OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

God se Gees se bonatuurlike toerusting en gawes in hulle lewens gaan van hulle kanale maak waardeur merkwaardige wonders kan gebeur. Wat gaan maak dat die evangelieboodskap uit hulle mond letterlik die hemel vir miljoene kan oopsluit of toesluit. Maar telkens in die geskiedenis gaan “...die dier wat uit die onderaardse diepte uit kom, teen hulle oorlog maak, hulle oorwin en hulle doodmaak.” Ons worstelstryd is immers teen Satan en sy bose magte. Hy sit agter al die haat en vyandskap teen die ekklesia van God in hierdie wêreld van ons. En telkens gaan hy sy mens-agente gebruik om letterlik miljoene van ons te vervolg, te treiter, te bespot, gevange te neem, te martel en selfs te vermoor. En alhoewel die wêreld daarvan gaan kennis neem, gaan dit baie keer maar net nog ‘n beriggie wees tussen die miljoene ander in die koerante en in ander media in die wêreld. En gaan die wêreld se stilswye in werklikheid hulle goedkeuring vir wat gebeur verwoord. Die bemoediging vir God se mense is dat dit nooit die laaste woorde oor een van hulle se lewens sal wees nie. “Ons is meer as oorwinnaars ...” Ons weet daar wag vir elkeen van ons ‘n opstanding uit die dood, maar ook die dag wat almal sal opstaan, wanneer Christus Jesus weer kom. Vir ons is dit ‘n dag van vreugde, maar vir die res van die wêreld is dit ‘n dag van onbeskryflike angs. Dit is immers die einde van hulle bekende wêreld wat hulle soos ‘n reuse aarbewing gaan tref. Daardie gevoel van volslae magteloosheid, angs en totale chaos tydens so ‘n aardbewing is tekend van die profetiese prentjie as die einde aanbreek vir die mense sonder God. Nou is dit die tyd wanneer God nie meer Sy oordeel gaan terughou nie, en wat Sy genadetyd vir goed verby is. Die verwysing na 7000 mense wat in die aarbewing gaan sterf, dui simbolies op die volle getal van die dood en totale verwoesting en vernietiging wanneer die ergste van ergstes, die einde van ons bekende wêreld, gaan aanbreek. Wanneer, saam met die opstanding van die gelowiges, God se oordeel losbars oor ‘n wêreld wat enduit volhard het om Sy goeie nuus te verwerp. Maar die laaste klanke van Openbaring 11 is nie dit nie. Dit is eerder ‘n sewende trompet wat blaas. En daarmee saam hoor ons: “Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: ‘Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.’ Die vier en twintig ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het toe gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid en gesê: ‘Ons dank U, Here God, Almagtige, U wat is en wat was, dat U nou u groot mag gebruik en as koning heers. Die nasies was woedend, maar nou het die tyd vir u oordeel gekom. Die eindtyd het aangebreek: die dooies word geoordeel; aan u dienaars, die profete, en aan die gelowiges, dié wat U vrees, klein en groot, word hulle loon gegee; en dié wat die aarde vernietig, word vernietig."

Openbaring 12 Oorlog teen die draak Die hele geskiedenis op Planeet Aarde word in 17 verse in ons Afrikaanse Bybel in Openbaring 12 vasgevang. As ‘n stryd tussen God en Satan. Met as hoofkarakters: God ... ‘n vrou ... haar kind ... ‘n bloedrooi draak ... en die nakomelinge van die kind. Kom ons kyk en luister daarna. “Toe het daar ‘n groot teken in die hemel verskyn: daar was ‘n vrou met die son as kleed om haar, die maan onder haar voete, en op haar kop ‘n kroon van twaalf sterre. Sy was swanger en het geskree van die pyn, want die geboortepyne was daar. Daar het ook ‘n ander teken in die hemel verskyn: daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone. Sy stert het ‘n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om ‘n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.” (Op. 12:1-4) Dit is asof die wêreldgeskiedenis soos die rolprentdraaiboek voor ons afspeel. Met God as die Regisseur wat die storie vertel. So kry ons geleentheid om te sien wat daar in die onsigbare gebeur, waar ons normaalweg nie kan sien nie. Dit is maklik om in te sien dat die draak Satan voorstel. Hy word immers reeds in die Ou Testament die slang en die draak genoem (kyk ook Gen. 3:1-4; Jes. 27:1). Deur die geskiedenis sou hy alles in sy vermoë doen om te verhoed dat die Jesuskind gebore sou word. Hy was immers getaak om as die beloofde Messias en Redder die mensdom te red uit die hand van die Bose en sondemag. Maar wie is die vrou dan? Sy kan nie net Maria wees nie. Sy is eerder simbool vir die mensdom, en spesifiek Israel, die volk van God in die Ou Testament, van wie op baie plekke in die Bybel gepraat word as “God se vrou” (kyk ook Jes. 50:1; Hos. 2:1). Soos wat die kerk in die Nuwe Testament die “vrou van die Lam” genoem word, of die “bruid” (kyk ook Op. 21:9; 22:17). In watter wonderlike kleure word sy nie geteken nie! Met ‘n sonnekleed aan, omdat sy die glans en heerlikheid van God weerkaats. Met ‘n sterrekroon op haar kop, omdat sy bedoel is om in die Naam van haar God oor hierdie aarde te heers. En met die maan aan haar voete, sien ons haar triomfeer oor die donker van die bose nag wat heers in hierdie wêreld. Kom ons kyk verder wat daar staan: “Sy het ‘n kind in die wêreld gebring, ‘n seun, bestem om al die nasies met ‘n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe, en die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar ‘n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg. Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.” (Op. 12:5-9) Voor ons oë speel die opstand van Satan en die engele - wat hulle aan sy kant geskaar het – in die hemel af, en sien ons hoe hulle verslaan is in die hemel. Uitgewerp uit die hemel het Planeet Aarde, met die sondeval-gebeure, hulle nuwe hoofkwartier geword. Om nou hier met alle mag en geweld in hulle boosheid te regeer (kyk ook Joh. 12:31, waar Satan die “owerste van hierdie wêreld” genoem word; en ook gedeeltes soos 2 Pet. 2:4; Judas, vers 6).

Openbaring 12 Oorlog teen die draak

Die hele geskiedenis op Planeet Aarde word in 17 verse in ons Afrikaanse Bybel in Openbaring 12

vasgevang. As ‘n stryd tussen God en Satan. Met as hoofkarakters: God ... ‘n vrou ... haar kind ... ‘n

bloedrooi draak ... en die nakomelinge van die kind.

Kom ons kyk en luister daarna. “Toe het daar ‘n groot teken in die hemel verskyn: daar was ‘n vrou

met die son as kleed om haar, die maan onder haar voete, en op haar kop ‘n kroon van twaalf sterre.

Sy was swanger en het geskree van die pyn, want die geboortepyne was daar.

Daar het ook ‘n ander teken in die hemel verskyn: daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe

en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone. Sy stert het ‘n derde van die sterre

van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op

die punt was om ‘n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.” (Op.

12:1-4)

Dit is asof die wêreldgeskiedenis soos die rolprentdraaiboek voor ons afspeel. Met God as die

Regisseur wat die storie vertel. So kry ons geleentheid om te sien wat daar in die onsigbare gebeur,

waar ons normaalweg nie kan sien nie.

Dit is maklik om in te sien dat die draak Satan voorstel. Hy word immers reeds in die Ou Testament

die slang en die draak genoem (kyk ook Gen. 3:1-4; Jes. 27:1). Deur die geskiedenis sou hy alles in sy

vermoë doen om te verhoed dat die Jesuskind gebore sou word. Hy was immers getaak om as die

beloofde Messias en Redder die mensdom te red uit die hand van die Bose en sondemag.

Maar wie is die vrou dan? Sy kan nie net Maria wees nie. Sy is eerder simbool vir die mensdom, en

spesifiek Israel, die volk van God in die Ou Testament, van wie op baie plekke in die Bybel gepraat

word as “God se vrou” (kyk ook Jes. 50:1; Hos. 2:1). Soos wat die kerk in die Nuwe Testament die

“vrou van die Lam” genoem word, of die “bruid” (kyk ook Op. 21:9; 22:17).

In watter wonderlike kleure word sy nie geteken nie! Met ‘n sonnekleed aan, omdat sy die glans en

heerlikheid van God weerkaats. Met ‘n sterrekroon op haar kop, omdat sy bedoel is om in die Naam

van haar God oor hierdie aarde te heers. En met die maan aan haar voete, sien ons haar triomfeer

oor die donker van die bose nag wat heers in hierdie wêreld.

Kom ons kyk verder wat daar staan: “Sy het ‘n kind in die wêreld gebring, ‘n seun, bestem om al die

nasies met ‘n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe, en die

vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar ‘n plek gereed gemaak het, sodat die mense

haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg.

Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die

draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer

van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem

word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele

saam met hom.” (Op. 12:5-9)

Voor ons oë speel die opstand van Satan en die engele - wat hulle aan sy kant geskaar het – in die

hemel af, en sien ons hoe hulle verslaan is in die hemel. Uitgewerp uit die hemel het Planeet Aarde,

met die sondeval-gebeure, hulle nuwe hoofkwartier geword. Om nou hier met alle mag en geweld

in hulle boosheid te regeer (kyk ook Joh. 12:31, waar Satan die “owerste van hierdie wêreld”

genoem word; en ook gedeeltes soos 2 Pet. 2:4; Judas, vers 6).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!