegebring.

Een van die probleme was byvoorbeeld aanvalle op Botswana. Teen 1979 het die

situasie so erg geword dat die regering genoodsaak was om direk in te gryp nadat

troepe uit Zimbabwe aanvalle geloods het op burgerlikes in Botswana. Dit was dus

eintlik eers ‘n volle dertien jaar van demokrasie voordat die liggaam op die been

gebring was. 70 Die gematigde houding van Botswana was egter nie die enigste rede

waarom land beskryf kan word as ‘n vreedsame en regverdige land nie.

Een van die maniere waarop die regering van Botswana daarin kon slaag om ‘n nie-

rassige samelewing te skep was die beleid van lokalisasie. Dit was na afloop van

onafhanklikheid amptelike beleid dat daar teen geen persoon gediskrimineer mag

word op grond van sy of haar velkleur by die aanstelling van die arbeidsmag nie.

Hierdie beleid was uniek. In Suid-Afrika is daar byvoorbeeld openlik gediskrimineer

op grond van ras. Ook elders in Afrika op daardie staduim is daar gediskrimineer

gedurende die post-koloniale era, veral teen blankes. 71

8. Slotbespreking: ‘n Fassinerende en uitdagende land

“Respect of man for man is the foundation of all human happiness, we have it here,

thank God, in Bechuanaland (Botswana)” 72 – John Maud op 20 Junie 1961 met die

opening van die parliament in Botswana.

Hierdie seminaar is slegs ‘n poging om die oorgang van Botswana van ‘n kolonie

na ‘n onafhanklike staat te probeer verstaan. Baie kan geskryf word oor die land en

die suksesse wat gepaard gegaan het met die dekolonialisasie. Hierdie seminaar kan

geensins roem daarop dat dit volledig die komplekse oorgang van Botswana

dokumenteer nie maar dit bied wel ‘n interessante perspektief op die land. Die

bevindinge van hierdie studie wys daarop dat die land, hoewel suksesvol in baie

70 Post, 07.01.1979, p. 4.

71 Die Republikein, 14.07.1980, p. 6.

72 Gabatshwane, p. 21.

- 28 -

opsigte, nie in die geheel daarin kon slaag om die mense van die land te ontwikkel in

die sin dat almal vooruitstrewend kon wees nie. Verskeie redes kan aangevoer word

daarvoor wat hierdie stelling ondersteun, maar dan moet dit egter nie uit die oog

verloor word dat Botswana, anders as so baie ander Afrika-lande, oorgang beleef het

binne die raamwerk van die demokratiese proses.

Botswana was histories ‘n baie uitdagende land. Die land is nie ideaal geleë vir

menslike oorlewing nie. Dit is ‘n droë land en die grootste bron van inkomste was

histories die landbou en spesifiek lewende hawe. Met die ontdekking en ontginning

van die land se minerale rykdom het die situasie spoedig verander. Die grootste bron

van inkomste was nou diamante maar ten spyte hiervan het die grootste deel van die

bevolking steeds afhanklik gebly van landbou as primêre bron van voedsel en

inkomste. Die landbou bied ook baie werksgeleenthede en wanneer werk volop is in

‘n land beskerm dit die stabiliteit. Daarom was en is landbou steeds een van die

belangrikste sektore in Botswana. Die regering het egter die nuwe rykdom gebruik om

te belê in die mense van die land en het baie werksgeleenthede geskep deur middel

van staatsinstellings.

Polities moes Botswana baie aanpas by onafhanklikheid. Die rol van die

tradisionele gesag was steeds sterk gedurende die 20ste eeu in die land en tradisionele

leiers kon die bestuur van die land bemoeilik. Die regering was egter suksesvol daarin

om hierdie uitdaging die hoof te bied en plaaslike en nasionale regering het gevolg.

Sedert die land onafhanklik geword het, het dit keer op keer suksesvolle verkiesings

gehou wat as vry en regverdig beskou was. Dit was dus een van die uitgelese groep

lande in Afrika wat daarin kon slaag om ‘n Europeese ideologie, naamlik demokrasie

en vrye mark, te implimenteer ten spyte daarvan dat die land self vir baie jare nie

demokraties bestuur was deur die koloniale moontheid Brittanje nie. Dit het in kort

twee dinge ingehou vir die mense van die land. Dit het beteken dat die opvolgstryde

van een regering na die volgende nie ontaard het in ‘n kruisiging van die voormalige

koloniale bewind as oorsaak van alle probleme nie. Dit het ook beteken dat die wil en

behoeftes van gewone mense aandag geniet het .

Die merkwaardigste eienskap in die hele proses van die dekolonialisasie van

Botswana was die gebrek aan konflik en gewelddadige magsvergrype waaraan dit

- 29 -

gekenmerk was en wat elders in die kontinent so dikwels voorgekom het. Hierdie

verskynsel ten spyt, is Botswana gekenmerk deur groot uitdagings. Daar kan met

sekerheid gesê word dat die land nie altyd baie suksesvol was ten opsigte van die

uitdagings wat in die gesig gestaar was nie. Die onderwysstelsel was dramaties

gebrekkig op verskillende wyses. Dit kon nie daarin slaag om die burgers van

Botswana te bemagtig in die spesifieke vaardighede wat die land in die mense

benodig het nie. Dit kon helaas ook nie altyd daarin slaag om skoliere deur die

bestaande stelsel te kry sonder om drastiese toegewings te maak nie.

Een van die groot uitdagings van post-koloniale Botswana was die kwessie van

buitelandse beleid. Teen 1966 was bykans al Botswana se buurlande òf kolonies òf

regeer deur ‘n minderheidsgroep. Dit het beteken dat daar baie vlugtelinge in die

streek was. Dit het ook beteken dat daar vryheidsbewegings was wat op soek was na

basisse vir hul aktiwiteite. Vir die regering van Botswana was hierdie uitdaging ‘n

besonderse probleem. Daar moes besluit word of daar openlik hulp verleen gaan word

aan hierdie organisasies en daardeur die stabiliteit van Botswana in gedwang bring en

of die regering hulself gaan distansieer van hierdie organisasies. Botswana se regering

het deurlopend besluit om gematig te wees in hierdie opsig. Die regering het nie op

militêre wyse toegetree tot hierdie prosesse nie maar het apartheid beveg deur krities

te wees en buitelandse druk te ondersteun. Hierdie gematigde besluit het die mense

van Botswana beskerm en dit illustreer weereens die toegewydheid van die regering

ten opsigte van die welstand van die mense van Botswana. Die verandering in die

ekonomiese status van Botswana sou egter bydra tot die stabiliteit.

Parallel met die verandering van bewind was ook die transformasie van die land se

ekonomie. Die ontdekking van diamante en ander waardevolle minerale het gelei tot

grootskaalse investering in Botswana. Die verskynsel het daartoe aanleiding gegee dat

die land ekonomies gevorder het. Die inkomste wat hieruit gegenereer was het egter

nie kragdadig deurgesypel na die hele bevolking nie. Daar was steeds armoede in die

land en die tradisionele ekonomie was deurslaggewend vir ‘n baie groot gedeelte van

die bevolking gedurende die periode onder bespreking.

Goeie politieke leierskap en ‘n inklusiewe beleid het bygedra tot die politieke

stabiliteit. Seretse Khama was ‘n inspirerende figuur in hierdie opsig. Deur sy

- 30 -

gematigde uitsprake en beleid het hy baie gedoen om Botswana se beeld te bevorder

en voorspoed na die land te bring. Hy slaag op ‘n besonderse wyse om met al die

groepe van die land saam te werk en gesag af te dwing op die tradisionele leierskorps.

Sy regering behou openlik vriendskaplike bande met die buitewêreld, selfs met die

apartheidsregering van Suid-Afrika en bevorder daardeur stabiliteit in die streek.

Daarom was Botswana meer stabiel as Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Angola en

Mosambiek en kon die regering van die land konsentreer op dit wat ‘n regering

veronderstel is om op te konsentreer, naamlik goeie bestuur.

Botswana se onafhanklikheid moet egter deurlopend verstaan word aan die hand

van ontwikkeling elders in die kontinent. Te midde van ‘n groot gesukkel om aan te

pas by vryheid, het die state van Afrika gedurende die 1960’s en 1970’s onafhanklik

geword. Sommige lande, soos byvoorbeeld Angola, wat geografies naby aan

Botswana is, was meer as twee dekades lank gewikkel in ‘n burgeroorlog. Andere was

geken aan wrede diktators, soos byvoorbeeld Uganda en die Sentraal Afrikaanse

Republiek. Die oorgrote meerderheid was gekenmerk aan ‘n sukkelende ekonomie en

chroniese armoede. In hierdie lig beskou was Botswana ‘n groot sukses en staan die

land in skille kontras met die res van die kontinent, ten spyte van sekere mislukkings

in Botswana gedurende die post-koloniale era.

- 31 -

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!