OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

wat eintlik vir hulle daar behoort te wees. Maar wat ook, soos die pynlike steke van ‘n skerpioen, alles hier binne in mense laat pyn. Paulus waarsku reeds teen die aanslae van die bose waarop ons almal bedag moet wees (Ef. 6:12) In hierdie gedeelte in Openbaring gaan dit veral oor wat ongelowige mense gaan belewe. Omdat hulle totaal onbewus is van die bose se bestaan en werk, gaan hulle letterlik van binne-af verwoes en verniel word deur die gevolge van hulle eie keuses, eie dade en deur die dinge wat hulle najaag in hulle soeke na selfbevrediging en sukses. Gaan hulle ten prooi val van al die dinge wat Paulus beskryf wat so kenmerkend is as die sondige natuur van die mens in beheer is, naamlik haat, naywer, selfsug, vyandskap, onsedelikheid, woede, wraak, losbandigheid, verdeeldheid, dwelmmisbruik (lees maar 1 Tim. 3:14-15; Gal. 5:19-20). Tog is God se onverstaanbare genade selfs daar vir hulle. Om soos die getal vyf aandui, selfs die demoniese magte aan bande te lê in wat hulle mag en nie mag doen, en om die tye te beperk wat hulle toegelaat word om die mens te pynig! Kyk ‘n mens na die mens se geskiedenis met hierdie oë, sien jy telkens hoe God se genade die mensdom (ja, selfs die ongelowige twee-derdes wat nie eers Christene wil wees nie) bonatuurlik beskerm en red van totale vernietiging wat soveel kere eintlik noodwendig moes volg. Die Hebreeuse woord, Abaddon, kan vertaal word met “Vernietiger”, wat een van die name van satan is. En die Griekse woord, Apollion, is ‘n vervorming van die naam van die bekende Griekse god van oorlog, Apollo. ‘n Mens sou seker nog meer uitvoerig kon uitbrei oor hierdie innerlike aanslag van die bose op mense, en oor hoe die innerlike pyn van dinge soos jaloesie, geestelike aftakeling, verwerping, manipulasie, vernedering en liefdeloosheid soos skerpioensteke, ja, soos vuur, mense van binne-af kan aftakel en vernietig. Soveel so, dat hulle later voel dit is beter as hulle maar eerder sterf as om verder dit te moet belewe. Maar ek wil afsluit en sê: hoe verskriklik moet dit nie wees om sonder God in hierdie stukkende wêreld vol stukkende mense mens te moet wees nie!

Openbaring 9(B) Die duiwel is letterlik hier tussen ons los Die een ding wat ek ontdek het oor wanneer God met ons as mense begin praat, is dat Hy ‘n baie ekonomiese God is. Hy mors nie een woord nie en sê niks onnodig nie. Hy draai ook nie doekies om nie. Soos ‘n ding is of gaan wees, so sê Hy dit vir ons. Ook hier in Openbaring 9 waar Hy besig is om ons, tussen die trompetgeskal heen, te waarsku oor wat in die geskiedenis van die mensdom op ons wag. Ons het gehoor dat duiwel en sy magte letterlik los is hier rondom ons. Met die blaas van die sesde trompet hoor ons: “Toe het die sesde engel op sy trompet geblaas. Ek het ‘n stem tussen die vier horings van die goue altaar voor God gehoor. Die stem het vir die sesde engel, wat die trompet het, gesê: ‘Maak los die vier engele wat by die groot Eufraatrivier vasgemaak is.’ Die vier engele wat gereed gehou is vir hierdie uur en dag en maand en jaar, is toe losgelaat om ‘n derde van die mensdom dood te maak. Die aantal perderuiters van hulle leërs was miljoene der miljoene en nog ‘n keer soveel. Ek het hulle getal gehoor. En in hierdie gesig het die perde en hulle ruiters só gelyk: hulle het vuurrooi, donkerblou en swaelgeel harnasse aangehad. Die perde se koppe was soos die koppe van leeus, en uit hulle bekke het daar vuur, rook en swael uitgekom. Deur hierdie drie plae, die vuur, die rook en die swael wat uit hulle bekke uitgekom het, is ‘n derde van die mensdom doodgemaak. Die perde se vermoë om skade te doen, is in hulle bekke en ook in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee pynig hulle die mense. Die ander mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het hulle egter nie bekeer nie. Hulle het aangehou met die aanbidding van bose geeste en van afgode wat hulle self gemaak het van goud, silwer, koper, klip en hout, en wat nie kan sien of hoor of loop nie. Hulle het hulle ook nie daarvan bekeer om moord, towery, onsedelikheid en diefstal te pleeg nie.” (Op. 9:13-21) Van anderkant die Eufraat het die Jode van ouds net slegte dinge verwag. Dit was immers waar die leermagte van die Assiriërs, Babiloniërs en dié van Partië vandaan gekom het. En veral dié van Partië was bekend vir die harnasse wat beide die soldate en die perde gedra het. Die vreesaanjaende prentjie van ‘n inval van sulke oorlogruiters van oorkant die grensrivier teken vir ons hoe oorloë - die een meer intens as die ander - deur die eeue soos ‘n massiewe, verwoestende en onkeerbare plaag die mensdom gereeld sal kom teister. Agter hierdie oorloë staan natuurlik die gevalle engele, met ander woorde satan, die engel van die lig, en sy mag gevalle engele, wat saam met hom teen God in opstand gekom het. Hulle doel is om die mensdom te pynig, te vernietig, dood te maak, te belieg en te bedrieg op elke moontlike manier. Natuurlik gebruik hulle “mens-agente” waar hulle kan. Ons moet dus nooit vergeet wat Paulus ons geleer het nie: “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.” (Ef. 6:12-18)

wat eintlik vir hulle daar behoort te wees. Maar wat ook, soos die pynlike steke van ‘n skerpioen,

alles hier binne in mense laat pyn.

Paulus waarsku reeds teen die aanslae van die bose waarop ons almal bedag moet wees (Ef. 6:12) In

hierdie gedeelte in Openbaring gaan dit veral oor wat ongelowige mense gaan belewe. Omdat hulle

totaal onbewus is van die bose se bestaan en werk, gaan hulle letterlik van binne-af verwoes en

verniel word deur die gevolge van hulle eie keuses, eie dade en deur die dinge wat hulle najaag in

hulle soeke na selfbevrediging en sukses. Gaan hulle ten prooi val van al die dinge wat Paulus

beskryf wat so kenmerkend is as die sondige natuur van die mens in beheer is, naamlik haat, naywer,

selfsug, vyandskap, onsedelikheid, woede, wraak, losbandigheid, verdeeldheid, dwelmmisbruik (lees

maar 1 Tim. 3:14-15; Gal. 5:19-20).

Tog is God se onverstaanbare genade selfs daar vir hulle. Om soos die getal vyf aandui, selfs die

demoniese magte aan bande te lê in wat hulle mag en nie mag doen, en om die tye te beperk wat

hulle toegelaat word om die mens te pynig! Kyk ‘n mens na die mens se geskiedenis met hierdie oë,

sien jy telkens hoe God se genade die mensdom (ja, selfs die ongelowige twee-derdes wat nie eers

Christene wil wees nie) bonatuurlik beskerm en red van totale vernietiging wat soveel kere eintlik

noodwendig moes volg.

Die Hebreeuse woord, Abaddon, kan vertaal word met “Vernietiger”, wat een van die name van

satan is. En die Griekse woord, Apollion, is ‘n vervorming van die naam van die bekende Griekse god

van oorlog, Apollo.

‘n Mens sou seker nog meer uitvoerig kon uitbrei oor hierdie innerlike aanslag van die bose op

mense, en oor hoe die innerlike pyn van dinge soos jaloesie, geestelike aftakeling, verwerping,

manipulasie, vernedering en liefdeloosheid soos skerpioensteke, ja, soos vuur, mense van binne-af

kan aftakel en vernietig. Soveel so, dat hulle later voel dit is beter as hulle maar eerder sterf as om

verder dit te moet belewe. Maar ek wil afsluit en sê: hoe verskriklik moet dit nie wees om sonder

God in hierdie stukkende wêreld vol stukkende mense mens te moet wees nie!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!