OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

gemeenskap van destyds, het die simbolieke waarde van getalle in 'n fyn wetenskap ontwikkel (die sg. "gematria"). Dit word duidelik as ons, byvoorbeeld, van die "sewe geeste van God" lees. Dit kan tog nie beteken dat daar sewe afsonderlike Heilige Geeste is nie. Die getal 7 is doodgewoon ‘n samestelling van 3 (wat op die Drie-eenheid dui) en 4 (wat die vier windrigtings en dus op die hele wêreld om ons aandui). So kom ons dan baie maklik uit by die verklaring dat 7 dui op dit wat volmaak is; waarby niks bygevoeg kan word nie; wat totaal omvattend is en waar niks weggelaat word nie. God se Gees is dus oral. In alle windrigtings is Hy in Sy volmaakte almag en liefde teenwoordig en aan die werk. Net so, as daar 7 briewe geskryf word aan 7 gemeentes, is dit dus God se profetiese Woord aan Sy hele ekklesia oor alle tye uiteindelik. Sodat almal wat dit lees, sy dit die eerste lesers of ons in 2009 en later, by God self hoor wat in en met die ekklesia daar in Klein-Asië destyds, maar ook oor die wêreld gebeur en gaan gebeur. Soos wat ons die boek in sy simboliese taal teen die agtergrond van sy eerste lesers lees, maar ook in die lig van die gebeure vandag om ons probeer verstaan , kan God se Gees dit gebruik om bonatuurlik die sluier van ons oë en verstand weg te trek. Sodat ons kan sien wat God sien. Dit sal ons weer hoop gee ... Dat God kan en gaan ingryp. Dat omstandighede kan en gaan verander. Dat 'n beter môre en oormôre verseker voorkant toe op ons wag! Ja, om ons is dit moeilik en hard en soos in 'n oond! Maar God is en bly ten volle in beheer. En vir diegene wat Hy liefhet SAL alles ten goede meewerk ... (Rom. 8:26).

Openbaring 1(A) As ons weer Jesus leer raaksien ... Vir die eerste lesers van die boek, Openbaring, het die inhoud van hierdie boek soveel troos gebring. Elke dag moes hulle voor 'n Romeinse owerheid buig. Oral om hulle is daar geëis, ongeag watter god jy ook aanbid, dat alle burgers die keiser as god moes eer en aanbid. Een keer per jaar moes elke burger voor 'n magistraat verskyn, 'n bietjie wierook brand, en sê: Die keiser is here! Eers dan het jy 'n dokument ontvang wat sê dat jy 'n lojale burger is. Behalwe hierdie uiters ongemaklike keuse wat jy elke jaar moes maak waar jy ookal gewoon het in die Romeinse ryk, was daar nog die uitdagings op die markplein ook. So moes elke werker êrens inskakel by 'n werkersgilde (of vakbond, as ons modern daaroor sou dink) van sy betrokke beroep of vakgebied. Om dit te doen, was jy gedwing om te buig voor die beskermgod van daardie betrokke beroep of vakgebied en moes jy meedoen aan die gereelde feesmaaltye ter ere van daardie god. Wat meestal gepaard gegaan het met orgies en die eet van kos wat aan daardie god gewy was. Gehoorsame volgelinge van Jesus kon eenvoudig nie hieraan meedoen of hierby aansluit nie. En dit het beteken dat die gildes jou oral uitgewerk het of vervolg het. Christengelowiges kon gevolglik nie sommer werk kry nie en het gevolglig baie keer verarm. Jy sal dus verstaan as ek sê: vir die eerste lesers van hierdie boek was gehoorsaam-Christen-wees elke dag 'n stryd tussen lewe en dood. Goedkoop trooswoorde sou nie vir hulle help nie. Nie as jy dag vir dag voor die werklikheid van diskriminasie, vervolging, of die steenkoolmyne op Patmos, soos vir Johannes, of selfs 'n brandstapel of 'n kruis staan nie. Net omdat jy gehoorsaam Christus wou volg en getrou wou bly aan die Evangelie. Daarom kan ek en jy nooit die boek Openbaring anders lees as in die lig van 'n brandstapel se vlamme waarop 'n gelowige van die pyn lê en krul en reg maak om te sterf nie. Want dit sou ons help om die rede te verstaan waarom daar hierdie onverstaanbare blydskap en vreugde op die gesig van die martelaar ook tog was ... Hoe kan dit anders? Hulle het immers Jesus, die Christus, die Koning van alle konings gesien! Die Iemand .... tussen die sewe lampe! (Op. 1) Luister hoe teken Johannes Hom: "Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien en tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het ‘n lang kleed aangehad en ‘n goue band om sy bors gedra. Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam. Sy voete was soos geelkoper wat in ‘n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van ‘n groot watermassa. In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad, en ‘n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom. Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn. Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: "Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk ..." (Op. 1:12-18). Vriende, 'n ontmoeting met 'n lewende, opgestane Jesus Christus verander jou lewe. Gee jou moed om aan te gaan. Troos jou as jou gehoorsaamheid aan die evangelie en aan Hom as enigste Here in jou lewe, vir jou en jou kinders te min kos op die tafel, of verguising in julle woonbuurt, of selfs tronkstraf, of die dood, sou beteken. Mag God se Gees hierdie woord gebruik om jou weer te help om Jesus in Sy hemelse heerlikheid raak te sien!

Openbaring 1(A) As ons weer Jesus leer raaksien ...

Vir die eerste lesers van die boek, Openbaring, het die inhoud van hierdie boek soveel troos gebring.

Elke dag moes hulle voor 'n Romeinse owerheid buig. Oral om hulle is daar geëis, ongeag watter god

jy ook aanbid, dat alle burgers die keiser as god moes eer en aanbid. Een keer per jaar moes elke

burger voor 'n magistraat verskyn, 'n bietjie wierook brand, en sê: Die keiser is here! Eers dan het jy

'n dokument ontvang wat sê dat jy 'n lojale burger is.

Behalwe hierdie uiters ongemaklike keuse wat jy elke jaar moes maak waar jy ookal gewoon het in

die Romeinse ryk, was daar nog die uitdagings op die markplein ook. So moes elke werker êrens

inskakel by 'n werkersgilde (of vakbond, as ons modern daaroor sou dink) van sy betrokke beroep of

vakgebied. Om dit te doen, was jy gedwing om te buig voor die beskermgod van daardie betrokke

beroep of vakgebied en moes jy meedoen aan die gereelde feesmaaltye ter ere van daardie god.

Wat meestal gepaard gegaan het met orgies en die eet van kos wat aan daardie god gewy was.

Gehoorsame volgelinge van Jesus kon eenvoudig nie hieraan meedoen of hierby aansluit nie. En dit

het beteken dat die gildes jou oral uitgewerk het of vervolg het. Christengelowiges kon gevolglik nie

sommer werk kry nie en het gevolglig baie keer verarm.

Jy sal dus verstaan as ek sê: vir die eerste lesers van hierdie boek was gehoorsaam-Christen-wees

elke dag 'n stryd tussen lewe en dood. Goedkoop trooswoorde sou nie vir hulle help nie. Nie as jy

dag vir dag voor die werklikheid van diskriminasie, vervolging, of die steenkoolmyne op Patmos, soos

vir Johannes, of selfs 'n brandstapel of 'n kruis staan nie. Net omdat jy gehoorsaam Christus wou

volg en getrou wou bly aan die Evangelie.

Daarom kan ek en jy nooit die boek Openbaring anders lees as in die lig van 'n brandstapel se

vlamme waarop 'n gelowige van die pyn lê en krul en reg maak om te sterf nie. Want dit sou ons

help om die rede te verstaan waarom daar hierdie onverstaanbare blydskap en vreugde op die gesig

van die martelaar ook tog was ...

Hoe kan dit anders? Hulle het immers Jesus, die Christus, die Koning van alle konings gesien! Die

Iemand .... tussen die sewe lampe! (Op. 1)

Luister hoe teken Johannes Hom: "Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe

ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien en tussen die lampe Iemand soos die Seun

van die mens. Hy het ‘n lang kleed aangehad en ‘n goue band om sy bors gedra. Die hare op sy kop

was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam. Sy voete was soos geelkoper wat

in ‘n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van ‘n groot watermassa. In sy regterhand het Hy

sewe sterre gehad, en ‘n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom. Sy hele

voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn. Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval

en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: "Moenie

bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in

alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk ..." (Op. 1:12-18).

Vriende, 'n ontmoeting met 'n lewende, opgestane Jesus Christus verander jou lewe. Gee jou moed

om aan te gaan. Troos jou as jou gehoorsaamheid aan die evangelie en aan Hom as enigste Here in

jou lewe, vir jou en jou kinders te min kos op die tafel, of verguising in julle woonbuurt, of selfs

tronkstraf, of die dood, sou beteken.

Mag God se Gees hierdie woord gebruik om jou weer te help om Jesus in Sy hemelse heerlikheid

raak te sien!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!