02.05.2013 Views

Beat2 - Bestmed

Beat2 - Bestmed

Beat2 - Bestmed

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Beat2 ♥

Voordelegids

vir 2012

U en u lewensmaat glo dat voorkoming beter as

genesing is en gevolglik heg u baie waarde aan

griepinentings, immunisering en voorbehoedmiddels.

U is egter ook deeglik daarvan bewus dat die

lewe onvoorspelbaar is en benodig dus omvattende

hospitaaldekking en toegang tot chroniese medisyne. Vir

u klein gesinnetjie bied Beat2 ♥ die ideale tipe dekking.

Waarom behoort u Bestmed te kies?

Bestmed is besonder trots op die feit dat ons deurlopend daarvan seker maak dat ons diensvlakke vir die

hantering van ons lede se navrae konstant die 90%-kerf oorskry. Dit is dan ook een van die redes waarom ons

al 48 jaar lank bestaan en gehalte gesondheidsorg, buigsaamheid en vryheid van keuse aan u kan bied.

Die voordeel van ons onlangse terugkeer na selfadministrasie is dat ons op toegewyde wyse daarop kan fokus

om slegs die allerbeste gesondheidsorgdienste aan ons lede te lewer.

Aangesien ons reserweverhouding van 30% heelwat hoër as die wetlike vereiste van 25% is, kan u daarvan

verseker wees dat u gesondheid in betroubare hande is. Met Bestmed geniet u beslis genoegsame dekking.

Die Beat2-opsie is nommerpas vir u, indien:

• U ’n bekostigbare opsie benodig.

• U daaraan glo dat voorkoming beter as genesing is. U het toegang tot ’n wye reeks

voorkomendesorgvoordele wat onder meer griepinentings, pediatriese immunisering, orale

voorbehoedmiddels, rugrehabilitasie, basiese en voorkomende tandheelkunde, ens. insluit.

• U besef dat u te enige tyd voor duur en onvoorsiene hospitaaluitgawes te staan mag kom.

• U voorsiening daarvoor wil maak dat buite-hospitaal mediese uitgawes vanuit u mediese spaarrekening

betaal word.

OORSIG VAN VOORDELE

Voorkomendesorg

Internasionale

reisdekking

Hospitaal

Voorkomendesorg

ER24

CSL

Medisyne

Mediese

spaarre-

kening

INHOUD

OPSOMMING VAN VOORDELE 1

Binne-hospitaalvoordele 1

Buite-hospitaalvoordele 3

Medisyne 4

Voorkomendesorg-voordele 5

Bydraes 8

CSL Chroniesevoordele 9

GESONDHEIDSBESTUURSPROGRAMME 11

VOORGESKREWE MINIMUM VOORDELE (VMV’s) 12

VOORAFMAGTIGING 13

24-UUR NOODAFVOERDIENS 14

INTERNASIONALE REISDEKKING 14

BELANGRIKE ADMINISTRATIEWE INLIGTING 15

AANLYN-EN SMS-DIENSTE 17

UITSLUITINGS 19

WOORDELYS 23

KONTAKBESONDERHEDE 24

OPSOMMING VAN VOORDELE

Binne-hospitaalskemavoordele

• Alle binne-hospitaalvoordele hieronder gelys benodig voorafmagtiging.

• Kliniese befondsing protokolle is hier van toepassing.

• Kontak asseblief 0800 22 0106 vir ‘n magtigingsnommer.

Mediese gebeurlikheid Skemavoordeel

Akkommodasie (hospitaalverblyf) 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Teaterfooie 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Ontslagmedikasie 100% van die Bestmed-tarief word betaal, beperk tot ’n 7 dae-voorraad.

Behandeling in geestegesondheidsklinieke 100% van die Bestmed-tarief word betaal, beperk tot 21 dae per afhanklike.

Behandeling van chemiese en

middelafhanklikheid/-misbruik

bladsy 1

100% van die Bestmed-tarief word betaal, beperk tot 21 dae of R15 500 per

afhanklike.

Konsultasies en prosedures 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Chirurgiese prosedures en narkose vir

chirurgiese prosedures en operasies

100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Orgaanoorplantings 100% van die Bestmed-tarief word slegs ten opsigte van vorgeskrewe minimum

voordele betaal.

Chirurgiese tandheelkunde 100% van die Bestmed-tarief word betaal, beperk tot R7 100 per gesin per jaar.

Tandheelkundige-maksillofasiale chirurgie. Slegs van toepassing op sekere siekte

toestande.

Prostese

(Chirurgiese inplanting in die liggaam)

100% van koste word betaal, beperk tot R43 000 per gesin per jaar.

Die volgende sublimiete is van toepassing per afhanklike:

• Vaskulêr R16 500

• Endo-vaskulêr – geen voordeel

• Spinaal R16 500

• Kunsmatige kussing (enkelvlak-basis) – geen voordeel

• Middelbedekte stent – geen voordeel

• Maas R5 900

• Ginekologies/Urologies R4 800

• Lensinplanting R3 700 per lens

Binne-hospitaalskemavoordele (vervolg)

• Alle binne-hospitaalvoordele hieronder gelys benodig voorafmagtiging.

• Kliniese befondsing protokolle is hier van toepassing.

• Kontak asseblief 0800 22 0106 vir ‘n magtigingsnommer.

Mediese gebeurlikheid Skemavoordeel

Prostese

R10 700 per gesin per jaar.

(Word buite die liggaam gebruik om

beweging te bevorder)

Patologie 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Diagnostiese uitbeelding 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Gespesialiseerde diagnostiese uitbeelding

(MRB - en RT-skanderings,

rekenaartomografie - en isotoopondersoeke)

100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Onderhewig aan voorafmagtiging.

Onkologie Onkologieprogram.

100% van die Bestmed-tarief.

Ingesluit: bestraling, chemoterapie sekere patologie ondersoeke en diagnostiese

uitbeeldings, asook konsultasies.

Peritoneale dialise en hemodialise 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Onderhewig aan voorafmagtiging en protokolle.

Bevallings 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Refraktiewe chirurgie 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Refraktiewe protokolle is van toepassing.

Aanvullende dienste 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Alternatiewe tot hospitalisering 100% van die Bestmed-tarief word betaal, indien magtiging verkry word en

beperk tot R10 700 per gesin per jaar vir werwante dienste.

Noodafvoer 100% van die koste. Lewering en voorafmagtiging deur ER24.

Uitsluitings Gewringsvervangingschirurgie, die uitsondering van VMV’s. VMV’s is aan die

volgende prosteselimiete onderhewig:

• Heupvervanging en ander hoofgewrigte R19 000

• Knievervanging R23 500

• Ander kleiner gewrigte R8 000

Bybetalings Bybetaling van R1 000 op alle endoskopiese ondersoeke. Indien in die dokter se

spreekkamer gedoen (buite-hospitaal), is geen bybetaling van toepassing nie.

bladsy 2

Buite-hospitaalvoordele

Hospitaal koste soos besoeke aan algemene praktisyns en spesialiste is betaalbaar uit u

mediese spaarrekening soos volg.

Mediese gebeurlikheid Skemavoordeel

Algemene praktisyns- en spesialiskonsultasies Word uit spaarrekening betaal.

Basiese en gespesialiseerde tandheelkunde Basiese tandheelkunde wat nie gespesifiseer is onder die

voorkomende tandheelkundige voordeel nie. Spaarrekening.

Gespesialiseerde tandheelkunde – spaarrekening.

Mediese toestelle Word uit spaarrekening betaal.

100% van koste.

Aanvullende dienste Word uit spaarrekening betaal.

100% van koste.

Oogkundige voordele Word uit spaarrekening betaal.

100% van koste.

Diagnostiese uitbeelding Word uit spaarrekening betaal.

100% van koste.

Patologie Word uit spaarrekening betaal.

100% van koste.

Kraamvoordele Word uit sparrekening betaal.

100% van koste.

Gespesialiseerde diagnostiese uitbeelding Word uit spaarrekening betaal en onderhewig aan voorafmagtiging.

Rehabilitasiedienste ná trauma Word uit spaarrekening betaal.

100% van koste.

Die volgende buite-hospitaalvoordele is betaalbaar teen 100% van die Bestmed tarief.

Mediese gebeurlikheid Skemavoordeel

Alternatiewe vir hospitalisasie 100% van die Bestmed-tarief word betaal.

Beperk tot R10 700 per gesin per Jaar.

Wondsorg-voordele Beperk tot R2 000 per gesin.

100% van die Bestmed-tarief word betaal.

bladsy 3

Medisyne

Voordeelbeskrywing Skemavoordeel

Chroniese nie-CSL-toestande Spaarrekening. 100% van koste.

Chroniese medisyne vir CSL-toestande

Onderhewig aan MVP

Word teen 100% van die Bestmed-tarief betaal.

Akute medisyne Word uit spaarrekening betaal.

Onderhewig aan die Bestmed-formularium en die medisyneverwysingsprys.

’n Bybetaling van 35% is ten opsigte van nieformulariummedisyne

van toepassing.

Oor-die-toonbank medisyne Word uit spaarrekening betaal.

bladsy 4

Voorkomendesorg-voordele

Voordeel Beskrywing Geslag en Ouderdomsgroep Hoveelheid en Frekwensie Voordeelkriteria

Griepinentings Alle ouderdomme Een per afhanklike per jaar Van toepassing op alle aktiewe lede en

afhanklikes

Longontsteking-

program

Pediatriese

immuniserings

bladsy 5

Kinders < 2 jaar

Hoërisiko-volwassenes

Elke keer elke vyf jaar Befondsing vir kinders < 2 jaar:

Kontak Bestmed vooraf.

Befondsing vir volwassenes:

Bestmed sal lede identifiseer wie vir

immunisering kwalifiseer.

In ooreenstemming met die Staat se aanbevole program vir babas en kinders.

Voorbehoedmiddels Alle vroue wat mag swanger

raak

Rug rehabilitasie

program (Verskaf

deur Documentation

Based Care)

Maandelikse aanvulling/

inspuitings

Beperk tot R1 200 per gesin per jaar en

1 toestel elke 5 jaar.

Sluit alle items in wat in die

voorbehoedmiddel-kategorie val.

Alle ouderdomme Soos benodig Van toepassing op afhanklikes wat

chirurgie mag benodig. Bestmed beveel

aan dat hierdie afhanklikes by die

program aansluit.

Voorkomende tandheelkunde

Tipe voordeel Ouderdom Frekwensie

Algemene volmond-ondersoek

deur ‘n algemene tandarts (sluit

in handskoene en gesteriliseerde

toerusting)

Ouer as 12 jaar.

Jonger as 12 jaar.

Een keer per jaar.

Twee keer per jaar.

Volmond-binnemondse röntgenfoto Alle ouderdomme Een keer elke drie jaar

Binnemondse röntgenfoto Alle ouderdomme Twee foto’s per jaar

Skalering en/of polering Alle ouderdomme Twee keer per jaar

Fluoriedbehandeling Alle ouderdomme Twee keer per jaar

Fissuurverseëling Tot en met 21-jarige ouderdom Volgens die aanvaarde protokol

Spasiebehouers Gedurende die primêre en gemengde

gebit-fase

Een per spasie

bladsy 6

ladsy 7

Bydraes

Risikobedrag Spaarrekeningbedrag Totale bydrae Jaarlikse spaarrekening

Hooflid R802 R142 R944 R1 704

Volwasse afhanklike R624 R110 R734 R1 320

Kinderafhanklike* R338 R60 R398 R720

* U betaal slegs bydraes tot ’n maksimum van vier kinders. Alle ander kinders kan gratis as afhanklikes by die skema aansluit.

bladsy 8

CSL-chroniese voordeel

Bestmed se CSL-chroniese program word bedryf deur gekwalifiseerde aptekers en kliniese personeel wat

verseker dat toepaslike, kostedoeltreffende behandeling van ‘n hoë gehalte ingevolge die Skema se Reëls en

Voordele aan lede verskaf word.

• Doen aansoek om die CSL-chroniese voordeel indien

u met ’n chroniese siektetoestand gediagnoseer is

waarvoor deurlopende behandeling benodig word.

• Vir meer inligting oor hoe om aansoek te doen,

skakel asseblief 086 000 2378 of besoek

www.bestmed.co.za

Voorgeskrewe medisyne sal onder die volgende omstandighede betaal word:

• Waar medisyne oor generiese alternatiewe beskik

wat by die Medisynebeheerraad van Suid-Afrika

geregistreer is, sal Bestmed die generiese

medisyne betaal tot en met die Mediscorverwysingsprys

(MVP) vir die aktiewe bestanddeel.

• Die voordeelbedrag vir voorgeskrewe medisyne sal

bladsy 9

• Die medisyne gelys in die formularium vir CSLchroniese

toestande word teen 100% betaal.

• Bybetalings van 35% sal gehef word vir medisyne

wat nie op die formularium gelys is nie.

• U moet u voorafmagtiging vir alle voorgeskrewe

medisyne verkry deur 086 000 2378 te kontak,

of deur ’n faks te stuur aan 012 472 6760, of ’n

e-pos te stuur aan medicine@bestmed.co.za

bereken word teen die enkelafsetprys (EAP), plus

die respteringsfooi (soos deur Bestmed bepaal),

plus belasting op toegevoegde waarde (BTW),

indien toepaslik.

• Daar mag van u verwag word om u medisyne by ’n

aangewese diensverskaffer (ADV) te bekom.

26 CSL-chroniese toestande

Chroniese medisyne vir Chroniese Siektelys (CSL)-toestande

Die verwysingsprys vir medisyne wat op die Bestmed-formularium gelys word vir die volgende 26 chroniese

siektetoestande, sal betaal word mits u voorafmagting bekom:

• Addison se siekte

• Asma

• Bipolêre gemoedsversteuring

• Brongiëktase (lugpypverwydering)

• Chroniese obstruktiewe lugwegsiekte

• Chroniese niersiekte

• Chron se siekte

• Diabetes Insipidus

• Diabetes Mellitus Tipe 1

• Diabetes Mellitus Tipe 2

• Disritmie

• Epilepsie

• Gloukoom

• Hartversaking

• Hemofilie

• Hiperlipidemie

• Hipertensie

• Hipotireose

• Kardiomiopatie (hartspiersiekte)

• Kroonslagaarsiekte

• Parkisonsiekte

• Rumatoïede arthritis

• Sistemiese lupus eritematose

• Skisofrenie

• Ulseratiewe kolitis

• Veelvuldige sklerose

bladsy 10

Hoe die spaarrekening werk

Fondse gelykstaande aan 15% van u totale jaarlikse

bydrae word aan die begin van die voordeeljaar

vooruit in u mediese spaarrekening aan u beskikbaar

gestel. Buite-hospitaal mediese uitgawes word

vanuit u mediese spaarrekening betaal. Wanneer

u mediese spaarrekening uitgeput is, sal u self

verantwoordelik wees vir die betaling van alle

verdere buite-hospitaal mediese uitgawes. Enige

ongebruikte fondse wat aan die einde van ’n

voordeeljaar in u mediese spaarrekening oorbly,

sal na die volgende jaar oorgedra word. Indien

u lidmaatskap sou bedank deur die loop van die

finansiële jaar, sal die fondse in u spaarrekening na

4 maande aan u uitbetaal word of fondse sal van

u verhaal word indien die vooruit ontvangde spaar

reeds opgebruik is.

GESONDHEIDSBESTUURS-

PROGRAMME

Hierdie programme is daarop gemik om u welstand

en behandeling te bestuur indien u byvoorbeeld:

• MIV-positief is of aan Vigs ly

• Swanger is

• Met kanker gediagnoseer is, ens.

U moet vir die betrokke program of programme

registreer ten einde die voordele te ontvang.

bladsy 11

MIV/Vigs-voordeelbestuursprogram

Bestmed dek berading en toetsing in die geval van

lede wat hulle MIV-status wil vasstel.

Indien u MIV-positief is, moet u vir die MIV/Vigsvoordeelbestuursprogram

geregistreer wees ten

einde voordele te ontvang. Hierdie voordele sluit

die volgende in:

• Advies en berading deur die MIV-hulplyn.

• Gereelde bloedtoetse om die verloop van

die siekte te monitor en die reaksie op die

behandeling te bepaal.

• Medikasie en antiretrovirale middels.

• Wanneer ’n swanger vrou MIV-positief is, word

medikasie verskaf wat haar in staat sal stel om

natuurlik geboorte te gee. Medikasie word ook

aan die nuwe baba gegee om die kans op infeksie

te verminder.

Die behandelingsprogram wat deur Bestmed

gedek word, is gebaseer op die MIV/Vigsbefondsingsriglyne

en die goedgekeurde

behandeling word bepaal deur die lid se kliniese

uitslae. Die stadium van die siekte en die uitslae van

die bloedtoetse is bepalend t.o.v. welke behandeling

gedek word, asook hoe die lid gemonitor moet word.

Volledige besonderhede van hierdie program en die

voordele wat dit bied, sal aan lede wat daarvoor

registreer, verskaf word. U kan ook meer uitvind op

die Bestmed-webtuiste deur die opsie ‘Managed

Care’ te kies, of u kan ons skakel by 011 251 9400.

BestBaby

Hierdie program is spesifiek ontwerp om

dwarsdeur haar swangerskap ondersteuning

aan ’n verwagtende mamma te gee. ’n Toegewyde

24-uur noodlyn met opgeleide mediese personeel

kan aan lede leiding verskaf ten opsigte van daardie

skielike en onverwagte gebeurtenisse wat tydens

swangerskap mag voorkom.

Indien ’n verwagtende ma klinies as ’n hoërisikogeval

beskou word, sal haar swangerskap

strenger gemonitor word met behulp van

gereelde bloedtoetse en die gereelde neem

van haar bloeddruk.

Volledige besonderhede van hierdie program en

die voordele wat dit bied, sal aan lede wat daarvoor

registreer, verskaf word. U kan ook meer uitvind

op die Bestmed-webtuiste deur die opsie

‘Managed Care’ te kies, of u kan ons skakel by

011 704 0072.

Onkologie-voordeelbestuursprogram

U moet vir die onkologieprogram registreer ten einde

die voordele te ontvang. Oor die algemeen bied die

program die volgende:

• Toegang tot bykomende voordele en dienste wat

deel van die behandelingsprotokol vorm.

• Onkologiebehandeling wat onder meer

chemoterapie, bestralingsterapie, gespesifiseerde

patologie, diagnostiese uitbeelding en

gespesifiseerde konsultasies insluit.

Neem kennis:

• Alle dienste is onderhewig aan voorafmagtiging

deur Bestmed.

• Bestmed mag voorkeurverskaffers aanstel.

• Die dienste moet binne Bestmed se

befondsingsprotokol val.

U kan ook meer uitvind op die Bestmed-webtuiste

deur die opsie “Managed Care” te kies, of u kan ons in

hierdie verband kontak by 012 472 6254.

VOORGESKREWE MINIMUM

VOORDELE (VMV’S)

Wat is ‘n voorgeskrewe minimum

voordeel?

Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV’s) is voordele

wat ingevolge statutêre vereistes aan alle lede

van mediese fondse verskaf moet word. Dit sluit

die koste in wat verbonde is aan die diagnose,

behandeling en versorging wat benodig word vir

die volgende:

• ’n Beperkte stel van 270 siektetoestande soos

uiteengesit in Bylae A van die Regulasies tot die

Wet op Mediese Skemas 131 van 1998.

• ’n Lys van 26 chroniese siektetoestande, ook

bekend as die Chroniese Siektelys (CSL).

• Enige noodsiektetoestand.

bladsy 12

Wanneer is u op voorgeskrewe

minimum voordele geregtig?

Bestmed vergoed ’n eis as ’n VMV wanneer ’n

diensverskaffer die diagnostiese kode (ICD-10-kode)

wat met die gepubliseerde lys van die Raad vir

Mediese Skemas ooreenstem, gebruik.

Die lys met hierdie voorwaardes en kodes is op die Raad

se webtuiste www.medicalschemes.com beskikbaar.

Hoe word voorgeskrewe minimum

voordele betaal?

Bestmed betaal, ooreenkomstig die Skemareëls,

-protokolle en -formulariums, die diagnose, behandeling

en koste verbonde aan VMV’s ten volle en sonder enige

bybetaling. ’n Eis se ICD-10-kode voorsien Bestmed van

die inligting wat benodig word om behandeling/s wat

as VMV’s betaal moet word, te identifiseer. Dit is dus

noodsaaklik dat alle rekeninge met geldige ICD-10-kodes

ingedien word, aangesien dit ons in staat stel om die

rekening vanuit die korrekte voorgeskrewe minimum

voordeel te betaal.

Wat is ‘n noodsiektetoestand?

’n Mediese noodtoestand is die skielike, onverwagte

ontstaan van ’n gesondheidstoestand wat onmiddellike

mediese of chirurgiese ingryping vereis. Indien sodanige

behandeling nie verskaf word nie, stel dit die persoon

se lewe in gevaar, of kan dit tot ernstige skade aan of

wanfunksie van ’n liggaamsdeel of –orgaan lei.

Bestmed bied dekking vir binne-hospitaal noodgevalle.

Wanneer u sodanige noodgeval ondervind, moet u

bladsy 13

onmiddellik na ’n hospitaal gaan vir mediese behandeling.

Onthou egter om binne 48 uur na die konsultasie

of op die eerste werksdag na die konsultasie ’n

magtigingsnommer te bekom.

Artikel 29 van die Wet op Mediese Skemas vereis

van mediese skemas om die omvang van minimum

voordele in hulle Skemareëls uiteen te sit. Verwys

asseblief na Bestmed se geregistreerde Reëls vir

verdere besonderhede. Mediese Skemas mag van seker

risikobestuursinstrumente gebruik maak om te verseker

dat die dekking vir VMV’s geskik en kostedoeltreffend is.

Die instrumente wat deur Bestmed gebruik word, sluit

die volgende in:

• Formulariums (medisynelyste)

• Kliniese befondsingsriglyne en

behandelingsprotokolle

• Voorafmagtigingsprosedures

• Aangewese diensverskaffers (ADV’s)

VOORAFMAGTIGING

Wanneer moet voorafmagtiging

verkry word?

• Voordat u in ’n hospitaal opgeneem word of enige

chirurgie of diagnostiese ondersoek ondergaan.

• In die geval van ’n lewensbedreigende noodopname

buite kantoorure of oor naweke en op openbare

vakansiedae, moet u ’n magtigingsnommer op die

eerste werksdag ná die hospitaalopname verkry.

Versuim om dit te doen, sal daartoe lei dat ‘n boete vir

laat magtiging opgelê word.

Waarom moet voorafmagtiging

verkry word?

Voorafmagtiging is belangrik, aangesien dit help

om te verseker dat beide u en u diensverskaffers

bewus is van watter onkostes deur Bestmed betaal

sal word. Die voorafmagtigingsproses sluit ook

die bestuur van u verblyf en behandeling tydens

hospitalisasie in.

Vir verdere inligting rakende voorafmatiging, besoek

die Bestmed-webtuiste by www.bestmed.co.za

waar u eers die ‘Managed Care’-opsie en daarna die

‘Hospital Benefit Management’-opsie kies.

Voorafmagtigingsnommer:

0800 22 0106

24-UUR NOODAFVOER

Dit sluit noodvervoer per ambulans, reaksievoertuig,

helikopter of vastevlerkvliegtuig in, indien u

byvoorbeeld in ’n motorongeluk betrokke is. Die diens

word betaal teen 100% van die koste, onderhewig

aan lewering en voorafmagtiging deur ER24.

INTERNASIONALE REISDEKKING

Indien u ’n buitelandse vakansiereis onderneem,

sal u die dekking geniet wat deur die internasionale

reisdekkingvoordeel verskaf word. Laai die

polisdokument af wat op die webtuiste by

www.bestmed.co.za verkrygbaar is en hou

dit byderhand tydens u reis.

Neem kennis:

U moet ER24 by 011 319 6300 kontak om

bykomende versekering uit te neem indien:

• U vir langer as 90 dae in die buiteland gaan reis.

• U aan riskante aktiwiteite gaan deelneem

tydens u reis.

Hoe hanteer u ’n noodmediesetoestand

wanneer u reis?

Skakel +27 010 205 3100

Sê asseblief die volgende: ‘ER24 International

Travel Extension’ en verskaf ook u Bestmed-

lidmaatskapnommer.

bladsy 14

BELANGRIKE ADMINISTRATIEWE

INLIGTING

Wie kwalifiseer as afhanklikes?

Bestmed erken die volgende persone as afhanklikes:

• Die lid se eggenoot of lewensmaat.

• ’n Kind ouer as 21 jaar, indien sodanige kind as

gevolg van verstandelike of fisiese gestremdheid

van die lid afhanklik is.

• ’n Kind ouer as 21, maar nie ouer as 26 jaar nie,

wat studeer en van die lid afhanklik is. Bewys

van registrasie aan ’n geregistreerde tersiêre

instelling word vereis.

• Onmiddellike familie* vir wie se versorging en

ondersteuning die lid regtens verantwoordelik is.

• Ander persone wat deur Bestmed as afhanklikes

erken word.

*Onmiddellike familie verwys na die lid se moeder, vader, broer of

suster. Bestmed vereis in hierdie gevalle ’n bewys van afhanklikheid

en ’n laataansluitingsboete mag gehef word.

Wagtydperke

Die Wet op Mediese Skemas laat mediese skemas

soos Bestmed toe om onder sekere omstandighede

’n wagtydperk ten opsigte van sekere voordele in te

stel. Dit beteken dat u vir ’n vasgestelde tydperk nie

toegang tot ’n sekere voordeel sal hê nie.

bladsy 15

Daar is twee soorte wagtydperke:

1. Toestand-spesifieke wagtydperk – hierdie

verwys na ’n vasgestelde tydperk waartydens ’n

lid of afhanklike vir ’n tydperk van 12 maande nie

daarop geregtig is om voordele te eis nie. Dit word

beperk tot ernstige siektetoestande waarvoor

mediese advies, diagnose, sorg of behandeling

aanbeveel of ontvang is binne die 12 maandetydperk

voordat die lid aansoek om lidmaatskap

van Bestmed gedoen het.

2. Algemene wagtydperk – hierdie verwys na ’n

vasgestelde tydperk waartydens ’n afhanklike vir

die eerste 3 maande nie daarop geregtig is om

enige voordele te eis nie.

Indien u chroniese medikasie gebruik, mag u moontlik

spesifieke behandelings of chroniese medikasie wat

deur die voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s)

gedek word, eis.

Indien u egter nie langer as 90 dae ’n lid of afhanklike

van ’n geregistreerde mediese skema was voordat

u by Bestmed aangesluit het nie, sal u nie eise vir

spesifieke behandelings of chroniese medikasie wat

deur die voorgeskrewe minimum voordele gedek

word, mag indien nie.

Pro rata-voordele

Bestmed-voordele word bereken vir ’n tydperk

van 12 maande wat strek vanaf 1 Januarie tot 31

Desember. Indien ’n lid gedurende die jaar, bv. in Mei

aansluit, word die voordele bereken aan die hand van

die aantal oorblywende maande in die jaar.

Laataansluitingsboete

Laataansluitingsboetes kan gehef word op nuwe

lede wat ouer as 35 jaar is. Afhangende van die

aantal jare waartydens die lid nie aan ’n mediese

skema behoort het nie, sal ’n laataansluitingsboete

by die maandelikse bydrae gevoeg word. Die boete

word bereken volgens ’n glyskaal soos uiteengesit

in die onderstaande tabel en word gebaseer op

die totale aantal jare ná die ouderdom van 35, met

effek vanaf 1 April 2001, waartydens die lid nie aan

’n mediese skema behoort het nie.

Aantal jare sedert ouderdom

35 waartydens die aansoeker

nie ‘n lid van ‘n mediese

skema was nie

Boete

1 – 4 jaar 0.05 x bydrae

5 – 14 jaar 0.25 x bydrae

15 – 24 jaar 0.50 x bydrae

25+ jaar 0.75 x bydrae

Hoe om ‘n eis in te dien

Dien asseblief die oorspronklike eis direk by

Bestmed in, indien die diensverskaffer nie self eise

in dien nie.

Alle eise moet die volgende besonderhede bevat:

• Naam en kontakbesonderhede van die lid

• Bestmed-lidmaatskapnommer

• Naam en kontakbesonderhede, asook

praktyknommer van die diensverskaffer

• Besonderhede van die behandeling, insluitdende

die toepaslike tarief en ICD-10-kodes.

• Besonderhede van die pasiënt

• ’n Aanduiding daarvan of die diensverskaffer of

die lid betaling moet ontvang.

U moet die eis, tesame met die vereiste

betalingsbewys, binne vier maande nadat die

behandeling ontvang is, in dien. Indien dit nie binne

vier maande ingedien word nie, sal die eis afgewys

word en sal u self verantwoordelik wees vir die

betaling van die rekening.

Eise word binne 48 uur na ontvangs verwerk.

Bestmed het elke Vrydag asook met maandeinde

(drie werksdae na die laaste dag van die vorige

maand),’n eisbetalingslopie.

Die geld sal binne sewe werksdae na ontvangs van

u eis direk in u bankrekening inbetaal word.

Onthou asseblief om die betalingsbewys asook u

opgedateerde bankbesonderhede aan te heg.

U sal die dag nadat ’n eis verwerk is, ’n ministaat

per e-pos ontvang wat u daarvan in kennis stel. U

kan op hierdie e-pos reageer indien u enige navrae

rakende hierdie eis/eise het.

’n Volledige eisestaat (betalingsadvies) word na

elke eisbetalingslopie per e-pos of posdiens aan

u gestuur. Maak asseblief daarvan seker dat die

besonderhede op die staat korrek is.

Eise kan geskandeer en per e-pos gestuur word

na register@bestmed.co.za, of gepos word na

Bestmed Mediese Skema, Posbus 2297, Arcadia,

Pretoria 0001.

bladsy 16

AANLYN- EN SMS-DIENSTE

Hoe om aanlyn te registreer

• Gaan na www.bestmed.co.za

• Klik op ‘Online services’

• Klik op die ‘Password Registration form’-skakel

• Vul die besonderhede in soos versoek

• Klik op ‘Submit’

• U sal ’n aktiveringsprosesvorm ontvang

• Druk asseblief die vorm uit, teken en faks dit

aan 012 472 6500

By ontvangs van die faks sal ons u wagwoord

aktiveer en u per e-pos in kennis stel sodra dit

gedoen is. Die volgende keer wat u van ‘Online

services’ gebruik maak, sal u kan aanteken deur u

Bestmed-lidmaatskapnommer te gebruik.

Die aanlyndiens verskaf aan u toegang tot:

• U persoonlike besonderhede

• U eisegeskiedenis

• Die status van eise wat ingedien is

• Die beskikbare voordele

• Bydraes wat betaal is

bladsy 17

Webpos-fasiliteit

Vir ‘n opsomming van u chroniese medisyne

en geregistreerde toestand/e, persoonlike

besonderhede en die drie mees onlangse eise

wat ontvang en verwerk is, stuur bloot ‘n blanko

e-pos aan webmail@bestmed.co.za en u sal die

inligting per e-pos ontvang. Maak asseblief seker dat

Bestmed oor u korrekte e-posadres beskik.

SMS-diens

Indien u graag u Bestmed-inligting direk op u selfoon

wil ontvang, SMS – afhangende van die inligting wat

u verlang – die letter A, B of C aan 31416.

A = Persoonlike besonderhede

B = Opsomming van beskikbare voordele

C = Bevestiging van die drie mees onlangse eise

ladsy 18

ALGEMENE UITSLUITINGS

VAN TOEPASSING OP ALLE

VOORDEELOPSIES (NIE VAN

TOEPASSING OP VMV’s NIE)

a. Alle reiskostes vir dokters en pasiënte.

b. Mediese toestelle, asook ortopediese, chirurgiese

en mediese toerusting, uitgesluit dié omskryf

in Bylae B.1 tot B.9 (wat verkrygbaar is op die

webtuiste by www.bestmed.co.za onder die bylae

by elk van die onderskeie voordelegidse).

c. Verslae, ondersoeke en toetse wat benodig word

vir die doeleindes van emigrasie, immigrasie,

visums, versekeringspolisse, indiensneming,

toelating tot skole en universiteite, mediese

hofverslae, kinderaannemings en aftrede weens

swak gesondheid, asook spierfunksietoetse,

fiksheidsondersoeke en -toetse.

d. Enige operasies, behandeling en prosedures vir

nie-funksionele of kosmetiese doeleindes.

e. Rekeninge vir dienste gelewer deur persone

wat nie geregistreer is by die Raad vir

Gesondheidsorgberoepe van Suid-Afrika, die

Raad vir Aanvullende Gesondheidsberoepe en

ander soortgelyke gesondheidsorginstansies in

die land waarin die diens gelewer is nie.

f. Rekeninge gelewer ten opsigte van die volgende:

I. Alle koste van enige aard hoegenaamd wat

aangegaan word vir die behandeling van

siektetoestande van of beserings opgedoen

deur ’n lid of ’n afhanklike waarvoor enige

bladsy 19

ander party aanspreeklik is. Die lid is egter

geregtig op sodanige voordele as wat onder

normale omstandighede van toepassing sou

wees, op voorwaarde dat by die ontvangs

van betaling vir mediese uitgawes, die lid

die Skema sal vergoed vir enige gelde wat

deur die Skema ingevolge hierdie voordeel

uitbetaal is.

II. Vetsug.

III. Toestelle en medikasie vir die voorkoming

van beserings gedurende sport- en

ontspanningsaktiwiteite.

IV. Beserings wat voortspruit uit onwettige

optrede op grond waarvan die lid of sy

afhanklikes aan ’n misdryf aandadig was.

V. Afsprake wat nie deur die lid nagekom is nie.

g. Akkommodasie in ’n ouetehuis of instansie wat

algemene versorgings- en verpleegdienste

aan persone lewer, bv. verswakte bejaardes en

pasiënte wat chronies siek is, of soortgelyke

instellings.

h. Ondersoeke, toetse en behandeling van

impotensie en onvrugbaarheid, of die kusmatige

bevrugting van ’n persoon binne of buite die

menslike liggaam soos omskryf in die Wet op

Menslike Weefsel 65 van 1983. In die geval

van kunsmatige bevrugting sal Bestmed

geen bydraes maak ten opsigte van die koste

verbonde aan voorbereidende werk, d.w.s. voorinseminasieuitgawes

of inseminasie buite die

vroulike liggaam nie.

i. Koste wat die jaarlikse maksimum voordele

waarop ’n lid ingevolge Bestmed se reëls geregtig

is, oorskry.

j. Enige koste verbonde aan toestande wat

spesifiek van voordele uitgesluit is op grond van

’n wagtydperk wat by die toelating of registrasie

van die lid en sy afhanklikes by Bestmed opgelê is.

k. Die koste verbonde aan vakansies wat

onderneem word vir hersteldoeleindes, verblyf

by spa’s, gesondheidsoorde en rusoorde, ongeag

of dit deur die behandelende diensverskaffer

voorgeskryf is.

l. MIV, Vigs en ander seksueel-oordraagbare

siektes, met die voorbehoud dat:

I. Dienste gelewer in ’n openbare hospitaal

betaal sal word, beperk tot die minimum

voordele waarvoor voorsiening gemaak word

in regulasie 8 van die regulasies uitgevaardig

ingevolge die Wet op Mediese Skemas 131

van 1998 en Bylae D1 van hierdie Reëls; en

II. Die lid of sy afhanklikes kliniese bewys

van hulle MIV/Vigs-status aan Bestmed se

mediese adviseur sal voorlê.

m. Koste wat voortspruit uit ’n persoon se

betrokkenheid by die bedrywighede van die

amptelike gewapende magte en waarvoor hy of

sy dekking geniet.

n. Voordele waarna daar nie in hierdie Skedule

verwys word nie, of dienste wat nie ingevolge

aanvaarde protokol gelewer word nie of wat

nie gemik is op die behandeling van ’n werklike

of vermeende siektetoestand of gebrek wat

noodsaaklike liggaamsfunksies benadeel of

bedreig nie.

o. Borschirurgie, behalwe chirurgie wat verband hou

met kanker, gewasse en absesse.

p. Refraktiewe prosedures, behalwe waar die

dioptriese miopiewaarde ’n syfer van -5 of hoër

vertoon, hiperopie ’n syfer van +3 diopter en

astigmatisme ’n syfer van -2,5 en hoër vertoon. In

hierdie gevalle word voorafmagtiging vereis.

q. Enige koste deur ’n diensverskaffer geëis vir

mediese motiverings of vooraf-motiverings soos

deur hierdie Reëls bepaal word.

r. Koste wat voortspruit uit verlore of beskadigde

toestelle, apparate, brille of kontaklense.

s. Psigometriese toetse.

t. Beserings opgedoen gedurende betrokkenheid

by protesoptogte, openbare onrus of onluste,

oorloë, invalle, enige optrede deur buitelandse

vyandige magte, vyandelikhede, oorlogsgerigte

operasies of burgeroorlog.

u. Uitsluitings van toepassing op mond- en

tandheelkundige voordele:

I. Koste van goud-, metaal- of ander inlegsels in

’n kunsgebit en/of kroon.

II. Bleik van vitale tande.

III. Linguale ortodonsie.

bladsy 20

IV. Prosedures wat deur Bestmed as kosmeties

of as kosmetiese van aard beskou word waar

daar alternatiewe prosedures beskikbaar is.

V. Items wat in die Tandheelkunde-skedule

aangedui word as “per ooreenkoms” of “N.v.t.”.

VI. Prosedures wat voorafmagtiging benodig

en ten opsigte waarvan daar nie om

magtiging aansoek gedoen is nie.

v. Sonbrille.

w. Nie-VMV-komplikasies by borsreduksie.

MEDISYNE-UITSLUITINGS (NIE VAN

TOEPASSING OP VMV’s NIE)

a. Preparate spesifiek vir die behandeling van

vetsug, insluitende dieëtaanvullings.

b. Patente en huishoudelike geneesmiddels.

c. Voedingaanvullings (insluitende patente en

babakos).

d. Medisyne wat spesifiek gebruik word vir die

behandeling van onvrugbaarheid.

e. Seksstimuleermiddels.

f. Sonskermmiddels (medisinaal of andersins).

g. Alle sepe en haarwasmiddels (medisinaal of

andersins).

h. Kosmetiese middels.

i. Gewoontewerende middels

j. Anaboliese steroïede.

bladsy 21

k. Tonikums, stimulante, biologiese middels,

vitamiene, minerale en vitamien/mineraalkombinasies

tensy bewese mediese aanduidings

daarvoor ingedien kan word, met die voorbehoud

dat Bestmed tot die volgende sal bydra:

I. Voorgeboortelike medisyne.

l. Ongeregistreerde medisyne sal nie vir

voordele oorweeg word voordat dit by die

Medisynebeheerraad geregistreer is nie.

m. Ongeregistreerde aanduidings van die “buitevoorskrif”-gebruik

van medisyne sal nie vir

voordele in aanmerking kom nie.

BEPERKING VAN VOORDELE

a. Die maksimum voordele waarvoor ’n lid en sy

afhanklikes binne enige finansiële jaar kwalifiseer,

is onderhewig aan ’n beperking (limiet) soos in

Bylaes B1 tot B9 uiteengesit (wat verkrygbaar

is op die webtuiste by www.bestmed.co.za in die

bylae tot elk van die onderskeie voordelegidse).

b. Lede wat gedurende die verloop van ’n finansiële

jaar tot die Skema toegelaat word, is geregtig op

die voordele soos aangepas in verhouding tot die

tydperk van lidmaatskap wat bereken word vanaf

die datum van toelating tot aan die einde van die

betrokke finansiële jaar.

c. Tensy anders besluit deur die Raad van

Trustees, word die voordele ten opsigte van

voorskrifmedisyne beperk tot een maand se

voorraad vir elke sodanige voorskrif of herhaling

daarvan (wat verkrygbaar is op die webtuiste by

www.bestmed.co.za in die bylae tot elk van die

onderskeie voordelegidse).

ladsy 22

WOORDELYS

Aangewese

diensverskaffer

(ADV)

bladsy 23

’n Geregistreerde gesondheidsorgverskaffer (’n fasiliteit of

staatsbeheerde diensverskaffer), wat deur die Skema gekontrakteer

word om aan sy lede die diagnose, behandeling en nodige sorg ten

opsigte van een of meer toestande te verskaf.

Aanvullende dienste Dit sluit die dienste in wat deur dieëtkundiges, chiropraktisyns

en homeopate gelewer word, asook dienste soos akupunktuur,

spraakterapie, oudiologie, arbeidsterapie, fisioterapie, ens.

Bestmedresepteringsfooi

Die fooi wat ’n apteker vra om medisyne te resepteer.

Bestmed-tarief Die prys wat Bestmed betaal vir ’n gelewerde mediese diens.

Biologiese medisyne Dit is medisyne wat van ’n lewende bron verkry word, soos bv.

insulien en groeihormone.

Bybetaling Dit is die gedeelte van die totale koste van ’n prosedure of

konsultasie wat u direk aan die diensverskaffer moet betaal of

wat, op versoek, betaal sal word vanuit die beskikbare fondse in u

mediese spaarrekening.

Chroniese Siektelys

(CSL)

Endoskopiese

ondersoek

Enkele afsetprys

(EAP)

’n CSL is ’n lys van chroniese toestande ten opsigte waarvan

Bestmed die koste verbonde aan die medikasie en behandeling van

die chroniese toestand sal dra.

’n Mediese prosedure waartydens ’n endoskoop gebruik word om

binne die liggaam waarneming te doen, bv. binne ’n hol orgaan of

ander holte of gewrig, ten einde ’n probleem te identifiseer.

Dit verwys na wetgewing wat bepaal dat medisynevervaardigers

hulle produkte teen dieselfde prys (enkele afsetprys) aan al hulle

kliënte moet verkoop, ongeag die aard en omvang van die kliënt se

bestelling en verbruiksvlakke. Dié begrip impliseer dat elke produk

en die variante daarvan die fabriek teen ’n enkele prys vir daardie

produk of ’n variant daarvan verlaat.

Formularium ’n Formularium is ’n lys medisyne waarvoor Bestmed sal betaal

en wat gebruik word vir die behandeling van chroniese toestande

ooreenkomstig die opsie wat u gekies het.

Gespesialiseerde

tandheelkunde

Maksillofasiale

chirurgie

Mediese

spaarrekening

Mediscorverwysingsprys

(MVP)

Dit verwys na gevorderde of gespesialiseerde tandheelkundige

prosedures soos wortelkanaalprosedures, tandvleischirurgie,

mondchirurgie en inplantings.

Chirurgie aan die kaak of kakebeen.

Mediese uitgawes word betaal vanuit u mediese spaarrekening soos

deur u verkose opsie bepaal word. Wanneer u mediese spaarrekening

uitgeput is, moet u self vir buite-hospitaal uitgawes betaal. Enige

ongebruikte fondse wat daar in u mediese spaarrekening oorbly

aan die einde van die voordeeljaar, sal na die volgende jaar oorgedra

word. Indien u u lidmaatskap van die Skema opsê gedurende die loop

van ‘n voordeeljaar, sal die fondse in u mediese spaarrekening na

verloop van vier maande aan u terugbetaal word.

Die MVP is ’n verwysingslys van generiese medisyne wat minder

kos as die oorspronklike handelsnaamprodukte. Die MVP bepaal ’n

maksimum terugbetaalprys vir elke generiese produk. Hierdie lys

word gereeld hersien om te verseker dat daar ’n omvattende reeks

bekostigbare medisyne beskikbaar is. Enige wysiging aan die MVP

sal ’n invloed op die bybetalingsbedrag uitoefen.

Nie-CSL-toestand Daar is ander chroniese toetande wat nie deel van die CSL uitmaak

nie. Afhangende van die opsie wat u kies, mag Bestmed ’n gedeelte

van of die volle behandelingskoste dra.

Prostese ’n Kunsliggaamsdeel of -ledemaat wat verskaf word om ’n gebrek of

tekortkoming reg te stel, bv. ’n arm, been, ens.

Protokolle Protokolle is kliniese riglyne wat deur deskundiges op die gebied van

‘n spesifieke mediese toestand opgestel word en wat, gebaseer op

beste praktyksbeginsels, bepaal hoe sodanige toestand behandel

moet word.

Voorafmagtiging Die verskaffing van goedkeuring vir ’n mediese gebeurlikheid

voordat dit plaasvind.

Voorgeskrewe

Minimum Voordeel

(VMV)

’n VMV is ’n voordeel wat, regtens gesproke, deur Bestmed aan

al sy lede verskaf moet word. Dit sluit in die koste verbonde aan

diagnose, behandeling en voortgesette sorg in.

KONTAKBESONDERHEDE

Algemeen

Tel: 086 000 2378

E-pos: service@bestmed.co.za

Faks: 012 472 6500

Instapfasiliteit

Blok A, Glenfield Kantoorpark, Oberonlaan 361,

Faerie Glen, Pretoria 0081

Posadres

Posbus 2297, Arcadia, Pretoria, 0001

Eise

Tel: 086 000 2378

E-pos: service@bestmed.co.za (navrae)

register@bestmed.co.za (eisindiening)

Magtiging vir hospitaalopname

Tel: 0800 22 0106

E-pos: authorisations@bestmed.co.za

CSL-Chroniese medikasie

Tel: 086 000 2378

E-pos: medicine@bestmed.co.za

Faks: 012 472 6760

ER24 en Internasionale Reisdekking

Tel: 084 124

BestBaby

Tel: 011 704 0072

E-pos: service@bestmed.co.za

MIV/Vigs-program

Tel: 011 251 9400

E-pos: bestmed@optipharm.co.za

mhc@bestmed.co.za

Faks: 086 500 9822

Onkologieprogram

Tel: 012 472 6254

E-pos: diseasemanagement@bestmed.co.za

Aanlyndienste – Toegang en Navrae

E-pos: service@bestmed.co.za

Webpos (e-pos fasiliteit)

E-pos: webmail@bestmed.co.za

Webtuiste – Tegniese Navrae

E-pos: webmaster@bestmed.co.za

RAAD VIR MEDIESE SKEMAS

Kliëntedienssentrum

Tel: 0861 123 267

E-pos navrae

E-pos: support@medicalschemes.com

E-pos klagtes

E-pos: complaints@medicalschemes.com

Bestmed streef deurlopend daarna om slegs die beste

te bied met behulp van waarde-vir-geld produkte wat

ondersteun word deur uitmuntende kliëntediens en

waardeur doeltreffende interaksie met Bestmed asook

tevredenheid gewaarborg kan word. Indien u nie tevrede

is met Bestmed se diens nie, stuur asseblief ’n e-pos met

u klagte aan service@bestmed.co.za, of andersins aan die

Raad vir Mediese Skemas by complaints@medicalschemes.

com

bladsy 24

www.bestmed.co.za

Vrywaring: Terwyl Bestmed alle redelike sorg aan die dag gelê

het tydens die saamstel van hierdie voordelegids, kan ons nie

aanspreeklikheid aanvaar vir enige foute of weglatings hierin

nie. Let asseblief daarop dat indien ’n dispuut sou ontstaan

oor enige voordeel, die geregistreerde Reëls van Bestmed,

soos goedgekeur deur die Registrateur van Mediese Skemas,

sal geld.

Besoek asseblief www.bestmed.co.za om die volledige

vrywaring van aanspreeklikheid en verantwoordelikheid vir

Bestmed Mediese Skema te besigtig.

701929 - 04/12

Gedetailleerde brosjure

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!