OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn OPENBARING Die storie agter die storie van die boek ... - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
01.05.2013 Views

Daarom bring Jesus ons weer terug na dit waaroor dit werklik tussen ons moet gaan. So dwing Hy ons om weer terug te dink aan hoe dit daar aan die begin in ons lewe was: toe ons Jesus pas aangeneem het as Verlosser en Here. Onthou weer 'n slag daardie borrelende vreugde en allesoorweldigende liefde vir Hom en vir ander ander mense wat ons lewens destyds gekenmerk het. Dit soos om vir 'n man en vrou wat 32 jaar getroud is, uit te daag om weer sommer net mekaar lief te hê soos daar in die begin ... Vriende, blote kerkwees is nie genoeg nie. Ons moet mekaar en die gemeenskap om ons werklik liefhê. Anders word ons lamp in daardie omgewing doodgeblaas. Of eerder: gaan dit sommer vanself dood en wen die donker weer sy ou tuiste terug. En op die ou end bly net die ou siellose afgodstempels staan waar daar nog nooit enige lewe en warmte was nie. Dit is hartseer maar waar. Gaan kyk maar net vandag waar hierdie historiese gemeente van Efese destyds was. Onder Turkse bewind het hierdie gemeente spoedig uit die stad verdwyn en daarmee saam hulle invloed in die samelewing! "Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie ..." (1 Kor. 13:1-8)

Openbaring 2(B) Arm en tog ryk! “So sê die Eerste en die Laaste, wat dood was en weer lewend geword het: Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense ... Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie... Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.” (Op. 2:8-10) So lui die hooftrekke van die brief aan die gelowiges in die gemeente van Smirna, maar ook aan elke gelowige op aarde oor alle tye wat ter wille van hulle geloof en volgeling-van-Jesus-wees deur die vuur moet gaan. Ek lees soms met verstomming die verhale van Christene in lande soos China, Afghanistan, en die meeste van die lande onder Moslem-bewind, se pyn, lyding en vervolging in hierdie moderne eeu waarin ons leef. En hoe ten minste 3 miljoen Christene net die afgelope jaar of drie oor die wêreld reeds moes sterf vir hulle geloof. Lees ‘n mens ‘n boek soos “Heavenly Man”, of artikels op webblaaie soos persecution.org en opendoorusa.org, tref dit jou soos ‘n vuishou voor die kop: in meer as 50 lande wêreldwyd, ja, in 50 lande, word meer as ‘n honderd miljoen volgelinge van Jesus vandag nog, in 2009, op ‘n ekstreme wyse of ten minste gedeeltelik vervolg en selfs doodgemaak! Hierdie brief in die profesie van Openbaring is aan sulke gelowiges in die ekklesia van Jesus geskryf. Om hulle te bemoedig en te vertroos. Want hulle het gevoel alles was teen hulle. Smirna van destyds was ‘n groot handelsentrum, baie welvarend, en ‘n stad waarop die inwoners baie trots was. Maar terwyl die gemiddelde inwoner in hierdie stad volgens destydse standaarde gelukkig en vooruitstrewend was, was die gemeente van Jesus in hulle midde arm, brandarm, om eerlik te wees! Hulle was ter wille van hulle geloofsoortuigings tot die dood toe vervolg, deur die Jode gehaat, en grotendeels werkloos en dus honger verby! Dit was veral die Joodse gemeenskap in die stad wat kwaad gestook het teen hulle. So weet ons is die Christengelowiges in hierdie stad van, kan jy glo, kannibalisme, aangekla! Omdat hulle sou verkondig het dat hulle iemand se liggaam eet en bloed drink (in die nagmaal). Hulle is ook aangekla dat hulle gesinne opbreek. (Mense wat tot geloof in Jesus gekom het, is mos dikwels deur die res van die gesin verwerp en so het verdeeldheid in gesinne as gevolg hiervan ontstaan). Dit alles het die lewe van Christengelowiges in hierdie stad ondraaglik gemaak. En soos ek gesê het, was dit veral die Joodse gemeenskap wat hulle hieroor by die owerhede aangekla het. So lees ons het hulle gesorg dat honderde Christene aangekla, gemartel en selfs op die brandstapels verbrand word. Polikarpus, ‘n leraar van Smirna, het so gesterf, en dit was die Jode wat die voorstes was om die hout vir die vuur aan te dra! Wat sê Jesus vir hulle? Net dit: Hy sien dit alles raak! En dan hierdie geweldige woorde wat deur hulle hart moes skeur: “Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk!” Hiermee sê Hy: Ek is julle God en julle is Myne! Moenie dat die wêreld om julle, en julle omstandighede, julle soos bedelaars en armlastiges laat voel nie. Julle het alles wat werklik saak maak! Ja, Ek weet dit kos julle tans ‘n prys en dat julle baie verdrukking daarvoor moes verduur. En daar lê nog ‘n tydjie van verdrukking vir julle voor (“tien dae lank” – vers 10 se simbool vir ‘n kort afgemete tydjie wat nodig is vir God se volkome plan om sy volledige doel te bereik).

Daarom bring Jesus ons weer terug na dit waaroor dit werklik tussen ons moet gaan. So dwing Hy

ons om weer terug te dink aan hoe dit daar aan die begin in ons lewe was: toe ons Jesus pas

aangeneem het as Verlosser en Here. Onthou weer 'n slag daardie borrelende vreugde en

allesoorweldigende liefde vir Hom en vir ander ander mense wat ons lewens destyds gekenmerk het.

Dit soos om vir 'n man en vrou wat 32 jaar getroud is, uit te daag om weer sommer net mekaar lief

te hê soos daar in die begin ...

Vriende, blote kerkwees is nie genoeg nie. Ons moet mekaar en die gemeenskap om ons werklik

liefhê.

Anders word ons lamp in daardie omgewing doodgeblaas. Of eerder: gaan dit sommer vanself dood

en wen die donker weer sy ou tuiste terug. En op die ou end bly net die ou siellose afgodstempels

staan waar daar nog nooit enige lewe en warmte was nie. Dit is hartseer maar waar. Gaan kyk maar

net vandag waar hierdie historiese gemeente van Efese destyds was. Onder Turkse bewind het

hierdie gemeente spoedig uit die stad verdwyn en daarmee saam hulle invloed in die samelewing!

"Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende

metaal, ‘n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse

en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie,

dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te

kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie

verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou

nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.

Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie ..." (1 Kor. 13:1-8)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!