OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

Openbaring 22 Kyk, Ek kom gou! Die meeste films vandag word afgesluit met dramatiese musiek en ‘n paar treffende laaste tonele wat die draaiboek van die film mooi saamvat en afrond, en dan begin die name van die rolspelers oor die skerm afrol. So moet ons hierdie laaste hoofstuk, hoofstuk 22, van die boek, Openbaring, sien. “Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies. Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer. Toe sê die engel vir my: ‘Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.’ Jesus sê toe: ‘Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.’ Dit is ek, Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het... ‘"Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby. Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly; maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly.’ Jesus sê toe weer: "Kyk, Ek kom gou! ... Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde... Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.’ Die Gees en die bruid sê: ‘Kom!’ En elkeen wat dit hoor, moet sê: ‘Kom!’ En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!.. Hy wat dit alles getuig, sê: ‘Ja, Ek kom gou!’ Amen! Kom, Here Jesus! Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.” (Op. 22:1-21) Water bring lewe. Daarsonder gaan alles dood! Hier sien ons hoe die ware lewe soos ‘n stroom water as’t ware uit die troon van die God vloei wat Christus Jesus Sy Seun na hierdie wêreld gestuur het. Om lewe, en dit in oorvloed, aan elkeen wat Hom in geloof vasgryp, te bedien. Jesus Christus staan, soos daar in die begin van Genesis, as die werklike Boom van die Lewe daar. Elkeen wat van die genade en lewe wat Hy aanbied in geloof geniet, beleef verlossing en genesing in hulle lewens.

Sy kruis het vir elkeen wat in Hom glo ‘n boom van lewe geword. Waarvan ons die blare en vrugte kan eet en vir ewig genees kan word daardeur. Daarom kan Op. 22:17, na al die profesieë, nog steeds mense uitnooi om daarvan te kom eet. Ja, om te kom drink uit hierdie stroom van God se genade in Christus Jesus en self dan te beleef hoe dit lewe aan hulle bedien. Daar is immers geen ander bron waaruit ons God se genade kan drink nie. Net in Jesus Christus, daar aan die voet van Sy kruis, ontdek ons God as ons enigste Bron van ware lewe. Net daar ontdek ons genade wat ons nooit kan verdien nie. Dit is en bly immers hierdie geskenk wat vir ons aangebied word deur Jesus Christus self. Sy lewe en Sy bloed het klaar vir hierdie geskenk van genade betaal het. Wie van hierdie water aanhou drink, beleef hoe dit hom of haar versterk om tot die einde toe in geloof te volhard. Midde al die vervolging, swaar en gebrokenheid van ons daaglikse lewe op hierdie aarde. Dit is hierdie genade wat ons lewens so gaan verander dat mense uit ons optrede en lewe kan sien dat ons Sy volgelinge is. Hoofstuk 22 van Openbaring sluit af met Jesus Christus, as die Bruidegom, wat vir Sy bruid - elke gelowige volgeling op aarde - verseker dat Hy oppad terug Aarde toe is. Om haar finaal te kom haal vir hulle troudag en die bruilofsfees daarna. Watter troos is dit nie vir die bruid, die kerk van Jesus Christus, nie! Na en midde al die lyding en ontberinge deur al die tye. Na al die tye van bloedvergieting en stryd. Na al die tye van marteling en vervolging. Om te weet, haar Geliefde, Koning Jesus, is oppad. En kyk, Hy kom gou! Ons kan dit glo, want God self het dit aan ons gesê.

Openbaring 22 Kyk, Ek kom gou!

Die meeste films vandag word afgesluit met dramatiese musiek en ‘n paar treffende laaste tonele

wat die draaiboek van die film mooi saamvat en afrond, en dan begin die name van die rolspelers

oor die skerm afrol. So moet ons hierdie laaste hoofstuk, hoofstuk 22, van die boek, Openbaring,

sien.

“Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit

stroom uit die troon van God en van die Lam uit. Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant

en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke

maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.

Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die

stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe

wees.

Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son nodig nie,

omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.

Toe sê die engel vir my: ‘Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die

profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.’

Jesus sê toe: ‘Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter

harte neem.’

Dit is ek, Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het...

‘"Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby.

Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly; maar wie doen

wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly.’

Jesus sê toe weer: "Kyk, Ek kom gou! ... Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die

Begin en die Einde... Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig.

Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.’

Die Gees en die bruid sê: ‘Kom!’ En elkeen wat dit hoor, moet sê: ‘Kom!’ En elkeen wat dors het,

moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!..

Hy wat dit alles getuig, sê: ‘Ja, Ek kom gou!’

Amen! Kom, Here Jesus! Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.” (Op. 22:1-21)

Water bring lewe. Daarsonder gaan alles dood! Hier sien ons hoe die ware lewe soos ‘n stroom

water as’t ware uit die troon van die God vloei wat Christus Jesus Sy Seun na hierdie wêreld gestuur

het. Om lewe, en dit in oorvloed, aan elkeen wat Hom in geloof vasgryp, te bedien.

Jesus Christus staan, soos daar in die begin van Genesis, as die werklike Boom van die Lewe daar.

Elkeen wat van die genade en lewe wat Hy aanbied in geloof geniet, beleef verlossing en genesing in

hulle lewens.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!