OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

‘n Derde engel het agter die eerste twee aan gevlieg en hard uitgeroep: ‘Wie die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, sal van die wyn van God se toorn moet drink...” (Op. 14:6-10) Die boodskap van die evangelie, wat vir altyd geld, moet ook nog in hierdie laaste van laaste dae verkondig word. Tot op die laaste van laaste dae sal ons God se genade onophoudelik hoor roep dat mense hulle tog moet bekeer, want Hy wil nie dat een verlore sal gaan nie. Want, laat die een wat ore het om te hoor, hoor dat Babilon, die ongelowige wêreldmag onder die heerskappy van die bose, wat so vyandig teenoor God en Sy mense deurentyd staan, in wese klaar verslane vyande is. In God se agenda is die bose en sy regime op aarde se einde klaar vas geteken: gedoem en totaal verslaan! Met daardie sekere wete kan ons die einde tegemoet stap en weet die ergste van ergstes is oppad. God se regverdige woede oor sonde en teenoor die bose en almal wat hulle aan sy kante geskaar het oor die eeue, wag soos ‘n beker vol galbitter wat deur hulle gedrink gaan word. Elkeen wat nie gelowig gekies het om te glo dat Christus Jesus reeds aan die kruis die volle straf vir jou sonde en ongehoorsaamheid gedra het nie, sal gevolglik self die volle gloed van God se toorn as gevolg van daardie sonde en ongehoorsaamheid moet dra! Niemand gaan dit ontsnap nie! Luister daarom na die Woord van God in die verband: “Toe het ek ‘n wit wolk gesien. Op die wolk het daar Iemand soos die Seun van die mens gesit. Hy het ‘n goue kroon op sy kop gehad en ‘n skerp sekel in sy hand. ‘n Engel het uit die tempel uitgekom en hard geroep na Hom wat op die wolk sit: ‘Steek u sekel in en oes, want die tyd het gekom om te oes. Die aarde is ryp vir die oes.’ Hy wat op die wolk sit, het toe sy sekel ingesteek op die aarde, en die aarde is afgeoes. Toe het daar ‘n ander engel uit die tempel wat in die hemel is, uitgekom. Hy het ook ‘n skerp sekel gehad. Nog ‘n ander engel het van die altaar se kant af gekom. Hy het mag oor die vuur gehad en het met ‘n harde stem geroep na die engel wat die skerp sekel het, en vir hom gesê: ‘Steek jou skerp sekel in en sny die druiwetrosse van die wingerd op die aarde af, want sy druiwe het ryp geword.’ Die engel het toe sy sekel op die aarde ingesteek. Hy het die wingerd op die aarde afgeoes en die oes in die groot parskuip van God se toorn gegooi.” (Op. 14:14-19)

Openbaring 15 Saam met die kore gelowiges sing ons op die strand Stel jou voor jy staan langs Moses en die Israeliete terwyl hulle terugkyk oor die see waarin die laaste van die Egiptiese leermag met hulle strydwaens tussen die golwe verdwyn! Hoor hoe Moses sing: "Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is... Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God ... Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is ‘die Here’! ... U regterhand, Here, gedug in sy krag, u regterhand, Here, verpletter die vyand ... U vernietig wie teen U opstaan, U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf... Here, U het ‘n plek vir u troon voorberei, u hande, Here, het ‘n gewyde plek gereed gemaak. Die Here regeer tot in ewigheid!" (Eks. 15:1-18) Met hierdie lied in jou ore, draai jy om en skielik staan jy langs God aan die einde van die tyd en kyk jy deur Sy oë na die telbord; weet jy, ten spyte van alles wat tans rondom ons aan die gebeur is: die oorwinning is reeds verseker! Dit is uit en gedaan en klaar! Dit is die bemoedende boodskap van Openbaring 15. Dit is asof God vir ons ‘n bril opsit in hierdie hoofstuk waarmee ons aan die einde van die tyd profeties kan terugkyk. Waarmee ons as’t ware anderkant die see van volkere staan en terugkyk en sien hoe, midde al die vlikkerende vlamme van lyding en God se finale oordeel, die see seepglad en rustig word. Hoor ons hoe Jesus Christus, die Lam van God sê: Ek sal My volgelinge deur dit alles getrou dra sodat hulle aan die einde op die ewige strand kan staan en terugkyk. Skielik weet ons hier binne: ons is meer as oorwinnaars in Christus Jesus wat ons krag gee! Laat hierdie woord jou ook bemoedig midde wat ookal in jou lewe tans aan die gang is! Weet, jy gaan tussen daardie kore op die strand staan aan die einde en saam met hulle God loof en prys! Hoor hoe jy saam met daardie koor van gelowige volgelinge van Jesus die lied van die Lam sing: "Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is." (Op. 15:3-4) Dan verander die toneel voor ons. Skielik sien ons hoe die tempel se deure toegaan! Vir duisende jare het God in Sy groot genade en liefde die mensdom uitgenooi: Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak ... Bekeer julle en laat julle red uit hierdie ontaarde geslag uit! Maar op ‘n dag, aan die einde van alles, gaan daardie genadetyd verby wees. Gaan God uit Sy woonplek, Sy tempel, reuse engele stuur met bakke vol van Sy regverdige wraak oor die mens se volhardende ongeloof. Kan jy jou indink: daar kom ‘n dag wat God se genadetyd verby is! Daar kom ‘n dag wat mense onverdun die volle gloed van die verskriklike gevolge van hulle volhardende ongelowige keuses gaan proe! Luister hoe teken God hierdie gebeure aan die einde vir ons profeties: “... die sewe engele wat die sewe plae bring, het uit die tempel uitgekom. Hulle het helder blink klere aangehad, en elkeen het ‘n goue band om die bors gehad. Een van die vier lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, gevul met die toorn van God, van Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Die tempel het vol rook geword vanweë die heerlikheid en die mag van God, en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele hulle einde bereik het nie.” (Op. 15:6-8)

‘n Derde engel het agter die eerste twee aan gevlieg en hard uitgeroep: ‘Wie die dier en sy beeld

aanbid en ‘n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, sal van die wyn van God se toorn moet

drink...” (Op. 14:6-10)

Die boodskap van die evangelie, wat vir altyd geld, moet ook nog in hierdie laaste van laaste dae

verkondig word. Tot op die laaste van laaste dae sal ons God se genade onophoudelik hoor roep dat

mense hulle tog moet bekeer, want Hy wil nie dat een verlore sal gaan nie.

Want, laat die een wat ore het om te hoor, hoor dat Babilon, die ongelowige wêreldmag onder die

heerskappy van die bose, wat so vyandig teenoor God en Sy mense deurentyd staan, in wese klaar

verslane vyande is. In God se agenda is die bose en sy regime op aarde se einde klaar vas geteken:

gedoem en totaal verslaan!

Met daardie sekere wete kan ons die einde tegemoet stap en weet die ergste van ergstes is oppad.

God se regverdige woede oor sonde en teenoor die bose en almal wat hulle aan sy kante geskaar het

oor die eeue, wag soos ‘n beker vol galbitter wat deur hulle gedrink gaan word. Elkeen wat nie

gelowig gekies het om te glo dat Christus Jesus reeds aan die kruis die volle straf vir jou sonde en

ongehoorsaamheid gedra het nie, sal gevolglik self die volle gloed van God se toorn as gevolg van

daardie sonde en ongehoorsaamheid moet dra! Niemand gaan dit ontsnap nie!

Luister daarom na die Woord van God in die verband: “Toe het ek ‘n wit wolk gesien. Op die wolk

het daar Iemand soos die Seun van die mens gesit. Hy het ‘n goue kroon op sy kop gehad en ‘n skerp

sekel in sy hand.

‘n Engel het uit die tempel uitgekom en hard geroep na Hom wat op die wolk sit: ‘Steek u sekel in en

oes, want die tyd het gekom om te oes. Die aarde is ryp vir die oes.’ Hy wat op die wolk sit, het toe

sy sekel ingesteek op die aarde, en die aarde is afgeoes.

Toe het daar ‘n ander engel uit die tempel wat in die hemel is, uitgekom. Hy het ook ‘n skerp sekel

gehad. Nog ‘n ander engel het van die altaar se kant af gekom. Hy het mag oor die vuur gehad en

het met ‘n harde stem geroep na die engel wat die skerp sekel het, en vir hom gesê: ‘Steek jou skerp

sekel in en sny die druiwetrosse van die wingerd op die aarde af, want sy druiwe het ryp geword.’

Die engel het toe sy sekel op die aarde ingesteek. Hy het die wingerd op die aarde afgeoes en die oes

in die groot parskuip van God se toorn gegooi.” (Op. 14:14-19)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!