01.05.2013 Views

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Openbaring 2(B) Arm en tog ryk!

“So sê die Eerste en die Laaste, wat dood was en weer lewend geword het: Ek ken julle verdrukking

en julle armoede, en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense ... Moenie

bang wees vir wat julle alles gaan ly nie... Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as

kroon gee.” (Op. 2:8-10)

So lui die hooftrekke van die brief aan die gelowiges in die gemeente van Smirna, maar ook aan elke

gelowige op aarde oor alle tye wat ter wille van hulle geloof en volgeling-van-Jesus-wees deur die

vuur moet gaan.

Ek lees soms met verstomming die verhale van Christene in lande soos China, Afghanistan, en die

meeste van die lande onder Moslem-bewind, se pyn, lyding en vervolging in hierdie moderne eeu

waarin ons leef. En hoe ten minste 3 miljoen Christene net die afgelope jaar of drie oor die wêreld

reeds moes sterf vir hulle geloof.

Lees ‘n mens ‘n boek soos “Heavenly Man”, of artikels op webblaaie soos persecution.org en

opendoorusa.org, tref dit jou soos ‘n vuishou voor die kop: in meer as 50 lande wêreldwyd, ja, in 50

lande, word meer as ‘n honderd miljoen volgelinge van Jesus vandag nog, in 2009, op ‘n ekstreme

wyse of ten minste gedeeltelik vervolg en selfs doodgemaak!

Hierdie brief in die profesie van Openbaring is aan sulke gelowiges in die ekklesia van Jesus geskryf.

Om hulle te bemoedig en te vertroos. Want hulle het gevoel alles was teen hulle.

Smirna van destyds was ‘n groot handelsentrum, baie welvarend, en ‘n stad waarop die inwoners

baie trots was. Maar terwyl die gemiddelde inwoner in hierdie stad volgens destydse standaarde

gelukkig en vooruitstrewend was, was die gemeente van Jesus in hulle midde arm, brandarm, om

eerlik te wees! Hulle was ter wille van hulle geloofsoortuigings tot die dood toe vervolg, deur die

Jode gehaat, en grotendeels werkloos en dus honger verby!

Dit was veral die Joodse gemeenskap in die stad wat kwaad gestook het teen hulle. So weet ons is

die Christengelowiges in hierdie stad van, kan jy glo, kannibalisme, aangekla! Omdat hulle sou

verkondig het dat hulle iemand se liggaam eet en bloed drink (in die nagmaal). Hulle is ook aangekla

dat hulle gesinne opbreek. (Mense wat tot geloof in Jesus gekom het, is mos dikwels deur die res

van die gesin verwerp en so het verdeeldheid in gesinne as gevolg hiervan ontstaan).

Dit alles het die lewe van Christengelowiges in hierdie stad ondraaglik gemaak. En soos ek gesê het,

was dit veral die Joodse gemeenskap wat hulle hieroor by die owerhede aangekla het. So lees ons

het hulle gesorg dat honderde Christene aangekla, gemartel en selfs op die brandstapels verbrand

word. Polikarpus, ‘n leraar van Smirna, het so gesterf, en dit was die Jode wat die voorstes was om

die hout vir die vuur aan te dra!

Wat sê Jesus vir hulle? Net dit: Hy sien dit alles raak! En dan hierdie geweldige woorde wat deur

hulle hart moes skeur: “Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk!”

Hiermee sê Hy: Ek is julle God en julle is Myne! Moenie dat die wêreld om julle, en julle

omstandighede, julle soos bedelaars en armlastiges laat voel nie. Julle het alles wat werklik saak

maak! Ja, Ek weet dit kos julle tans ‘n prys en dat julle baie verdrukking daarvoor moes verduur. En

daar lê nog ‘n tydjie van verdrukking vir julle voor (“tien dae lank” – vers 10 se simbool vir ‘n kort

afgemete tydjie wat nodig is vir God se volkome plan om sy volledige doel te bereik).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!