01.05.2013 Views

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Openbaring 6 Die seëls word oopgebreek

Hoe ‘n mens daarna kyk, maak uiteindelik die groot verskil! Dit is waarom twee mense na ‘n glas

wat 50 persent vol water is kan kyk, en een kan dit beskryf as “halfvol”, en die ander een as dat dit

“byna leeg” is.

Dit is presies wat God deur ‘n profetiese visioen vir Johannes laat sien as Hy vir hom die geskiedenis

van die wêreld wys. Hy teken vir hom hierdie reuse tafereel waar die een toneel deur ‘n ander

gevolg word. Ja, dat die wêreldgeskiedenis geteken kan word as ‘n toneel van stormende

perderuiters van vernietiging wat, as gevolg van die mens se sonde en vergryp, soos die golwe van

die see mekaar telkens in die geskiedenis volg.

Eers sien ons die een of ander tiran of wêreldmag wat alles wat voorkom wil verower en onder sy

mag kry. Dan, onvermydelik, soos ‘n klomp domino’s wat mekaar omstamp, is dit eers die vrede

tussen mense wat padgee; dan begin die mense mekaar in hulle derduisende op allerlei verskriklike

wyses vermoor en doodmaak; dan volg daar onvermydelik armoede en voedselskaarstes,

werkloosheid, noem maar op; en midde dit alles storm die angswekkende ruiter op sy vaal perd deur

en laat dood in al sy verskriklike vorms agter: dodelike siektes, epidemies en peste. So vernietig die

sondige mensdom hulle self telkens deur die geskiedenis heen.

Baie keer vra mense half onnadenkend: Maar waarom keer God dan nie dit alles nie! Hy kan mos!

Maar as jy hieroor begin nadink, besef jy: God kan nie die mensdom, aan wie Hy juis volkome

vryheid van wilskeuse gegee het – om Sy beelddraer te wees wat uit vrye Hom as God kan liefhê en

dien – nou na willekeur stuit en “red” van die gevolge van sy eie keuses nie. Maar, en hierin lê die

troos van hierdie profetiese visioen wat Jesus Johannes - en dus ook ons - laat sien: God is en bly

steeds in beheer. Dit is Sy groter plan wat midde dit alles afspeel. Dit is soos ‘n trein wat op twee

skynbaar totaal verskillende spore gelyktydig loop: wiele binne-in wiele! Midde al die verwoesting

wat die perderuiters veroorsaak, is God se plan, en die oordeel as gevolg van die mens se

afvalligheid, besig om te gebeur! God het dit nie alles veroorsaak nie, maar tog is dit Hy wat dit alles

inweef in die tafereel van Sy groter reddingsplan vir die mens. Omdat Christus Jesus aan ‘n kruis op

Golgotta gehang het en na drie dae uit die dood as Oorwinnaar opgestaan het, kan ons vir mekaar

steeds midde al hierdie ellende sê: Jesus het gekom juis hiervoor. Sodat ons lewe en dit in oorvloed

kan hê midde dit alles!

Oor al die gelowiges wat op allerlei wyses midde al hierdie ellende en vernietiging selfs hulle lewens

moes gee, toon Jesus ons, as die die vyfde seël van die boekrol van wêreldgebeure gebreek word,

hoe hulle bloed voor Sy altaar lê. Elke dag “herinner” dit Hom as’t ware aan hulle lot. En so

verswaar die oordeel oor dié wat hulle lewens geneem het net nog meer.

Hoor hoe vertel Johannes hierdie toneel: “Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het ek onder die

altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan

die getuienis van Jesus vasgehou het. Hulle het hard geroep: ‘Hoe lank nog, heilige en getroue

Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?’ Aan

elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee, en daar is vir hulle gesê om nog ‘n klein rukkie te wag,

totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges, wat net soos hulle ook doodgemaak gaan word,

almal daar is” (Op. 6:9-11).

Soos die bloed van Abel van ouds ten hemele geroep het, so roep hulle bloed tot God in die hemel

om wraak.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!