OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

Daarom is dit so noodsaaklik dat ons gedurig laag by Sy voete, met ons oor op Sy mond en hart, moet bly. Om by Hom te hoor dat dit vir hierdie soort manipuleerders en bedrieërs nag is, want Hy lewe en sal nie met Hom, of met Sy mense, laat mors nie! Maar ook om by Hom, uit Sy mond, die twee beloftes te hoor wat ons in hierdie brief hoor (kyk vers 26 tot 28): “Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee. Hy sal hulle met ‘n ystersepter regeer, hulle soos kleipotte stukkend slaan. Dieselfde mag en gesag het Ek ook van my Vader gekry. Daarby sal Ek vir elkeen wat die oorwinning behaal, die môrester gee.” Ware geestelike outoriteit kom net van God af. En dit is ‘n outoriteit en soort gesag wat bo dié van konings en outoriteitsfigure in hierdie wêreld van ons verhewe is. Dit is die soort geestelike outoriteit wat maak dat mense wat skynbaar in dievan die wêreld onbelangrik en sonder invloed sou moes wees, skielik op verhoë verskyn en derduisende rondom hulle se lewens baie direk positief, in naam en in diens van die Koninkryk van God, beïnvloed en verander. Ja, soos wat Jesus self die blink Môrester genoem word (Op. 22:16), en soos wat die môrester heers oor die nag en die nuwe dag aankondig, so verseker die Here wat ons daarvan dat, al is dit hoe piknagdonker rondom ons, is Sy oorwinning en Sy nuwe dag op pad en so naby! Ons moet net nie moedeloos word of ophou vertrou nie!

Openbaring 3(A) Word wakker julle wat slaap ... Van die moeilikste mense vir my om te bedien is Christelik godsdienstige mense. Mense wat die Bybel en sy inhoud ken omdat hulle daarmee opgegroei het in godsdienstige huise. Maar wat in werklikheid geen persoonlike geloofs- en liefdesverhouding met Jesus Christus het nie. Wat nog nooit in hulle lewe ‘n persoonlike geloofskeuse gemaak het dat hulle die evangelieboodskap werklik glo en gekies het om hulle hele lewe daarop te bou nie. Sulke mense dink meestal alles is reg tussen hulle en God. Hulle gaan immers gereeld “kerk toe” en lewe goeie lewens. Ek onthou nog so goed hoe ek en my kollega in die NG-gemeente, Potchefstroom-Mooirivier, vir meer as drie jaar elke jaar elke “belydende lidmaat” van daardie gemeente besoek het om seker te maak of elkeen van hulle geloofsekerheid gehad het. Of elkeen van hulle werklik weet dat, as hy of sy vandag sou sterf en voor die Here sou verskyn, hulle verseker geweet het dat hulle Sy kinders was en dat hulle nie verlore sou gaan nie. Tot ons skok het ons ontdek dat minder as 20% werklik ‘n persoonlike geloofs- en liefdesverhouding met Jesus Christus as Verlosser en Here gehad het! Jesus se persoonlike brief aan die gemeente van Sardis moes vir elke mens in daardie gemeente geskok het tot in hulle fondasies! Luister wat word daarin vir hulle gesê: “So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor dievan my God nie. Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ‘n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie” (Op. 3:1-3). Hoeveel keer meet ons nie gemeentes, en die lewe in gemeentes, aan hoeveel mense daar na die eredienste kom, en hoeveel geld hulle het nie! Sardis was ‘n buitengewone ryk gemeente, in vergelyking met die armoede wat in baie ander gemeentes geheers het. Behalwe vir die goudmyne wat binne die stadsgrense geval het, met die meegaande rykdom wat dit ingebring het, het baie lede van die gemeente nie gehuiwer om kompromie te sluit en te doen wat deur die heidense werkersgilde en Romeinse owerheid vir hulle gevra is om te doen sodat hulle steeds hulle werk kon behou en steeds kon bly besigheid doen en bly deel in die bloeiende ekonomie nie. Watter prys is mense nie bereid om te betaal om sosiaal gereken, welvarend te wees en hulle finansiële sekuriteit te kan behou nie! Vandag nog sien en hoor ons van hoevele mense wat nie huiwer om hulle siel, en hulle persoonlike integriteit en geloofsoortuigings, te verkoop vir ‘n klompie duisend of miljoen rand nie! En wees maar gewaarsku, moet nie te vinnig wees om ander wat dit doen te oordeel nie! As die regte hoeveel geld op die tafel is, is dit nie so maklik om steeds te bly nee sê nie!

Daarom is dit so noodsaaklik dat ons gedurig laag by Sy voete, met ons oor op Sy mond en hart,

moet bly. Om by Hom te hoor dat dit vir hierdie soort manipuleerders en bedrieërs nag is, want Hy

lewe en sal nie met Hom, of met Sy mense, laat mors nie! Maar ook om by Hom, uit Sy mond, die

twee beloftes te hoor wat ons in hierdie brief hoor (kyk vers 26 tot 28): “Aan elkeen wat die

oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die

nasies gee. Hy sal hulle met ‘n ystersepter regeer, hulle soos kleipotte stukkend slaan. Dieselfde

mag en gesag het Ek ook van my Vader gekry. Daarby sal Ek vir elkeen wat die oorwinning behaal,

die môrester gee.”

Ware geestelike outoriteit kom net van God af. En dit is ‘n outoriteit en soort gesag wat bo dié van

konings en outoriteitsfigure in hierdie wêreld van ons verhewe is. Dit is die soort geestelike

outoriteit wat maak dat mense wat skynbaar in die oë van die wêreld onbelangrik en sonder invloed

sou moes wees, skielik op verhoë verskyn en derduisende rondom hulle se lewens baie direk

positief, in naam en in diens van die Koninkryk van God, beïnvloed en verander.

Ja, soos wat Jesus self die blink Môrester genoem word (Op. 22:16), en soos wat die môrester heers

oor die nag en die nuwe dag aankondig, so verseker die Here wat ons daarvan dat, al is dit hoe

piknagdonker rondom ons, is Sy oorwinning en Sy nuwe dag op pad en so naby! Ons moet net nie

moedeloos word of ophou vertrou nie!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!