OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

Die feit dat diedier” uit die “see” uit opstaan, verbaas ons ook nie, want oral in die Skrif word die nasies en volke van die wêreld soos ‘n onstuimige see vir ons geteken (vgl. Jes. 17:12-13). Telkens in die geskiedenis sien ons volkere en nasies, met hulle verskillende heersers, wat in ongeloof steeds in opstand teen God is. Wat aanhou om God se goeie nuus te verwerp en Sy Gesalfde te misken, en gevolglik Sy volgelinge te vervolg. Hoe goed ken ons dit nie ook in ons dae nie! Krone, mag, status, roem, regerings, konings en staatsleiers in staatsbankette en perskonferensies, met goud en glans versier. Maar agter die blink maskers sien ons deur God se bril die afskuwelike draak, wat die opgestane Here haat ... en Sy kerk vervolg. En dan is daar sy ander helper, “die dier uit die aarde”, wat skynbaar sag soos ‘n lammetjie is, maar tog in werklikheid maar net sê wat die draak hom aansê om te sê (Op. 13:11-12). Hierdiedier” is die groot godsdienstige propaganda-masjien waarmee die draak oor die wêreld mense wil manipuleer om in werklikheid hom alleen te aanbid en te dien. Noem dit “valse godsdienste”, die wolf in skaapsklere, wat soos ware demoniese kulkunstenaars met woord-bedrog en manipulasies deur die eeue alles in hulle vermoë doen om te sorg dat die een agter al die maskers, satan, in werklikheid aanbid en gedien word. Johannes het hom al in sy dae “die antichris” genoem (1 Joh. 4:2-3). In Efesiërs 2:2 praat Paulus van “... julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.” En in 1 Joh. 2:18 praat Johannes van “Julle het gehoor dat daar ‘n antichris kom; en daar is nou reeds baie antichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is.” Duidelik gaan dit hier oor die klimaat van ongeloof, ander wêreldgodsdienste behalwe die ware Christus-diens, wêreldgesindheid, magsbeheptheid en al die ander pogings van die mens om maar net alleen in beheer te wil wees van sy eie lewe. Maar ten diepste is dit egter niks anders as vyandskap teen die evangelie en die Christus van die evangelie nie. Gaan dit oor mense, instansies, magte, stelsels, wat as “die wettelose mens” (in Paulus se taal daar in 2 Tess. 2:3-4) hom verset teen al wat God genoem word, en selfs sal voorgee dat hy God is. Deur die eeue sal ons telkens sien hoe die vyand deur middel van sy helpers selfs die koop en verkoop van mense probeer beheer, alles in ‘n poging om so die hele lewe van mense te probeer beheer. Ja, dit gaan soos ‘n onsigbare simbool wees, 666, die simbool van die mens wat streef na totale mag, waarmee die vyand mense as’t ware gaan merk wat deur hulle denke en lewenswyse hulle aan sy kant geskaar het. Elkeen wat nie bely dat Jesus die Seun van God, en Verlosser en Opgestane Here is, word beheer deur die “gees van die antichris” en aanbid eintlik die een agter al die maskers.

Openbaring 14 In Jesus is ons meer as oorwinnaars As ‘n mens die boek, Openbaring, lees en half verskrik verstrik raak in die realiteite van hierdie oorlog tussen God en satan wat aan die gang is, is dit nodig om te onthou dat ons hier met profesie te make het. Die hart en bedoeling van profesie is nie om ons bang te maak vir die toekoms nie, maar eerder om ons te bemoedig. Daarom is die simfonie van oorwinning wat ons hoor in Openbaring 14 balsem vir ons siel. Dan val al die spanning weg en voel jy weer God se liefde koesterend om jou, en kan jy weer glo wat Paulus daar in Romeine vir ons gesê het: Ons is meer as oorwinnaars in Christus Jesus ons Here! Luister en word getroos! “Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd vier en veertig duisend mense met sy Naam en sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe. En ek het ‘n geluid uit die hemel uit hoor kom wat soos die gedruis van ‘n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer geklink het. Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van siterspelers wat op hulle siters speel. Hierdie mense sing ‘n nuwe lied daar voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge. Niemand anders as net hierdie honderd vier en veertig duisend mense, wat van die aarde af losgekoop is, kon hierdie lied leer nie. Dit is hulle wat hulle nie met vrouens besoedel het nie; hulle het kuis gebly. Hulle volg die Lam waar Hy ook al gaan. Hulle is onder die mense uit losgekoop as eerstelinge vir God en vir die Lam. Uit hulle mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie. Hulle is onberispelik.” (Op. 14:1-5) Honderd vier en veertig duisend is nou al ‘n getal wat ons baie goed ken. Wat vir ons al God se mense oor alle tye teken wat gelowig aan Hom getrou gebly het en Hom bly volg het, kom wat wil. As jy, saam met my, Jesus Christus in geloof aangeneem het as jou persoonlike Verlosser en Here, kan jy verseker weet jy gaan ook daar wees. In geloof kan ek en jy onsself op daardie dag daar sien, as deel van die bruid van Jesus die Bruidegom, getrou tot die einde net aan Hom. Hy het ons immers losgekoop en vrygemaak van al die bande wat ons gebind en verhoed het om Hom as die Bruidegom vir ewig lief te hê. Sy dit die bande van sonde, die mag van die bose, die mag van die wêreld om ons, en uiteindelik ook die mag van die dood. Ons is immers losgekoop en vrygemaak deur die sterwe en kruis van Jesus. Sy opstanding uit die dood en die inwoning van Sy Gees in ons is ons waarborg hiervan. Daarom kan ons weet en glo: ons sal ook eendag daar wees en deel in Sy finale oorwinning oor alle magte aan die einde van die tyd. Daarom kan ons nou al, lank voor die tyd, in geloof onsself sien wag op Hom, die Bruidegom, wat finaal Sy bruid kom haal vir die bruilof. Natuurlik is alles nog nie verby hier op aarde nie. Ons is nog nie daar nie. Sekere dinge moet nog eers hier gebeur voor daardie finale dag en wederkoms van die Bruidegom. Daarom skuif die fokus terug na die finale gebeure hier op aarde voor Hy weer kom. Luister hoe vertel Op. 14 dit: “Toe het ek ‘n engel hoog in die lug sien vlieg. Hy het ‘n goeie boodskap gehad wat vir ewig van krag bly. Hy moes dit aan die bewoners van die aarde, aan elke nasie, stam, taal en volk verkondig, en hy het met ‘n harde stem uitgeroep: ‘Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het.’ ‘n Tweede engel het agter die eerste aan gevlieg en uitgeroep: ‘Geval, geval het die grote Babilon wat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid laat drink het.’

Openbaring 14 In Jesus is ons meer as oorwinnaars

As ‘n mens die boek, Openbaring, lees en half verskrik verstrik raak in die realiteite van hierdie

oorlog tussen God en satan wat aan die gang is, is dit nodig om te onthou dat ons hier met profesie

te make het. Die hart en bedoeling van profesie is nie om ons bang te maak vir die toekoms nie,

maar eerder om ons te bemoedig.

Daarom is die simfonie van oorwinning wat ons hoor in Openbaring 14 balsem vir ons siel. Dan val al

die spanning weg en voel jy weer God se liefde koesterend om jou, en kan jy weer glo wat Paulus

daar in Romeine vir ons gesê het: Ons is meer as oorwinnaars in Christus Jesus ons Here!

Luister en word getroos! “Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd vier en

veertig duisend mense met sy Naam en sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe. En ek het

‘n geluid uit die hemel uit hoor kom wat soos die gedruis van ‘n groot watermassa en soos die

gedreun van swaar donderweer geklink het. Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van

siterspelers wat op hulle siters speel. Hierdie mense sing ‘n nuwe lied daar voor die troon en voor

die vier lewende wesens en die ouderlinge. Niemand anders as net hierdie honderd vier en veertig

duisend mense, wat van die aarde af losgekoop is, kon hierdie lied leer nie. Dit is hulle wat hulle nie

met vrouens besoedel het nie; hulle het kuis gebly. Hulle volg die Lam waar Hy ook al gaan. Hulle is

onder die mense uit losgekoop as eerstelinge vir God en vir die Lam. Uit hulle mond het daar nooit

‘n leuen gekom nie. Hulle is onberispelik.” (Op. 14:1-5)

Honderd vier en veertig duisend is nou al ‘n getal wat ons baie goed ken. Wat vir ons al God se

mense oor alle tye teken wat gelowig aan Hom getrou gebly het en Hom bly volg het, kom wat wil.

As jy, saam met my, Jesus Christus in geloof aangeneem het as jou persoonlike Verlosser en Here,

kan jy verseker weet jy gaan ook daar wees. In geloof kan ek en jy onsself op daardie dag daar sien,

as deel van die bruid van Jesus die Bruidegom, getrou tot die einde net aan Hom.

Hy het ons immers losgekoop en vrygemaak van al die bande wat ons gebind en verhoed het om

Hom as die Bruidegom vir ewig lief te hê. Sy dit die bande van sonde, die mag van die bose, die mag

van die wêreld om ons, en uiteindelik ook die mag van die dood. Ons is immers losgekoop en

vrygemaak deur die sterwe en kruis van Jesus. Sy opstanding uit die dood en die inwoning van Sy

Gees in ons is ons waarborg hiervan. Daarom kan ons weet en glo: ons sal ook eendag daar wees en

deel in Sy finale oorwinning oor alle magte aan die einde van die tyd. Daarom kan ons nou al, lank

voor die tyd, in geloof onsself sien wag op Hom, die Bruidegom, wat finaal Sy bruid kom haal vir die

bruilof.

Natuurlik is alles nog nie verby hier op aarde nie. Ons is nog nie daar nie. Sekere dinge moet nog

eers hier gebeur voor daardie finale dag en wederkoms van die Bruidegom. Daarom skuif die fokus

terug na die finale gebeure hier op aarde voor Hy weer kom.

Luister hoe vertel Op. 14 dit: “Toe het ek ‘n engel hoog in die lug sien vlieg. Hy het ‘n goeie

boodskap gehad wat vir ewig van krag bly. Hy moes dit aan die bewoners van die aarde, aan elke

nasie, stam, taal en volk verkondig, en hy het met ‘n harde stem uitgeroep: ‘Vrees God en gee aan

Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde,

die see en die waterbronne gemaak het.’

‘n Tweede engel het agter die eerste aan gevlieg en uitgeroep: ‘Geval, geval het die grote Babilon

wat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid laat drink het.’

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!