OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn
OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn
OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Openbaring 5 Daar wag iets beter voorkant toe!

Kan jy jou vir een oomblik voorstel dat God nie werklik bestaan nie! En dat Jesus Christus net ‘n

gewone mens was wat eens gelewe het en toe gesterf het! Met ander woorde, kan jy jou voorstel

dat daar nie ‘n groter plan agter alles is nie! Of as daar wel ‘n God is met ‘n finale plan, dat daar

niemand op aarde is wat God genoeg kon vertrou om dit wat Hy in gedagte het, te laat gebeur nie!

As jy jou dit kan voorstel, verstaan jy iets van wat Johannes daar op Patmos emosioneel belewe het

toe hy gesien het wat hy gesien het: “In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek ‘n

boekrol gesien wat aan die voor-en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed

verseël was. Toe het ek ‘n sterk engel gesien wat met ‘n harde stem uitroep: ‘Wie is waardig om die

boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?’

Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak

en daarin te kyk nie. Ek het baie gehuil omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die boek

oop te maak en daarin te kyk nie. Toe sê een van die ouderlinge vir my: ‘Moenie huil nie. Kyk, die

Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek

met die sewe seëls oopmaak.’

Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die

ouderlinge, ‘n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die

sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. Hy het toe gegaan en die

boek ontvang uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.” (Op. 5:1-7)

In die wêreld waarin Johannes geleef het, het so ‘n boekrol gewoonlik die opdragte van die keiser

aan die goewerneurs oor die provinsies of aan die veggeneraals bevat. Hierin was al die beplanning

en opdragte opgeskryf, opgerol en verseël met die keiser se ringembleem, wat in rooi daarop

aangebring is.

Die inhoud daarvan sou gewoonlik geweldige gevolge vir menselewens gehad het. Hulle môre en

oormôre, en lewe en dood, was immers daarin vasgevang.

Net iemand met die nodige mag en gesag om dit uit te voer wat daarin staan, kon die seëls breek en

lees wat daarin staan.

In ‘n stukkende wêreld, vol pyn en lyding - waar die sondige mens eintlik maar net kry wat hy werklik

regverdiglik verdien - kon God se genadige liefdesplan vir ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe hemel, vir ‘n

nuwe mense-familie vir God, net op een voorwaarde gebeur: as iemand met die nodige mag en

gesag die straf wat die mensdom eintlik regverdiglik verdien, kon wegneem sodat die heilige God

regverdiglik mense uit die mensdom genadig kan wees.

Dit is waarom daar ‘n kruis op Golgota moes staan!

Dit het alles verander. Daarsonder sou daar geen werklike troos op hierdie aarde wees nie.

Daarsonder was dit bloot hel op aarde. Was my en jou geskiedenis en toekoms sonder enige

diepere betekenis of bedoeling. Daarsonder was ons vasgevang in vandag se kortstondige vreugde

en genot, en was daar vir ons trane, ongeluk en pyn, geen werklike blywende hoop en troos nie.

Goddank, ‘n kruis het op Golgota gestaan waaraan Hy vir ons gehang het!