01.05.2013 Views

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

God se antwoord aan Sy lydende ekklesia, wat oor al die eeue op verskillende maniere sou ly en selfs

sterf vir hulle geloof, bly dieselfde: wees maar net geduldig! Weet ons, ons God weet van alles

waardeur ons hier op aarde moet gaan as Sy kinders. Daarom hoef en mag ons nie Sy oordeel op

mense om ons afbid nie. Ons moet maar steeds geduldig Sy evangelie aan hulle bly verkondig. God

se hart is immers dat almal, indien moontlik, gered sal word.

Een ding moet ons egter weet, en die oopbreek van die sesde seël herinner ons daaraan: God se

finale oordeelsdag is oppad in al sy verskrikking en finaliteit. Daaraan gaan niemand ontsnap nie. Sy

dit die konings op aarde, opperbevelvoerders, rykes, magtiges, slawe en vry mense. Niemand,

belangrik of onbelangrik, gaan hieraan ontkom nie. Mense gaan tevergeefs probeer wegvlug, maar

aan die wraak van God gaan geen ongelowige ontsnap nie.

Op daardie dag gaan almal weet: die genadetyd op aarde is verby. Al het hulle lewenslank Hom

dood-geredeneer en geleef asof Hy nie bestaan het nie. Nou is daar geen wegkomkans meer nie.

Soos Op. 6:16 en 17 dit teken: “Hulle het vir die berge en die kranse gesê: ‘Val op ons en bedek ons

vir die oë van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam. Die groot dag waarop Hulle die

oordeel sal voltrek, het aangebreek, en wie sal staande kan bly?’"

Voor die ontplooing van God se groter plan, waar ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde finaal ‘n

werklikheid gaan word, staan die onvermydelike werklikheid van die finale oordeel van God oor alle

mense. Soos ‘n massiewe, gloeiende oond. Maar tot dan, en hierin lê die genadeboodskap, tot dan,

is dit steeds genadetyd! Kan ons steeds vir die ongelowiges rondom ons sê: “God het die wêreld so

lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar

die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel

nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie

nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.” (Joh. 3:16-18)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!