01.05.2013 Views

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die 144 000 is natuurlik net ‘n simbool. Drie maal vier maal twaalf maal twaalf maal driemaal tien.

Tekenend van hoe die Drie-eenheid, Vader, Seun en Gees, met mense op die aarde met sy vier

windrigtings, besig is. Besig is om uit die ganse mensdom gelowiges oor alle tye, uit die 12 stamme

van Israel, en later deur die werk van die 12 apostels en hulle volgelinge, die ekklesia, die kerk van

die Here Jesus, tot stand te bring. Ja, tot elkeen wat daar moet wees - die volle getal - daar is. Tien

maal tien maal tien, soos die getal 7, tekenend van iets wat volledig en volkome is.

Sien in jou verbeelding dat jy deel van hulle is. Sien jouself staan tussen “... ‘n groot menigte ... wat

niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die

Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard

uitgeroep: ‘Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!’" (Op. 7:9-10).

Wat ‘n troos! Voor God se troon het ek en jy elke dag wit klere aan, skoongewas deur die bloed van

die Lam. Is ons oorwinnaars, kom wat wil, in Christus Jesus, ons Here! Oppad na ‘n nuwe hemel en

‘n nuwe aarde.

Is dit nie merkwaardig dat ons die hemel nie anders kan beskryf as met “nie-woorde” nie! En

daarmee bedoel ek dat al manier hoe ons dit kan beskryf is om te sê hoe dit nie daar gaan wees nie!

Luister hoe teken Johannes dit vir ons in Op. 7:15-17: “Daarom is hulle voor die troon van God en

dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie

meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ‘n hittegloed ook nie, want

die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die

water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog."

Mag dit vir jou tot troos wees, wat ookal tans, of in die verlede, in jou lewe gebeur het!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!