OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

Kom ons lees die profetiese draaiboek verder: “Toe het ek ‘n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: ‘Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. Daarom, hemel en dié wat daarin bly, verheug julle. Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het.’ Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wêreld gebring het. Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg. Die slang het toe ‘n stroom water soos ‘n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die stroom meegesleur kon word, maar die aarde het die vrou te hulp gekom. Dit het oopgegaan en die stroom opgesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het. Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het.” (Op. 12:10-17) Watter wonderliker prentjie van wat gelowig-lewe in werklikheid beteken is daar as dit wat Jes. 40:31 vir ons teken: “ ... dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.” Eers is dit die belewenis van die vrou, en later dié van die nakomelinge van die kind (m a w ons as gelowige volgelinge van Jesus) wat beleef hoe God ons help om die Bose en sy magte te oorwin. Self, uit eie krag is dit nie moontlik nie, maar deur vas te klou in geloof aan die verlossende krag van wat Christus Jesus vir ons en namens ons gedoen het deur Sy bloed en lewe aan die kruis, deel ons in Sy oorwinning.

Openbaring 13 Sien die een agter al die maskers raak Toe God die gordyn vir ons in Openbaring 12 lig, sien Sy gelowige volgelinge van alle tye die onsigbare drama raak wat eintlik agter die skerms afspeel: die bose se ewige stryd teen God en Sy gelowige volgelinge. In hierdie stryd gebruik die bose sy agente om sy boosheid hier op aarde te bevorder. Openbaring 13 teken vir ons twee van sy helpers. Eers is daar die dier uit die see. “... En toe het ek ‘n dier uit die see uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name. Die dier wat ek gesien het, het soos ‘n luiperd gelyk. Sy pote was soos dié van ‘n beer en sy bek soos dié van ‘n leeu. Die draak het sy mag, sy troon en groot gesag aan hom gegee. Dit het gelyk asof hy aan een van sy koppe dodelik gewond was, maar die dodelike wond het genees, en die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan geloop. Die mense het die draak aanbid omdat dit hy is wat die gesag aan die dier gegee het. Hulle het ook die dier aanbid en gesê: ‘Wie kan met die dier vergelyk word? En wie kan teen hom oorlog voer?’ Die dier is toegelaat om verskriklike dinge te sê en te laster en om twee en veertig maande lank gesag uit te oefen. Hy het teen God begin laster, hy het God se Naam en sy woonplek en dié wat in die hemel bly, belaster. Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie. Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie.” (Op. 13:1-8) Deur die geskiedenis heen het teoloë ure en ure se verduidelikings en detail-skemas gebruik om te probeer verklaar wie hierdiedier uit die see” sou wees – asook sy ander helper, “die dier uit die aarde”. Maar dit is om die punt te mis van wat God hier werklik vir ons profeties teken. In werklikheid wil Hy hê ons moet verstaan dit gaan nie oor die spesifieke historiese figure wat satan deur die eeue gaan gebruik as sy helpers nie. Dit gaan oor satan, die bose, wat telkens met verskillende maskers op, maar net sy eeuelange stryd teen God en Sy gelowige volgelinge ook hier voortsit. Ons worstelstryd is immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte in die lug ... In elke tydvak in die geskiedenis gaan die vyand sy helpers hê. Daarom vind ons in hierdie profesie simboliek wat Daniël reeds gebruik het om die bose se helpers in sy tyd en na hom te teken. In sy dae was satan se helpers wêreldmagte soos dié van die Mede, die Perse, die Grieks-Masedoniese ryke, en mense soos Antiogus Epifanus van die Griekse wêreldryk (in Dan. 7). In Johannes se dae was dit die heersende regime van sy tyd, Rome, met sy sewe Romeinse regeerders vanaf keiser Augustus tot by die tyd wat Openbaring geskryf is, plus die drie wat na Nero se dood vir kort tydjies sou regeer. Wat van belang vir ons is om raak te sien is dat hierdiedier” vir 42 maande die mag gekry het om namens die bose sy saak te bevorder. En hierdie getal ken ons. Dit dui simbolies die tyd aan van Jesus se koms tot by die wederkoms. Om die vyand as ‘n dier voor te stel is ook nie vir ons as moderne mense vreemd nie. Wie van ons kan nie DJ Opperman se gedig, “Stad in die mis”onthou nie! “Met gespanne spier ... loop ek deur die mis ... want om my sluip ‘n dier ... onder die wit duisternis; ... ek hoor hom knor en in oop mote ... waggel sy pilare-pote ... en sy kantelende rug metaal; ... op hoeke van strate blink ... sy oë bloedbelope, ... en met sy hap sluit staal op staal.”

Kom ons lees die profetiese draaiboek verder: “Toe het ek ‘n stem in die hemel gehoor wat hard

uitgeroep het: ‘Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag

van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en

nag voor ons God aangekla het. Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van

die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat

hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. Daarom, hemel en dié wat daarin bly, verheug julle.

Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot

woede en met die wete dat hy min tyd het.’

Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wêreld

gebring het. Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar

plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg. Die slang

het toe ‘n stroom water soos ‘n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die

stroom meegesleur kon word, maar die aarde het die vrou te hulp gekom. Dit het oopgegaan en die

stroom opgesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het.

Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander

nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het.”

(Op. 12:10-17)

Watter wonderliker prentjie van wat gelowig-lewe in werklikheid beteken is daar as dit wat Jes.

40:31 vir ons teken: “ ... dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke,

hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.” Eers is dit die belewenis

van die vrou, en later dié van die nakomelinge van die kind (m a w ons as gelowige volgelinge van

Jesus) wat beleef hoe God ons help om die Bose en sy magte te oorwin. Self, uit eie krag is dit nie

moontlik nie, maar deur vas te klou in geloof aan die verlossende krag van wat Christus Jesus vir ons

en namens ons gedoen het deur Sy bloed en lewe aan die kruis, deel ons in Sy oorwinning.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!